__________________________________________________________________

 

Toonaangewende lande van die wΩreld (3): Koninkryk van die Nederlande

 

Nederland

-- blommesee agter die dyke

 

Nederland... seδ van blomme onderkant seevlak. As blommetooi Æn Olimpiese sport was, het iemand al gesΩ, sou diΘ land loshande al die medaljes gewen het. En vir die Nederlanders is blommekwekery inderdaad Æn wetenskap. Die kosbare bloemen word nougeset versorg, en gedurig word getrag om spesies te veredel en nuwe soorte te skep. Maar soveel vlyt verwag jy mos van Æn volk wat hul eie land geskep het -- deur dit stuk-stuk oor eeue heen van die see af te rokkel...

__________________________________________________________________

 

ONS taal se wortels is hier -- ook die plekke op die pol¡ders en tussen die windmeulens waar ons vroeg¡ste Europese volksplanters eenmaal gewoon het. Hiervandaan het Jan van Riebeeck immers heengevaar om 'n verversingspos aan die Kaap te gaan stig, wat sou groei tot 'n kolonie en uiteindelik tot die land Suid-Afrika.

 

Hier woon die Nederlanders. Arbeidsaam en welvarend. Kwekers van tulpe en bouers van dyke en volhardende vegters teen die see.

 

Sedert die Middeleeue moes die mense van Nederland teen die see se waters stry om grond en weilande te herwin ten einde hul alte klein landjie te vergroot.

 

Vandag is meer as twee vyfdes van Nederland grond wat eers on¡der water was.

 

Die blote naam Nederland vertel 'n mens reeds dat dit 'n land is wat laag lΩ. (Die Holland waarvan baie mense praat, is nie regtig Nederland nie, maar slegs 'n gebied aan die Nederlandse weskus.)

 

Die land is werklik een groot vlak¡te. Die gemiddelde hoogte is net sowat 12 m bokant seevlak, en 'n groot deel van die land sou met elke springgety oorstroom gewees het as dit nie vir die indrukwek¡kende stelsel van dyke was wat oor honderde jare gebou is nie.

 

Hier keep strome en kanale deur landerye vol helder tulpe, met windmeulvlerke wat stadig in die seebries wentel. Netjiese dorpies lΩ gesprinkel oor die land. Dis ook 'n wΩreld van prettige volksfeeste en Middeleeuse kastele.

 

Maar daarby is Neder¡land ook 'n dinamiese fabrieksland. Hy het ten volle herstel van die verwoesting van die Tweede WΩreldoorlog en die verlies van sy oorsese kolonies.

 

Suksesvol in die landbou, fabriekswese, handel en verskeping, geniet die Nederlanders 'n hoδ lewenstandaard.

 

En hulle is beroemd vir hul net¡heid. Hoewel hul klein landjie een van die digs bevolkte lande ter wΩ¡reld is, het die vlyt en trots van die Nederlandse volk dit vry gehou van die smerige toestande wat in ander oorbevolkte lande voorkom.

 

òáá AMPTELIKE NAAM: Koninkrijk der Nederlanden.

 

òáá OPPERVLAKTE: 41 785 km (binnelandse water ingesluit).

 

òáá HOOFSTAD: Amsterdam, hoe¡wel die regering en administrasie in Den Haag gesetel is.

 

òáá VLAG: Die huidige vlag is om¡streeks 1630 in gebruik geneem.

 

òáá AMPTELIKE TAAL: Nederlands. (Fries word in die noordelike provinsie Friesland gepraat.)

 

òáá VOLKSLIED: Wilhelmus van Nassouwe.

 

òáá MUNT: Die euro is Æn aantal jare gelede in die stad Maastricht in Suid-Holland gebore toe Æn verdrag te dien effekte onderteken is. In Januarie 2002 het die Nederlanders finaal vaarwel gesΩ aan hul ou gulde, waarvan die wortels tot doer in die Middeleeue strek. Die "pyn" is darem versag deurdat die Nederlandse regering agt euro-muntstukke pasella aan almal bokant ses jaar gegee het om hulle met die nuwe geld vertroud te maak.

