__________________________________________________________
-- koning van die edelstene
Diamante is fasette van glans en
glorie. 'n Diamant weerkaats lig, maar breek dit ook -- en veroorsaak sodoende
'n vuurwerkvertoning in die klein...
__________________________________________________________
DIE plek: die Oranjerivier, naby Hopetown. Die jaar: 1866. Die
vyftienjarige Erasmus Jacobs speel met sy broers en susters op die rivieroewer,
tel stokke en klippe op en bedink al wat 'n speletjie is daarmee. Soms gooi
hulle die klippe in die water.
Een klippie, merk Erasmus op, is
darem baie mooi. Hy neem dit dus saam huis toe om daarmee te speel.
Daar lΩ dit op 'n rak totdat 'n
buurman, Schalk van Niekerk, kom kuier. Erasmus se ma wys hom die glinsterende
steen en Schalk, wat klippe en minerale versamel, wil weet of hulle dit nie wil
verkoop nie. Nee wat, sΩ die kinders, vat dit maar vir jou.
Schalk gee die blink klip vir 'n
plaaslike handelaar, wat dit uiteindelik Grahamstad toe stuur om dit te laat
waardeer. Die "rivierklip" word bestempel as " 'n egte dia¡mant
van 21,75 karaat" met 'n geldwaarde van 500 pond. Dit word later Eureka!
genoem.
Fortuinsoekers stroom na die gebied,
maar vind geen noemens¡waardige diamante nie. Alles boereverneukery, sΩ hulle.
Maar in 1869 kom Schalk van Niekerk
met nog 'n diamant vorendag, diΘ keer 'n manjifieke steen van 83,25 karaat, wat
hy van 'n Griekwa-skaapwagter gekoop het. Dit word die Ster van Suid-Afrika
genoem en haal 'n vorstelike 11 200 pond -- wat die destydse koloniale
sekretaris laat voorspel: "This is the rock on which the future success of
South Africa will be built."
Kort voor lank wemel die oewers van
die Oranje en die Vaal van frenetiese prospekteerders, dia¡mantkopers en
handelaars van regoor die wΩreld.
Wat daarna gebeur het, is deel van
die groot geskiedenis: die ontdekking in 1869 van die "droδ delwerye"
op die plase Bultfontein en Dorstfontein -- 'n gebied wat later Kimberley
geword het; die verskyning van kleurryke persoonlikhede soos Cecil John Rhodes
en Barney Barnato; en die uiteindelike totstandkoming van De Beers Con¡solidated
Mines, wat vandag steeds die diamantbedryf in ons land oorheers.
Maar hoekom word die diamant so deur
mense bewonder? Hoekom speel diamante so 'n belangrike rol in die ekonomie? Die
antwoorde lΩ in die unieke eienskappe van hierdie besondere mineraal.
òáá
'N DIAMANT is 'n kristal wat feitlik geheel en al uit koolstof bestaan.
Dit is die hardste stof in die natuur en een van die duursaamsteá juwele. Die woordá "dia¡mant"áá kom
van die Griekse woordá adamas, watá "onoorwinlik" beteken. Dit is
vanweδ die baie ou ge¡loof dat diamante glad nie vernietig kan word nie.
Tog kan diamante met behulp van
ander diamante geslyp word. Intense hitte kan hulle wel vernietig (soos ons
later in hierdie artikel sal sien). En hulle kan versplinter word deur 'n
kragtige, akkurate hamerhou -- 'n eienskap wat moontlik gemaak word deur hul
splytvlakke.
Splytvlakke is die swak vlakke
waarlangs diamante splyt wanneer hulle 'n hou kry. S≤ kan beroepsdiamantslypers
hulle in kleiner dele kloof.
Die waarde van 'n diamant hang af
van sy gewig, kleur, helderheid en hoe hy geslyp is. Die gewig word in karaat
bepaal. Dit is egter belangrik om dit nie te verwar met die karaat
van goud nie, waar dit 'n aanduiding van die goud se suiwerheid en nie 'n
massa-eenheid is nie. Suiwer goud is 24 karaat; as goud 9 karaat is, bevat dit
9 dele goud gemeng met 15 dele van 'n ander metaal.
