__________________________________________________________________
Liewenheersbesies
('ladybirds')
--
skilpadjies van die bome
Geen insek is meer gelief by die mens as
hy nie... die skildvleuelige kewerjie wat ons 'n liewenheersbesie of sommer 'n
skilpadjie noem. Maar dis dalk meer oor sy voorkoms wat ons so gaande is as oor
die wonderlik nuttige skepseltjie wat hy eintlik is. In werklikheid is hy 'n
miniatuur-soldaatjie, wat onder die plantluise en ander plae maai wat ons
kosproduserende gewasse en tuinplante sou vernietig het. 'n Enkele volwasse
liewenheersbesie kan maklik met meer as honderd slagoffers op 'n dag
klaarspeel...
__________________________________________________________________
DIE ganse sitrus-oes van die Amerikaanse
staat Kaliforniδ kon daarmee heen wees -- as iets nie gedoen kon word om 'n
gevaarlike wolluis kort te vat wat besig was om verwoesting te saai nie. Dit
was die jaar 1888 en enkele jare vantevore is die luis per ongeluk die streek
binnegebring saam met 'n vrag sitrusplante van Australiδ.
'n Kenner is na Australiδ gestuur om uit
te vind wat die natuurlike vyand van die Australiese wolluis is -- en die
volgende jaar het 'n besending liewenheersbesies in Kaliforniδ aangekom. Die
kewertjies is in die lemoenboorde vrygelaat. Saam met hul nasate en verskeie
ander skeepsvragte van die besies uit Australiδ, het hulle 'n hewige oorlog
teen die Australiese wolluise gevoer.
Binne anderhalf jaar is die stryd gewen en
was Kaliforniδ se wolluis-plaag iets van die verlede. Die ywerige liewenheersbesie
het sy vaardigheid as 'n omgewingsvriendelike plaagdoder bevestig en nogmaals
diep in die hart van die wΩreld se boere en tuiniers ingekruip. (In Suid-Afrika
het Cecil Rhodes ook later liewenheersbesies ingevoer om skade aan lemoenbome
te bestry.)
Van al die wΩreld se insekte moet die
liewenheersbesie stellig as die mens se gunsteling beskou word, en dis nie
moeilik om te dink waarom ons voorsate hom diΘ naam gegee het nie. ''Dis die
besie van onse liewen Heer,'' het iemand heel moontlik gesΩ -- en die naam het
bly steek.
Hy word ook die boomskilpadjie,
skilpadbesie of sommer kortweg skilpadjie genoem -- natuurlik weens sy
skilpadagtige vorm. 'n Ander naam vir hom is halfmaantjie en nog een, in
Engels, ''ladybird''. Die Engelse naam is glo ontleen aan ''Our Lady the Virgin
Mary''. Omdat hulle boere help om landbouplae te vernietig, sou hierdie insekte
in die Middeleeue beskou gewees het as instrumente van weldadige ingryping deur
die maagd Maria.
Daar is na raming 4 000 verskillende
soorte liewenheersbesies. Die meeste is rooi met swart vlekke, maar party is
oranje, sitroengeel of selfs bruin, en by 'n paar soorte is die merke gespikkel
of streperig. Boonop kan een soort se vlekke verskillende variasies hΩ.
'n Mens sou dink die liewenheersbesie se
opvallende kleure, soos rooi of geel, maak hom darem 'n alte maklike teiken.
Die waarheid is dat hierdie kewertjies baie sleg smaak -- en die kleure waarsku
juis enige voornemende roofvyande om weg te bly.
Liewenheersbesies kom regoor die wΩreld
voor, buiten in die verre noorde en suide. Die meeste lewe egter in die
gematigde streke. Daar is verrassend genoeg min van hulle in die tropiese
reδnwoude, waar daar soveel ander soorte insekte is.
Die winterkoue word met 'n winterslaap
ontwyk, waarvoor 'n menigte besies dikwels saamtros. Partykeer sien 'n mens
hulle waar hulle onder stukke bas of tussen die naalde van dennebome gaan
wegkruip het, maar dikwels oorwinter hulle sommer so in die oopte.
Die liewenheersbesie het 'n groot aptyt.
Baie soorte se volwassenes vreet meer as honderd insekte per dag -- elke dag,
maand nß maand. Gulsig soos hulle is, is hulle egter ook uitsoekerige vreters.
Party vreet slegs plantluise, sommige net sekere soorte plantluise, terwyl
ander in dopluise, rooimyte en ander insekplae spesialiseer.
Alle liewenheersbesies, uitgesonderd die
lede van een plantvretende genus, is vleisvretend. Die larwes, wat ook
karnivore is, is selfs vraatsugtiger as die volwasenes.
'n Gesonde skilpadjie-bevolking hou
dikwels plae biologies in toom en is gewoonlik 'n seker teken van 'n goed
gebalanseerde omgewing.
òáá
IN die lente of vroeδ somer lΩ die wyfies groepe piepklein eiertjies op
beskutte blare, stingels of boomstamme, gewoonlik naby plantluis-kolonies. Etlike
dae later verkleur die eiers tot grys; kort daarna kom die larwes uit die eiers
te voorskyn.
Die larwes lyk op 'n manier soos
miniatuur-krokodilletjies. Hulle vat dadelik koers na die plantluise toe en
begin hul fees. Hulle groei baie vinnig en vervel in die proses verskeie kere.
Hierna volg die papiestadium. Die
eierstadium en papiestadium is die enigste tye wanneer die liewenheersbesie nie
kos verorber nie. Die papiestadium duur verskeie dae. In diΘ tyd verkry die
besie al sy volwasse kenmerke.
Oplaas bevry die liewenheersbesie hom uit
sy papie-gevangenis en kies hy nogmaals koers om sy aptyt vir plantplae -- soos
plantluise -- te bevredig.
___________________________________________________
Terug na
inhoudsblad -- klik hier
___________________________________________________
á
Ons Wonderlike WΩreld op CD, 2004 - Uit Huisgenoot se
Jongspan