__________________________________________________________________

 

Reuse beelde

van die wΩreld

 

Sedert baie ver in die verlede het mense kolossale beeldwerke gemaak. Hulle het dit gedoen om hul gode te vereer, hul dooies te gedenk, hul ideale te vergestalt en om belangrike persone en gebeurtenisse in ere te hou. Hoewel beeldmateriale deur die eeue baie verander het, word die voorkeur steeds aan duursame stowwe soos klip en metale gegee. Lees hieronder van sommige van die grootste standbeelde op aarde...

__________________________________________________________________

 

BEELDHOUWERKE kan van feitlik enige plooibare of kerfbare materiaal gemaak word, anorganies (byvoorbeeld graniet) of organies (byvoorbeeld ivoor).

 

Die drie klassieke prosesse van beeldskepping (skulptuur) is uitsnyding, modellering en gieting. In ons tyd het moderne tegnieke soos sweising en tegnologiese ontwikkelings soos neonbuise bykomende dimensies aan skulptuur verleen.

 

Uitsnyding is 'n pynlik tydrowende proses. Skerp voorwerpe soos beitels en ander gereedskap word gebruik om byvoorbeeld hout of marmer in die verlangde vorms om te skep.

 

Modellering is vinniger. Die kunstenaar maak van klei of kleiagtige materiaal gebruik en kan vlietende uitdrukkings vasvang, baie soos Æn skilder doen wanneer hy Æn vinnige skets maak. Sy werke kan gebak word om hulle hard en meer blywend te maak.

 

Maar die enigste manier om Æn kleiwerk werklik permanent te maak is deur dit in brons of Æn ander duursame materiaal te giet. Æn Vorm word van die beeld gemaak, waarna Æn gesmelte stof in die vorm ingegooi word, sodat daar nß stolling Æn presiese weergawe van die oorspronklike kleibeeld sal wees.

 

Volgens geleerdes is die oudste beeldwerke, wat uit ivoor, horing, been of klip gekerf is, 27 000 tot 32 000 jaar oud. Deur die eeue het Æn ontelbare menigte ander beelde onder bedrewe (maar baiemaal ook minder vaardige) mensehande tot stand gekom.

 

Maar daar is sekere beelde wat vandag as toonbeelde kan dien van die verbeeldingryke skulptuur wat oor millenniums in die kulture van die mensdom tot stand gebring is -- al is dit plek-plek net vanweδ die sigbare grootheid van die gestaltes.

 

Hier is 'n aantal van die wΩreld se imposantste beeldreuse...

 

Wie se gesigte is aan die krans van Mount Rushmore in die VSA?

 

òáá DIE gesigte van vier Amerikaanse presidente is gekerf uit die graniet van Mount Rushmore in South Dakota, VSA. Hulle is, as 'n mens hulle van links af bekyk, George Washington, Thomas Jefferson, Theodore Roosevelt en Abraham Lincoln.

 

Ontwerp deur Gutzon Borglum, is die 18 m hoδ koppe met bore en dinamiet uit die rots gesny. Modelle 'n twaalfde die grootte van die beelde is as rigsnoere gebruik. Daar is in 1927 met die werk begin en die beelde is kort nß Borglum se dood in 1941 voltooi.

 

Waar is die Boeddha Wairokana in die grot?

 

òáá DIE nagenoeg 17 m hoδ beeld is tussen 672 en 675 nC gekerf uit die wand van die Fengxian-grot naby die stad Loeojang in die Henan-provinsie van China. Die beeld se rustige uitdrukking weerspieδl die Boeddhistiese ideaal om jou los te maak van wΩreldlike besittings en begeertes.

 

Verskeie wesenstrekke dui daarop dat dit 'n Boeddha-beeld moet wees, onder meer die gerekte oorlelle, drie voue vlees aan die nek en die uitstaande voorkop -- die beweerde setel van sy spesiale kennis.

 

Aan die kante van die beeld is daar agt kolossale beelde en verskeie kleiner Boeddhas, maar party daarvan is deur vandale vernietig.

 

Watter standbeeld is die wΩreld se hoogste?

 

òáá DIE Moederland Roep-standbeeld, op die Mamajef-heuwel buite Wolgagrad in Rusland, staan 82,3 m hoog, gemeet van die basis af tot by die punt van die swaard in die standbeeld se regterhand. Die vrouefiguur, van spanbeton, is opgerig om die oorwinning te gedenk in die Slag by Stalingrad (1942-1943). Jewgeni Woetsjetitsj het die beeld in 1967 ontwerp.

 

Wie het die reuse beelde van die Paas-eiland gemaak?

 

òáá DIE BEELDE is nß 400 nC deur vroeδ bewoners van hierdie eiland in die suidelike Stille Oseaan geskep, maar niemand weet presies wie diΘ mense was nie. Party kenners reken hulle was Amerikaanse Indiane, ander glo hulle was Polinesiδrs.

 

Met pikke van klip is die beelde uit vulkaangesteente gekap en daarna op rotsplatforms gehys om hulle hoδr te laat uitstaan. Partykeer is rooi klipblokke wat soos hoede lyk, op hul koppe geplaas.

