__________________________________________________________________
Miere wat
blare kerf
-- die sampioenkwekers
van die donker dieptes
Sny! Sny! Sny! Voordat jy die spreekwoordelike mes
kan sΩ, versnipper 'n klompie blaarsnyermiere 'n hibiskusblaar totdat net 'n
flentertjie daarvan oorbly. Dog, raar maar waar, die miere vreet nie die blaar
nie. Lees verder en vind uit wat hulle dan uiteindelik daarmee doen...
__________________________________________________________________
DIS niks vreemds om 'n spul miere op die
grond te sien verbyskarrel nie. Maar as elke mier in die besige optog 'n
kleurryke ''sambreel'' oor sy kop hou, sal jy darem stellig diΘ skouspel van
naderby wil beskou. Dis die blaarsnyer- of parasolmiere van tropiese Amerika
wat jy daar gadeslaan.
Presies wat maak hulle dan? Waarheen is hulle op pad
met die stukkies plante wat hulle so ywerig geoes het? En gaan hulle dit later
vreet? Nee, die eienaardigheid is hulle sal dit nie kan verteer nie.
Blaarsnyermiere (genus Atta) het immers nie die ensieme wat nodig is om
sellulose -- die stof wat in die selwande van plante gevind word -- af te breek
nie.
Pleks daarvan kweek hierdie insekte hul eie sampioene om hulle van kos te voorsien. Diep in spesiale kamers van hul ondergrondse nes kou die miere die blare en ander plantreste fyn om 'n kompos te maak waarin 'n soort swam kan groei.
Die sampioentuin wat op hierdie manier ontstaan,
bestaan uit 'n sponsagtige grys massa wat van so klein soos 'n vuis tot so
groot soos 'n rugbybal kan wissel, afhangende van hoe oud die nes is.
Die sampioentuin word ook nie sommerso aan homself
oorgelaat nie. As die stukkies blaar te droog is wat na die nes gebring is,
word hulle oornag buite bo-op die grond gelaat om dou te absorbeer. Indien die
stukkies weer te nat is, word hulle in die son gelos om droog te word.
Namate die miere hul gekoude blare ondergronds opberg,
skep hulle kamertjies en gange om die tuin sodat die ventilasie en temperatuur
beheer kan word. Boonop bemes hulle ook die tuin met hul eie afskeidings.
Elke soort blaarsnyermier kweek 'n spesifieke soort
sampioená -- en bestry die ''onkruid'',
dit wil sΩ alle ander ongewenste sampioene wat dalk daar kan opslaan. Die
gepamperlangde swam beantwoord die aandag met swelsels so groot soos
speldekoppe, die sogenaamde bromatia, waarmee die miere hulself voed.
Dit is verstommend dat die blaarsnyermiere en hul
swamme heeltemal op mekaar aangewese is om te bestaan. Sonder die dienste van
die sampioen sou die miere geen kos gehad het nie. En as die miere hulle nie
versorg het nie, sou die swamme ook weer nie oorleef het nie. Om die waarheid
te sΩ kom hierdie bepaalde soort sampioene nΩrens elders in die natuur voor as
in die neste van blaarsnyermiere nie. S≤ 'n proses van intieme samelewing word
simbiose genoem.
Soos in ander miergemeenskappe bestaan die kolonie
van die blaarsnyermier uit verskillende lede. Elke lid het 'n eie soort taak
wat hy moet verrig. Die meeste is werkers, wat wissel van klein kreatuurtjies
van sowat 2 mm met klein koppies, tot bielies met groot koppe wat 1,2 cm lank
is.
Werkers word volgens grootte in drie groepe ingedeel:
die grootstes, die maximae; die middelmatiges, die mediae; en die kleintjies,
die minimae. Die pligte van die maximae is onder meer om die nes te bou, dit te
bewaak en teen indringers te verdedig. Die mediae moet op hul beurt
plantmateriaal vir die sampioene versamel en dit kou. Die minimae versorg die
tuin. Party van hierdie kleintjies vergesel ook nog die mediae buitentoe deur
op hul r√e te ry.
Die rede vir hierdie skynbaar rare gedrag is 'n
sekere soort vlieg wat, as die kans daar is, haar eiers agter op die insek se
nek lΩ. Uit die eiers broei dan parasitiese larwes wat die mier se brein
verslind. Deur op die r√e van hul groter susters te ry, kan die minimae die
vlieδ weghou.
Omtrent drie keer per jaar maak gevleuelde mannetjies
en wyfies hul verskyning in die kolonie. Een mooi aand vlieg al die lede van
die blaarsnyerkolonies van dieselfde spesie uit hul neste en paar in die lug --
'n gebeurtenis wat as die paringsvlug bekend staan.
Die mannetjies vrek kort daarna. Die bevrugte wyfies,
nou gereed vir die taak van koningin, gooi hul vlerke af en beweeg na 'n
beskutte plek in die grond, waar hulle 'n nes sal vestig en vir die res van hul
lewe van vyftien jaar eiers sal lΩ. Die jong koninginne neem nie net hul
instink om tuin te maak met hulle saam nie, maar ook -- in spesiale sakkies
diep in hul monde -- klein monstertjies van die kosbare swamme van hul vorige
kolonies.
Hierdie bietjie swamme verseker dat die nuwe geslag
werkers 'n nuwe sampioentuin sal kan kweek, waardeur die besondere verhouding
tussen mier en sampioen voortgesit sal word.
╖ OESMIERE, wat die hele Afrika deur
voorkom, versamel graankorrels en berg dit ondergronds op.
╖ BAKKERMIERE. Sommige van die miersoorte
wat graankorrels versamel, maal dit tussen hul kake fyn, maak die ''meel'' met
speeksel klam, en knie dan die ''deeg'' tot klein ''brode''.
╖ VEEBOERE. Daar is baie miersoorte wat ons
met reg veeboere kan noem, want hulle hou plantluise aan wat hulle dan ''melk''
-- net soos boere met hul koeie maak.
╖ HEUNINGMIERE. Party van die werkers van
sekere miersoorte hang tuis aan die dak van een van die nes se kamers, waar
hulle deur ander werkers so vol nektar van blomme geprop word dat hul mae soos
ballonne opswel. Hulle is eintlik lewende ''skure'' wat kos opgaar vir tye wanneer
dit skaars raak.
___________________________________________________
Terug na
inhoudsblad -- klik hier
___________________________________________________
á
Ons Wonderlike WΩreld op CD, 2004 - Uit Huisgenoot se Jongspan