__________________________________________________________________

 

Toonaangewende lande van die wΩreld (5): Federale Republiek van Duitsland

 

Duitsland

-- land van durf en drome

 

Soos Æn feniks het Duitsland uit die as van die Tweede WΩreldoorlog verrys -- om een van die wΩreld se toonaangewende nywerheidslande te word. Die Duitse strewe na perfeksie en idealisme moet vandag steeds duidelik wees vir elke buitelander wat diΘ land besoek...

__________________________________________________________________

 

DUITSLAND ... waar begin 'n mens om hierdie energieke en welvarende land te beskryf?

 

By die veelbewoδ hoofstad Berlyn, wat vroeδr so tragies deur die Skandmuur in twee gekloof is?

 

By Bonn, 'n internasionale senusentrum van die republiek? Of by Mⁿnchen, die trotse Beierse hoofstad, met sy musikante, sy skilders en studente?

 

Of wat van Oberammergau met sy Passiespele en pragtige houtsneewerke? Bremen, be¡roemd om sy "Stadsmusikante"? Of die groen Swart Woud, die Ryn, die besneeude Beierse Alpe, die mere van Mecklenburg en Holstein?

 

So ryk in verskeidenheid is Duitsland dat die beroemde Ame¡rikaanse reisiger-skrywer Mark Twain dit bestempel het as "a beautiful country of infinite variety".

 

Dan het die land ook nog die wΩreld verryk met sy geniale beroemdes: komponiste soos Wagner, Beethoven en Bach, digters soos Goethe en Schiller, wiskundiges soos Carl Friedrich Gauss, wetenskaplikes soos Albert Einstein ('n Duitse Jood) en 'n ruimte-eeuse baanbreker soos Wernher von Braun.

 

Dis 'n land wat soos 'n feniks uit die as van die Tweede WΩreldoor¡log verrys het. Die bomme van die Geallieerdes het groot dele van baie van die ou stede verwoes. Talle bouwerke van weleer moes haastig vervang word deur doel¡matige geboue (wat weliswaar nie die fleur van die verwoestes gehad het nie).

 

Miskien was Duitsland se mees tragiese rampspoed die 45 jaar lan¡ge verdeling van die land in 'n oostelike en westelike staat nß die oorlog. Eers in Oktober 1990 was die verskeurde land weer heel, danksy die einde van die Koue Oorlog en weens die verval van die Sowjet-unie.

 

Maar die Duitse volk het nß die Tweede WΩreldoorlog, altans in die westelike deel, freneties aan die werk gespring, soos bye wat 'n beskadigde korf tot elke prys gou wil herstel. Weldra het die welvaart gevolg.

 

S≤ is die gees van die Duitse volk -- energiek, gedissiplineerd, met die onblusbare wil om te oorlewe en 'n dryfkrag om op die voorpunt van ontwikkeling te wees.

 

Sedert unifikasie het Duitsland ook uit sy pad gegaan om die minder ontwikkelde Oos-Duitsland op te bou en die produktiwiteit en lone daar tot westerse standaarde te verhoog. Maar die modernisering en integrasie van die Oos-Duitse ekonomie is ook Æn duur langtermyn-program.

 

òáá AMPTELIKE NAAM: Federale Republiek van Duitsland.

 

òáá OPPERVLAKTE: Altesaam 357 021 vk. km (349 223 vk. km land en 7798 vk. km water).

 

òáá HOOFSTAD: Berlyn.

 

òáá VLAG: Die vlag verbeeld die Duitse Konfederasie en die Weimar-republiek.

 

òáá TAAL: Twee soorte Duits: Hoogduits in die suide en middel en Platduits in die noorde, maar die sprekers van laasgenoemde is vinnig aan die kwyn. Die skole en media gebruik 'n gestandaardiseerde vorm van Hoogduits wat Standaardduits genoem word.

 

òáá VOLKSLIED: Derde vers van Deutschland-Lied.

 

òáá MUNT: In Januarie 2002 het Duitsland en nog elf lande van die Europese Unie Æn gemeenskaplike geldeenheid, die euro, ingestel. In Duitsland het dit die einde van die Deutsche Mark (Duitse mark of DM) beteken.

 

òáá BEVOLKING: 82 398 326, volgens Æn raming vir Julie 2003. Duitsers 91,5%, Turke 2,4%, ander 6,1% (meestal Serwiδrs, Kroate, Italiane, Russe, Grieke, Pole en Spanjaarde).

 

òáá GODSDIENSTE: Protestant 34% (hoofsaaklik Luthers), Rooms-Katoliek 34%, Moslem 3,7% (meestal Turkse immigrante), onverbonde en ander 28,3%.

 

òáá REGERING: Duitsland het 'n parlementΩre demokrasie met 'n federale president as staatshoof. Die land is 'n groepering van sestien state of LΣnder, elk met sy eie grondwet en eie wette oor sake soos onderwys, gemeenskapsorganisasie en die polisie. Elk van die sestien LΣnder word in die hoδrhuis van die parlement -- die Federale Raad of Bundesrat -- verteenwoordig deur drie of meer lede van die staatsregering (afhangende van die inwonertal). Die lede van die laerhuis -- die Federale Vergadering of Bundestag -- word deur volwasse stemgeregtigdes gekies. Die uitvoerende gesag berus by die federale regering, wat deur 'n federale kanselier gelei word.

