__________________________________________________________________

 

Insek-kaleidoskoop (1): Die bou en ontwikkeling van insekte

 

O togga,

'n gogga!

 

Hulle is die eienaardigste kreature denkbaar. Sommige kan selfs 'n jaar lank bly lewe nadat hul koppe afgesny is!

__________________________________________________________________

 

Die bou van 'n tipiese insek

 

òáá AL die aarde se insekte, die ganse magtige gewemelte, is wesenlik eenders gebou: elkeen het 'n liggaam wat in drie dele verdeel is.

 

Voor sit die kop, bestaande uit die breintjie, die monddele, samegestelde oδ en dikwels enkelvoudige oδ, en 'n paar voelhorings.

 

Aan die middeldeel, die bors, is drie pare pote en, indien teenwoordig, die vlerke. Daar is kragtige spiere in die bors wat die pote en vlerke laat beweeg.

 

Die agterlyf, wat gesegmenteer is, huisves die organe vir asemhaling, spysvertering, uitskeiding en voortplanting.

 

Oδ van die insek

 

òáá INSEKTE het twee samegestelde oδ. Elke oog bestaan uit baie afsonderlike fasette wat ommatidia genoem word. Elke ommatidium het 'n seshoekige lens aan sy buitekant, daaronder 'n rabdoom wat uit ligsensitiewe retinulaselle bestaan, en 'n senuwee verder ondertoe.

 

Die lens, wat slegs 'n baie klein deeltjie opvang van die toneel wat die insek sien, stuur die beeld deur die rabdoom na die senuwee, en die brein voeg die beelde saam om 'n mosa∩ekprent te vorm.

 

Hoe meer lense hoe duideliker die beeld. Naaldekokers, wat uitsluitlik hul oδ gebruik om te jag, het tot 30 000 lense in elke samegestelde oog. Werkermiere wat meestal ondergronds bly, daarenteen, het minder as 'n halfdosyn.

 

Hoewel geen mens al ooit deur 'n insekoog gekyk het nie, is dit feitlik seker dat hulle swakker sien as die hoδre diere. Hulle het vermoedelik net tot sowat 'n meter ver skerp visie.

 

Maar samegestelde oδ kan beweging uitstekend waarneem, sodat die insekte vinnig kan laat spat of toeslaan wanneer hulle hul vyande of prooi gewaar.

 

Die meeste insekte het ook 'n aantal klein, enkelvoudige oδ wat ocelli genoem word en wat, s≤ word gemeen, die sensitiwiteit van die samegestelde oδ vir lig verhoog.

 

Voelhorings

 

òáá ANTENNES of voelhorings is dikwels die opvallendste sintuiglike organe by insekte. Hulle gebruik dit om die wΩreld om hulle te "proe". Die voelers is gedurig aan die roer -- draaiend en swaaiend om nou op die oppervlak te tik waaroor die insek beweeg, dan weer om 'n potensiδle koshappie te inspekteer. En as twee insekte bymekaarkom, raak hulle net met hul voelers aan mekaar.

 

Kortom, antennes vertel die insek van die gevoel, smaak, klank, reuk, temperatuur en vogtigheid van die omgewing.

 

Antennes het allerhande groottes en vorms.

 

Die beskermende harnas

 

òáá DIE epidermis van 'n insek bestaan uit 'n enkele laag selle. Aan die buitekant daarvan lΩ die kutikel en aan die binnekant die basismembraan.

 

Die kutikel, wat drie hooflae het, is sterk en veerkragtig, en dien as die insekgeraamte waaraan die bewegingspiere geheg is.

 

Die kutikel beskerm die sagte, interne organe en, omdat dit dik en waterdig is, keer dit dat die insek uitdroog. Dit stel insekte in staat om baie verskillende plekke te bevolk, ook woestyne.

 

Insekte het verskeie sinsorgane waarmee hulle met die buitewΩreld in verbinding bly. DiΘ organe penetreer die kutikel en laat prikkels soos diΘ vir reuk, smaak en gevoel na die liggaam deur. Klein openinkies, of spirakels, laat gasse in die asemhalingsproses deur.

 

Hare

 

òáá OMDAT hul buitegeraamte 'n buffer tussen hulle en die buitewΩreld skep, het die meeste insekte haartjies wat oral oor hul liggame versprei is en gevoelig is vir kontak en selfs inligting oor klanke en die windsnelheid sal verskaf.

 

Hoe doeltreffend hierdie haartjies is, moet duidelik wees vir elkeen wat al 'n vlieg met iets soos 'n stuk opgerolde papier probeer doodslaan het. Die vlieg kom gewoonlik weg omdat sy haartjies hom gewaarsku het oor die lug wat deur die papier verplaas is.

 

Wapens vir verdediging

 

òáá DIE liggaam van 'n insek is dikwels met wapens toegerus waarmee hy hom verdedig. Baie, soos die gewone kriek, het doeltreffende stekels aan die pote wat hulle teen roofvyande gebruik. Ander, soos die perdeby, is met 'n angel toegerus wat selfs mense afskrlk.

