____________________________________________________________

 

Toonaangewende lande van die wΩreld (4): Italiaanse Republiek

 

Italiδ

-- land van passie en pizza!

 

Brug van SugteDie Italiane is hartstogtelike mense, vol emosie, uitwaarts, wilwillend, maar ook wroegend -- en ewe driftige liefhebbers van pasta en pizza! Die Brug van Sugte in Venesiδ [REGS] is nogal 'n toonbeeld van die Italiane se emosionele natuur. Daar, in die bekende bouwerk hoog bokant die smal kanaal tussen die Dogepaleis en die ou gevangenis, sou die 'sugte' van veroordeeldes opgestyg het wanneer hulle oor die brug hul droewige lot tegemoet geloop het. S≤ is die hele Italiδ ook ryk aan boeiende verhale en legendes -- terwyl die land tewens self met 'n ryke verskeidenheid van besienswaardighede kan spog...

____________________________________________________________

 

Basiese kaart van ItaliδSOOS 'n knewel van 'n stewel -- s≤ sit hy mos daar onderaan Europa. Dan mik hy boonop om 'n voetbal (Siciliδ) tot diep in die Middellandse See te skop!

 

En praat van 'n ryke verskeidenheid. Italiδ het dit. Van sonnige strande tot granietberge met sneeu op die kruine, van velde tot vulkane... om van sy klassieke kunsskatte nie eens te praat.

 

Wit huise wat hurk teen rotsagtige steiltes; die ru∩nes van ou vestings; opelug-restaurante; die kleurrykste stede soos Rome, die middelpunt van die antieke wΩreld, of Florence, setel van die Renaissance-kunstenaars, of Venesiδ, die stad op water.

 

Dan is daar ook nog Assisi, die tuiste van die heilige Franciscus, of Pompeji, waar ons vandag steeds kan sien hoe die Romeine byna tweeduisend jaar gelede gelewe het. Noem maar op.

 

Geen wonder die beroemde Engelse skrywer Charles Dickens is tydens sy reise ge∩nspireer om van Italiδ se "full and awful grandeur" te skryf nie...

 

ò   AMPTELIKE HAAM: Repubblica Italiana (Italiaanse Republiek).

 

ò   OPPERVLAKTE: Altesaam 301 230 vk. km (sluit Sardiniδ and Siciliδ in). Die landoppervlakte is 294 020 vk. km, terwyl 7210 vk. km water is.

 

ò   HOOFSTAD: Rome. Dit is ook die land se grootste stad en, vir toeriste, een van die gewildste stede in Europa. Twintig eeue gelede was dit die sentrum van die magtige Romeinse Ryk..

 

Italiaanse vlagò   VLAG: Die Italiaanse vlag is deur Napoleon ontwerp. Hy het die blou van die Franse vlag deur groen, sy gunsteling-kleur, vervang. Dit is die eerste keer in 1796 gebruik deur Italiane wat hom gesteun het.

 

ò   AMPTELIKE TAAL: Italiaans. Ander tale: Klein minderhede praat onder meer Duits, Frans, Sloweens, Grieks en Albanees.

 

ò   VOLKSLIED: Fratelli d'ltalia (Broers van Italiδ).

 

ò   MUNT: Die euro. Die einde van die lire (sedert 1860) is in Januarie 2002 met Æn groot vuurwerkvertoning in Rome gevier -- en baie Italiane het Æn sug van versugting geslaak oor die laaste sien van die blikkantien. Hul verwarrende geldnote was maar altyd gelaai met hopeloos te veel nulle, soseer dat omtrent elkeen in die land Æn "miljoenΩr" kon wees!

 

ò   BEVOLKING: Volgens 'n raming vir Julie 2003 was die bevolking 57 998 353, terwyl daar sowat dertien jaar vroeδr, in 1990, Æn geraamde 57 380 000 mense was -- net 'n raps minder. Trouens, sedert die middel van die tagtigerjare het Italiδ se bevolking feitlik geen jaargroei getoon nie. ┴l minder gesinne het meer as twee kinders.

 

Sowat 98 persent van Italiδ se mense is etniese Italiane. 'n Aantal Duitsers woon in die Trentino-Alto Adige-streek en Slowene in die Trieste-gebied. Daar is 'n aantal Franse in die D'Aosta-valleistreek.

 

ò   GODSDIENS: Meestal Rooms-Katoliek.

 

ò   REGERING: Italiδ het 'n parlementΩre demokrasie. Die staatshoof is die president, wat vir sewe jaar verkies word. Hy (of sy) mag die parlement ontbind en nuwe verkiesings uitskryf. Hy is ook die bevelhebber van die weermag en kan oorlog verklaar. Die president stel 'n premier aan, wat 'n regering saamstel. Die parlement het twee huise wat vir vyf jaar gekies word: die Senaat en die Kamer van Afgevaardigdes. Elk van die twintig streke van Italiδ het sy eie streekregering.

 

(1) GEOGRAFIE: Italiδ het agt streke:

 

(1) Die Alpynse Hang, wat oor die noordelikste deel van Italiδ loop. Dit bestaan uit groot berge en diep valleie, bedek met woude van beuke-, eike en kastaiingbome op die laer vlakke, en grasvelde en naaldboomwoude hoδr op. Net lae bosse groei verder boontoe en op die hoogste bergkruine is slegs rotse en gletsers.

