__________________________________________________________

 

Nomade (3): Sigeuners

 

Kinders van

die wind

 

Deur die eeue is hierdie swerwersvolk soos misdadigers gejag of verslaaf. Tog het hulle oorleef. Hoewel hulle dikwels verguis word waar hulle gaan, is die Sigeuners moontlik die onafhanklikste mense op aarde...

__________________________________________________________

 

Toe Sigeuners geskape is,

is gelas hul moet swerf,

sonder behoefte aan huise

word die wΩreld ons werf.

-- Geskryf deur 'n Sigeuner.

 

IN die Bybelboek Genesis lees ons van Kain en Abel ù 'n verhaal uit die landelike wΩreld van die vroegste mense op aarde. Maar hoewel Kain 'n saaiboer was, beteken sy naam eintlik metaal¡werker of smid.

 

Nadat hy sy broer doodgemaak het, word Kain verdoem om " 'n doellose swerwer op aarde" te wees. Later in dieselfde hoofstuk lees ons van die nasate van Kain: een was die stamvader van diΘ wat in tente by hul kuddes woon, 'n ander die stamvader van diΘ wat op die lier en fluit speel ('n musikant), en nog een was 'n vakman in koper en yster.

 

Hierdie beskrywings pas die lewe van die Sigeuners so goed dat hulle self met groot oortuiging beweer dat Kain die eerste Sigeuner was.

 

Maar wat weet ons regtig om¡trent die geskiedenis van hierdie vreemde en bra geheimsinnige mense?

 

Oorsprong

 

òáá DAAR word algemeen gereken dat die Sigeunervolk in die Indus-kom in Noord-Indiδ ontstaan het, waar hulle eeue lank aan die grens van gevestigde gemeenskappe ge¡woon het.

 

Omstreeks 1000 nC het oorlog in die gebied hulle gedwing om sta¡dig weswaarts deur die Midde-Ooste uit te wyk om geleidelik na baie lande te versprei.

 

In die vroeδ vyftiende eeu het die eerste Sigeuners Wes-Europa bereik, waar sommige van hulle beweer het dat Moslems hulle uit 'n land gedryf het wat hulle Klein Egipte genoem het.

 

Dit is te betwyfel of hulle daarmee die regte Egipte bedoel het. Nogtans het hulle in Engels as Gypsies bekend geraak, 'n vervor¡ming van die woord Egyptian.

 

En die naam Sigeuner? Een van die eerste name wat aan hulle gegee is. was die Griekse woord Athinganoi (onaanraakbaar). DiΘ woord het later Atsigan en nog later Tzigane geword, en Sigeuner is hiervan afgelei.

 

Tog het die Europeδrs aanvanklik hierdie bra vermaaklike mense met hul musiek, danse en fassinerende doenighede verwelkom. Hulle sou om die reiswaens saamgedrom het om hulle ure lank te bekyk. Baie konings het hulle selfs onder hul vlerk geneem en wetlike beskerming aan hulle verleen.

 

Spoedig het hul opportunistiese gewoontes egter die mense kwaad gemaak. Boonop was baie Sigeuners besonder donker van kleur -- en vir die Middeleeuse Europeδrs was dit 'n teken van minderwaardigheid. Waar 'n misdaad ook al pleeg is met Sigeuners in die nabyheid, is die skuld vanselfsprekend op hulle gepak.

 

Europa het teen die Sigeuners gedraai. In die jare daarna het die owerhede die "Sigeunerprobleem" probeer oplos deur allerhande dekrete teen hulle uit te vaardig.

 

Baie is verslaaf. Ander is uit stede en state verdryf. Party lande het selfs sover gegaan as om belo¡nings vir Sigeuners uit te loof, dood of lewend.

 

Desondanks het die Sigeuners gekom om te bly.

 

Die Sigeuners wat ons vandag af en toe in Suid-Afrika sien rondreis terwyl hulle 'n lewe maak met waarsΩery, is stellig nie ware Sigeuners nie, hoewel party moontlik Sigeunerbloed in hulle het.

 

Die meeste Sigeuners word in Wes- en Oos-Europa en Noord- en Suid-Amerika aangetref.

