____________________________________________________________
Lesotho -- sy hulpbronne en minerale
Koninkrykie
in die berge
Met
sy water, sy diamante en miskien-miskien sy uraan kan Lesotho in die 21ste eeu
dalk meer vermag as wat baie pessimiste rekenà
____________________________________________________________
VASGEKLUISTER
in die binneland van die vooruitstrewende Suid-Afrika is een van die armste
landjies op die hele aardbol: die veel minder ontwikkelde Lesotho waarvan 'n
hele twee derdes uit bergland bestaan. Hier woon, volgens die jongste raming,
minder as twee miljoen mense. Maar volgens een bron sal meer as 'n kwart van
die bevolking na verwagting nie ouer as veertig jaar word nie.
Bewerkbare
grond is uiters skaars, minerale hulpbronne is beperk en die land se
waardevolste hulpbron is water. Die berge in Lesotho vorm dan ook werklik die
belangrikste waterskeiding in Suider-Afrika. Dit is waarom een van die wΩreld
se grootste en ingewikkeldste ingenieursprojekte in hierdie verarmde gebied
onderneem word.
Reeds
in 1986 is 'n ooreenkoms tussen Suid-Afrika en Lesotho gesluit vir 'n
ambisieuse projek om water uit die Malutiberge na die Vaalrivier-opvanggebied
in Suid-Afrika te herlei. Die
Lesotho-Hoogland-waterprojek van miljarde rande sou die bou van 'n
reeks tonnels en damme behels om water van Lesotho na die provinsie Gauteng te
bring, na die hartland van Suid-Afrika se nywerhede. Lesotho sou op sy beurt
enorm baie baat vind by die verkoop van die water.
Die
Katsedam, die hoofdam van die projek, sou uiteindelik 'n kolossale watermassa
word -- die damwal 'n yslike 180 m hoog en die kruinlengte daarvan 685 m. Die
Katsedam is voltooi en daar word nou gewerk aan die tweede dam in die
veeldammige skema, die sogenaamde Mohale. (Miskien sal jy ook onthou
dat die Katsedam 'n tyd gelede fel in die nuus was toe 'n helikopter
van die Lesotho-weermag met 'n filmspan dramaties in die dam neergestort en
twee mense verdrink het.)
Die
Lesotho-Hoogland-waterskema is 'n langtermyn-projek wat oor baie jare moet
strek. Maar die projek word ongelukkig ook deur allerhande onbeantwoorde vrae
omgeef. Byvoorbeeld: wat sal die invloed daarvan op die omgewing wees? Sal die
damme nie dalk toeslik nie? Wat sal die uitwerking laer af wees op die
oewerbewoners van 'n Oranjerivier waarvan die helfte van die water weggekeer
word?
Hoe
ook al, die grawende masjiene dreun voort om dele van Lesotho in mere te
verander.
ò
MAAR water is darem nie die enigste
hulpbron in hierdie ingeperkte bergkoninkrykie nie. En dit help, want
die ekologie is uiters broos weens die bergagtigheid, die dun grondlagie en
die beperkte plantbedekkings. Hoewel twee derdes van die land se werkers
steeds 'n bestaan uit die uitgeputte en verspoelde grond probeer maak met die
verbouing van mielies, sorghum en koring (en die teel van onder meer skape en
beeste) moet party Sotho's noodgedwonge na ander weδ soek om hul beursies (en
kinders se honger mae) te vul.
Minerale
produksie het tot dusver egter nie 'n beduidende deel van die ekonomie gevorm
nie en het tussen 1995 en 2001 maar sowat drie persent tot die totale
binnelandse produk bygedra. Ambagslui het wel 'n klein bietjie klei, sand en
gruis vir plaaslike verbruik geproduseer. Die kommersiδle belangstelling in
die minerale hulpbronne van Lesotho was tot diamante beperk. En toe kom die
uraan-vondsà
Uraan-neerslae
wat gevind is naby Teyateyaneng, sowat 50 km noordoos van die hoofstad Maseru,
kan Lesotho se ekonomie 'n geweldige hupstoot gee... mits die neerslae
natuurlik ontginbaar is. Feite hieroor is ongelukkig egter baie skraps en
volgens een bron is die neerslae nie juis veel werd nie.
Maar
wat die diamante aanbetref: in die afgelope jare is tientalle kimberlietpype
en ander diamantdraende plekke in die noorde ge∩dentifiseer. Groot dele van
die landjie bestaan uit vloeiinge van basalt (harde, vulkaniese klip) wat deur
die vulkaniese uitbarsting van die Drakensberge neergelaat is. Die
kimberlietpype en
-intrusiegange dateer uit die sogenaamde Kryt-tydperk, aan
die einde waarvan die dinosourusse van die aarde af verdwyn het.
Die
opbloei van 'n diamantbedryf sal beslis hoop bied vir baie Sotho-mynwerkers
wat vroeδr werk in die Suid-Afrikaanse goudmyne gehad het maar noodgedwonge
afbetaal is.
Miskien
is dit juis 'n onblusbare optimisme wat Lesotho help staande hou. Ook die
landsvlag versinnebeeld die "groenigheid" van die gebied. In 1966,
toe die protektoraat Basoetoland sy onafhanklikheid van Brittanje verkry en
Lesotho geword het, is 'n nuwe vlag vir die land ontwerp waarin die kleure van
die Basutoland National Party gebruik is. Maar in 1986 is daardie regering
omvergewerp en die volgende jaar is 'n minder polities ge∩nspireerde vlag
aanvaar. Die huidige Lesotho-vlag bestaan uit drie oorhoekse stroke: wit (vir
vrede), blou (vir reδn) en groen (vir voorspoed), met 'n silhoeδt van 'n
skild, spies en knopkierie op die wit strook, wat daarop dui dat die klein
landjie gereed is om homself te verdedig.
Met
sy water, sy diamante en miskien-miskien sy uraan kan Lesotho in die 21ste eeu
dalk meer vermag as wat baie pessimiste rekenà
Hoofstad:
Maseru, aan die Caledonrivier, 130 km oos van Bloemfontein.
Oppervlakte:
30 355 vk. km.
Onafhanklikheid
verkry: 4 Oktober 1966 (van Brittanje).
Bevolkingstal:
1 861 959 (volgens Æn raming vir Julie 2003).
Etniese
groepe: Sotho 99,7%; Europeδrs, Asiate en ander 0,3%.
Godsdienste:
Christelik 80%, inheemse gelowe 20%.
Tale:
Sesotho (Suid-Sotho), Engels (amptelik), Zoeloe, Xhosa.
Natuurlike
hulpbronne: water, saai- en weigrond, Æn hoeveelheid diamante en ander
minerale.
Geldstelsel:
1 loti (L) = 100 lisente; let wel -- maloti (M) is meervoudsvorm van loti.
Suid-Afrikaanse geld kan ook in kooptransaksies gebruik word. Die rand en loti
is op gelyke voet.
____________________________________________________________
Terug
na inhoudsblad -- klik hier
____________________________________________________________
Ons
Wonderlike WΩreld op CD, 2004 - Uit Huisgenoot se Jongspan