___________________________________________________________
Vroeδr was werk volop, veral vir die voorheen bevoorregte mense in die
Suid-Afrikaanse samelewing. Soos kenners dit stel: Mense is gekondisioneer om
werksoekers pleks van werkskeppers te wees. Vandag is dit anders -- baie jong
mense moet self uitspring en werk skep. Hierdie artikel is spesiaal by ons
ensiklopedie ingesluit om enkele riglyne vir skoliere gee wat miskien aan die
einde van hul skoolloopbaan gekom het. Onthou, geleenthede is oral. Æn Mens
moet net weet waar om te kyk...
___________________________________________________________
HULLE
skuil in jou garage, in jou buitekamer, in jou kombuis en in die kinderkamer. Jy
sal hulle in tydskrifadvertensies vind, in jou buurman se huis en by jou werk.
Hulle is reg voor jou oδ in die groente uit jou eie tuinakkertjie . . . in die
stapels papiere langs jou rekenaar se laserdrukker... agterin jou bakkie... en
iewers in jou kop.
Jy
hoef ook nie Æn genie te wees of Æn magistergraad in besigheidsbestuur te hΩ
om hulle in winste om te skep nie. Om sakegeleenthede raak te sien, is dikwels
so maklik as om probleme in die samelewing te identifiseer en om maniere te kry
om dit op te los.
Vindingryke
mense wat byvoorbeeld die veilige haakspeld uitgevind het, of die balpuntpen,
die kosverwerker en die oopmaak-ringetjie aan die koeldrankblikkie, was almal
doodgewone sterfllinge wat op Æn dag Æn briljante idee gekry en werk daarvan
gemaak het.
Maar
dis natuurlik nie net uitvinders wat briljante idees het nie. Baie mense met hul
eie besighede het hul stokperdjies, belangstellings en talente in bevredigende
en dikwels winsgewende ondernemings verander -- bloot deur Æn behoefte in die
wΩreld om hulle op te merk en Æn manier te vind om daarin te voorsien. Jy kan
ook.
Hierdie
artikel is Æn samevoeging van die idees van verskeie gerekende sakekenners oor
hoe om die bul by die horings te pak en Æn entrepreneur te word. Wie weet, jou
heel eerste tree na Æn lewe as jou eie baas begin dalk net hier!
Word entrepreneurs gebore of gemaak?
ò
VOLGENS Mauritz Bekker van die Entrepreneurial
Business School (EBS), wat in die onderrig van entrepreneursvaardighede
spesialiseer, dink die meeste mense waarskynlik dat daar slegs Æn paar
entrepreneurs gebore word. Die rede is dat ons samelewing tot dusver betreklik
min ware entrepreneurs opgelewer het.
Die
oorsaak hiervan, sΩ Marius, is weer Æn kultuur waarin ons van kleins af
gekondisioneer word om werksoekers pleks van werkskeppers te wees -- iets wat in
die vroeδre ekonomiese klimaat nie Æn probleem was nie. Maar in ons
veranderende wΩreld hang dit grotendeels van entrepreneurs af om die nypende
tekort aan werkgeleenthede hok te slaan.
Hoewel
entrepreneurs steeds oor sekere ingebore eienskappe moet beskik op suksesvol te
wees, moet ook onthou word dat basiese vaardighede inderdaad aangeleer word.
Kenners
stem boonop saam dat ons ons nie moet laat inperk deur Æn houding van "ek
kan nie". Die allegoriese verhaaltjie van vlooie in Æn kartonboks
illustreer hoe futiel s≤ Æn lewensuitkyk kan wees.
Vlooisirkus-mense,
word vertel, weet van Æn vreemde ding wat gebeur wanneer hulle vlooie
"tem". As vlooie in Æn kartonboks geplaas en die deksel op die boks
gesit word, spring hulle eers herhaaldelik op en af sodat hulle hul
"koppe" keer op keer bo teen die "plafon" stamp. S≤ spring
hulle voort totdat hulle geleer het om hul spronge net tot Æn sekere hoogte
onderkant die deksel te beperk.
As
Æn mens daarna die deksel afhaal, sal die vlooie nie uit die boks spring nie.
Hulle het hulself so gekondisioneer, om slegs lae spronge uit te voer, dat hulle
om die dood nie meer hoog kan spring nie.