By diamante staan karaat gelyk aan 200 milligram. DiΘ massa-eenheid is
vandag gemetriseer, maar die woord het glo 'n interessante oorsprong. Daar word
vertel dat juweelhandelaars in die ou tyd hul skale met die bone van die
karobboom gebalanseer het. Die meeste van die boom se sade het feitlik
dieselfde massa, met die gevolg dat meting baie maklik was. Uit ''karob'' sou
die woord ''karaat'' toe ontstaan het.
Hoe hard is 'n diamant werklik? Altesame 58 keer harder as die volgende
hardste mineraal, korundum, die stof waarvan robyne en saffiere gevorm is.
Diamante kom voor in 'n
verskeidenheid van kleure, van groen, swart, bruin en blou tot geel, oranje,
rooi, pienk en pers. Die suiwerste en dus duurste is kleur¡loos.
Helderheid word be∩nvloed deur
vreemde deeltjies, lugborrels, glesse (barste of onsuiwer strepe) en krappe, 'n
Gleslose diamant is egter nie noodwendig kleurloos nie.
Ruwe (ongeslypte) diamante kom in
verskeie vorms voor. Die meeste is oktaδders of agtvlakke. Party het 6 vlakke,
ander 12 en selfs 24.
Diamante weerkaats lig, maar breek
dit ook. Wanneer ligstrale gebreek word (refraksie), neem hulle die kleure van
die reδnboog aan. Hierdie eienskappe gee dia¡mante hul glans en vonkel -- en
maak hulle sulke pragtige edelstene.
Die slyping van 'n diamant is baie
belangrik omdat dit die flonkering be∩nvloed. Om die beste "vuur"
daaruit te haal, moet die steen gefasetteer word. Dit beteken dat baie plat
vlakkies op die oppervlak ingesny en dit sterk gepoleer moet word.
òáá
NATUURLIKE diamante is vermoedelik in die aarde se vroeδ dae gevorm, in
die bo-mantel van ons planeet -- die laag onder die aardkors. Intense druk en
hoδ temperature het konsentrasies van koolstof tot diamante laat kristalliseer.
Vulkaniese uitbarstings het later meegebring dat die diamante op die oppervlak
uitgewerp is.
Diamante is duisende jare gelede die
eerste keer in droδ rivierbeddings gevind. Sulkes staan bekend as
spoeldiamante.
Die ontdekking van diamante in die
huidige Kimberley-gebied het getoon dat die edelsteen ook weg van riviere af
gevind kan word. Hierdie diamante lΩ in die sogenaamde kimberliet, 'n gesteente
wat in binne-in vulkaniese "pype" gevorm word wanneer gesmelte rots
afkoel, 'n Vulkaniese "pyp" is die bars waardeur gesmelte rots uit
die aarde se binneste na die oppervlak ontsnap.
Daar is toe besef dat spoeldia¡mante
ook in kimberliet ontstaan het, maar dat hulle mettertyd met die verwering van
die gesteente deur reδn en riviere elders heen weggespoel is.
òáá
PRAAT van 'n diamant en jong verliefdes dink aan verloof- en trouringe,
vroue met goeie smaak aan diamanthalssnoere, hangertjies, oorringe en
borsspelde, en die koninklikes aan krone, tiaras en septers.
Vreemd genoeg wag 'n minder glansryke
toekoms op sowat die helfte van die diamante wat uit die grond kom -- in die
fabrieke. Omdat die mineraal so hard is, is dit ideaal vir die sny en slyp van
baie harde metale. Dis word ook vooraan gereedskap soos bore in die mynbedryf
gebruik.
Dikwels word diamante vergruis en
dan in slypgereedskap ingebak. Dit kan ook verpoeier en by poleergereedskap
gebruik word.
Die vraag na nywerheidsdiamante is
so groot dat wetenskaplikes geleer het hoe om hulle sinteties te vervaardig.
