___________________________________________________________

 

Insek-kaleidoskoop (8): Naaldekokers en waterjuffers

 

Ragfyn

venyn

 

Glansryk soos 'n suikerbekkie, ragfyn en sierlik, stryk 'n naaldekoker neer op 'n takkie langs die water... getooi in die mooiste kleurskakeringe. Maar in diΘ flambojante broosheid skuil 'n insekhartjie vol venyn teenoor ander insekte -- soseer dat daar vandag nog nare bygelowe omtrent naaldekokers bestaan, al kan hulle die mens eintlik geen skade aandoen nie. Maak nou nader kennis met hulle en hul familielede, die waterjuffers...

___________________________________________________________

 

DIE somerdag se swoelte hang oor die dam. Klein soogdiertjies maak kuiltjies in die watervlak waar hulle hulle gretig met die koel vog verkwik. Ontelbare insekte gons en grabbel in die waas. Die middag ruik na warm mod¡der en die verknoopte kraaineste van waterplante.

 

Dit is die koninkryk van die naaldekokers en hul kleiner, delikater familielede, die water¡juffers.

 

Hier hang een feitlik roerloos bo die water aan die oewer. Daar sig-sag 'n ander deur die riete agter 'n skoenlapper aan. Doer plons nog een kop eerste in die water om die een of an¡der prooi te vang -- asof hy nogal by sy eie vyand, die visvangervoδl, geleer het om s≤ te maak.

 

Naaldekoker-wΩreld... van lankal af prikkel dit reeds die mens se verbeelding. Daar was trouens eenmaal die bygeloof dat naaldekokers kinders se monde kan toewerk -- dalk met die "naalde" wat hulle uit hul "kokers" sou haal, wie weet? Naal¡dekokers het selfs die onver¡diende reputasie gehad dat hulle "perdestekers" en "muile-moordenaars" sou wees!

 

Alá weetá onsá vandag baie meer omtrent naaldekokers en waterjuffers en dat hulle glad nie kan steek nie, bestaan daar nog altyd allerhande gelofies om¡trent hierdie insekte. 'n Dekade of drie gelede het daar byvoorbeeld pandemonium in Suid-Ierland geheers toe 'n swerm klein naaldekokertjies van die see af kuslangs gevlieg en 'n digte, swart wolk gevorm het.

 

En in Suid-Amerika word sekere waterjuffers wat snags deur die donker dele van woude vlieg, as die siele van die gestorwenes geδerbiedig...

 

Verskille tussen die naaldekoker en waterjuffer

 

òáá DIE naaldekoker en waterjuffer behoort albei tot die orde Odonata, maar daar is afsonderlike subordes.

 

Die naaldekoker is waarskynlik die bekendste van die twee. Hy is 'n sterk, vinnige vlieδr en sy agtervlerke is baie breδr as sy voorvlerke. In 'n rustende posisie hou hy gewoonlik sy vlerke oop en plat. Hy het groot, samegestelde oδ wat bra naby mekaar lΩ en mekaar dikwels in die middel van die kop ontmoet.

 

Die waterjuffer het ook twee paar dun vlerke, kort voelhorings en 'n lang lyf. Hy is delikater gebou as die naaldekoker. Altwee pare vlerke is eenders gevorm en vou gewoonlik terug bokant die liggaam wanneer die waterjuffer rus. Sy groot, uitstaande oδ lΩ wyd uitmekaar en steek soos knope aan weerskante van sy kop uit.

 

In die orde Odonata vorm waterjuffers die suborde Zygoptera en egte naaldekokers die subordes Anisoptera en Anisozygoptera.

 

Asemhaling deur kieue

 

òáá DIE nimfe van naaldekokers en waterjuffers is feitlik deur die bank waterbewoners. Waterjuffernimfe is binne 'n jaar volgroeid, maar naaldekokernimfe bring enigiets van twee tot vyf jaar onder die water deur. Albei soorte haal deur middel van kieue asem.

 

Naaldekokernimfe haal asem deur water aan die punt van agterlyf in te trek en uit te stoot. Die water spoel oor die kieue wat aan die agterkant van die spysverteringskanaal lΩ. Die suurstof gaan by wyse van eenvoudige diffusie na die lugbuise.

 

Sekere naaldekokernimfe maak van hierdie stelsel gebruik om aan vyande te ontsnap. As hulle skrik, stoot hulle die water heftig uit en skiet sodoende vorentoe.