 

Die meeste beelde is tussen 3,5 en 6 m hoog, maar sommige troon 12 m bo die grond uit.

 

Die eerste Europeδr wat hulle gesien het, was 'n Nederlandse admiraal, Jacob Roggeveen, wat in 1722 op die eiland geland het. Teen hierdie tyd was die meeste beelde egter reeds omgegooi en gebreek deur die eilandbewoners wat in bloedige gevegte betrokke was. Verskeie is later op hul platforms teruggeplaas.

 

Wat is die terracotta-krygers van China?

 

òáá DIT is beelde wat geskep is om wag te hou oor die siel van die Chinese keiser, om bose geeste weg te hou en om in die hiernamaals na die keiser om te sien.

 

Eeue lank het die ou Chinese groot graftombes vir hul keisers gebou en dit met skatte gevul. Buite die tombes, in ondergrondse kelders en op pad soontoe het hulle rye lewensgroot modelle van soldate en diere geplaas.

 

Onder die beroemdste terracotta-modelle is diΘ wat wag hou oor die grafmonument van keiser Kwi Sji Hoeang (259-209 vC), naby die stad Xian. Hulle is in 1974 deur landvolk ontdek wat besig was om 'n put te grawe. Daar is nie minder nie as 7000 krygers en 600 perde, wat die keiserlike leδr verteenwoordig.

 

Die beelde is gemaak van vorms van die regte soldate wat in die keiser se diens was, en elke gesig is dus uniek. Die gemiddelde hoogte van die terracotta-beelde is 1,8 m. Die arms en bene is solied, maar die koppe en lywe is hol.

 

Wat is 'n sf∩nks?

 

òáá ONS WOORD sfinks kom uit die Grieks en beteken eintlik 'n boosaardige monster. Die ou Egiptenare, Grieke en ander volkere het stories oor hierdie dierasies versin. In baie van die fabels is die sfinks voorgestel as iets met die kop van 'n mens (of partykeer 'n ram of 'n valk) en die lyf van 'n leeu.

 

Die Egiptenare het verskeie beelde van sfinkse gemaak om hul farao's te vereer.

 

Die grootste en be¡roemdste lΩ in die woestyn naby Giza. Gebeeldhou uit massiewe kalksteenblokke, het die Groot Sfinks die kop van 'n mens en die lyf van 'n leeu. Dit is sowat 20 m hoog en 73 m lank.

 

Die Groot Sfinks, Egipte se oudste, hou reeds byna 4500 jaar die wag oor die pira¡mides by Giza.

 

Hoe lank is 'Liberty' se neus?

 

òáá DIE neus is 1,4 m lank -- min of meer so lank soos 'n kind van tien. Die indrukwekkende Vryheidstandbeeld (Statue of Liberty), wat oor Liberty Island in die New Yorkse hawe troon, is in 1884 deur Frankryk aan Amerika geskenk om die eeufees te gedenk van die Amerikaanse onafhanklikheidsverklaring (in 1776).

 

Die 46 m hoδ Vryheidstandbeeld is ontwerp deur Gustave Eiffel (van Eiffeltoring-faam), in Parys gebeeldhou deur die Franse beeldhouer Auguste Bartholdi en in New York weer aanmekaargesit. Die amptelike naam van die beeld is Liberty Enlightening the World.

 

Dit is 'n hol koperbeeld wat gesteun word deur 'n sentrale toring van ystersuile met 'n geraamte van dwarsbalke. 'n Kronkeltrap loop van die voet¡stuk na die kroon en nog een na die fakkel.

 

In "Liberty" se regterhand is die vryheidsfakkel; in haar linkerhand 'n gedenkplaat met die inskripsie "July 4 1776". Gebreekte kettings lΩ aan haar voete.

 

Waar is die reuse Christusbeeld op die berg?

 

òáá RIO DE JANEIRO in Brasiliδ word oorheers deur twee hoδ spitse, die Suikerbrood en die Corcovado. Op laasgenoemde staan die 40 m hoδ betonbeeld van Christus die Verlosser. Dit is deur die beeldhouer Paul Landowski ontwerp en binne vyf jaar in 1931 voltooi.

 

Het jy geweet?

 

òáá Die majestueuse goud-en-ivoorbeeld van Zeus by Olympia in Griekeland, wat in 433 vC voltooi is, is in die Romeinse tye erg verwaarloos. Dit is vermoedelik laat in die vierde eeu na Konstantinopel gebring en deur 'n brand vernietig.

òáá Die beroemde Colossus van Rhodus, wat oor die hawe van Lindos uitgetroon het, is deur 'n aardbewing vernietig 66 jaar nadat dit in 290 vC voltooi is. Dit was 'n hol bronsbeeld met 'n ysterraamwerk aan die binnekant, maar geen mens weet hoe dit gelyk het nie.

 

____________________________________________________

Terug na inhoudsblad -- klik hier

_________________________________________________________________

Ons Wonderlike WΩreld op CD, 2004 - Uit Huisgenoot se Jongspan