So
is dit ook met baie mense. Hulle beperk hulself en bereik nooit hul potensiaal
nie. Net soos die vlooie spring hulle nie hoδr nie, omdat hulle -- jammerlik
vasgeval in hul eie "kartonboks" -- vas glo dat hulle tot niks meer in
staat is nie.
ò
DAAR is baie vaardighede wat Æn entrepreneur
laat slaag, skryf Ken Lawson in sy boek Guide to Managing Your Career (in die
beroemde KISS-reeks van Dorling Kindersley). Lawson beskou egter die volgende
vyf eienskappe as noodsaaklik:
ò
VisionΩre denke û jy moet groot en positief
kan dink en Æn langtermyn-visie hΩ.
ò
Die vermoδ om jou klante te kan gee wat hulle
wil hΩ, wat ook al gebeur. As jy dit nie doen nie, sal hulle hulle tot iemand
anders wend wat dit wel kan doen.
ò
Æn Mededingende instink. Jy sal waarskynlik
te staan kom teen andere wat soortgelyke produkte of dienste kan verskaf. Jy sal
bokant hulle moet uitblink û sommer ver bokant hulle.
ò
Deursettingsvermoδ. Die kans is goed dat jou
onderneming nie oornag gaan slaag nie. Jy sal lang tye van onsekerheid en
vertwyfeling moet kan deurstaan.
ò
Deeglikheid. Met jou eie besigheid sal jy
gedurig Æn oneindige klomp besonderhede moet hanteer. Jy kan sukkel as jy
iemand is wat jou nie eintlik aan die klein dingetjies steur nie.
Alle
sakekenners stem saam met Lawson dat durf ("guts") en
deursettingsvermoδ ("perserverance") onontbeerlik vir Æn
entrepreneur is. Maar verskeie sou ook enkele ander eienskappe op sy lysie wou
sien. Soos om Æn liefde vir die saak te moet hΩ wat Æn mens aanpak. En
natuurlik die nugtere sakesin om nie halsoorkop in Æn onderneming in te storm
sonder die nodige geld nie.
Æn Groot sakewerf op die Internet, BusinessTown.com, stel dit pront: "Die lewe is te kort om Æn besigheid te begin wat jou nie bevrediging en vreugde gee nie." En wat die geld daarvoor aanbetref: "Jy moet genoeg aanvangskapitaal hΩ plus voldoende kontant om Æn positiewe kontantvloei vir minstens die eerste jaar te handhaaf."
ò
REG in die begin reeds, selfs nog voor jy met
jou nuwe besigheid begin, sΩ die kenners, moet jy die sekere beproefde
sakebeginsels op die punte van jou vingers ken. Hier is Æn samevatting uit
verskillende bronne:
ò
Kennis is mag. Trouens, alle goeie skakemanne
sal jou vertel dat die nodige kennis die heel eerste ding is wat jy moet verkry
as jy met Æn nuwe onderneming wil slaag. Lees op, studeer, ondersoek eers
alles grondig omtrent die rigting waarin jy jou wil begewe. Onthou, dit kan die
allerbelangrikste beroepskuif wees wat jy in jou hele lewe maak. Moenie net
indons en duim vashou nie.
ò
Hou die aanvangskostes so laag as moontlik.
Talle hoogs geslaagde ondernemings is met minimale kostes begin. Waar
administrasiekoste en uitgawes tot die mininium beperk word, veral baie vroeg in
die ontwikkeling van die besigheid, kan dit uiteindelik uitstekende vrugte
afwerp.
ò
Maak seker dat jou onderneming voorsien in Æn
behoefte wat in die mark bestaan. Ook dat daar Æn volgehoue vraag na jou
produk of diens sal wees. Natuurlik is Æn kennis van die bedryf en die mark
hier belangrik -- wat weer aansluit by die eerste punt hierbo.
ò
Beplan om op Æn haalbare wyse te groei. Die
besighede wat die suksesvolste is, is diΘ wat bereikbare teikens nastreef --
gewoonlik nie diΘ wat vinnig enorme winste wil maak nie.
ò
Wees aanpasbaar. Geslaagde private besighede
wat nie deur burokratiese rompslomp ingeperk word nie, kan hulle vinnig by nuwe
modes en tegnologieδ aanpas en het Æn hegte verbintenis met hul klante.