Hulle doen dit deur koolstof onder groot druk tot hoδ temperature te verhit --
'n nabootsing van die lewende aarde se vernuftige maaksel.
Of, as jy jou duur en onsinnige
proefneming 'n bietjie verder wil voer, kry vir jou 'n oond wat vyf keer warmer
kan word en 'n groot drukking binne-in kan weerstaan. Onttrek nou al die
suurstof uit die lug in die oond. Verhit die diamante onder druk tot 'n siedend
warm 3563 ║ C (onthou, water kook reeds by 100 grade).
Jou diamante verkrummel tot
grafiet -- wat jy hierna met 'n bietjie klei kan meng. Dan sit jy dit in die
middel van 'n houtstafie en maak vir jou 'n potlood om 'n boek te skryf oor jy
so simpel was om jou sierjuwele weg te rooster. Wat 'n uitspattige braai ter
wille van die wetenskap!
Al wat jy op die ou end
proefondervindelik bewys het, is dat diamante niks anders as koolstof is nie --
die koolstof wat in 'n verbinding met suurstof as koolsuurgas in die lug voorkom;
die koolstof wat ook in 'n ander vorm kan uitkristalliseer, as sagte grafiet.
Maar daar is 'n derde vorm van koolstof en dit is doodgewone roet; diΘ is weer
dieselfde koolstof wat ons in houtskool, steenkool en selfs die swartsel van
aangebrande kos sien.
Diamante is die hardste stof wat
aan die mens bekend is. Grafiet is van die sagste. 'n Geslypte diamant is 'n
sieraad van verblindende glans, maar roet is 'n pikswart smerigheid.
Maar al is hy Æn boetie van kool,
is daar geen einde aan die diamant se betowering nie. Die brute krag van die
natuur en die menslike hand span saam om produkte te lewer wat veral as
liefdespande bekend is.
Diamante is stellig nie vir ewig nie (jy kan hulle
uitbrand, onthou?), maar hulle bly in 'n sekere sin vandag nog 'n vrou se beste
vriend.
Het jy geweet?
____________
òáá Dis Æn moderne
wanopvatting dat die wΩreld se diamante hoofsaaklik van Suid-Afrika kom --
diamante word wΩreldwyd gedelf. Trouens, dit word vandag in sowat 25 lande
ontgin, op elke vasteland behalwe Europa en Antarktika. Slegs Æn paar
diamantneerslae was egter bekend voor die twintigste eeu, toe wetenskaplike
begrip en tegnologie die ontginning van diamante regoor die aardbol moontlik
gemaak het. In 1725 is belangrike bronne in Brasiliδ ontdek en in die 1870's
het daardie opspraakwekkende vondste in Suid-Afrika tot Æn dramatiese toename
in die verskaffing van diamante gelei. Ander groot produsente sluit nou etlike
Afrika-lande in, asook die Siberiese Rusland en Australiδ.
òáá Die wΩreld se
grootste diamant was die Cullinan, wat in 1905 in die Premier-myn in
Suid-Afrika gevind is. Dit het ongeslyp 3106,75 karaat geweeg. Dit is geslyp
tot meer as honderd diamante met 'n bykans vlekvrye kleur en helderheid. Die
twee grootstes, Cullinan I en II, is deel van die Britse kroonjuwele.
òáá Die tradisie van
die verloofring het in 1477 begin toe aartshertog Maximilliaan van Oostenryk 'n
diamantring vir Maria van Boergondiδ gegee het.
òáá Daar word selfs beweer dat
die diamant die Franse Revolusie ontketen het. Koningin Marie Antoinette sou 'n diamanthalssnoer vir 'n fortuin bestel
het terwyl die mense in die strate van honger gesterf het. Toe die koningin dit
probeer ontken, het geweld losgebars.
òáá Moderne toerusting word vandag gebruik om die berge
grond te sif waarin diamante voorkom. Die Namib-woestyn bevat een van die
grootste diamantvelde op aarde.
__________________________________________________________
Terug na inhoudsblad -- klik
hier
__________________________________________________________
Ons
Wonderlike WΩreld op CD, 2004 - Uit Huisgenoot se Jongspan