__________________________________________________________________

 

Toonaangewende lande van die wΩreld (6): Verenigde State van Amerika

 

Amerika

-- smeltkroes van die nasies

 

Sedert 1886 hou sy haar gloeiende fakkel omhoog -- die beroemde Amerikaanse Vryheidstandbeeld (Statue of Liberty) op Liberty Island, New York. DiΘ stand¡beeld, wat deur die Franse aan die Amerikaners geskenk is, is 'n volmaakte voorstel¡ling van die volk wat dit in ontvangs geneem het: mense wat met hart en siel die gees van vryheid en geleenthede najaag...

__________________________________________________________________

 

Gee my jul armes, gee my jul vermoeides,

Jul skares wat so dring om lug te kry,

Die droewe uitskot van vervuilde strande.

Stuur hul, gebeuk en dakloos, hier na my.

 

DIE woorde hierbo weerspieδl die wese van Amerika. Dit is 'n vertaalde weergawe van 'n deel van 'n gedig op 'n bronsplaket onderaan die bekende Vryheidstandbeeld op Liberty Island, New York.

 

Dit verwys na 'n nasie wat deur uitgewekenes gebou is -- mense wat van oral oor die wΩreld op die land van geleenthede toegesak het, hunkerend na 'n beter lewe.

 

Moeg vir die politieke, godsdien¡stige en maatskaplike beperkings in hul vaderlande, het hulle vryheid in die Nuwe WΩreld kom soek.

 

Uit dertien Engelse kolonies aan die Atlantiese kus het die Verenigde State van Amerika gegroei tot 'n reus onder die reuse -- 48 state wat die Noord-Amerikaanse vasteland oorspan, plus nog Alaska en Hawaii, altesaam 50 state.

 

As toonaangewende wΩreldmoondheid het die VSA sedert die 1890's voortdurend sy invloed uitgebrei, toe die land die eerste keer sy aandag op gebeurde buite die grense van Noord-Amerika toegespits het.

 

Geskiedkundiges sal ook die laaste helfte van die twintigste eeu aanteken as die tyd toe Ame¡rika en die nou verbrokkelde Sowjet-Unie as die twee magtigste lande op aarde in die hewige Koue Oorlog gewikkel was.

 

òáá AMPTELIKE NAAM: Verenigde State van Amerika.

 

òáá OPPERVLAKTE: Altesaam 9 629 091 vk. km (9 158 960 vk. km land en 470 131 vk. km water). Dit sluit slegs die vyftig state en die Distrik van Columbia in. Die VSA is omtrent die helfte so groot soos Rusland, sowat drie tiendes die grootte van Afrika, ietwat groter as China en sowat twee en Æn halwe keer die grootte van Wes-Europa.

 

òáá HOOFSTAD: Washington, DC (Distrik Columbia). Die federale distrik waarin Washington geleδ is, en wat net so groot as die hoofstad is, is in 1790-'91 in die lewe geroep op grond wat deur die state Maryland en Virginiδ afgestaan is. Die Amerikaanse Kongres het in 1800 hierheen verskuif van sy tydelike hoofkwartier in Philadelphia. In 1847 is grond van die distrik weer aan Virginiδ teruggegee. Die Distrik Columbia beslaan 174 vk. km.

 

òáá VLAG: Die Stars and Stripes, wat reeds uit 1777 dateer. Daar is tans vyftig sterre op die vlag, een vir elke staat in die Verenigde State. Die dertien strepe (sewe rooi en ses wit) stel die oorspronklike dertien state voor.

 

òáá AMPTELIKE TAAL: Die VSA het nog nooit 'n amptelike taal gehad nie, maar Engels is die vernaamste spreektaal. Spaans word die naasmeeste ge¡praat.

 

òáá VOLKSLIED: The Star Span¡gled Banner.

 

òáá GELD: Die Amerikaners koop met dollars.

 

òáá BEVOLKING EN HERKOMS: 290 342 554, volgens Æn raming vir Julie 2003. Die Amerikaanse bevolking bestaan uit mense wie se voorouers van feitlik oral oor die wΩreld gekom het. In 2000 is bereken dat die bevolking s≤ daar uitsien: blankes 77,1%, swartes 12,9%, Asiate 4,2%, Amerindiane en Alaska-inboorlinge1,5%, Hawaii-inboorlinge en ander bewoners van eilande in die Stille Oseaan 0,3%, en andere 4%. Spaans-Amerikaners is nie afsonderlik genoem nie, want die Amerikaanse sensusburo beskou "Hispanics" as Latyns-Amerikaners wat tot enige rassegroep kan behoort.

