___________________________________________________________

 

Die lewende Dooie See

à en die fassinerende rolle uit die verre verlede

 

Die Dooie See is om verskillende redes baie bekend: dit is die laagste natuurlike plek op die aardoppervlak en dit bevat die hoogste soutkonsentraat van enige watermassa op ons planeet. Boonop is dit in daardie geweste waar Lot se vrou so dramaties in 'n soutpilaar verander het. Maar is die Dooie See werklik dood?

òáá Kom ook saam na die antieke nedersetting Khirbet Qumran aan die noordwestekant van die Dooie See, waar 'n versameling baie ou Hebreeuse en Aramese geskrifte in 'n reeks nabygeleδ grotte gevind is. Ontdek hoekom die Dooie See-rolle van onskatbare waarde vir Bybelgeleerdes isà

___________________________________________________________

 

Die lewende Dooie See

 

''TOE het die Here swael en vuur van Hom af, uit die hemel uit, laat reδn op Sodom en Gomorra. En God het die stede en die hele vlakte verwoes en al hulle inwoners om die lewe gebring; selfs die plante in die omgewing is uitgeroei. Lot se vrou het omgekyk en sy het in 'n soutpilaar verander.'' (Genesis 19: 24-26.)

 

Lot se vrou het God se opdrag veronagsaam. Volgens die Bybelboek Genesis het sy in 'n soutpilaar verander toe sy omgekyk het na waar God besig was om die sondige Sodom en Gomorra met swael en vuur te verwoes.

 

Daar is vandag steeds skouspelagtige suile van sout en soutsteen by die Dooie See. Een van diΘ, 'n pilaar met verskillende skakerings aan die hange van Jebel Usdum (Heuwel van Sodom), word tradisioneel Lot se Vrou genoem. (Dis stellig darem nie rΩrig sy wat nß al die eeue nog daar staan nie, maar die folkloristiese assosiasie bly interessant.) Besoekers aan die streek wat die bloedige warm tog teen die heuwel op trotseer, kan ''Lot se vrou'' sien waar sy volgens oorlewing plegtig haar straf dra.

 

Maar asof die erbarmlike vrou nog nie genoeg gely het nie, lyk dit of 'n selfs wranger toekoms op haar wag. Want die pilaar staan gevaarlik skuins en aardskokke kan haar dalk laat omval. Die mense van die plaaslike toerismebedryf is darem nie tΘ bekommerd oor diΘ moontlikheid nie. Daar is immers oorgenoeg ander pilare van soutsteen wat ''Lot se vrou'' kan word as die huidige een omtuimel.

 

òáá HOEWEL dit 'n see genoem word, is die Dooie See in der waarheid 'n soutwatermeer. Dit lΩ tussen Israel en Jordaniδ en vorm die laagste deel van die enorme Afrika-skeurvallei, wat van Siriδ af deur die vasteland van Afrika tot so ver suid as Mosambiek strek. Die meer is 76 km lank, met 'n maksimum-breedte van nagenoeg 16 km. Die oppervlakte is ongeveer 1049 vk. km.

 

Die oewer van die Dooie See is sowat 400 m onderkant seevlak -- die heel laagste plek op die aardoppervlak. Mineraalryke water vloei in die meer in -- meestal vanuit die Jordaanrivier, maar ook uit verskeie seisoensriviere, wat vloei wanneer dit reδn, maar andersins droδ lope is.

 

Maar die water vloei nie dan weer vanuit die meer see toe nie. Die enigste manier waarop die water ontsnap, is deur verdamping. Die streek word in die somer so warm dat die verdampende water soms die meeroppervlak met 'n mis bedek. Met die verdamping van die water kristalliseer die opgeloste minerale in pragtige formasies uit.

 

Die Dooie See is s≤ genoem omdat bloedmin dinge in sy pekelsout of in die omringende grond kan lewe. Maar navorsing toon dat die meer tog sekere lewende organismes onderhou. Hoewel geen visse daarin kan bestaan nie, lewe sekere bakterieδ en soutgarnale tog in die water. Aan die oewers groei ook 'n klompie plante.