ò
Maak seker dat jy Æn geldplan het. Ook Æn
begroting en Æn manier waarop jy jou maandelikse resultate kan meet. As jy nie
weet hoe dit geldelik met jou besigheid gaan en jy geen spesifieke finansiδle
oogmerke vir die kort of lang termyn het nie, laat jy toe dat die
spreekwoordelike noodlot oor jou vordering beslis. Dis geen goeie praktyk nie!
ò
Sluit diegene in wat na aan jou is. As Æn
mens Æn verandering maak,
word
jou huweliksmaat en naaste familie ook te nouste geraak. Maak seker dat jy hulle
van die heel begin af in jou besluitnemings en beplannings ken. Verandering
plaas verhoudings onder spanning. As julle die oorgang saam deurwerk, raak dit
soveel makliker vir almal.
ò
Handhaaf Æn balans tussen werk, speel en jou
gesin. Dis uiters belangrik vir langtermyn-sukses. Ons werk ons almal in die
begin Æn ruk lank oor Æn mik om dinge op dreef te kry, maar as dit te
gereeld en te lank gebeur, is dit Æn gevaarteken dat Æn mens besig is om
perspektief te verloor. Jy moet gereeld kan uitspan om jou batterye te herlaai.
Bestee ook tyd aan jou gesin, want as hulle swaar kry, is dit byna seker dat jou
besigheid ook gaan swaar kry.
ò
Bly altyd ingestel op die sleutelfaktore wat
jou klante uitstekende waarde vir hul geld gee. Moet nooit vergeet dat hulle
byna altyd Æn keuse het om van iemand anders se produkte of dienste gebruik te
maak nie.
ò
Les bes, stel Æn sakeplan op. Lees meer
daaroor direk hieronder.
ò
DIE meeste nuwe entrepreneurs is bra traag om
Æn sakeplan op skrif te stel en tog is dit die ruggraat van enige besigheid.
Dit moet Æn geskrewe oorsig van alle aspekte van jou nuwe onderneming wees --
van die ekonomiese lewensvatbaarheid daarvan tot Æn ontleding van jou
sakevooruitsigte.
Daar
is baie verskillende soorte sakeplanne en verskeie boeke wat jou verskillende
formate daarvan sal bied. Joseph Anthony, skrywer van Working for Yourself,
reken egter dat enige sakeplan die volgende vyf komponente moet bevat:
ò
Konsep -- Æn opsomming van jou sake-idee, jou
"doelwit-verklaring", tesame met Æn kort beskrywing van waar jou
besigheid in die mark inpas en hoekom dit sal slaag.
ò
Detail -- Æn grondige beskrywing van jou
besigheid, asook Æn diepgaande verduideliking van die produk of diens wat jy
beplan en sy nut vir diegene wat dit sal koop en/of gebruik.
ò
Markprofiel -- Æn volledige beskrywing van
jou klante, jou mededingers, die nodigheid van jou produk of diens, en die
welstand en lewenskragtigheid van die mark. Dis nie raaiwerk nie. Dit moet op
versigtige, deeglike navorsing berus.
ò
Strategie -- jou uitvoerige plan om jou produk
of diens op die mark te plaas. Dit sluit in wat jy jou onderneming gaan noem,
hoe jy dit gaan beskerm en watter tariewestruktuur jy gaan gebruik.
ò
Operasie/Produksie -- Æn deeglike bespreking
van die bemarking van jou produk of diens, met verwysings na onder meer
kantoorruimte, produksieskedules, inventarisse, voorrade, verskaffers,
lisensies, versekering en hoe gehoor gegee sal word aan enige bestaande
besigheidsregulasies.
ò
VRA is vry, het die ou mense altyd gesΩ -- en
weier daarby. Maar as jy Æn lening m≤Θt aangaan vir jou onderneming, sorg
dat jy jou potensiδle geldskieters s≤ imponeer dat hulle kwalik kan weier om
met jou sake te doen.
Wees
gereed om vrae omtrent jou besigheid te beantwoord, en om om oop kaarte te speel
oor jou geldsake soos dit was, is en hopelik nog sal wees. Hoe meer deurdag jou
plan is en hoe meer vertroud jy daarmee is, des te indrukwekkender sal jy
vertoon. Bring desnoods jou rekenmeester saam.
Berei
jou voor om hulle te vertel waarvoor jy die geld wil gebruik. Æn Blote
"ek het die geld nodig" wek geen vertroue nie en sal dit laat lyk of
jy die saak nie goed deurdink het nie. Verstrek die nodige besonderhede.
