__________________________________________________________________

 

Toonaangewende lande van die wΩreld (7): Nippon (Japan)

 

Japan

-- goudland van die opkomende son

 

Dis 'n land van vuurspuwende berge, van meer as drie aardtrillings per dag -- maar ook 'n massiewe miernes van malende werkers en 'n hoogs doeltreffende nywerheidsreus. Japan se ekonomie het wel in die jare negentig vinnig verlangsaam nß drie dekades van ongekende groei, en die ekonomiese probleme het ongelukkig oorgespoel na die eerste jare van die nuwe millennium. Maar vir Æn platgeslane volk om uit die as van die Tweede WΩreldoorlog te kon opstaan en aan hul land die naasgrootste ekonomie op aarde te besorg, spreek boekdele vir die onvermoeide ywer van die vlytige Japanners...

__________________________________________________________________

 

DIE Songodin, s≤ staan daar in die Sjinto-boeke, het die eilande van Japan voor al die ander wΩrelddele geskape. En toe het sy haar kleinseun na Japan gestuur met die opdrag: "Gaan, my deurlugtige kleinseun, gaan na my eersteling en regeer dit. Mag voorspoed u deel wees en diΘ van u nageslag. En mag u huis, net soos die hemel en die aarde, tot in ewigheid bestaan."

 

Hierdie "nakomeling" van Amaterasoe, die Songodin, was die voorvader van al die Japanse heersers tot dusver, volgens die volksgodsdiens van Japan wat as Sjinto bekend staan.

 

Die opvatting dat hul eie wΩreld voor alle ander lande tot stand sou gekom het, is 'n interessante aspek van die Japanners se geloof, en Japan beklee ook werklik in meer as een opsig 'n guns¡tige posisie op die wΩreldkaart.

 

As die eilande byvoorbeeld meer noord geleδ was of minder riviere, berge of vrugbare vlaktes gehad het, sou die uitgestrekte ryslande doodeenvoudig nie daar gewees het nie.

 

Wat meer sΩ, as die Japanners nie so ge∩soleerd was nie, sou hul nasionale bewussyn stellig nie so ontwikkel net nie. En as die Japanse eilande eweneens verder van die Asiatiese vasteland gelΩ het, sou die mense hier nie so deur die Chinese en Ko¡reaanse kulture be∩nvloed gewees het as wat wel gebeur het nie.

 

Daarteenoor het diΘ argipel of eilandgroep sekere groot nadele. Dit is vulkaanwΩreld en tal¡le vuurspuwende berge is oor die hele eiland¡ketting versprei. Tot oormaat van ramp is aardbewings 'n inherente deel van die lewe in Japan.

 

Meer as duisend aardskokke word jaarliks aangeteken (gemiddeld meer as drie op 'n dag), hoewel die meeste van hulle gelukkig skaars gevoel word. In die hoof¡stad, Tokio, is daar egter al om die drie of vier dae 'n taamlike sterk trilling, maar die geboue in diΘ stad is ontwerp om hierdie skokke te weerstaan.

 

Aardbewings onder die see veroorsaak weer van tyd tot tyd verwoestende golwe (tsoenami's) aan die kus.

 

Dan word Japan boonop weens sy ligging aan die einde van die somer geteister deur tifone wat onder meer die rysvelde beskadig.

 

Desondanks is die land vandag 'n nywerheidsreus. Soos Duitsland het hy ook uit die as van die Twee¡de WΩreldoorlog herrys. Tussen sy berge en rokende vulkane lΩ sy mierneste van stede met krioelen¡de hoofweδ, blitsige koeδltreine en dreunende fabrieke wat alles van TV-stelle tot motors uitspuug.

 

Japan, kan 'n mens tereg sΩ, dien as 'n model vir die wΩreld oor wat met 'n bietjie dissipline en baie harde werk vermag kan word. Die ekonomie het wel in die jare negentig vinnig verlangsaam nß drie dekades van ongekende groei, en die ekonomiese probleme het ongelukkig oorgespoel na die eerste jare van die nuwe millennium.

 

Maar vir Æn platgeslane volk om te kon opstaan en aan hul land die naasgrootste ekonomie op aarde te besorg, spreek boekdele vir die onvermoeide ywer van die vlytige Japanners.

 

òáá AMPTELIKE NAAM: Nippon of Nihon (dit beteken "oorsprong van die son", en gevolglik word Japan ook Die Land van die Opkomende Son genoem).

 

òáá OPPERVLAKTE: 377 835 vk. km (sluit in die Bonin-eiland (Ogasawara-goento), Daito-sjoto, Minami-djima, Okino-tori-sjima, Rioekioe-eilande. (Nansei-sjoto) en Vulkaaneilande (Kazan-retto). Die landoppervlakte is 374 744 vk. km en die wateroppervlakte 3091 vk. km.

 

òáá HOOFSTAD: Tokio.

 

òáá VLAG: Rooi son, wit agtergrond.

 

òáá AMPTELIKE TAAL: Japannees.

 

òáá VOLKSLIED: Kimigajo (Die Heerskappy van Ons Keiser).

 

òáá GELD: Die Japanners koop met jen.

 

òáá BEVOLKING EN HERKOMS: 127 214 499, volgens Æn raming vir Julie 2003. Volgens 'n raming in 1990 was daar 123 749 000 mense, wat beteken dat die enorme bevolking in omtrent dertien jaar met minder as drie en 'n halwe miljoen aangewas het. Die bevolking word ook steeds al hoe ouer.

