___________________________________________________________
-- die verstommende ru∩nes
suid van die Dooie See
Jy staan en kyk hoe die veertig meter hoδ fasade van
el-Kasneh, met sy sandsteensuile in die Griekse styl, ander besoekers soos jy
op die grond verdwerg. Aan die bokant merk jy 'n erdevaas of urn, waarin daar
volgens 'n ou geloof die skatte van 'n Egiptiese farao sou gewees het. Dit is
vroeg deur vandale beskadig wat dit onder die klippe gesteek het in die hoop
dat die rykdomme op hulle sou neerreδn. Dog eintlik is die hele Petra een groot
skat, nie omdat hy kosbaarhede bevat nie, maar omdat hy so 'n besondere
vermeniging van antieke boustyle is...
___________________________________________________________
DIE Switserse ontdekkingsreisiger wou tot
elke prys die verborge stad sien waarvan hy vertel is. Toe vermom hy hom as 'n
Moslem en oorreed 'n plaaslike Arabiese gids om hom soontoe te bring -- onder
die voorwendsel dat hy 'n bok wil gaan offer.
Die gids lei die ontdekker, ene Burckhardt, en die
bok in 'n nou, skemer kloof in. Die kloof is sowat vyf kilometer lank en daar
is honderd meter hoδ rotswande aan weerskante.
En skielik, toe hulle om 'n draai kom, sien
Burckhardt die skouspel. Dis een van die verstommende wonders van die ou
kultuurwΩreld van die mens: el-Kasneh, die Skat van Farao, 'n enorme gebou wat
uit die kranse van Petra gekap is.
Dit is maklik om jou in te dink in Burckhardt se
reaksie, daar in die jaar 1812, want besoekers wat vandag op kamele of donkies
in dieselfde lang kloof afry, kan nie anders as om ontroer te word deur die
bouvalle van Petra wat in die sonskyn voor hulle te voorskyn kom nie.
Petra is 'n ru∩ne-kompleks wat weggesteek lΩ in 'n
rotsagtige streek suid van die Dooie See, in die huidige Jordaniδ. Waar eenmaal
gedink is dat hy 'n stad was met wonings wat in die kranse uitgekap is, word
nou aanvaar dat hy 'n doolhof van graftombes was. Die huise waarin mense gewoon
het, was waarskynlik kleiwonings wat sedertdien verdwyn het.
In die sesde eeu vC het 'n nomadiese Arabiese volk,
die Nabateδrs, besef dat die natuurlike verskansing in die rots gerieflik geleδ
was op die handelsroete oor land tussen Arabiδ en die hawens van die Grieke en
Romeine aan die Middellandse See. Hulle het hulle toe in die vallei gevestig,
hul hoofstad daar gestig en hulself begin verryk.
Hulle was verseker van 'n fortuin. Al wat hulle moes
doen, was om geld af te dwing van die karavaanhandelaars wat die woestyn
oorgesteek het in ruil vir die waarborg dat hulle veilig sou reis. En hulle het
hierdie afpersgeld gebruik om Petra 'n pragtige plek te maak.
Oor 'n tydperk van verskeie eeue het hulle manjifieke
graftombes en monumente uit die dofpienk sandsteenkranse gebeitel. Hulle het
hulle daarop toegespits om die fasades van die geboue te versier, maar het die
binnekante betreklik eenvoudig gehou.
In die middel het hulle 'n markplein gehad wat, op
die hoogtepunt van Petra se glorie, werklik iets moet gewees het om te aanskou
wanneer 'n karavaan van knorrige kamele hul opwagting met speserye, syklere,
goud en ander skatte gemaak het.
Die kompleks was feitlik onaantasbaar, nie net vanweδ
sy ligging nie, maar ook omdat die Nabateδrs dubbel seker van hul veiligheid
gemaak het deur 'n muur by die ingang op te rig en, net vir geval, 'n magtige
binnevesting met versteekte waterbakke gebou het.
In 106 nC het die Romeine egter die waterleiding na
Petra gebreek en die toegang tot die kloof versper. Die honger en dorstige
Nabateδrs het oorgegee en hul hoofstad het 'n deel van die Romeinse ryk geword.
Die goue era van Petra was nietemin steeds nie verby
nie. As 'n deel van die Romeinse beskawing het dinge soos openbare baddens, 'n
teater en 'n forum bygekom. As 'n mens vandag Patra besoek, vind jy daar 'n
oorvloed van suile, kollonnades (rye pilare), oordekte loopgange, triomfboδ,
standbeelde en dekoratiewe urne.
In die derde eeu het Palmyra, 'n Siriese stad op die
handelsroete tussen die Romeinse en Persiese ryke, ßl belangriker geword en
moes Petra geleidelik van sy handel aan hom afstaan. Kort daarna het hy 'n
Christelike stad geword en in die sewende eeu het die Arabiere hom oorgeneem.
Tydens die Kruistogte het 'n Germaanse stam, die
Franke, hom beset. Teen die einde van die twaalfde eeu is hy ontruim en aan die
genade van die slytende sand en wind van die woestyn oorgelaat. Gelukkig is die
kompleks darem ook goed teen die wind beskerm deur die kranse
wat hom as't ware omhels.
S≤ het hy dan vir Westerse oδ verborge gebly tot met
Burckhardt se avontuur in die vroeδ 1800's. Petra, wat destyds 'n agtergrond
vir die Indiana Jones-rolprente verskaf het, het reeds een van die grootste
toeriste-attraksies van die Midde-Ooste geword.
_________________________________________________________
Terug na inhoudsblad -- klik hier
_________________________________________________________
Ons
Wonderlike WΩreld op CD, 2004 - Uit Huisgenoot se Jongspan