 

òáá BEVOLKING: 16 150 511, volgens Æn raming vir Julie 2003. In 1999 is bereken dat daar 83% Nederlanders en 17% mense van ander nasionaliteite in die land is (van wie 9% van nie-Westerse oorsprong is, meestal Turke, Marokkane, Antilliane, Surinamers en Indonesiδrs).

 

òáá GODSDIENS: Rooms-Katoliek en Protestant.

 

òáá REGERING: Nederland is 'n konstitusionele monargie met 'n demokratiese regering. Die 75 lede van die Eerste Kamer van die Sta¡te-Generaal word vir 'n termyn van 6 jaar deur die 12 provinsiale rade gekies -- met die helfte van die lede wat elke 3 jaar uittree. Die 150 lede van die Tweede Kamer word vir 4 jaar gekies by wyse van alge¡mene volwasse stemreg volgens 'n stelsel van proporsionele verteenwoordiging. Die staatshoof, wat 'n koning of koningin kan wees (tans koningin Beatrix), stel 'n eerste mi¡nister aan, wat die meeste steun in die State-Generaal geniet. Die eer¡ste minister stel op sy beurt 'n kabinet saam.

 

òáá AFHANKLIKE GEBIEDE: Aruba, 'n Karibiese eiland, en die Nederlandse Antille, twee eilandgroepe wat ook in die Karibiese See lΩ, vorm ook deel van die Koninkryk van die Nederlande.

 

òáá GEOGRAFIE: Daar is vier hooflandstreke en 'n delta.

 

# Die Duine. Hierdie sanderige gebied, tussen 4,6 en 7,6 m bokant seevlak, kan nie veel plante of boerdery onderhou nie.

 

# Die Polders lΩ meestal onder¡kant seevlak en word deur sandduine of deur dyke teen die see beskerm. Hierdie gebied beslaan meer as twee vyfdes van die land.

 

# Die Sandvlaktes. Vir die groot¡ste gedeelte minder as 30 m bokant seevlak, bestaan dit uit vlak¡tes met sandbulte wat 'n golwende landskap skep. Die grond is onvrugbaar, rnaar bemesting maak landbou moontlik.

 

# Die Suidelike Hooglande is die hoogste van die landstreke. Die hoogste punt, Vaalserberg (321 m), is naby Maastricht. Die grond is vrugbaar en geskik vir die kweek van vrugte.

 

# Delta. 'n Groot deel van die suidwestelike deel van Nederland bestaan uit eilande en skiereilande in die Noordsee. Hierdie moerasagtige gebiede lΩ in 'n delta wat deur die riviere Maas en Schelde en takke van die Ryn gevorm word.

 

Die Nederlandse kus is egter reguit gemaak deur seewerings wat Zeeland in die suidweste beskerm, asook die afsluiting van die IJsselmeer in die Noorde.

 

òáá RIVIERE: Die 950 km lange Maas en die Ryn van 1320 km is belangrike waterweδ. Kanale ver¡bind hulle met ander riviere en kanale om 'n vervoernetwerk te vorm.

 

òáá KLIMAAT: Die land het 'n ge¡matigde seeklimaat, met koel somers en sagte winters. Daar is geen berge wat die winde keer nie, met die gevolg dat daar nie groot klimaatsverskille tussen die ver¡skillende streke is nie.

 

òáá EKONOMIE: Hoewel hulle min natuurlike hulpbronne het -- buiten aardgas -- is die Nederlanders wel¡varend. Die landbou en tuinbou is hoogs gemeganiseer met die klem op suiwelboedery en kweekhuis-gewasse, veral blomme.

 

Kosverwerking is 'n belangrike bedryf, en die land is 'n toonaangewende uitvoerder van kaas. Die vervaardigingswese sluit chemiese aanlegte, petroleumraffinaderye en metallurgiese en elektriese ingenieurswerke in. Onverwerkte stowwe word ingevoer deur Rot¡terdam, die grootste hawe ter wΩ¡reld, wat ook 'n groot deel van Wes-Europa bedien. Die bank- en geldwese is goed ontwikkel.

 

_________________________________________________________

 

Terug na inhoudsblad -- klik hier

_________________________________________________________

 

Ons Wonderlike WΩreld op CD, 2004 - Uit Huisgenoot se Jongspan