 

Die Japanners is 'n mengsel van rasse-elemente uit Noordoos- en Suidoos-Asiδ, hoewel baie eeue van isolasie en vermenging 'n eenvormige ras opgelewer het.

 

Daar kan nie met sekerheid gesΩ word wanneer die eerste inwoners in Ja¡pan aangekom het nie, ofskoon dit bekend is dat hul kultuur tot 4500 vC terugdateer. In die jare 200 vC is dit nß 'n golf van volksverhuisings vervang deur 'n nuwe kultuur wat die Jajoi genoem is. Daar word gereken dat vandag se Japanners afstammelinge van die Jajoi is.

 

In 2000 was die bevolking s≤ verdeel: Japanners 99%, ander 1% (Koreane 511 262, Chinese 244 241, Brasiliδrs 182 232, Filippyne 89 851 en ander 237 914).

 

òáá GODSDIENSTE: Sjinto∩sme, Boeddhisme, Soka Gakkai en verskeie Christelike kerke.

 

òáá REGERING: Die staatshoof is die keiser, maar sy pligte is suiwer seremonieel. Die wette word gemaak deur die Diet, wat uit twee huise bestaan waarvan die lede elk deur volwasse stemgeregtigdes verkies word: die Huis van Raadslede (252 lede vir ses jaar) en Huis van Verteenwoordigers (512 lede vir vier jaar). Die Diet kies een van sy lede tot eerste minister en diΘ stel 'n kabinet aan. Kiesers is stemgeregtig wanneer hulle twintig jaar oud word.

 

òáá GEOGRAFIE: Japan bestaan uit vier hoofeilande -- Hokkaido, Honsjoe, Sjikokoe en Kioesjioe -- en meer as 3900 kleineres. Honsjoe, die grootste eiland, is die tuiste van sowat 80 persent van die Japanse bevolking.

 

Wes van Japan is die Japanse See, noord die See van Okotsk, en oos en suid die Stille Oseaan.

 

Die Japanners sΩ in hul land is 'n mens altyd naby berge, en tereg, want min lande op aarde is so bergagtig. DiΘ eilandryk, wat met 'n wye boog min of meer van noord na suid strek, bestaan grotendeels uit 'n klomp bergreekse wat ook noord-suid loop. Die berge van die hoofeilande is almal ru en word deur diep valleie van mekaar geskei.

 

Van die 192 vulkane is 40 nog aktief. Japan se hoogste en be¡roemdste spits, die onaktiewe berg Foedji, of Foedjijama, troon 3776 m bokant seevlak.

 

Sowat 60 persent van Japan word deur woude bedek, aangesien die meeste van die berghange te steil is om bewerk te word.

 

Die riviere is kort, vloei vinnig en is feitlik onbevaarbaar vir skepe. Baie riviere se lope is egter kunsmatig verander en hulle word vir besproeiing en kragopwekking ge¡bruik.

 

òáá EKONOMIE: Ofskoon Japan oorbevolk is, geniet die mense 'n hoδ lewenspeil. Daar is min natuurlike hulpbronne, maar die land het een van die wΩreld se heel grootste nywerheidsekonomieδ. So¡wat 90 persent van sy energiebe¡hoeftes kom van buite en petro¡leum is die grootste invoerproduk.

 

Sy ekonomiese sukses is ge¡grond op die vervaardigingsbedryf. Ja¡pan is 'n toonaangewende vervaardiger van motorvoertuie en een van die groot prudusente van skepe, staal, sintetiese vesels, chemikalieδ, sement en elektriese goedere en toerusting.

 

Teen 2002 was 30% van sy werkerskorps gemoeid met nywerhede, 65% met dienslewering en 5% met die landbou.

 

Vinnige vordering met navorsing en die tegnologie het die groei¡ende uitvoergerigte ekonomie gerugsteun. Die bank- en geldsektore het in ooreenstemming met die vervaardigingsektor floreer, en Tokio is een van die wΩreld se grootste effektebeurs- en handelsentrums.

 

Die landbou is arbeidsintensief en die landbousektor word ryklik gesubsidieer en beskerm. Hoewel die land selfonderhoudend is wat rys betref, moet 'n hoδ persentasie van sy voedselbehoeftes -- sowat 50% van ander soorte graan en veevoer -- ingevoer word.

 

Drie dekades lank was Japan se ekonomiese groei met een woord skouspelagtig. Maar die oplewing het in die 1990's merkbaar afgeneem. Dit was grootliks 'n nasleep van oorinvestering in die laat jare tagtig en vernouende maatreδls teen spekulatiewe buitensporighede in die markte vir aandele en vaste eiendom. Toe die nuwe eeu begin het, het die Japanse regering steeds probeer om die ekonomiese vonk weer tot 'n groot vuur aan te blaas, maar ongelukkig met min welslae.

 

Die Land van die Opkomende Son se son is stellig nog lank nie aan die ondergaan nie. Maar die oorbewoning van bewoonbare grond en Æn bevolking wat steeds ouer raak, is nog twee probleme waarmee die Japanners bes moontlik nog lank gaan worstel.

 

Outomatisering kan wel op lang termyn groot ekonomiese voordele vir Japan inhou. Teen 2002 het die land 410 000 van die wΩreld se

720 000 "werkende robotte" gehad.

 

_________________________________________________________

 

Terug na inhoudsblad -- klik hier

_________________________________________________________

 

Ons Wonderlike WΩreld op CD, 2004 - Uit Huisgenoot se Jongspan