 

Die kieue van waterjuffernimfe vorm uitwendige blaaragtige uitsteeksels of lamellae aan die punt van die agterlyf. DiΘ lyk dikwels soos yl varingblare.

 

Van die water na die land na die water

 

òáá NAALDEKOKERS en waterjuffers lewe half op land, half in die water. As nimfe is hulle slegs vir 'n waterlewe toegerus. As volwassenes moet hulle egter in die atmosfeer kan asemhaal, en hul vlerke moet gou kan droog word sodra hulle uit die water te voorskyn kom.

 

Volwasse naaldekokers lΩ hul eiers in of naby water. Baie van hulle daal netjies op die water neer en doop hul agterlywe daarin. Die larwes of nimfe wat uit die eiers kom, leef in die water en vervel talle kere voordat hulle volgroeid is.

 

Wanneer die nimfe gereed is om die land aan te durf, klim hulle teen die stingel van 'n plant op wat in die water staan, of hulle lΩ op 'n plat klip waar die water hulle net-net bedek. 'n Bars verskyn in die vel en die sagte, kwesbare volwasse insekte wring hulle uit tot in die nuwe wΩreld.

 

Dit duur 'n uur of twee voordat hul nuwe vel hard word. Maar ter beskerming is die insekte nou nog so vaal dat hulle met hul omgewing saamsmelt.

 

Die leδ nimfdoppe wat agterbly, hang oral aan waterplante, grotesk in vorm en posisie, stille getuienisse van 'n hergeboorte nß 'n lang bestaan onder die water.

 

Die nadele van 'n dubbele lewe is velerlei, en die wesenlike probleem is die verandering van 'n lewe waarin opgeloste suurstof uit water onttrek moet word tot 'n lewe van die inneem van atmosferiese suurstof. Maar daar is ook voordele. Die nimfe word nie so erg deur skielike temperatuurskommelings geraak nie. En hulle hoef nie om 'n bestaan mee te ding met die hordes insekte wat mekaar op die land verdring nie.

 

Sittende posisies

 

òáá WAAR sekere insekte van swaartekrag gebruik maak om hulle te oriδnteer, is naaldekokers onder diΘ wat dit met lig doen. Hulle sorg gewoonlik dat die lig op hul r√e val. As 'n lig van onder af op hulle geskyn word terwyl hulle vlieg, val die naaldekokers grond toe.

 

Naaldekokers rus in verskillende posisies. Baie sit met hul agterlywe reguit boontoe. Sekere insektekundiges glo dit is om te keer dat die sonstrale loodreg daarop val en dit help dus om die insek koel te hou.

 

Terwyl hulle jag, sit die meeste naaldekokers op kaal takkies of grasspriete, hoewel daar 'n hele klompie is wat hulle op die grond tuis maak.

 

Nog 'n tipiese sithouding is diΘ waar die naaldekoker sy vlerke oor die borsstuk afgebring het. Dit help allig om hom teen die son te beskut.

 

Familielid waterjuffer se vlerke vou agtertoe bokant die liggaam wanneer hierdie insek in 'n rusposisie is.

 

Dodemasker

 

òáá DAAR is 'n groot verskil tussen die voedingsgewoontes van die naaldekokers en waterjuffers se nimfe en die volwasse insekte. Die nimf het 'n gelede "arm" of labium wat aan die onderdeel van sy mond skarnier. Aan die punt van die arm is 'n paar skerp gepunte hake.

 

Dis tipies van die nimf om roerloos in die water te lΩ, versteek deur sy dowwe, bruinerige kleur. As 'n stomme inseklarwe, bloedsuier, wurm of paddavissie binne trefafstand kom, word die arm met behulp van kragtige spiere uitgeskiet en die slagoffer word deur die hake deurboor.

 

Die "arm" word dan weer teruggevou, waardeur die kos na die nimf se kouende bo-kaak gebring word. Hier bly die labium 'n nuttige instrument deurdat dit soos 'n piering gebruik word om vallende deeltjies van die prooi op te vang. Die "arm" word dan netjies onder die kop en bors ingevou totdat dit weer nodig gekry word. S≤ gevou, verberg dit partykeer die onderdeel van die gesig en het dit daarom ook die bynaam "die masker" gekry.