 

òáá SAMESTELLING: Nß die Twee¡de WΩreldoorlog was Duitsland verdeel in Wes-Duitsland (die Fe¡derale Republiek van Duitsland) en Oos-Duitsland (die Duitse Demokratiese Republiek). Op 3 Oktober 1990 is die land herenig.

 

òáá GEOGRAFIE: Daar is vyf hooflandstreke:

 

(1) Die Noord-Duitse Vlakte lΩ laag en is byna plat. Dit word gedreineer deur breδ riviere wat noord¡waarts tot in die Noordsee of die Oossee vloei. Dit sluit die Elbe, Ems, Oder, Ryn en Weser in, almal belangrike kommersiδle waterweδ. Groot hawens en nywerheidsentrums lΩ aan diΘ riviere.

 

Die breδ riviervalleie en die land langs die kus het sagte, vrugbare grond. Tussen die valleie is groot gebiede van sand en gruis wat duisende jare gelede deur gletsers agtergelaat is.

 

Die suidelike rand van die Noord-Duitse Vlakte het 'n vrugbare soort grond wat loess genoem word. Hierdie gebied, waarin ou stede soos Bonn en Keu¡len geleδ is, word intensief verbou en is dig bevolk.

 

(2) Die Sentrale Hooglande is 'n reeks feitlik plat tot bergagtige plato's. Die riviere in hierdie streek het steil, smal, ruwe klowe deur die landskap gekeep, soos die Rynvallei, een van Europa se mooiste besienswaardighede.

 

(3) Die Suid-Duitse Heuwels sluit in 'n reeks lang, ewewydige bulte (eskarpe), wat van die suidweste na die noordooste loop. Skape word hier geteel. Die laaglande tussen die bulte het vrugbare kleigrond wat van die beste landbougebiede in Duitsland is. 'n Groot deel van die streek word deur die Ryn en sy twee sytakke, die riviere Main en Neckar, dreineer. Die Donau -- die enigste groot rivier wat ooswaarts vloei -- dreineer die suidelike deel.

 

(4) Die Swart Woud is 'n bergagtige gebied. Dit kry sy naam van die digte woude van donker denne en spar wat die berghange oordek. Die gebied bestaan uit hooglande van graniet en sandsteen met diep, smal valleie. Dit is die toneel van baie Duitse legendes en sprokies. Dis ook bekend om sy mine¡rale bronne en beroemde gesondheidsoorde.

 

(5) Die Beierse Alpe bestaan uit majestueuse, met sneeu bedekte pieke van meer as 1800 m. Die hoogste spits in Duitsland, die 2963 m hoδ Zugspitze, is hier ge¡leδ. Die skone Beierse Alpe is heeljaar deur 'n vakansiewΩreld.

 

òáá KLIMAAT: Duitsland is in die reδl matig en nat aan die kus, maar droδr en kouer in die binneland. Tog is daar betreklik min temperatuurwisselings tussen die uiterstes.

 

òáá EKONOMIE: Duitsland is een van die ontwikkelde wΩreld se heel grootste nywerheidsmoondhede. Die belangrikste nywerhede is onder meer gemoeid met meganiese en elektriese ingenieurswese, chemikalieδ, tekstielware, kosverwerking en voertuie, met die swaar nywer¡hede en ingenieurswerke in die Ruhrgebied gekonsentreer, chemikalieδ in stede langs die Ryn en motorvoertuie in groot provinsiale sentrums soos Stuttgart.

 

Buiten steenkool, bruinkool, potas en sout, het Duitsland egter min natuurlike hulpbronne, en die land steun swaar op invoer. Daar was ook 'n tekort aan arbeid en talle "gasarbeiders" -- veral van Turkye en die voormalige Joego-Slawiδ -- is gewerf.

 

Die arbeidsbesetting was in 1999 33,4% in die nywerhede, 2,8% in die landbou en 63,8% in dienslewering. Die bank- en geldwese is belangrike verdieners van valuta, en Frankfurt is een van die wΩreld se toonaangewende finansiδle en sakesentrums.

 

Die vernaamste landbouprodukte is onder meer hop (vir bier), druiwe (vir wyn), suiker, beet, ko¡ring, gars en suiwelprodukte. Woude bedek byna 'n derde van die land en verseker dit van 'n florerende bosboubedryf.

 

Natuurlike hulpbronne in die voormalige Oos-Duitsland is onder meer yster-, aluminium- en koper¡erts, asook nikkel, tin en silwer. Die vernaamste nywerhede sluit in diΘ vir masjinerie, vervoertoerusting, staal, sement, chemikalieδ, bemesting en plastiekstowwe.

 

Maar die modernisering en integrasie van die Oos-Duitse ekonomie is ook Æn duur langtermyn-program, met nagenoeg 70 miljard euro wat jaarliks vanuit die weste moet kom om in die ooste ingeploeg te word.

 

_________________________________________________________

 

Terug na inhoudsblad -- klik hier

_________________________________________________________

 

Ons Wonderlike WΩreld op CD, 2004 - Uit Huisgenoot se Jongspan