Die eerste Amerikaanse setlaars was Indiane wat sowat 25 000 jaar gelede van Asiδ soontoe beweeg het. Die Eskimo's het sowat 6000 jaar gelede gekom en hulle in die noordelike dele gevestig. Sowat 2000 jaar gelede het Polinesiδrs geseil na wat tans Hawaii is.

 

Die oerinwoners van die Ame¡rikaanse vastelande het mettertyd merkwaardige jagwapens en -tegnieke ontwikkel, groot stede gebou, landbouers en handelaars en vervaardi¡gers geword en komplekse gemeenskappe gevorm.

 

Maar, nß die koms van groot getalle Europeδrs en veral in die onstuimige tyd van die Wilde Weste, is hul geskiedenis deur bloed en geweld gekenmerk. Hul grond is van hulle weggegryp, hul getalle het drasties afgeneem en hul kul¡tuur is vernietig.

 

Die eerste Europeδrs wat Noord-Amerika bereik het, was die Noormanne, wat hulle in Groenland gevestig het. Omstreeks 1000 nC het Leif Ericsson glo in Nova Scotia aan wal gestap.

 

Die eerste permanente kontakte is egter in die laat vyftiende eeu deur Christopher Columbus gemaak, en ßl meer Europeδrs het soontoe ge∩mmigreer. Aanvanklik was die meeste setlaars van Enge¡land, maar later het hulle uit Ier¡land, Skotland, Frankryk, Duitsland, Nederland en die Skandinawiese lande gearriveer.

 

Talle immigrante het ook van Asiatiese lande soos China, Indiδ, Indo-China, Japan en Korea gekom, of van die Filippyne, en van Suid- en Oos-Europese lande soos Griekeland, Italiδ, Pole en Rusland. Die meeste swart Amerikaners is afstammelinge van Afrikane wat van die sewentiende tot die negen¡tiende eeu as slawe na die VSA gebring is.

 

Geen wonder die land word dikwels 'n smeltkroes genoem nie. Die tem van Amerika is ook deur groot dapper¡heid en saamhorigheid gekenmerk -- wat uiteindelik gelei het tot die hipermagtige en welvarende land wat die Verenigde State vandag is.

 

òáá GODSDIENSTE: Rooms-Katoliek, Baptisties, Metodisties, Lu¡thers, Juda∩sme, Oostelik Ortodoks, Presbiteriaans, Pinkster. Klein groepies behoort tot die Islam en Boeddhisme.

 

òáá SELFREGERENDE STATE IN DEELGENOOTSKAP MET DIE VSA: Marshall-eilande, Gefede¡reerde State van Mikronesiδ.

 

òáá GEMENEBES-GEBIEDE IN DEELGENOOTSKAP MET DIE VSA: Noord-Mariana-eilande en Puerto Rico.

 

òáá EKSTERNE GEBIEDE: Amerikaans-Samoa, Guam, Palau, Maagde-eilande van die Verenigde State (daar is ook ander Maagde-eilande wat nie aan die VSA behoort nie).

 

òáá GEBIEDE GEADMINISTREER DEUR DIE AMERIKAANSE DEPARTEMENT VAN VERDEDIGING: Johnston-atol, Kingman-rif, Midway-eilande, Wake-eiland.

 

òáá REGERING: Die Amerikaanse Kongres bestaan uit die Senaat (hoδrhuis) en Huis van Verteenwoordigers (laerhuis). Die honderd senatore (twee van elke staat) word by wyse van algemene volwasse stemreg vir ses jaar verkies, met 'n derde van die senaat wat elke twee jaar verkies word. Die Huis van Verteenwoordigers se 435 lede word vir 'n termyn van twee jaar verkies. Die getal verteenwoordigers vir elke staat word deur die inwonertal bepaal, maar elke staat is geregtig op minstens een verteenwoordiger. Bykomende lede sonder stemreg in die huis word verkies deur die Distrik Columbia, Guam, Puerto Rico, Maagde-eilande van die Verenigde State en Amerikaans-Samoa.

 

Die uitvoerende federale gesag berus by die president, wat nie langer as twee termyne van vier jaar elk mag dien nie.

 

Die president en vise-president word gekies deur 'n kieskollege van afgevaardigdes wat daartoe verbind is om individuele presidentskandidate te steun -- die kollege self word by wyse van algemene volwasse stemreg verkies.

 

Elk van die vyftig state het 'n afsonderlike grondwet en wetgewende liggaam met omvattende magte. Die uitvoerende gesag in elke staat is gesetel in 'n goewerneur wat regstreeks deur die kiesers verkies word.

