____________________________________________________________
Nomade
(1): Inuit (Eskimo's)
Mense
van
die
ys
Eskimo...
dit moet mos "mens van die ys" beteken, hoe anders? Verkeerd. Die
naam is afgelei van 'n
woord
in 'n Indiaanse dialek met die betekenis "rouvleisvreters". Eintlik
is dit 'n skelwoord, maar dit sΩ nogal iets van die ruwe, geharde Eskimo's.
Om in een van die aarde se ongenadigste omgewings wortel te skiet, moet jy
immers so taai soos 'n
rob
se vel wees. Hulle noem hulself egter nie Eskimo's nie maar Inuit -- 'n woord
wat eenvoudig "mense" of "bewoners"
beteken.
ò
Die Eskimo's woon sowel buite as binne die Noordpoolsirkel, in die
enorme uitgestrektheid van die noordoostelike punt van die gewese Sowjet-Unie,
oor Alaska en Kanada tot in Groenland.
Hoewel
hulle nie formeel georganiseer is nie, is hulle kennelik een volk. Daar in
hul koue noorderwΩrelde het hulle baie eenderse leefwyses en tradisies.
____________________________________________________________
BAIE
vrae hang nog in die lug oor waar die Inuit (Eskimo's) werklik vandaan kom.
Volkekundiges weet wel dat hulle van mense afstam wat die landbrug tussen Asiδ
en Alaska oorgesteek het -- duisende jare gelede toe die seevlak veel laer was
as vandag.
Oor
'n lang tydperk het verskillende etniese groepe in Noord-Amerika na die
suide en uiteindelik tot in Suid-Amerika getrek. Die Amerikaanse Indiane is
afstammelinge van
die suidwaartse trekkers.
Die
Eskimo's het egter noord en wes gebly en 'n lang tyd hul biologiese en
kulturele bande met Asiδ behou. Van Alaska af het hulle later ooswaarts oor
die Noordpoolstreek van die Noord-Amerikaanse vasteland versprei.
Die
Eskimo's is Mongolo∩ed. Hulle is betreklik kort, die gesig is breed en plat
met hoδ wangbene, die oδ donker, die hare reguit en swart. Die huidkleur van
egte Eski¡mo's is geelbruin.
Die
verskillende Eskimo-tale behoort tot 'n taalfamilie wat Eskaleut genoem
word. Daar is twee vertakkinge: Aleut en Eskimo.
ò
DIE eerste Europeδrs wat die Eskimo's teengekom het, was Wikings wat
omstreeks 1100 nC in Groenland gewoon het. In die sestiende eeu het Europese
ontdekkingsreisigers weer eens met hulle kennis gemaak. Toe was daar ongeveer
75 000.
Tot
in daardie stadium het die Eskimo's 'n heel eiesoortige lewe gelei om in hul
ruwe omgewing te kon oorleef. In die daaropvolgende eeue, en veral die
negentiende eeu, het dinge egter drasties verander.
Talle
Europese walvisvangers en velhandelaars het hul verskyning in die verre noorde
gemaak en Eskimo's vir hulle laat werk. DiΘ is met gewere, ammunisie en ander
goedere be¡taal.
Weens
die doeltreffender jagtoerusting is baie diere byna heeltemal uitgewis in die
Eskimo-wΩreld. Die Eskimo's self is ook drasties uitgedun as gevolg van
siektes wat die Europeδrs met hulle saamgebring het.
Al
die vernuwings het die tradisionele leefwyse van die meeste van hulle
vernietig.
ò
DIE Eskimo's was tradisioneel
'n
nomadiese volk. In die begin
van
die winter sou 'n aantal gesinne saamgroepeer en 'n gemeenskap vorm wat tot
die lente sou bestaan. Hulle het igloes van ys of klip gebou, of partykeer
sooi-skuilings.
Die
ys-igloe [REGS] was 'n koepel van blokke vaste sneeu -- gewoonlik net een
vertrek. Die sneeublokke is met 'n lang mes van been of yster uit die sneeu
gesny en opgestapel in 'n sirkel met 'n effense helling na binne.
Verdere
rye sneeublokke is daarop geplaas totdat die bouwerk 'n koepelvorm gehad
het. Daar was 'n deuropening, en igloes is dikwels deur sneeutonnels met
mekaar verbind.
Omdat
lug opstyg wanneer dit warm is, het die igloe-bewoners meestal hul tyd
binne-in die igloe op 'n soort verhogie verwyl en nie op die vloer nie.
Hoewel
ons Eskimo's gewoonlik met ys-igloes vereenselwig, was klip-igloes in der
waarheid talryker. Dit het uit 'n dubbele ry klippe bestaan met 'n laag turf
tussenin.
