__________________________________________________________________
ZOELOE
DIE Zoeloes is Suid-Afrika se
talrykste bevolkingsgroep en tel meer as agt miljoen. Hulle woon hoofsaaklik in
die noorde van KwaZulu-Natal, in die gebied wat destyds as Zoeloeland bekend
geword het, asook in Gauteng. Daar is verwante stamme in 'n groot deel van
Natal en ook in Kaapland. Die Matabeles van Zimbabwe en die Angoni van Malawi
is ook verwant aan die Zoeloes.
Die jongste argeologiese navorsing dui daarop dat die
voorvaders van die Suider-Afrikaanse swart mense, insluitende die Zoeloes, boere
was wat van verder noord op die vasteland gekom het. Van sowat die eerste of
tweede eeu nC het hulle hulle in klein gemeenskappe langs die kus van die
teenswoordige KwaZulu-Natal gevestig.
Hulle het later opwaarts versprei in die riviervalleie van
die streek en nog later tot in die hoδr liggende graslande. Daar is taal- en
genetiese getuienis dat hulle noue verbintenisse gehad het met die destyds
bestaande bewoners van die streek -- jagter-versamelaars wat taamlik seker
Khoisan-tale gepraat het.
Dit lyk of die vroegste voorouers van die Zoeloes in
betreklik groot, selfonderhoudende statte gewoon het. Nß omstreeks 1000 nC het
hulle in kleiner wooneenhede opgebreek, wat benodigdhede onder mekaar geruil
het.
Die mense het sorghum en millet (voδlsaad) gekweek
en beeste, bokke en langstert-skape geteel. Spesialiste onder hulle het yster
gesmelt, gesmee en daarmee handel gedryf. Die een of ander tyd nß 1500 het
hulle mielies begin kweek, Æn Suid-Amerikaanse gewas wat moontlik deur Europese
seevaders na Afrika gebring is.
Tot die tweede
helfte van die agttiende eeu was die inwoners van die huidige
KwaZulu-Natal blykbaar in klein kapteinsgebiede georganiseer waar miskien Æn
paar duisend mense op Æn paar honderd vierkante kilometer gewoon het.á Nß 1750 het groter state begin ontwikkel,
moontlik as Æn reaksie op die verspreiding van Æn internasionale handel in
ivoor, beeste en slawe na die streek.
Hierdie prosesse van staatsvorming het die hoogtepunt bereik
met die totstandkoming van die Zoeloe-koninkryk onder Shaka in die 1820's. Onder Shaka het die Zoeloes ontwikkel van 'n onbekende en skugtere stam
tot een wat met sy verowerings van ander stamme vrees en ontsag regdeur
Suider-Afrika ingeboesem het.
Nß die moord op Shaka en die
vrugtelose poging van sy moordenaar en opvolger Dingaan om te verhinder dat die
Voortrekkers sy land binnegaan, het die meeste Zoeloes teruggetrek tot noord
van die Tugelarivier, wat die aanvaarde grens tussen hulle en die wit mense
geword het; talle Zoeloes het egter in Natal self gaan woon.
Daar was 'n taamlike mate van vrede
onder Panda, maar geskille met die Britse koloniseerders het tot breekpunt
gekom onder Cetswayo wat in die Zoeloe-oorlog verslaan en onttroon is en
uiteindelik weer met beperkte magte terug op die troon geplaas is. In die jare
tagtig van die 1800's het groot onrus in Zoeloeland geheers en was daar
stamoorloδ tussen sommige stamhoofde. Britse gesag is uitgeoefen, maar eers in
1897 het Zoeloeland finaal deel van Natal geword.
Veral vroeδr was daar baie
swart mense wat die Zoeloes as aristokrate beskou het. Hulle
handhaaf 'n hoδ sedelike peil, het 'n pragtige taal, aantreklike voorkoms en natuurlike
waardigheid. Baie van hulle is steeds tradisievas en trots daarop om Zoeloes
genoem te word. KwaZulu bly funksioneer onder die tradisionele stelsel in die
sin dat daar steeds 'n Zoeloe-koning is. Groot getalle Zoeloes word tans in
Durban en ander stede aangetref.
In die 1980's en 1990's, Æn tyd van verreikende politieke
veranderings in Suid-Afrika, was daar baie geweld tussen Zoeloes wat hul steun
toegesΩ het aan Inkatha Freedom Party (Æn party
wat hom tot Zoeloe-nasionalisme verbind het) en diΘ wat die African
National Congress (ANC) ondersteun het. Die vlak van
geweld het intussen baie afgeneem, maar die Zoeloe-volk -- binne en buite Natal
-- bly bitter verdeeld in hul politieke lojaliteite.
òáá DIE Zoeloe-taal,
of isiZulu, het meer eerstetaal-sprekers as enige van die ander tien amptelike
tale in Suid-Afrika. Dit behoort tot die Nguni-subfamilie van die sogenaamde
Bantu-tale en is naby verwant aan isiXhosa. (Let wel: die
Bantu is hier Æn taalkundige onderskeiding en moet nie verwar word met die
woord Bantoe, wat nie as gebruiklik beskou word nie.)
Klapkonsonante is kenmerkend. Daar is drie basiese
klapklanke in isiZulu wat op verskeie maniere gewysig kan word (byvoorbeeld
deur aspirasie) en daar is gevolglik sowat vyftien verskillende klapklanke in
die taal. Die geskrewe vorm van die taal word deur die Zulu Language Board in KwaZulu-Natal beheer.
_________________________________________________________
Terug na
inhoudsblad -- klik hier
_________________________________________________________
Ons Wonderlike WΩreld op CD, 2004
- Uit Huisgenoot se Jongspan