Nomade (5): Die nomadiese San (en hul verwante, die Khoi-Khoi-veeboere)

Vuurdansers van die volmaan-nagte

Jagter met pyl en boog

Die San (Boesmans) en die Khoi-Khoi is etnies so verweef dat Æn mens kwalik van die een kan vertel sonder om ook die ander te noem. Maar waar die San nomadiese jagters in Suider-Afrika was (en party dit steeds is, veral in die Kalahari), was die Khoi-Khoi gevestigde veeboere. Die kloof tussen hulle en mense van Europese herkoms in ons land het jare lank bestaan, stellig omdat hul kulture so drasties verskil het. Dis maar eers in die onlangse jare dat baie mense genoop word om met nuwe oδ te kyk na hoe hierdie natuurmense eintlik die wΩreld ervaar het -- en na hul eiesoortige en selfs verstommende insigte in die sin van die lewe...


DIS Æn nag tydens die begin van die Europese volksplanting in Suid-Afrika. Die volmaan skyn neer op Æn blanke jagter wat hom in die Overberg, twee dagreise ver van die Kaap, bevind.

Die jagter lΩ op Æn karos onder Æn boom toe sy slaap versteur word deur vreemde geluide wat onder uit Æn klofie in die golwende heuwels kom. "Dis weer daardie heidense wildemanne van die veld en die kranse," sΩ hy vir homself. "Hulle dans en bid al weer heelnag tot die maan."

As die witman destyds dieper in die sielelewe van die Khoisan-dansers kon inkyk, sou hy besef het dat hul dansery niks met Æn maansverering te doen gehad het nie. Dat die Koisan inderdaad om Æn vuur gedans het om in verbinding te kom met hul eie voorstelling van die krag van God.

Hulle moes Hom bedank vir die seδninge wat hulle in die afgelope maan-maand ontvang het, Hom vra om hulle in die komende maan-maand te beskerm.

Maar, soos so dikwels gebeur het wanneer mense met totaal verskillende kulture met mekaar in aanraking gekom het, het verkeerde persepsies bly steek wat eeue later steeds nie werklik reggestel sou wees nie.

ò   TOE die eerste Europeδrs in Suid-Afrika aangekom het, het hulle in der waarheid kennis gemaak met twee bruin volkere wat hulle summier as "Godlose barbare" beskou het. Die een volk was veeboere wat -- volgens die blankes se waarneming -- so hortend gepraat het dat dit geklink het soos "hot en tot". Die Europeδrs het hulle toe die Hottentotte genoem.

Die ander volk was nomadiese jagters wat rond en bont agter die wild aan getrek het, op die oog af Æn "spul onbeskaafde manne van die bos". Uit diΘ waarneming het weer die benaming Boesman ontstaan.

Hierdie twee volkere, s≤ reken geleerdes, het eenmaal tot dieselfde ras behoort. Hulle was aanvanklik almal kinders van die natuur, totdat sekeres hulle as veeboere begin vestig het om Æn vreedsame, landelike lewe te lei. Sekere volkekundiges reken selfs dat laasgenoemde in Suider-Afrika uit Æn vermenging van eersgenoemde met swart Afrikane ontstaan het.

Maar hierdie veeboere was allermins die patetiese hakkelaars waarvoor hulle aangesien is en het hulself die Khoi-Khoi genoem. Dit beteken "manne van manne". Hulle het selfs op die jagtersvolk neergesien en diΘ die SΣ-n genoem.

Vandag praat ons van die Khoisan as ons hierdie twee volkere saamgroepeer en van die San en Khoi-Khoi as ons hulle afsonderlik noem. Die benamings Boesman, en veral Hottentot, word as neerhalend beskou.

En so het dit in die jongste tyd toenemend duidelik geword dat, al was die bewyse baie lank reeds daar, die Khoi-Khoi sowel as die San hoegenaamd nie so wild en onbeskaaf was as wat die Europese nedersetters dikwels gereken het. Hulle het immers nie net albei  verweefde maatskaplike strukture gehad nie -- weliswaar vreemd en "primitief" vir die Westerlinge -- maar baiemaal selfs Æn diepgaande godsbegrip.

Die nasate van altwee volkere lewe vandag nog onder ons -- diΘ van die Khoi-Khoi wyd verspreid onder ons bruin gemeenskappe, terwyl die San se steeds ietwat tradisievaste nakomelinge veral tot die Kalahari beperk is en net sowat 30 000 tot 55 000 siele tel. Die Khoisan-nasate is meestal gekersten en talle kleurryke tradisies van vroeδr het plek gemaak vir ten minste Æn deels verwesterse leefwyse.

