_____________________________________________________
Vorste van
die
onderwΩreld
Praat van 'n termiet en jy dink aan 'n gogga wat alles rysmier waarop hy sy kake kan lΩ! Maar, soos ons in hierdie aflewering van ons reeks oor insekte onthul, is termiete die mees gevorderde sosiale insekte. Hier is 'n pakkende kykie in die 'siel' van die termiet...
_____________________________________________________
JY ken hulle moontlik eer¡der as "rysmiere"-- vanweδ hul eiers
wat soos ge¡dopte ryskorrels lyk. Of anders as "witmiere"; in Engels
"white ants".
Maar eintlik is termiete nie wit nie
en nog minder is hulle miere. Hul kleure wissel van roomgeel tot donkerbruin
(anders as miere wat 'n verskeidenheid van kleure soos rooi, swart, geel, bruin
of selfs groen kan hΩ). En pleks van miere, is hul naaste lewende familielid
die kakkerlak.
Hierdie wesens van die onderwΩ¡reld
is swak toegerus vir die lewe soos ons dit ken. Die meeste is blind. Hulle het
nie die buitenste skelet van die mier nie, omdat hulle weens hul beskermde
leefwyse nie 'n harde buitekant nodig het nie. Hul dun kutikel bied weinig
beskerming teen hitte en koue.
Tog tel hulle onder ons planeet se
onvernietigbare insekte. Die rede is hul verbasende gemeenskapstruktuur, wat
hulle in staat stel om hul eie wΩreldjie binne-in 'n wΩreld te skep.
òáá
DIE lede van die meeste termietkolonies val in een van drie
kategorieδ, bekend as kastes of stande:
òáá
die koning en koningin;
òáá
die werkers ;
òáá
en die soldate.
Elk van die termiet-kastes verrig
spesifieke take.
In sy bekende werk Die Siel van
die Mier vergelyk EugΦne Marais 'n rysmiernes met 'n dier
"waarvan die organe nog nie verenig is soos by die mens nie". Sommige
van die termiete vorm die mond en die spysverteringstelsel, sΩ hy, ander vervul
die rol van wapens soos kloue of horings, en nog ander is die
voortplantingsorgane.
òáá
DIE koning en koningin is die ouers van die kolonie. Saam met sommige
jonger termiete, wat dalk in die toekoms koninklikes kan word, word hulle die
voortplanters genoem. Dit beteken dat hulle die liggaamsdele vir voortplanting
het.
Die koningin lyk soos 'n vet worsie.
Dis omdat haar maag vol eiers is, wat haar onbeweeglik maak. Sy is omring deur
helpers wat haar versorg en die eiers wegdra wat sy gedurig lΩ.
Die koning is nie so groot soos die
koningin nie. Hy paar gereeld met haar. Hulle is lewensmaats. Altwee is van die
werkers afhanklik vir hul voedsel.
òáá
IN die meeste termietneste hang die wel en wee van die kolonie van die
werkers af. Hulle verrig die daaglikse roetinetake soos die soek van kos,
skoonmaak, versorging, bou en herstelwerk.
Daar is manlike Θn vroulike werkers.
Hul koppe is ietwat gerond, sodat hulle soos ruimtevaarders met helms lyk.
Werkers het sterk kake om in hout in te byt en dit fyn te maal voordat dit in
die spysverteringstelsel opgeneem kan word. Hulle is al beskryf as die
"mes en vurk" van die kolonie.
Die werkers is die termiete wat die
skade aan houtstrukture aanrig. Hulle is gewoonlik onvrugbaar.
òáá
DIE soldate bestaan uit manlike en vroulike termiete. Hul
koppe en monddele is vir verdediging en aanval toegerus. Sommige het
sekelvormige kake en ander het monddele wat 'n taai vloeistof uitspuit.
Tydens 'n aanval kan sommige van die
kleiner soldate as "verkeerskonstabels" optree om vir die jong werkers wat in
veiligheid hardloop of die ouer werkers wat die jonges dra, die pad te wys.
