___________________________________________________________
die soet
Kom, By, hou by, maak
bymekaar ...
Brom-brom, blom-blom, van jaar tot jaar.
Die soet wat vir jou By-saak is,
is vir my hoofsaak, dis
gewis!
Dis toneeltjies wat hulle gedurig
rondom ons afspeel: bedrywige heuningbye wat die nektar van blomme teug. Ons
sien hulle, maar dink nie veel verder aan hulle nie. Maar hieronder kan jy baie
meer te wete kom van die vlytige by en haar by-produkte...
òáá
Klik hier vir ander artikel oor bye by
"Kort begrip".
___________________________________________________________
KAN jy jou ons wΩreld sonder die gezoem van die bye voorstel? Sonder al
die by-produkte en by-komstighede van hierdie nuttigste van alle insekte?
Watter somber plek sou dit nie gewees het nie. Baie van die plante, vrugte,
voδls en diere wat ons so goed ken, sou glad nie kon bestaan het nie.
Bye speel immers 'n heeltemal onmis¡bare
rol in die bestuiwing van talle plante, wat weer vrugte dra wat deur baie diere
gevreet word. Ook die mens is baie aan die by verskuldig vir die bestuiwing van
sy landbougewasse -- en dan natuurlik ook vir sy heuning.
Daar is
sowat 20 000 soorte bye op aarde. Die meeste is nie-sosiaal of enkellopend, 'n
paar is semi-sosiaal, terwyl net 'n klein minderheid in hoogs ontwikkelde
gemeenskappe voorkom.
Die heuningby is beslis die
bekendste sosiale by. Heuning- en ander bye behoort tot die groep Apoidea in die orde Hymenoptera
(vliesvlerkiges). Daar is etlike spesies van die heuningproduserende
bye, wat as die ekonomies waardevolste van alle insekte beskou word.
Daar is drie vorms van bye in die heuningbye se nes: die
koningin (voortplantende wyfie), die hommel (mannetjie) en die werker (steriele
wyfie). Elk van diΘ vorms het hul eie take en funksies.
òáá
DIE familielewe in die korf van die heuningbye sentreer rondom die allerbelangrikste enkele lid, die
koningin. 'n Mens sien haar dadelik tussen die ander bye raak. Haar eierstokke
is so goed ontwikkel dat haar agterlyf vergroot is. Sy is omtrent twee keer
groter as die werkers.
Waar sy ook al gaan, word sy deur
die werkers om haar gekoester en vertroetel.
Ondanks haar "status" is hierdie koningin egter eintlik maar net soos 'n masjien wat eiers lΩ. In
haar hele lewe paar sy net in die begin -- tydens 'n stuk of ses paringsvlugte.
En, tensy sy en haar volgelinge op trek gaan, word die res van haar lewe
daaraan gewy om oor die waskoeke heen te beweeg, die selle te inspekteer en
eiers daarin te lΩ. Sy beheer die nes se bedrywighede met haar feromone.
Maar buiten dit is haar deurlugtige
Majesteit nie tot enigiets anders in staat nie.
'n Koningin leef gemiddeld een tot
drie jaar.
òáá
PRAAT van 'n lummel van 'n luiaard -- s≤ is die drommel van 'n hommel! Hierdie mannetjiesby, wat
met die koningin paar, word deur die werkers verwen. Maar al wat hy blykbaar
vir die byenes doen, is om vir voortplanting te sorg.
Tog kan ons nie ons eie waardes
toepas op kreatuurtjies wat soveel van ons verskil nie. Die hommel is hoogs
gespesialiseerd en sy hele bestaan
is op sy een plig ingestel.
Hommels het buitengewoon groot oδ en
lang voelhorings, wat hulle gebruik om die koningin gedurende paringsvlugte op
te spoor. Hulle is korter as die koningin, maar swaarder gebou. Hulle het nie
angels nie.
Hulle is nie permanente lede van die
byenes nie. As die heuningseisoen verby is en die nektarvoorraad afneem, word
geen hommels meer versorg nie en hulle gaan dood.
òáá
DIS die werkers wat maak
dat bye vlytig genoem word. Hulle werk hulle ook letterlik dood -- dit kan
selfs binne sowat ses weke wees as die klimaat en beskikbare blomme hul toelaat
om baie besig te wees.
Maar daar is duisende van hulle wat
ook vinnig kan aanwas. In die lente kan kolonies in die gematigde
streke van 8000 tot 15 000 werkers hΩ en teen die vroeδ somer kan daar meer as
80 000 wees.
Die werkers is wyfies net soos die
koningin, maar hulle het steriel ontwikkel, letterlik omdat hulle anders
grootgemaak is. Die koninginne se eiers word in groter selle gelΩ en hulle word
anders gevoed as die werkers.