Tog kan die nasate met trots en eerbied terugkyk op die ryk geskakeerde kulture van hul voorouers, nie ryk aan materiδle goedere, tegnologiese hulpmiddels en boekekennis nie, maar aan natuurkennis en in volkome harmonie met die ruwe aarde wat hulle gevoed het.

Hulle het anders aan God gedink as die gesofistikeerde mense van vandag. Maar met die klein bietjie lig wat hulle gehad het, het hulle Æn verbysterende sedelike besef ontwikkel.

Die godsdienssin van die San

ò   DIE SAN het hul godheid aangevoel in die natuur, as Æn allesomvattende teenwoordigheid wat die velde, berge en lug oorspan het. Soms het hulle hierdie teenwoordigheid Huwe genoem, maar hom ook verskillende ander name gegee soos Erob, Goa!na, Hishe, Na!dima en Xu. Hy sou menslike eienskappe sowel as baie magiese kragte gehad het -- as die Onderhouer van alles en die Beskermer van die wild en die jag.

Die San het ook Æn heilige ontsag vir die bonatuurlike gehad en, naas hul geloof in die bestaan van die skeppende Opperwese, ook aan die bestaan van Æn bose wese en bose geeste of kragte geglo. Vir die /Xam San was daar Æn sekere mindere god genaamd /Kaggen, wat sowel Æn helper van gemeenskappe en Æn bron van boosheid was. Omdat hy so Æn bedrieδr was, het hierdie mindere god soms in die vorm van Æn hottentotsgot verskyn.

Dis trouens waar die naam hottentotsgot vandaan kom. Mense van Europese herkoms het naamlik verkeerdelik aangeneem dat die San hierdie insek aanbid het. (Eintlik moes dit dan mos 'n boesmansgot gewees het, maar die Westerlinge het blykbaar nie altyd so 'n skerp onderskeid tussen die San en die Khoi getref nie.)

Hoewel die son, maan en sterre Æn belangrike rol in die verhale en mitologie van die San gespeel het, is diΘ hemelliggame ook nie as gode beskou en aanbid, soos eenmaal algemeen aanvaar is nie.

Eintlik het baie van hul gelowe onafskeidbaar verband gehou met hul voortdurende bestaanstryd tussen die duine. Hoe dors Æn jagter ook al was, sou hy byvoorbeeld nie in Æn opgedroogde rivierbedding na water grawe voordat hy Æn klein offertjie gebring het om die gees van die stroom te paai nie. Dit kon Æn stuk biltong of selfs een van sy kosbare pyle gewees het.

Die gees van die stroom neem Æn mensegedaante aan, maar met sy groen of rooi vel en wit hare is hy so groot soos Æn reus, het hulle geglo. En hy kan na willekeur verdwyn en verskyn.

In hul natuurgebondheid het die San, soos baie volkere in die verlede, ook verduidelikings probeer vind vir natuurverskynsels wat hulle met hul beperkte kennis nie kon verklaar nie. Hulle het byvoorbeeld geglo dat die wind eers Æn gewone mens was op wie daar eendag vere begin groei het.

Kort voor lank vlieg hy toe ook soos Æn voδl. Dit het hom as jagter goed gepas, want nou kon hy sy prooi soos Æn roofvoδl vang.

Hoog bo in die berge het hy vir hom Æn grot gekry, maar hy kom gereeld af om kos te soek en dan kan Æn mens sy teenwoordigheid aanvoel. Hy is blykbaar vreeslik humeurig. Om die geringste rede gaan hy soos Æn stout kind te kere en val hy ßl skoppend en tierend neer. Sodra sy woedebui verby is en hy opstaan, is daar weer rustigheid.

Die San van ouds het blykbaar ook aan Æn hiernamaals geglo. Æn Gestorwene is saam met sy persoonlike besittings waaraan hy baie geheg was, dinge soos sy wapens,  in Æn vlak graf begrawe. Die lyk moes in Æn slapende houding begrawe word, met die knieδ onder die ken opgetrek en die gesig na die ooste -- in die rigting van die opkomende son. Dit was belangrik, want as die gesig wes sou wys, sou die son die volgende oggend later opkom.

RotstekeningÆn Belangrike deel van hul godsdiensbeoefening het egter verband gehou met die rotstekeninge wat oor baie eeue teen kranse en grotwande geskilder is [soos die een REGS]. Baie van hierdie tekeninge het vir ons behoue gebly. Talle is vol religieuse betekenisse en gelaai met begrippe oor mense en hul plek in die natuur en geesteswΩreld.