 

Van groot belang is die oorvloed tafelsout (natriumchloried) en ander stowwe soos magnesiumchloried, kalsiumchloried, kaliumchloried en magnesiumbromied, wat goedkoop onttrek word vir gebruik in nywerhede. Die soutkonsentraat in die Dooie See is dan ook werklik so hoog dat dit onmoontlik is om daarin te swem. Maar 'n mens bly tog dryf sonder om te sink!

 

Trouens, die spa's aan die oewers lok jaarliks 'n groot menigte besoekers wat in die mineraalryke waters kom baai. Baie mense glo die water het helende eienskappe. Oor die vraag of dit wel so is, word hewig gedebatteer. Hoe ook al, dis duidelik dat die Dooie See deesdae sommer springlewendig is!

 

òá òá òá ò

 

Die Dooie See-rolle

 

DIE Dooie See-rolle is 'n versameling Hebreeuse en Aramese geskrifte wat stuk-stuk sedert 1947 gevind is in 'n reeks grotte aan die noordwestekant van die Dooie See, in die gebied van die antieke nedersetting Khirbet Qumran.

 

Æn Skaapwagter met die naam JumÆa, Æn lid van Æn Bedoe∩ene-stam, het die eerste van die aktieke rolle gevind, waarna ander spoedig ontdek is.

 

Daar is meer as 600 manuskripte, wat oorspronklik op leer of papirus geskryf is. Sekeres het betreklik goed bewaar gebly, ander nie. Die sewe vernaamste rolle is deur die Bedoe∩ene (rondtrekkende woestyn-Arabiere) ontdek.

 

Daar word gemeen dat die rolle aan die lede van Æn voorheen onbekende Joodse broederskap behoort het. Sekere navorsers reken dat die broederskap verband gehou het met die Joodse sekte die Esseδrs, ander beklemtoon weer die verskille tussen die Qumran-groep en die Esseδrs.

 

Die rolle sluit in handleidings vir die handhawing van die tug, gesangboeke, Bybelse kommentare en apokaliptiese geskrifte. Daar is ook twee van die oudste bekende kopieδ van die Bybelboek Jesaja, wat feitlik heeltemal ongeskonde is, asook fragmente van elke boek in die Ou Testament behalwe die boek Ester. Onder die laasgenoemdes is Æn gefantaseerde parafrase van die boek Genesis.

 

Daarbenewens is daar tekste, in die oorspronklike tale, van verskeie Apokriewe boeke en die boeke van dieá Pseudepigrafa. (Die Apokriewe boeke is gedeeltes wat oor die Bybelse tydvak handel, maar wat nie in die Bybel opgeneem is nie. Pseudepigrafa is onder meer bepaalde Joodse geskrifte wat na bewering valslik aan profete van die Ou Testament toegeskryf word.)

 

Navorsers reken dat die geskrifte op verskillende tye tussen omstreeks 200 vC en 68 nC geskryf kon gewees het. Argeoloδ het nietemin vasgestel dat die nedersetting van die Qumran-broederskap in 68 nC verwoes is.Æn Leδr onder die Romeinse generaal Vespasianus kon die gemeenskap geplunder het terwyl hulle onderweg was om Æn Joodse rebellie te onderdruk wat in 66 nC begin het. Die rolle is vermoedelik tussen 66 en 68 nC in die grotte versteek.

 

Die Qumran-broederskap word in die handleidings oor die handhawing van die tug uitgebeeld as Æn soort toonbeeld van die Huis van Israel, wat die weg moes berei vir die naderende koms van die koninkryk van God en die oordeelsdag. Die broederskap is geestelik deur priesters en ouderlinge gelei.

 

Die Dooie See-rolle is, vanweδ hul ouderdom, van onskatbare waarde vir Bybelgeleerdes om by die oorspronklike teks van die Hebreeus in die Bybel uit te kom. Behoue geblewe dele van die Ou Testament is immers sowat duisend jaar ouer as die oudste kopieδ wat voorheen bekend was.

 

_________________________________________________________

 

Terug na inhoudsblad -- klik hier

_________________________________________________________

 

Ons Wonderlike WΩreld op CD, 2004 - Uit Huisgenoot se Jongspan