 

òáá GEOGRAFIE: Amerika is besonder ryk aan natuurprag en verskeidenheid. Welige woude en berge met besneeude kruine (waaronder Alaska se Mount KcKinley, wat op 6000 m hoδr is as die hoogste Alpe) word deur moerasse, woestyne en prΩries afgewissel. En daar is 'n netwerk van riviere, waaronder die wΩreld se langste rivierstelsel, die Mississippi-Missouri-Ohio.

 

In Amerika, s≤ word nie verniet gekorswel nie, is alles groter en alles beter!

 

Daar is sewe hoofstreke:

 

(1) New England is een van die VSA se mooiste gebiede. Dit lΩ in 'n hoek in die noordooste en het verspreide landelike dorpies en vissershawens. In die herfs, wanneer die blare verkleur, is die streek in 'n gloed van oranje getooi. Dit is wesenlik 'n nywerheidsgebied met fabrieke as die vernaamste bedryf. Toerisme is ook belangrik. Boston, in die suide, is die grootste stad in diΘ streek.

 

Van die wΩreld se voorste opvoedkundige inrigtings is hier geleδ, waaronder die Harvard-Universiteit en die Massachusetts Institute of Technology.

 

(2) Die Middel-Atlantiese State strek weswaarts van New England en die Atlantiese Oseaan af. Dit is 'n streek van welvaart, krag en geweldige etniese verskeidenheid en is die digs bevolkte deel van die VSA.

 

New York, die loeiende monster van 'n stad, is hier geleδ, asook groot nywerheidsentrums soos Philadelphia en Pittsburgh. Ander bedrywe sluit steenkoolontginning en verwante nywerhede, boerdery en toerisme in.

 

(3) Die Suidelike State lΩ suid van die Middel-Atlantiese State en be-staan uit golwende heuwels, berge en vlaktes, en grens aan die Atlantiese kus en die Golf van Mexiko.

 

Waar dit vroeδr afhanklik was van warmklimaat-gewasse soos suikerriet, tabak en katoen, is die fabriekswese nou diΘ streek se toonaangewende bedryf. Die stede sluit Baltimore, Memphis en New Orleans in. Washington DC is nie deel van 'n staat nie, maar lΩ ook in diΘ streek.

 

Die mense van die Suide se voorvaders was meestal Britte of Afrikane. Laasgenoemde is as slawe ingevoer om in die plantasies te werk en hul nakomelinge vorm vandag 'n groot minderheids¡groep in die streek.

 

(4) Wes van die Middel-Atlantiese State is die Middel-Westelike State, 'n groot en meestal plat boerderygebied. Mielies en koring word hier gekweek en suiwel- en veeboerdery is belangrik.

 

Groot fabriekstede soos Chicago, Detroit en Indianapolis is ook hier geleδ. 'n Groot deel van diΘ streek word dreineer deur die Mississippirivier-stelsel, wat saam met die Groot Mere 'n uitmuntende ver¡voernetwerk vorm.

 

(5) Die State van die Rotsgebergte (Rockies) is 'n hoδ, ruwe streek met uitgestrekte woude in baie dele. Ofskoon baie dele yl bevolk is, groei sekere van die stede hier vinnig. Denver is die grootste stad. Die gebied is ryk aan minerale -- goud, silwer en ander metale -- en die mynbedryf is van groot belang, hoewel die fabriekswese die grootste inkomste genereer.

 

Bees- en saaiboedery is belangrik, asook toerisme in hierdie baie pragtige deel van Amerika.

 

(6) Die Suidwestelike State is 'n uitgebreide streek met die bynaam "the wide open spaces". Hier is die grond volmaak vir beeste se weilande en katoenkwekery, hoewel groot neerslae petroleum, aardgas en minerale tot diΘ streek se welvaart bydra.

 

In die 1900's het raffinaderye en petrochemiese fabrieke opgeskiet en diΘ het op hul beurt tot die groei van stede soos Houston, Dallas, San Antonio en Phoenix gelei.

 

Die streek spog met die ver¡stommend pragtige Grand Canyon en Painted Desert.

 

(7) Die State langs die Stille Oseaan oorspan 'n ketting van lae, ruwe, met bome begroeide berge, diep valleie en 'n dramatiese kuslyn. Landbouprodukte sluit vrugte, neute, groente en wyndruiwe in, en die streek is ryk aan hout, minerale en vis.

 

Fabriekstede soos Los Angeles, San Diego, San Francisco, San JosΘ en Seattle is hier geleδ. Die bevolking is van uiters gemengde afkoms met meer mense van Asiatiese herkoms as in enige ander streek in die VSA.