Die tekeninge is dus nie deur elke individu met Æn kunsgevoel geskilder nie, maar deur geestebesweerders en storievertellers wat in beswymings kon verval. Terwyl hulle so geswymel het, sou hulle visioene uit die geesteswΩreld gesien het wat hulle dan in hul kuns sou uitbeeld. Hul verf was onder meer diervette of boomgom, wat met dinge soos houtskool, klei, roes en selfs voδlmis gemeng is. Die tekeninge het gestalte gegee aan idees hoe mense teenoor mekaar, teenoor die geesteswΩreld en teenoor die natuur moes optree.

Siektes, s≤ is geglo, word deur kwelgeeste veroorsaak. Tydens Æn genesingsritueel sou Æn besweerder die kwelgeeste van Æn sieke in sy eie liggaam intrek en hulle dan uitban. Die besweerder sou byvoorbeeld in die middel van Æn kring van staande of sittende vroue dans wat met hul handegeklap die dansritme sou aangee.

Wanneer die sieke te sterwe gekom het, is sy lyk naby die woonplek begrawe en het sy naasbestaandes na Æn nuwe woonplek getrek. Dis deels uit eerbied gedoen -- maar ook uit vrees dat Æn kwaadwillige gees kon terugkeer.

Al was die San in hul tradisionele staat, wat vinnig aan die verdwyn is, Æn swerwende jagtersvolk met weinig aardse besittings, is hulle dikwels grootliks veronreg met neerhalende beskrywings soos "kinderlike barbare van die bosÆÆ.

Feit is, van die natuur, en selfs hoe God Hom daarin manifesteer, het hulle miskien meer geweet as derduisende moderne stedelinge...  al was dit eers met die koms van die sendelinge dat hulle sou leer dat hul Skepper Hom, benewens in die natuur, ook in die Skrif openbaar.

Die godsdienssin van die Khoi-Khoi

ò   BAIE geslagte gelede, s≤ het die Khoi-Khoi geglo, was daar Æn baie bedrewe toordokter met die naam U-tixo. Hy was Æn magtige kaptein en die eerste Khoi-Khoi wat ooit gelewe het. Keer op keer het hy oorlog gemaak teen Æn bose kaptein genaamd Gaunab en elke keer het hy hom verslaan. U-tixo het ßl groter en sterker geraak.

Uiteindelik, in die laaste en verskriklike geveg tussen U-tixo en Gaunab, het U-tixo sy ou aartsvyand met Æn magtige hou teen die oor neergevel. Maar in sy sterwensoomblikke het Gaunab (``die vernietigerÆÆ) nog teruggekap en U-tixo se knie bygekom. Van toe af is U-tixo Tsui-Goub genoem, wat ``gewonde knieÆÆ beteken.

Rondom Tsui-Goub het die Khoi-Khoi se begrip van Æn skeppende godheid ontwikkel. Hulle het geglo dat hy uit die ooste gekom het, uit sy geesteswΩreld die wolke maak en die reδn laat uitsak, die beesstapels laat vermeerder en weiding vir die beeste verskaf. Die pragtige hemel waarin hy hom bevind, is vol lig en sonskyn.

Teenoor hom het Gaunab hom in Æn plek van duisternis teruggetrek. Hy sou die bose verteenwoordig en met die kwaadwillige geeste van gestorwenes heul.

Nes die San, het die Khoi-Khoi dus ook aan die nadoodste voortbestaan van die siel geglo. Hul grafte is eweneens na die Ooste georiδnteer -- maar in hul geval vanweδ hul geloof dat die Heerser oor Alle Dinge uit die ooste gekom het.

Met elke besoek aan Æn begraafplaas sou die Khoi-Khoi nog klippe by Æn reeds bestaande hoop gedenkklippe voeg. Hierdie praktyk het volkekundiges gehelp om nogal taamlik akkuraat te bepaal hoe hierdie mense in die verlede van plek tot plek verhuis het.

Party lede van die Khoi-Khoi het Æn gespesialiseerde kennis van medisyne gehad. Kruie is in skilpaddoppe geberg, terwyl dierekloue en -tande en horings aan toue om die nek gedra is. Hierdie spesialiste sou genesende kragte gehad het en moes pasiδnte van die nadelige uitwerkings van toordery bevry.

So was daar dan by die Khoi-Khoi sowel as die San Æn gestruktureerde en werkende samelewing, ver van die prente van totale agterlikheid en na∩witeit wat dikwels van hulle geskilder is.

"Niks is eienaardiger as hierdie verpotte familie van Afrika-dwerge nie," is aan Europeδrs vertel toe lede van die San in die ou dae in Europa uitgestal is. "Hulle lyk nie veel beter as apies nie, skaars beter as die diere van die veld."

As hierdie mense maar geweet het van watter stoffasie die Khoisan werklik gemaak was... en van hul verstommende insigte in die sin van die lewe...


Terug na inhoudsblad -- klik hier


Ons Wonderlike WΩreld op CD, 2004 - Uit Huisgenoot se Jongspan