 

Alle volwasse naaldekokers en waterjuflers is roofgierige jagters en baie is kannibaals. Sekere soorte vreet feitlik net muskiete, maar groter soorte verkies skoenlappers, motte en bye, asook kleiner lede van hul eie soort. Dit is bekend dat die grootste naaldekokers selfs paddatjies en vissies vang.

 

Waterjuffers fladder tussen die oewerplante rond waar hulle plantluise, motjies en blaarspringers bykom.

 

Die bors-segmente van naaldekokers en waterjuffers lΩ skuins sodat die pote net onder die kop saambondel om 'n "mandjie" te vorm waarmee hulle insekte kan opskep. Die kos word na die getande kake oorgeplaas en word gewoonlik sommerso gedurende die vlug verorber, hoewel party naaldekokers hul prooi terugdra na waar hulle sit.

 

Dansende drake

 

òáá IN Engels word die naaldekoker 'n "dragonfly" (draakvlieg) genoem -- en watter beter beskrywing kan daar wees vir hierdie verskrikking van die vlieδnde insekte? Sy kragtige, woelige gevlieg is onder die indrukwekkendste van alle insekvlugte. Die twee pare vlerke klap onafhanklik van mekaar wanneer hy vlieg en maak die insek wonderlik bedrewe in die lug. Hy kan skielik stop, skerp links of regs draai, in die lug bly hang en selfs agteruit vlieg.

 

Met hierdie kranige beweeglikheid maak die naaldekoker kleingeld van swerms parende muggies en ander klein insekte. Die mannetjies in hierdie swerms dans op een plek op en af om die wyfies te lok. Omdat naaldekokers ook op en af kan dans, vang en vreet hulle die muggies net daar op. Dis 'n baie doeltreffender jagmetode as diΘ van voδls soos die swaeltjies wat telkens maar weer deur insekteswerms moet duik om kos te kry.

 

Anders as talle ander insekte, het naaldekokers nie die toerusting om hul vlerke ßl vlieδnde te laat ineensluit sodat dit as 'n eenheid funksioneer nie. Desondanks kan hulle die vier vlerke as 'n onbeweeglike eenheid saamvoeg deur middel van spiere in die borsstuk. Dit stel naaldekokers in staat om te sweef en energie te spaar.

 

Naaldekokers kan merkwaardig vinnig vlieg -- party soorte teen 30 km/h -- en is boonop indrukwekkende wΩreldreisigers. Daar is al waargeneem hoe talle van hulle dieselfde trekroetes as voδls en vlinders volg en s≤ algaande van die skoenlappers voorlΩ en opvreet.

 

Waterjuffers, daarenteen, is meer gesete insekte, hoewel 'n paar van hulle met die wisseling van die seisoene tog deur 'n beperkte treklus beetgepak word.

 

Naaldekokers het in die reδl groter vlerke as waterjuffers, hoewel die grootste vlerke van almal tot die waterjuffer van Suid-Amerika behoort. DiΘ het volgens een bron 'n vlerkspan van by die 20 cm.

 

Die uitgestorwe naaldekokers van die jong dae van die aarde was veel groter -- was trouens die grootste insekte wat ooit geleef het. 'n Reuse naaldekoker het, volgens sy gefossileerde nalatenskap uit die Karboniese tydperk, 'n vlerkspan van sowat 60 cm gehad.

 

Die ene oδ

 

òáá VAN mense word gesΩ dat dit hul oδ is wat jy heel eerste raaksien. As 'n mens hulle van baie naby bekyk, kan dit eweneens van die waterjuffer en naaldekoker gesΩ word. Sulke oδ, darem -- dit beslaan die grootste gedeelte van die kop

 

Roofnaaldekokers het buitengewoon groot oδ bo-op 'n kop wat vrylik sywaarts, agtertoe, vorentoe en ondertoe kan draai. Die oδ is sensitief vir die geringste beweging en dit maak hulle gedugte jagters. Daar word gemeen dat hulle die grootste aantal ommatidia (afsonderlike oogfasette) van alle insekte het -- tot sowat 30 000.

 

Waar die oδ van die naaldekoker naby mekaar sit, is diΘ van die waterjuffer weerskante van die kop en dit laat hulle soos handgewigte ("dumbbells") lyk. Hul oδ is kleiner en sit aan weerskante van die kop. Altwee insekte het binokulΩre sig.

 

________________________________________________________

 

Terug na inhoudsblad -- klik hier

________________________________________________________

 

Ons Wonderlike WΩreld op CD, 2004 - Uit Huisgenoot se Jongspan