 

òáá EKONOMIESE GESKIEDENIS: Getik, getik, getik -- die horlosiemaker moet van lotjie getik wees, het almal gedink. Ou Eli Terry het jou waarlik 'n kontrak onderteken om die onderdele van vierduisend hoδ staanhorlosies te maak en die uurwerke inmekaar te sit. En dit alles vir slegs $4 per horlosie.

 

Dit was die jaar 1807 en horlosiemakery was nog 'n moeisame harmansdrup-proses. Die knapste vakkundige op hierdie gebied kon, selfs met die beste hulp, op die meeste twintig sulke "grandfather clocks" in 'n jaar maak. Die minimum-prys van elke horlosie was om en by $50.

 

Maar die ondernemende Terry was 'n man met 'n plan. Hy sou masjiene gebruik om die werk vir hom te doen. Met die hulp van twee vakleerlinge het hy 'n ou koringmeul omgeskakel deur die waterwiel te koppel aan die draaibanke, sae en ander gereedskap waarmee horlosiedele vervaardig sou word. S≤ gedink, s≤ gedaan.

 

Voor die einde van daardie jaar het Terry reeds drieduisend uur¡werke klaar gehad. Die groot ou "oupa-horlosies" was te duur vir die meeste Amerikaners, maar hy het 'n nuwe, kleiner horlosie ont¡werp wat die prys daadwerklik laat daal het.

 

Dit was moontlik die eerste geval in die geskiedenis van die massaproduksie van 'n huishoudelike gebruiksartikel. Maar dit was allermins die laaste. Nß die Amer¡ikaanse burgeroorlog het die Ver¡enigde State se nywerhede bly groei en groei en is daar met rasse skrede gemeganiseer.

 

'n Netwerk van spoorweδ het regoor die land ontstaan. Uitvin¡ders het hul kant gebring. Nuwe sake is ontwikkel en oues het uitgebrei. Natuurlike hulpbronne is benut. Stede het soos paddastoele opgeskiet, en selfs tot vandag toe is die land soos 'n besige bynes.

 

Die gevolg is 'n ekonomie van groot welvaart -- talle Amerikaners geniet vandag van die hoogste lewenstandaarde op aarde.

 

òáá DIE EKONOMIE VANDAG: Die VSA het die grootste en tegnologies magtigste ekonomie op aarde en is, wat die meeste produkte betref, selfonderhoudend

 

Die landbou is hoogs gemeganiseer en produseer groot oorskotte vir uitvoer. Die vernaamste landbougewasse is onder meer mielies, koring, sojabone, suikerriet, gort, katoen, aartappels en 'n breδ verskeidenheid van vrugte (waar¡onder sitrusvrugte in Florida en Kaliforniδ).

 

Meer as 'n kwart van die VSA is weiland, en beeste en skape is belangrik op die Groot Vlakte. Woude oordek meer as 30 per¡sent van die land en vorm die grondslag van die enorme bosboubedryf.

 

Die VSA het massiewe natuurlike hulpbronne, waaronder steenkool (hoofsaaklik in die Appalache), ystererts, petroleum en aardgas (hoofsaaklik in Texas, Alaska en Kaliforniδ), koper, baux¡iet, lood, silwer, sink, molibdeen, wolfram, kwik en fosfate, en groot riviere wat geskik is vir die lewering van hidroδlektriese krag.

 

Die vernaamste bedrywe sluit in diΘ wat gemoeid is met yster en staal, motorvoertuie, elektriese en elektroniese ingenieurswese, kosverwerking, chemikalieδ, sement, aluminium, lug- en ruimtevaart, telekommunikasie, tekstielware en klerasie en 'n groot reeks verbruikersgoedere.

 

Toerisme is 'n belangrike ver¡diener van valuta.

 

Die arbeidsmag was in 2001 s≤ ingedeel: bestuursampte en beroepe 31%;á tegnies,á verkope en administratiewe bystand 28,9%; dienste 13,6%; vervaardiging, mynbou, vervoer en ambagte 24,1%;á boerdery, bosbou en visserye 2,4% (2001). Die geld-, versekerings- en bankwese is belangrik, en Wall Street (New York) is een van die wΩreld se vernaamste effektebeurse.

 

Die VSA is inderdaad 'n eko¡nomiese reus wat sy invloed regoor die wΩreld laat geld.

 

_________________________________________________________

 

Terug na inhoudsblad -- klik hier

_________________________________________________________

 

Ons Wonderlike WΩreld op CD, 2004 - Uit Huisgenoot se Jongspan