Die werkers is ondanks hul
steriliteit tog in staat om eiers te lΩ, maar hierdie funksie word onderdruk
deur feromone wat die koningin afskei. (Die Kaapse swartby, 'n subspesie, is
heeltemal uniek in die wΩreld deurdat onbevrugte werkers bevrugte eiers kan
IΩ.)
Werkers doen feitlik al die werk wat
vir die voortbestaan van die byenes nodig is -- met hul geniepsige angels sal
hulle tot die rol van soldate vervul as die nes bedreig word. Maar in die
gewone loop van sake sal hulle verskillende take verrig wat min of meer van hul ouderdom, die seisoen en die behoeftes van die kolonie
afhang.
Sodra 'n nuwe werker uit haar eie
sel verskyn, moet sy eers ontruimde selle skoonmaak. Nß 'n paar dae ontwikkel aan haar kop die kliere vir byemelk of
koninginjellie. Hiermee kan sy larwes voer, en sy staan nou bekend as 'n
voedsterby.
Die hele oppasserstadium (wat sowel
die skoonhou van die selle as die voer van die larwes insluit) duur sowat tien
dae. Hierna raak die voerkliere onaktief en die waskliere ontwikkel. Kliere in
die agterlyf produseer 'n vloeistof wat tot byewas verhard.
Die by is nou in die bouer- en
bewakerstadium, en haar pligte sluit in om die nes vry van afval en dooie bye
te hou; nuwe heuningkoekselle te bou en oues te herstel; en die nektar te verteer wat ander werkers van buite
inbring en dit in die selle te plaas. In die laaste drie dae van hierdie fase
bewaak sy die ingang tot die nes, en sy ventileer ook die nes deur haar vlerke
as waaiers te gebruik.
Die bouer- en bewakerstadium duur
ook sowat tien dae en eers hierna gaan die by in die veld uit. Sy is nou in die
begin van die laaste stadium in haar lewe -- die kosversameltyd.
Die veldby, of kossoeker, kan haar
pad vind en kommunikeer, en dit kom haar goed te pas as sy kosplekke opspoor en
die inligting aan ander kossoekers oordra.
Nß talle vlugte raak haar hare en
vlerke toiingrig. Uiteindelik keer sy nooit weer terug nie.
òáá
DIE heuningby-werker het 'n lang tong om die heuningpotjies van die meeste bloeisels by te kom, maar diΘ
wat te diep lΩ, kan nie bereik word nie. Die hommelby (dis nou die
"bumblebee" van die Noordelike Halfrond, nie die mannetjie van die
heuningby wat ook 'n hommel genoem word nie) het egter 'n langer tong vir
tuitblomme.
Die nektar word in 'n heuningsakkie
by die begin van die agterlyf geberg. Sodra die by na die korf teruggekeer het,
word die nektar opgebring. Die nektar word nie in die koekselle geplaas nie,
maar oorgedra na die bye in die bouerstadium wat dit in heuning omskep.
Twee prosesse is hierby betrokke:
die onttrekking van water en 'n chemiese verandering in die verskillende soorte
suiker.
Die bye wat nektar ontvang, gaan na
'n deel van die byekorf waar daar 'n lugstroom is. S≤ 'n by bring 'n
druppeltjie nektar tot op die
punt van haar tong op, stel dit aan die lug bloot, sluk dit en bring dan 'n
volgende een te voorskyn. Dit doen sy talle kere sodat baie van die water daaruit
verdamp.
Die by deponeer dan die nektar in 'n
bΩre-sel. Die ventileerders sirkuleer droδ lug in die korf en daar is verdere
verdamping.
Onverwerkte nektar bestaan uit drie
soorte suiker: sukrose, glukose and fruktose.
Laasgenoemde twee word maklik deur diere verteer, maar nie sukrose nie. In die
heuningmaakproses voeg die by 'n spysverteringsensiem by die vloeistof wat die
sukrose tot glukose en fruktose afbreek.
As die heuningmakery einde se kant
toe staan, word die selle gevul en met 'n lagie was oordek. S≤ word heuning vir
'n lang tyd bewaar.
òáá
EEN van die opwindendste ontdekkings wat nog ooit in die insektewΩreld
gedoen is, was hoe die kossoeker nou eintlik vir haar medewerkers vertel
presies waar en hoe ver van die byekorf 'n ryk voedselbron geleδ is.
As die kos binne sowat 100 m van die
nes is, voer die by 'n sirkelvormige danspas op 'n heuningkoek uit. Elke af en
toe stop sy en bring 'n druppel nektar op. Bye naby haar leer die reuk van die
kos ken en dans dikwels saam met haar.
As die voedselbron verder as sowat
100 m van die nes is, voer die by 'n sogenaamde wikkeldans uit en beweeg min of
meer in die vorm van 'n agt op die heuningkoek terwyl sy haar lyf skud.
