Die meeste spinnekoppe vang hul prooi met sywebbe wat
hulle op plante of in ou geboue spin. Maar 'n klein groepie gebruik hul skerp
sig om hul slagoffers te jag... soos die ou groot dwaalspinnekop, wat soms
saans ons eetkamer besoek wanneer hy deur die lig aangelok wordà
__________________________________________________________________
'N VLIEG, het die volkskrywer C.J. Langenhoven
geskryf, moes hulle eerder 'n sit genoem het. Dφt weens diΘ huisplaag se
hebbelikheid om 'n mens mateloos met sy sittery te irriteer. En tog is die
einste sittende vlieg dikwels baie ratser as 'n mensehand. Of selfs as 'n
spinnekop wat hom bitter graag as 'n maaltyd wil beetkry.
Trouens, daar is al gereken dat spinnekoppe lankal
die oorhand sou gehad het as vlieδnde insekte nie die vermoδ gehad het om van
hulle af weg te vlieg nie.
Spinnekoppe het wel die troefkaart dat baie van hulle
sywebbe kan spin en dus nog steeds vlieδnde insekte se doppie kan klink. En dan
daar is daar natuurlik ook die jagspinnekoppe. Dis diΘ soorte wat hul prooi
aktief agtervolg en dan oorrompel.
Jagspinnekoppe se sig is skerp. Wanneer s≤ 'n
spinnekop 'n vlieg of dalk 'n kewer gewaar, is hy dadelik reg vir aksie. As die
prooi 'n ent weg is, kruip hy stadig soontoe. Sodra hy naby genoeg is, begin hy
hardloop en bespring hy sy prooi, wat hy dan ≤f op die plek verslind ≤f na 'n
veilige plek wegsleep vir die fees.
Jagspinnekoppe hou in die veld, in woude, moerasse, tuine, selfs op die strand van die see, in baie wΩrelddele. Party grawe gate in die grond waarin hulle dan permanent bly, maar baie is swerwend en het glad nie 'n nes nie. Hulle loop bedags rond en verwyl die nagte onder 'n klip of stuk bas of in 'n komposhoop. Hulle is gewoonlik bra oninteressant van kleur.
Dan is
die meeste jagspinnekoppe ook skaars langer as 'n halwe sentimeter, hoewel
sekeres tog etlike sentimeters lank kan wees.
Maar watter spinnekopfamilies dwaal
s≤ rond om hul prooi op te spoor? Spinnekopkenners onderskei die
wolfspinnekoppe (Lycosidae), die rondswerwers of dwaalspinnekoppe (Drassidae en
Clubionidae), die springspinnekoppies (Salticidae), en selfs sekere soorte van
die bobbejaanspinnekopgroep (Theraphosidae) .
DiΘ van die familie Lycosidae word wolfspinnekoppe
genoem, omdat hulle soos wolwe of roofdiere op die jag uitgaan en hul prooi
bekruip, inhardloop en vang.
Een van ons bekendste jagters en ronddwalers is die
ou groot dwaalspinnekop, wat soms saans ons eetkamer besoek wanneer hy deur die
lig aangelok word.
Maar die wΩreld se berugste jagspinnekoppe is stellig
die gevreesde tarantulas -- hoewel die groot, wollerige, voδlvretende
''tarantulas'' van Suid-Amerika nie egte tarantulas is nie. Hierdie verkeerd
genoemde spinnekoppe het 'n nare reputasie en word soms in rolprente as bose
monsters voorgestel. Eintlik is die meeste van hulle egter heel vreedsaam en
raak hulle net aggressief teenoor mense wanneer met hulle gelol word.
Hulle hou veral in oerwoude, waar die haarborsels
vooraan hul pote hulle help om vasvoetig oor selfs die blinkste woudblare te
skarrel. Die meeste soorte hou in gate wat met sy uitgevoer is. By sekere
soorte verlaat die wyfies die gate selde indien ooit en wag hulle eerder op
insekte, ander spinnekoppe, amfibieδ, akkedisse, klein soogdiertjies en nou en
dan 'n voδltjie wat verbykom, wat hulle dan met hul kragtige voorpote vasgryp.
Die prooi word met 'n verlammende gif ingespuit voordat hy met die monddele verpletter word. Terselfdertyd word 'n verterende vloeistof in die slagoffer gespuit, wat die liggaamsweefsels afbreek sodat hy makliker gevreet kan word.
Die enigste egte tarantula is die sogenaamde Lycosa
tarentula van Suid-Europa. Die spinnekop kry sy naam van Taranto, 'n dorp
in Suid-Italiδ, waar die kerk 'n paar eeue gelede sekere danse verbied het wat
as heidens beskou is. Die byt van die tarantula is destyds tradisioneel as
noodlottig beskou, tensy sy menslike slagoffer 'n wilde dans uitgevoer het wat
die Tarantella genoem is.
Volgens een ooggetuie het slagoffers begin ''dans,
swaai en skud... asof hulle hul hele lewe in die een of ander dansskool
deurgebring het''. Hulle het dag en nag bly dans, aangespoor deur 'n orkes van
strykers en fluitspelers, totdat hulle neergeslaan het -- skoon kapot, maar
gesond.
Om die verbod op danse te omseil het van die
plaaslike mense wat graag wou dans, beweer hulle is deur 'n tarantula gebyt, en
die kerk moes maar kop gee sodat die dansers kamtig hul lewe kon red. Die
waarheid is dat die byt van die tarantula wel pynlik en giftig is, maar nie
noodlottig vir die mens nie. Die legende leef voort in die lewendige dans en
musiek wat die Tarantella genoem word.
Of spinnekoppe nou hul prooi met sywebbe vang of
aktief jag, almal verrig 'n uiters nuttige taak: hulle vreet insekte wat andersins
ons gesaaides en tuine sou vernietig het. Hoewel mense bang vir spinnekoppe is,
moet hierdie diertjies met respek behandel en uitgelos word, want hulle is die
natuur se vernuftigste plaagbestryders.
Het jy geweet?
___________________________________________________
Terug na
inhoudsblad -- klik hier
___________________________________________________
á
Ons Wonderlike WΩreld op CD, 2004 - Uit Huisgenoot se Jongspan