Die
sooihuise het 'n raamwerk van walvisbeen, klip of hout gehad wat met sooie
bepak is. Daar was 'n versonke grondvloer. 'n Grondbank was die sitplek en
bed, en kleiner grondverhogies was die ta¡fels.
In
die somermaande het die gesinne in tente gewoon wat van robbe of kariboes se
velle gemaak is.
Hulle moes te voet gaan jag en het met bote van diervelle in die poolwaters
rondgevaar.
Daar
was twee soorte bote: kajakke en oemiakke. Die kajak lyk soos 'n kano en is 'n
lang, smal en ligte eenmensvaartuig. Die raamwerk bestaan uit hout
(gewoonlik dryfhout) en is op s≤ 'n manier met seediervelle oorgetrek dat net
'n klein sitopening oop bly. Dit is vir die jag van seesoogdiere gebruik.
Die
oemiak is 'n oop boot met plek vir tot twaalf mense. Dit is vir walvisjag en
langer vaarte gebruik, ook wanneer die Eskimo's getrek het.
Die
wapens was onder meer vurkspiese en pyle, harpoene,
messe,
nette en die pyl en boog.
Die
lewens van die Eskimo's was nou verweef met diΘ van die diere in hul
omgewing. Die diere moes hulle van kos voorsien, asook van velle vir hul
klere. Die meeste Eskimo's het naby die see gewoon, waar baie robbe,
walrusse, ysbere, walvisse en visse was.
Hulle
was grootliks afhanklik van trekdiere en moes minstens twee keer per jaar
agter hulle aantrek.
Maar
die sleehond ("husky") was waarskynlik die belangrikste dier in die
Eskimo se lewe. DiΘ soort honde is gebruik om die slee oor die sneeu te trek
en op jagtogte na groot diere soos ysbere.
Die
sleehond het 'n veeleisende lewe gehad. Buiten wanneer hulle nog baie klein
was, moes hulle in wind en weer buite bly. Op die trekpad moes hulle dikwels
twee, drie dae lank sonder kos bly, maar nß 'n lang,
vermoeiende
tog is hulle gewoonlik beloon met al die vleis wat hulle kon opvreet. Omdat
hulle so waardevol was, het die Eskimo's hul honde uiters goed behandel.
ò
DIT was 'n klein, selfgenoegsame wΩreldjie waarin die Eskimo gelewe
het, waarin hy meestal net met sy familielede verkeer het. Gesellige
byeenkomste het 'n belangrike rol gespeel om spanning te verlig. Hulle sou
mekaar besoek, speletjies organiseer en feesvier.
Die
ouer lede van die familie is
geδer
vanweδ hul wysheid, kennis van gebruike en die staaltjies wat hulle kon
vertel. Hulle is met respek en toegeneentheid behandel. Kinders is ook met
liefde behandel en as 'n versekering vir die oudag beskou.
Omdat
die lewe so straf was, het 'n gesin selde meer as twee kinders gehad en die
bevolking
het dus konstant gebly tot¡dat die Europeδrs op die toneel verskyn het.
Almal
was afhanklik van almal. Die mans het hul vroue nodig ge¡had en omgekeerd.
Daar
word beweer dat Eskimo's hul verswakte bejaardes doodgemaak het. In sekere
gebiede, wanneer die toestand besonder haglik was, kon dit wel gebeur het
dat bejaardes vrywillig in 'n storm uitgeloop het om van die honger om te kom
of te verkluim.
Dit
kan erg klink vir ons met ons Westerse uitkyk, maar die Eskimo's het geglo dat
die siel van 'n gestorwene in elke pasgebore baba voortleef. 'n Geboorte is
dus beskou as die terugkeer van 'n oorledene.
Eskimo's
vandag
ò
NA raming lewe daar vandag sowat 120 000 Eskimo's. Baie min van hulle
is nomadies en die meeste woon in nedersettinkies of dorpe en dra moderne
klere, woon in moderne huise, ry in sneeumobiele en ander Westerse voertuie
rond, gaan skool en koop hul benodigdhede in winkels.
Dit
sal vir Christene goeie nuus wees om te hoor dat 'n groot persentasie van
hulle tot die Christendom bekeer is. Maar die Eskimo-storie is ook 'n hartseer
verhaal. Nß duisende jare waarin hulle die Noordpool-naarheid getem het, is
hul tradisionele leefwyse vir altyd daarmee heen.
____________________________________________________________
Terug
na inhoudsblad -- klik hier
____________________________________________________________
Ons
Wonderlike WΩreld op CD, 2004 - Uit Huisgenoot se Jongspan