Stel
Æn plan vir terugbetaling van die geleende geld voor. Baie plekke het Æn
sekere buigsaamheid. Potensiδle geldskieters sal dit waardeer dat jy daaraan
dink om hulle terug te betaal en nie net om die geld te kry nie.
En
dan is dit seker nie nodig om aan jou te vertel dat netjiese klere Æn veel
beter indruk as verslonsdheid maak nie.
ò
SAKE kan in Suid-Afrika gedoen word deur
maatskappye (openbaar en privaat, insluitende filiaal- of dogtermaatskappye),
geslote korporasies, vennootskappe, alleen-eienaars, gesamentlike ondernemings
en takke van buitelandse maatskappye.
Elkeen
van hierdie besighede word op sy eie manier saamgestel. Enige sewe of meer mense
kan byvoorbeeld Æn openbare maatskapppy vorm. Daarteenoor kan een of meer
mense Æn private maatskappy saamstel.
Wanneer
Æn besigheid in ons land gevestig word, moet Æn sakelisensie (onbepaald
geldig) van die plaaslike owerheid verkry word. Twee kategorieδ besighede, diΘ
wat kosprodukte hanteer en diΘ waar mense vergader, soos plekke vir vermaak,
moet egter jaarliks opnuut lisensies van die betrokke munisipaliteit kry.
ò
BAIE mense wat vanuit hul huis werk, sal jou
vertel hoe lekker dit is om nie meer elke dag kantoor toe en terug te pendel
nie. Hier is maar enkele werke waarvoor die eie huis as kantoor en/of
"fabriek"gebruik kan word:
ò
Konstruksie: huisverbeterings, die verf van
huise, binnenshuise versiering.
ò
Persoonlike dienste: haarversorging, massering,
onderrig in byvoorbeeld wiskunde of Engels, musieklesse.
ò
Ander dienste: boekhouding, vertaling,
kopieskryf, rekenaarprogrammering, versekering, verkoop van eiendom,
motorherstelwerk, spyseniering.
ò
Vervaardiging en verwerking: die raam van
portrette en skilderye, stoffeerwerk, naaldwerk, soetgebak, houtwerk.
BELANGRIK:
Voordat jy met Æn tuisbedryf begin, stel net eers vas of jy nie daarmee enige
plaaslike regulasies van jou dorp of stad oortree nie.
ò
OM as Æn nuwe entrepreneur te slaag, verg
vasbyt. Baie mense droom daaroor, maar het eenvoudig nie die drif en ywer om te
volhard nie. In hierdie artikel het ons egter by die dromers verbygekyk na die
daders -- en hulle Æn paar riglyne gegee oor hoe om te begin. As jy tot hier
gelees het, is jy bes moontlik een van hulle.
Indien
wel, is nog nuttige raad aan jou om nie oorhaastig te wees nie. Wees kalm en
rustig -- beplan versigtig. Goeie beplanning is eintlik Æn voorvereiste as
Æn mens in vandag se harde sakewΩreld bo wil uitkom met Æn eie besigheid.
Ewe belangrik is harde werk, Æn gedurige taksering van waar jy is en waarheen
jy op pad is, die voorsiening van produkte van Æn hoδ gehalte en uitmuntende
diens. Natuurlik sal Æn bietjie geluk langs die pad ook help.
Voorts
kan dit jou loon om Æn gewoonte van lewenslange leerdery te maak. Jy gaan baie
leer as jy van beroep verander om Æn entrepreneur te word, maar die verwerwing
van kennis kan nie ophou sodra jou besigheid gevestig is nie/
Verandering
gaan vir die voorsienbare toekoms Æn blywende deel van die Suid-Afrikaanse
lewenswyse wees. Die sukses van jou besigheid gaan ook afhang van jou vermoδ om
jou by maatskaplike en tegnologiese veranderings aan te pas.
Hou
dus aan met lees, skryf jou in vir kursusse en verbreed jou kennis en begrip van
die wΩreld om jou.
En
baie welkom in die kring van die vooruitstrewendes!
___________________________________________________________
Terug
na inhoudsblad -- klik hier
___________________________________________________________
Ons
Wonderlike WΩreld op CD, 2004 - Uit Huisgenoot se Jongspan