Die by beweeg 'n entjie reguit vorentoe
terwyl sy haar agterlyf wikkel, hou dan op met wikkel en maak dan 'n halwe
sirkel wat haar terugbring na waar sy was. Sy herhaal dan die wikkelbeweging in
'n reguit lyn, maar maak die halwe sirkel aan die teenoorgestelde kant.
Die reguit lyn in haar bewegings op
die koek dui die rigting aan waarin die kos gekry sal word. As sy boontoe
hardloop, beteken dit dat die kosvoorraad in die rigting van die son geleδ is.
As sy ondertoe hardloop, sΩ sy dat die voedselbron in die teenoorgestelde
rigting as die son lΩ.
Die hoek wat die dans vorm, dui aan
in watter rigting haar medewerkers moet vlieg. Nadat hulle uitgevlieg en
teruggekeer het, voer hulle ook die danspassie uit en dra die boodskap weer aan
ander bye oor.
òáá TWEE soorte eiers word gelΩ: bevrugtes (wat koninginne en werkers oplewer) en onbevrugtes
(waaruit hommels te voorskyn kom).
Die
eiers broei drie dae nadat hulle gelΩ is uit. Om die larwes te voed, is nou
hoofsaak. Hulle word eers koninginjellie gevoer en later stuifmeel en heuning.
Die byemelk word koninginjellie genoem omdat die koninginlarwes so baie daarvan
ontvang.
Nß
sowat vyf dae vir 'n koningin- of werkerlarwe en sewe dae vir 'n hommellarwe,
word die selle met 'n lagie was verseδl en die papies ontwikkel daarbinne.
Die
volwasse koninginne maak omtrent sestien dae nadat die eiers gelΩ is hul
verskyning, die werkers 21 dae en die hommels 24 dae.
Koninginne
word nie net in vergrote selle gekweek nie. Enige vroulike larwe kan 'n
koningin word as sy koninginjellie gevoer word.
òááá WANNEER 'n nes te groot word, sal die ou
koningin met 'n deel daarvan wegtrek, terwyl 'n jong koningin haar vir die taak
voorberei om die heerskappy oor te neem.
Navorsers het vroeδr gereken dat s≤ Æn nuwe
koningin net een keer in haar lewe paar. Onlangse wetenskaplike navorsing het
egter aan die lig gebring dat sy gewoonlik binne Æn paar dae seksueel met ses
of meer hommels flankeer.
Op
'n paringsvlug word sy agtervolg deur die hommels wat deur haar reuk aangelok
word en hulle vlieg in 'n formasie wat aan 'n komeet se stert herinner. Sy
vlieg vir al die hommels weg, behalwe die sterkste een wat tydens die vlug met
haar paar. Maar omdat hy so voortvarend was, moet hy ook dadelik met sy lewe
boet.
Nß
haar ses of meer parings is die koningin in staat om etlike duisende eiers oor
'n tydperk van een tot drie jaar te lΩ. Dit is omdat haar oorlede mans se
sperma as 't ware in "koelbewaring" in 'n sakkie in haar agterlyf
bewaar word.
Sy
word die nuwe koningin van die nes en maak enige ander jong koninginne dood.
òáá STUIFMEEL is 'n belangrike voedingsbron vir bye. Dit bevat prote∩en, asook van die vitamiene van
die B-kompleks.
Stuifmeel
word sowel doelbewus as toevalligerwys versamel. Die by vee die
stuifmeelkorrels wat aan haar liggaamshare bly kleef het tot op haar agterpote,
waar dit versamel in lang, verstrengelde haartjies, wat die stuifmeelmandjies
vorm.
Terug
in die byekorf, plaas die by die korrels in 'n sel. Die bye in die bouerstadium
pak die stuifmeel netjies in die sel en heuning, wat 'n uitstekende
preserveermiddel is, word bo-op geplaas. Die sel word dan met was verseδl.
òáá BAIE mense het al 'n swerm bye gesien -- waar diΘ besig is om te trek of selfs ongenooid 'n posbus
of skoorsteen betrek. Soms hang hulle ook in 'n hegte tros aan 'n boomtak of
iets dergliks.
Byeswerms word in die lente of vroeδ somer gevorm nß 'n vet tyd waarin die bevolking van die byekorf so toegeneem het dat 'n deel van hulle moet wegtrek om oorbevolking te verhoed.
'n
Swerm bestaan uit die ou koningin en omtrent sestig persent van al die werkers en
hommels. Die nuwe ontluikende koninginne bly in die ou byekorf agter.
Verkennerbye gaan soek 'n geskikte plek waar hulle hul nuwe nes kan vestig.
___________________________________________________________
Terug na inhoudsblad
-- klik hier
___________________________________________________________
Ons Wonderlike WΩreld op CD, 2004
- Uit Huisgenoot se Jongspan