 

Tradisionele leefwyse

 

òáá "OM saans by 'n Sigeuner-kampeerplek aan te kom. Om versigtig oor die ru-klip en modder na die reiswaens te loop waar hulle so knus en aanloklik staan, met gasligte wat deur hul pienk vinielgordyne skyn; om die mooi Sigeunermeisies te sien huis¡waarts keer met hul glimmende kruike vol van die aand se water¡voorraad; om die mans te sien te¡rugkom in hul reuse vragmotors wat, hoog opgestapel met rommel, huiswaarts steier; om te sien hoe rook uit die skoorstene begin opstyg..."

 

Hierdie woorde van die skrywer Jeremy Sandford in sy boek Gypsies weerspieδl die romantiek van hierdie mense met hul helder kleure, danse, liedere en oδnskynlik ewige vryheid. Daarteenoor word Sigeuners dikwels met smerigheid, bedelary en selfs diefstal vereenselwig.

 

Wat is dan die waarheid?

 

Die Sigeuners noem hulself Roma, 'n benaming waarop hulle baie trots is. Hulle het 'n eie taal, wat tot die Indo-Iraanse groep tale behoort, en die meeste praat ook die taal van die land waarin hulle woon.

 

Hulle hou steeds by baie ou ongeskrewe tradisies, hoewel hulle dit gedurig tydens hul omswerwinge aanpas.

 

Hulle het hul eie stel lewensreδls wat op hul godsdienstige en filosofiese oortuigings gegrond is en besleg hul geskille onder mekaar.

 

Straks die helfte van die wΩreld se Sigeuners het reeds gevestig geraak en woon in huise. Die ander volg egter steeds die tradisies van hul voorvaders en reis van dorp tot dorp, kampeer in reiswaens en tente en verdien hul geld soos die geleentheid hom voor¡doen.

 

Sigeunerarbeid sluit waarsΩery, metaalbewerking, perdehandel, skoenmakery, die verkoop van snuisterye en los werke in.

 

'n Paar duisend Sigeuners het sekere grotte naby Granada in Spanje betrek. DiΘ woonplekke wissel van enkelvertrekke tot groot doolhowe met kerke, skole en winkeltjies.

 

'n Tipiese Roma-gesin bestaan uit 'n man en vrou, hul ongetroude dogters, hul getroude seuns en diΘ se vroue en kinders. Partykeer vorm 'n groep verwante gesinne 'n familiegeselskap wat saam woon en saam rondtrek.

 

Sigeuners dra gewoonlik dieself¡de klere as die volkere onder wie hulle woon, hoewel die vroue dikwels kaalvoet loop en met lang heuprokke, tjalies, oorringe en an¡der juwele gesien word. Die mans het geen besondere soort drag nie, hoewel die meeste 'n tipiese vilthoed dra wat bo plat is en 'n breδ rand het.

 

Sigeuneurs is goed bekend vir hul musiektalent en het die lirieke en danse van ander volkere oorgeneem sowel as verryk.

 

Nie-Sigeuners word deur Sigeuners verag. Wanneer 'n Roma-man byvoorbeeld met iemand van buite trou, word hy summier uitgeban en mag hy homself nie meer 'n Roma noem nie. Praat van 'n trotse volk!

 

Vandag se Sigeuners

 

òáá DIT is moeilik om te skat hoeveel Sigeuners daar vandag in die wΩreld is, want hulle is in talle klein groepies georganiseer en steek lyf weg wanneer amptelike volkstellings gehou word. Verskillende ramings 'n aantal jare voor die eeuwisseling het hul getal op tussen een en ses miljoen gestel. Dit bly steeds 'n ope vraag hoeveel daar nog oor kan wees.

 

Hoewel ßl meer Sigeuners vandag gevestig raak, bly hulle steeds verkleef aan hul unieke kultuur. Behoudens oppervlakkige veranderings in hul lewenswyse, is hulle steeds die Sigeuners van die verlede: die rare, misterieuse volk waaraan die Middeleeuse Eurpeδrs hulle reeds honderde jare gelede so verwonder het.

__________________________________________________________

 

Terug na inhoudsblad -- klik hier

__________________________________________________________

 

Ons Wonderlike WΩreld op CD, 2004 - Uit Huisgenoot se Jongspan