 

Gehoor

 

òáá HOEWEL baie insekte geen gehoorsintuie het nie, is dit bloot logies dat die meeste wat klanke kan voortbrlng ook moet kan hoor.

 

Party insekte soos krieke, sprinkane en sonbesies het ore soortgelyk aan diΘ van die mens, met 'n "oortrom" of trommelvlies. DiΘ is op die pote of aan die agterlyf

 

Insekmusikante

 

òáá GEDURENDE die lente en somer is die lug gevul met die vrolike klanke van insekte. "Al die kriekies kriek daarbuit," soos die digter dit stel. In verskeie lande hou mense selfs veldkrieke in koutjies aan om na hul opgewekte liedere te luister.

 

Die doel van 'n insekgesang is om 'n maat te lok, 'n mededinger af te weer of 'n roofvyand te verjaag. Insekte het nie ware stemme nie, maar die meeste geluide word voortgebring deur een deel van die liggaam teen die ander te vryf.

 

Die treksprinkaan het byvoorbeeld 'n aantal spore aan elke agterpoot wat teen die vlerke gestryk word om 'n krassende geluid te maak.

 

Die sonbesie het weer 'n paar trommelvliese met resonators aan die agterlyf wat deur middel van spiere in die liggaam tril om sy kenmerkende, skril geroep voort te bring.

 

Dis net die mannetjies onder die sonbesies wat "sing". Sowat 2400 jaar gelede het die Griekse dramaturg Xenarchus geskryf (vry vertaal): "Sonbesies is so gelukkig as kan kom, want al hul vroue is mos stom."

 

Vreetgerei

 

òáá INSEKTE het drie pare vreetledemate wat saamwerk om die kos te gryp, te proe en fyn te druk.

 

Afhangende van die soort kos wat verorber word, kan een of twee van die ledemate toegerus wees vir gespesialiseerde vreettegnieke soos byt, deurboor of suig.

 

Die monddele van die roofwants vorm byvoorbeeld 'n steeksnuit waarmee hy sy prooi doodsteek. Hy pomp giftige sappe in sy slagoffer in, wat hom van binne verteer en hom vloeibaar laat word. Dan suig die roofwants geleidelik die vloeistof op. Hierdie toksiese speeksel is verskriklik pynlik as die insek 'n mens byt.

 

Daarteenoor is die monddele van die vlinder sodanig dat hy nektar uit blomme kan suig.

 

Metamorfose by die insek

 

Mensebabas is kleiner as mensekinders en mensekinders is kleiner as grootmense. Maar hulle het almal arms en bene en 'n kop met oδ, mond, neus en ore, en hulle is almal duidelik herkenbare mense.á By die insekte is die verskil tussen klein en groot egter nie naastenby so eenvoudig nie...

Metamorfose beteken ''gedaantewisseling'', die verandering van die uiterlike vorm en voorkoms. Daar is twee hoofvorms van metamorfose by insekte, naamlik volkome en onvolkome.

 

òáá IN haar Wonderland is klein Alice totaal dronkgeslaan. Sy krimp en sy rek asof sy 'n konsertina is. Dan weet die Rusper nog vir haar te vertel dat dit niks is om verbysterd oor te wees nie!

 

Waarop Alice vir die Rusper in die beroemde boek teregwys: "Wel, miskien het jy dit nog nie so onder¡vind nie, maar wanneer jy in 'n pa¡pie moet verander -- eendag sal jy, weet jy? -- en daarna in 'n skoenlapper, reken ek dit sal vir jou 'n bietjie eienaardig wees, of hoe?"

 

'n Bietjie eienaardig, om dit sag te stel! Die metamorfose van 'n insek het die mens immers deur alle eeue verwonder.

 

Meer as twintig eeue gelede het die Griekse filosoof Aristoteles ver¡klaar dat "die larwe in sy groeistadium 'n sagte eier is". In die Middeleeue het die geleerde monnik Albertus Magnus vir geen oomblik gedink dat ruspers enigiets met skoenlappers te doen het nie.

 

En in die sewentiende eeu het die skrywer Izaak Walton die ge¡loof van vroeδre natuurkundiges gesteun dat "baie ruspers gebore word... uit die dou wat in die len¡te op die blare van bome val".

 

Dit was maar slegs in die afgelope aantal dekades dat die mens die verskynsel van metamorfose beter begin begryp het. En tog is daar nog baie geheimenisse omtrent hierdie ingewikkelde proses.

 

Daar is twee hoofvorms van me¡tamorfose: volledig en onvolledig. By volledige metamorfose ont¡wikkel die eiers tot larwes wat kennelik anders as die volwasse in¡sek lyk. Verskillende soorte larwes het verskillende name: diΘ van skoen¡lappers word byvoorbeeld ruspers genoem en diΘ van brommers is maaiers.

 

Die larwe gaan deur 'n tussen¡stadium waarin hy 'n papie word. Die woord papie kom van die Latynse woord vir 'n pop (die papie lyk mos ook rΩrig soos 'n baba wat in sy kombersies toegewikkel is). Uiteindelik bars die papie oop en die volwasse insek maak sy verskyning.