 

(1) Hidroδlektriese installasies langs Alpynse riviere lewer die meeste van Italiδ se elektrisiteit. Die mense van die Alpynse streek woon in klein, verspreide gemeenskappies en is landbouers en herders. Die Alpe lok ook baie skiδrs.

 

(2) Die Po-vallei is 'n breδ vlakte tussen die Alpe in die noorde en die Apennyne in die suide. Waterweδ wat gevoed word deur smeltende sneeu uit hierdie berge, deurkruis die valleie en loop in die Po-rivier.

 

Die Po-vallei is die rykste en modernste landboustreek in Italiδ en byna al sy grond word bewerk. Dit is ook Italiδ se digs bevolkte gebied, met baie stede en steeds meer nywerheidsvoorstede. Stede sluit in Milaan en Turyn.

 

(3) Die Adriatiese Vlakte is 'n klein strekie noord van die Adriatiese See. Die oostelike helfte, die Carso-plato, is 'n kalksteengebied waarop daar nie geboer kan word nie.

 

(4) Die Apennyne loop byna dwarsdeur die lengte van Italiδ. Die noordelike dele bevat baie weiveld en van die grootste woude in die land. Die sentrale dele het vrugbare plaasgrond en weilande. In die suidelike Apennyne is die armste deel van Italiδ, van Molise tot Calabria. Sy plato's en hoδ berge bied min natuurlike hulpbronne.

 

(5) Apuliδ en die Suidoostelike Vlakte vorm die "hak" van die stewelvormige Italiaanse skiereiland. Hierdie streek bestaan uit plato's wat as kranse in die Middellandse See eindig.

 

(1) Dit het baie groot landgoedere en lewer meer olyfolie as enige ander Italiaanse streek. Vissery is belangrik langs die kus. Bari en Taranto, twee hawestede, is die vernaamste nywerheidsentrums.

 

(6) Die Westelike Hooglande en Vlaktes strek langs die Tirrheense See van La Spezia, 'n hawestad net suid van Genua, suidwaarts verby Napels en Salerno. Dit is 'n ryk landboustreek, wat met produksie net deur die Po-vallei oortref word.

 

Die noordelike deel sluit die ryk heuwelwΩreld van Toskane en Umbriδ in. Hierdie gebied is veral bekend om sy graan en vee. Die suidelike deel sluit Rome en Napels in. Die vlakte langs die kus is dig bevolk.

 

In die warm klimaat van die kusvlaktes kweek die boere appelkose, kersies, suurlemoene, perskes en groente. Wingerde is oral.

 

(7) Siciliδ word deur die Straat van Messina van die hoofland geskei. Hier is berge en vlaktes. Die berg Etna, een van die grootste aktiewe vulkane ter wΩreld, oorheers die landskap van Noordoos-Siciliδ.

 

Ernstige erosie, deels veroorsaak deur die skoonmaak van woude, het al die landbou erg geknou en die verkeer in binnelandse gebiede in die nat seisoen belemmer. Koringboerdery en skaap- en bokteelt is belangrik in die binneland. Siciliδ het die grootste visbedryf in Italiδ.

 

(8) Sardiniδ is 'n eiland wes van die Italiaanse skiereiland in die Tirrheense See. Sy landskap word oorheers deur berge en hoδ plato's.

 

Veeboerdery is belangrik in die berggebiede. Die enigste goeie landbougrond is op die laagliggende kusvlaktes, waar graangewasse, artisjokke en druiwe gekweek word.

 

ò   KLIMAAT: 'n Mediterreense klimaat met warm, droδ somers en sagte winters. Siciliδ en Sardiniδ neig om warmer en droδr as die hoofland te wees. Die Alpe en die Po-vallei het kouer, natter winters.

 

ò   EKONOMIE: Die kapitalistiese ekonomie bly verdeel in Æn ontwikkelde industriδle noorde, oorheers deur private maatskappye, en Æn minder ontwikkelde boerewΩreld in die suide, met 20% werkloosheid (2002).

 

Die goed ontwikkelde nywerhede in Noord-ltaliδ, wat maklik met die res van Europa kan skakel, sluit aanlegte vir elektriese en elektroniese goedere, motorvoertuie en fietse, tekstielware, klerasie, leergoedere, sement, glas, porselein en keramiek in. Die noorde is ook 'n belangrike geld- en bankstreek, en Milaan is die kommersiδle hoofstad van Italiδ.

 

Die suide, daarenteen, lewer druiwe, suikerbeet, koring, mielies, tamaties en sojabone. Die meeste plase is klein -- en baie boere in die suide hou nie van veranderings nie. Die inkomstes in Suid-ltaliδ is in die reδl dus aansienlik minder.

 

Die landbou in die noorde is meer gemeganiseer. Die vernaamste gewasse is onder meer koring, mielies, rys, druiwe, vrugte en voergewasse vir melkbeeste.

 

Buiten klip, veral marmer, en Alpynse riviere wat vir hidroδlektriese krag ingespan word, het Italiδ min natuurlike hulpbronne. Die meeste van die onverwerkte stowwe wat die fabrieke nodig het en meer as 75% van die energie-benodigdhede word ingevoer.

 

_________________________________________________________

 

Terug na inhoudsblad -- klik hier

_________________________________________________________

 

Ons Wonderlike WΩreld op CD, 2004 - Uit Huisgenoot se Jongspan