_________________________________________________________________
Omdat hulle so gevaarlik vir skepe is, is ysberge lank deur die mens gevrees. Maar hierdie bevrore verskrikkings van die see kan enorme bronne van vars water vir dorre streke word... as 'n praktiese en goedkoop manier maar net bedink kan word om die water te kry waar dit so nodig is...
VOOR die skip, kort voor middemag op
14 April 1912, doem 'n reusagtige skim uit die donkerte op. Frederick Fleet van
die uitkykpos is onthuts. Freneties skakel hy per telefoon met die brug, maar
dis te laat om van koers te verander. In volle vaart stoom die Titanic in die
ysberg in.
Die botsing skeur die skip se romp
90 meter ver oop, en binne twee en 'n halwe uur sink die "onsinkbare"
Titanic. Meer as 1500 mense sterf in een van die mees dramatiese skeepsrampe
van alle tye. Die verraderlikheid van ysberge, s≤ word opnuut besef, durf 'n
mens nooit onderskat nie.
Twee jaar nß die Titanic-ramp is die
Internasionale Yspatrollie in die lewe geroep om die bewegings van ysberge in
die Noord-Atlantiese vaarwaters
te monitor. Met inligting wat van vliegtuie, skepe en, in die jongste dekades,
satelliete ontvang word, kan die patrollie bepaal waar ysberge lΩ en in watter
rigting hulle dryf.
Omdat hulle betyds gewaarsku word,
kan die skepe van rigting verander en botsings vermy. Sleepbote kan ook gebruik
word om ysberge in die omgewing van vaste strukture soos olietorings of
pypleidings weg te sleep.
Maar waar kom sulke ysberge in die
eerste plek vandaan? Voordat die vraag beantwoord word, moet ons allereers
daarop let dat daar twee hoofsoorte ysberge is: gletserberge en tafelberge.
Gletserberge is diΘ wat van gletsers
afbreek wat in die see eindig -- 'n proses wat kalwing genoem word.
Hierdie ysberge het gewoonlik
onreδlmatige vorms en kan koe¡pelvormig, blokkerig, gespits of sfinks-agtig
wees. Omdat hulle vroeδr dele van gletsers was, is die ys in hierdie berge baie
dig en tot nege tiendes daarvan lΩ onder die water.
Die meeste ysberge van die
Noordelike Halfrond is gletserberge. Hulle breek van gletsers weg wat van die
Groenlandse ysdek afvloei.
Tafelberge, daarenteen, breek van
die rande van groot ysbanke af. Hulle is breed, glad en plat aan die bokant en
is dikwels veel groter as gletserberge. Trouens, party kan baie kilometers lank
wees en eers nß verskeie jare wegsmelt wanneer hulle na war¡mer waters dryf.
Sowat vyf sesdes van hul totale volume lΩ onder die water.
Die ysberge van die Suidelike
Halfrond is tafelberge. Hulle breek van die groot ysbanke af wat in die baaie
en kanale van Antarktika dryf.
Omdat dit so lank duur voordat hulle
smelt, is baie planne al bedink om ysberge na die droδ gebiede van die wΩreld
te sleep om vars water te verskaf en om krag op te wek.
Maar so maklik is dit tog ook nie.
Die grootste probleem is dat ysberge krimp wanneer hulle be¡weeg, nie net weens
die onvermydelike smelting nie, maar ook as gevolg van wegvreting deur die
golwe.
Wat mense selfs nog meer afskrik, is
dat die sleep van ysberge en die proses om die ys in water te verander so geweldig duur sal wees.
Maar die navorsing oor die benutting
van ysberge duur voort. Met vars water wat ßl skaarser word, is dit nie
ondenkbaar nie dat ons nie te ver in die toekoms nie ysberge sal nader bring om
ons dors te les...
__________________________________________________
Terug na
inhoudsblad -- klik hier
__________________________________________________
Ons Wonderlike WΩreld op CD,
2004 - Uit Huisgenoot se Jongspan