___________________________________________________________
--
gewyde tempel van die Akropolis
Son-verbleik
onder die hemelruim van Athene pryk die Parthenon en ander tempels uit 'n tyd
lank verby. Hoewel slegs die bouvalle vandag nog staan, is daar in die suile
en kolonnades steeds iets te bespeur van die wyding en glorie wat eenmaal hier
geheers het. Die Parthenon word immers gereken as een van die mees elegante
bouwerke wat ooit gebou is. Lees hier hoe die ou Griekse meesters dit gedoen
het...
___________________________________________________________
IN
480 vC is Athene deur Persiese magte binnegeval, wat egter binne 'n jaar weer
die aftog geblaas het. Voordat hulle uit die stad gevlug het, het die Perse
die tempels van die Akropolis verwoes, waaronder die halfvoltooide tempel vir
die godin Athena, beskermvrou van Athene.
Die
Atheense burgers het 'n eed gesweer om die Akropolis se bouvalle net so te
laat om hulle aan die Persiese heiligskennis te herinner. Eers toe die bond
van Griekse stad-state, gelei deur Athene, die Perse in 449 vC ten volle
verslaan het, het die Atheners gevoel dat die verwoesting van die tempels
gewreek is.
Pericles,
die leier van Athene, het 'n program aangevoor om die Akropolis te herbou.
Pericles se mees ambisieuse onderneming was die herbouing, op 'n veel grootser
skaal, van die tempel van Athene se beskermgodin, Athena Parthenos (Athena die
Maagd)
Die
Parthenon was 'n eenvoudige bouwerk -- 'n reeks vertikale pilare en
horisontale lateie. Die getal en posisie van die suile was presies
ooreenkomstig die reδls van verhoudinge wat vir alle Griekse tempels gegeld
het. Maar met die bou van die Parthenon is hierdie maatstawe met soveel balans
en harmonie verfyn en aangepas dat dit steeds as een van die mees elegante
bouwerke beskou word wat ooit gebou is.
Die
Parthenon is deur suile omring. Binne die suile het 'n loopgang om die hele
gebou geloop. Die binnekamer is in twee dele verdeel. Die langer oostelike
kamer, wat die standbeeld van Athena bevat het, het twee rye en twee
verdiepings van suile gehad. Die westelike kamer het vier hoδ suile gehad en
die tempelskatte bevat. Die buiteportale is as staatskatkiste gebruik.
Die
Akropolis, of ''hoδ stad'', was die hart van Athene -- 'n toevlugsoord en 'n
heilige gebied vol tempels. Elke jaar sou die Panatheneδ-optog die Akropolis
binnegaan om 'n spesiale kleed aan die standbeeld van Athena in die Parthenon
voor te lΩ.
Die
standbeelde van die Parthenon is met getinte was gekleur. Die oδ is met
gekleurde glas beklemtoon. Vandag is veranderings in die klimaat besig om
swammegroei diep in die marmer van
al die geboue op die Akropolis aan te wakker. Dit kan die wit marmer laat
swart word.
Die
Parthenon is so geplaas dat die lug altyd die agtergrond sou vorm van watter
kant 'n mens dit ook al beskou. Die timmerhoutdak is bedek met marmerteδls,
dun genoeg om gedempte sonlig binne te laat. Daar was geen vensters in die
tempel nie.
Die
argitekte van die Parthenon het subtiele wysigings aangebring om die indruk
van simmetrie te skep. Aangesien 'n suil met doodreguit kante dunner in die
middel sou lyk, het hulle die suile van die Parthenon net so effens laat
uitbult. Die hoeksuile was ietwat dikker as die res, anders sou hulle dunner
gelyk het teen die lug daaragter. Die fondament van die tempel is in die
middel gelig sodat dit nie moes lyk asof dit insink nie.
Die
suile leun effens na binne oor om die oog boontoe te lei. Selfs die groefwerk
op elke suil is boontoe verdun. Trouens, daar is min reguit lyne in die hele
tempel.
Die
Parthenon was vol figure. In die gewel-driehoeke aan weerskante was tonele van
Athena se lewe. Een het haar geboorte uit die kop van die god Zeus getoon; op
die ander gewel-driehoek is Athena se stryd teen die god Poseidon om die besit
van Athene verbeeld.
Die
92 metope -- klipblokke met reliδf-beeldhouwerk -- wat die tempel omring,
beeld tonele uit van oorwinnings oor vyande en monsters soos die sentours,
mitologiese perde met die bolywe van mense. Rondom die binneseksie, net onder
die plafon, het 'n klipfries tonele getoon van die Groot Panatheneδ, 'n
spesiale optog wat elke vier jaar plaasgevind het.
Nadat
die Persiese oorloδ in 449 vC finaal beδindig is, het Pericles, die leier
van Athene, voorgestel dat die Akropolis herbou word om die Griekse oorwinning
te gedenk. Marmer is uit die berg Pentelicus gebreek en met oskarre die 6 km
na Athene gebring.
Die
suile is gemaak van tien tot twaalf silinders wat met metaalstawe geheg is.
Daar is met die beitelwerk aan die suilgroewe begin terwyl die silinders nog
op die grond was en dit is voltooi nadat die suil opgerig is.
Bouers
het 'n gleuf bo in elke klipblok ingebeitel wat teenoor 'n soortgelyke gleuf
in die volgende blok gelΩ het. Gesmelte lood is daarin gegooi en wanneer die
lood gestol het, was die blokke stewig aanmekaar. Geen messelklei of sement is
gebruik nie. Weerskante in die lengte is daar twee maal soveel suile, plus
een, as weerskante in die breedte.
Die
standbeeld van Athena was 13 meter hoog. Om die standbeeld te bou is
houtblokke gevorm en gelas. Bladgoud is gebruik om die klere te bedek en ivoor
vir die gesig en hande. Die beeld het meer gekos as die Parthenon self. Athena
se goue bekleding van meer as 'n metrieke ton kon verwyder word indien gevaar
dreig. Vroeg in die vyfde eeu nC
is die standbeeld na Konstantinopel weggevoer.
In
1687 het 'n Venesiaanse aanvalsleδr plofstof laat ontplof wat in die
Parthenon geberg is. In 1801 het die Turkse besettingstroepe lord Elgin
gemagtig om uitgesoekte dele van die Parthenon te verwyder. Dit is later aan
die Britse Museum verkoop.
_________________________________________________________
Terug
na inhoudsblad -- klik hier
_________________________________________________________
Ons
Wonderlike WΩreld op CD, 2004 - Uit Huisgenoot se Jongspan