Soldate is gewoonlik onvrugbaar.
òáá
DIE skielike verskyning van 'n massa vlieδnde termiete is iets om te
aanskou. Volgens EugΘne Marais is die begin van 'n termietnes die oomblik
wanneer die termiete vlieg. (Nadat dit gereδn het, gewoonlik teen skemer.)
Die gevleueldes is gereed om van die
kolonie weg te trek sodra die vertreksein gegee word. Die hele kolonie is
opgewonde. Die werkers hardloop vinnig rond. Die soldate lyk onrustig. Almal berei
hulle op die een of ander manier voor op die uittog van die gevleueldes.
Skielik vertrek hulle. In hul
duisende. Aangetrek deur die lig van die buitewΩreld soos motte na 'n kers.
Anders as met 'n swerm bye of miere,
is die termietswerm nie 'n paringsvlug nie, maar 'n proses wat die verspreiding
van die kolonie verseker. Die voortplanters raak gevestig en maak nes voordat
hulle paar.
Voortplanters word egter in yslike getalle
afgemaai deur hul talle vyande wat op die groot swerms feesvier.
òáá
NADAT die termiete gevlieg en gaan sit het, gebeur
verskeie dinge:
òáá
Die teelwyfie ontbloot 'n reukklier om mannetjies in die om¡trek te lok.
Een word haar maat.
òáá
Die termiete raak ontslae van hul vlerke, omdat dit nou onnodig geword
het en trouens voortaan net 'n las sou wees.
òáá
Die mannetjie volg die wyfie terwyl hulle 'n plek soek om nes te skop.
òáá
Nadat hulle gepaar het, sit die koning en koningin huis op en word 'n
koninklike egpaar.
Die termiete se dieet
òáá
PRAAT van termiete en die meeste mense dink aan die skade wat hierdie
insekte aan houtstrukture aanrig. Dis omdat baie spesies uitsluitlik van hout leef.
Maar talle termiete vreet gras, papier, graan, leer, wol en selfs linne. Alles
bevat sellulose.
Vir die meeste diere is stowwe wat
sellulose bevat onverteer¡baar. Maar in 'n termiet se maag is 'n menigte
mikroskopiese protosoa wat dit afbreek.
Wanneer kossoekende termiete na die
nes terugkeer met voedsel, kou die werkers dit en verteer dit gedeeltelik. Bede¡lende
termiete streel die koppe van die werkers of tik saggies op
hul kake met hul voelers. Voedsel word dan verskaf en daardeur word die
"reuk" van die gemeenskap tussen die lede versprei en dit verseker
dat indringers dadelik bespeur word.
Party termietspesies het swamtuine
in hul neste, wat geoes word vir kos.
òáá
'N TERMIETHOOP is 'n selfgenoegsame wΩreld wat dit vir termiete moontlik maak om selfs in
landstreke te leef waar hulle andersins nie sou oorleef het nie.
Die soliede buitewande van die
termietnes, wat uit grond bestaan wat met speeksel verhard is, verskaf isolasie
teen die warm son en maak dit 'n doeltreffende vesting teen vyande.
Die woongebied is in die middel van
die nes of 'n entjie ondertoe. Hier is ook die tuine met swamme, wat 'n
voedselbron is.
Binne-in die nes word die lug slim
gesirkuleer, onder meer deurdat werkers die luggange herhaaldelik oop- en
toemaak om die mikroklimaat van hul wΩreldjie te reguleer.
Terwyl dit gebeur, dring suurstof
die poreuse wande van die termiethoop binne en koolstofdioksied diffundeer
buitentoe. Dit lyk dus of die nes selfs asemhaal -- soos daardie lewende
organisme van EugΦne Marais!
__________________________________________________
Terug na
inhoudsblad -- klik hier
__________________________________________________
á
Ons Wonderlike WΩreld op CD, 2004 - Uit Huisgenoot se Jongspan