 

By onvolledige metamorfose verskyn jong larwes wat nimfe genoem word, of voetgangers soos by sprinkane, uit die eiers. Die nim¡fe lyk in baie opsigte soos die volwassenes, maar is tog ietwat anders. Hulle vervel verskeie kere tot¡dat hulle uiteindelik volwasse is.

 

Volledige metamorfose by die skoenlapper

 

òáá Die meeste vlinder-eiers is aanvanklik wit, groen of geel, maar verander namate die larwe binne-in ontwikkel. Eiers se vorms verskil en word enkel, in rye of in trosse gelΩ, afhangende van die soort. Uit die eier kom 'n rusper.

òáá Die rusper het net een doel in sy wriemelende lewe en dit is om genoeg te vreet en vet op te gaar vir die papiestadium. Hy vervel vier of vyf keer. Wanneer hy reg is om 'n papie te word, heg hy hom aan 'n stewige oppervlak vas.

òáá Hormone in die papie lei tot veranderings en volwasse eienskappe soos vlerke, pote en ander organe. Eindelik bars die papie uit sy dop en die vlinder kom te voorskyn.

òáá Die volwasse vlinder is nie eensklaps ten volle gevorm nie; hy is broos en hulpeloos. Die vlerke is klein en gevou. Hy hang soos 'n stuk wasgoed terwyl sy vlerke uitsprei en verhard. Nß sowat 'n uur is hy reg vir sy nuwe lewe.

 

Onvolledige metamorfose by die sprinkaan

 

òáá Alle veldsprinkane ("grashoppers") en treksprinkane ("locusts") lΩ hul eiers in grond. Die wyfie boor 'n gat met haar agterlyf.

òáá Die piesangvormige eiers word onder in die gat in 'n eierpakkie gelΩ en is eers bleekgeel, maar word later bruin. Die bodeel van die gat word met 'n skuimerige uitskeiding gevul. Die eiers het vog nodig om uit te broei.

òáá Jong nimfe ("voetgangers") kom uit die eiers en vreet plante net soos die volwasse sprinkane.

òáá Voetgangers vervel vier tot tien keer, afhangende van die bepaalde soort sprinkaan. Om volwassenheid te bereik duur van een tot verskeie maande.

 

Die ontwikkeling van die sywurmmot -- nog 'n volledige metamorfose

 

òáá Die wyfiemot lΩ sowat 500 piepklein, geel eiertjies, wat later verdonker. Hieruit broei klein, donker, harige wurmpies.

òáá Die wurmpies begin dadelik moerbeiblare vreet en word mettertyd groot, vet wurms. Met hul vervellings word hulle ligter van kleur. Hulle vervel vier keer voordat hulle hul kokonne begin spin.

òáá Die sywurm spin eers 'n hangmat vir die kokon om in te hang en begin homself dan in die eiervormige sy-omhulsel toespin. Ruwe kokonsy is rusper-speeksel wat verhard as dit met die lug in aanraking kom.

òáá Toegewikkel in die sy van die kokonne lΩ die papies skynbaar rustend, maar 'n groot verandering is met hulle aan die gebeur.

òáá Die mot wat uit die papie kom, maak 'n opening in die kokon en vlek in diΘ proses die sy met donker kolle.

òáá Die motte paar, die wyfies lΩ hul eiers en die motte vrek omtrent 'n week of wat later. Die kringloop word voortgesit met die belofte van honderde nuwe lewentjies in die eiertjies. DiΘ is so klein dat omtrent 7000 'n teelepel sal vul.

 

Gogga-gedoentes

 

òáá 'n Insek waarvan die kop afgesny is, kan tot 'n jaar lank leef voor hy van honger vrek.

òáá Die warrelkewer of waterhondjie se samegestelde oδ is tweevlakkig: die boonste helfte verken die lugwΩreld en die onderste helfte die waterwΩreld.

òáá Insekte sien nie dieselfde reeks kleure as mense nie. Daarteenoor sal baie kleure wat vir die mens gedemp lyk, vir insekte in pragtige ultraviolet tinte gloei.

òáá Die langhoringsprinkaan Is 'n ware langasem-musikant. In die loop van 'n enkele somer kan hy sy vlerke vyftig miljoen keer saamvryf.

òá Die voelhorings van sekere mannetjiesmotte is so kragtig dat hulle 'n wyfie verder as 1,5 km kan opspoor.

òáá By talle soorte miere, bye, wespe en ander insekte is geen mannetjies nodig nie -- die eiers broei sonder bevrugting uit.

òáá 'n Skoenlapperwyfie, wat maar enkele weke leef, kan van een tot 1700 eiers lΩ.

ò ááDie teelkragtige termietkoningin kan tot 500 miljoeneiers in haar lewe lΩ.

òáá Die nimf van die sewentienjaar-sprinkaan van Ameri¡ka, wat die periodieke sikade genoem word, bring sewentien jaar ondergronds deur voordat hy bo uitkom en vervel om 'n volwasse sprinkaan te word.

 

__________________________________________________________

 

Terug na inhoudsblad -- klik hier

_________________________________________________________________

 

Ons Wonderlike WΩreld op CD, 2004 - Uit Huisgenoot se Jongspan