--
grafkelders van die farao's
Majestueus troon die piramides van Giza bo die barre
vlaktes van die land van die dooies, wes van die Nyl. Maar hoe is Egipte se
piramides werklik gebou? Wie het die gevaarvolle taak onderneem om die
geweldige swaar bouklippe uit te breek en na die bouterrein te sleep? Het die
bouers dit gewillig gedoen of is hulle met swepe geslaan om gehoor te gee? En,
as 'n mens in ag neem dat die Egiptenare geen masjiene of ystergereedskap gehad
het nie, hoe het hulle dan hul reuse bouwerke tot stand gebring? Hierdie
tergende vrae word hieronder insiggewend beantwoord...
___________________________________________________________
SOWAT 5000 jaar gelede het die ou Egiptenare
die kuns ontwikkel om met gesnede klip te bou. 'n Piramide was s≤ 'n bouwerk --
'n grafkelder vir die farao, die Egiptiese god-koning. Sy mummie is in 'n
weggesteekte begraafkamer diep binne-in die piramide geplaas, saam met alles wat
hy glo vir die hiernamaals nodig kon hΩ.
Die trappiramide, wat omstreeks 2 700 vC as die
begraafplaas vir die farao Zoser opgerig is, was die heel eerste bouwerk wat
geheel en al van klip was en die eerste van baie piramides wat in die volgende
duisend jaar gebou sou word.
Die merkwaardigste piramides is die drie wat tussen 2
660 en 2 560 vC by Giza opgerig is. Die grootste een, vir die farao Cheops
gebou, heet vandag die Groot Piramide. Dis steeds die grootste klipstruktuur op
aarde.
Die binnekamers en -gange van die Groot Piramide is
s≤ ontwerp dat hulle die geweldige gewig van die klip daarbo kon
weerstaan. Die Kamer van die Farao, waar Cheops begrawe is, is met ses dakke
toegerus om die gewig van die oorliggende blokke te verplaas.
Cheops het eers 'n klein piramide beplan met 'n
versonke begraafkamer in die vaste gesteente onder die fondament. Hy het die
grafkelderá se planne twee keer vergroot
en elke keer moes die begraafkamer hoδr op in die piramide kom.
Die Groot Piramide is uiteindelik met 2 500 000 klipblokke
gebou, elk gemiddeld 3 metrieke ton swaar, en was oorspronklik 147 m hoog. Dit
beslaan sowat 5 hektaar, groot genoeg om vier van Europa se grootste kerke te
bevat.
Die piramide se vorm was 'n voorstelling van die son
se strale wat op die aarde val. Daar is geglo dat die farao nß sy dood met
sonstrale hemel toe klim. Die farao se familie en howelinge is in mastabas
(lae, plat grafkelders) om die piramide begrawe.
'n Groot verhoogde pad het na 'n groot reghoekige
dodetempel voor die Groot Piramide gelei. Hier is die farao se lyk vir die
begrafnis gereed gemaak.
Sowat 4000 werkers het 20 jaar lank aan die Groot
Piramide gewerk. Die lyne is so presies dat die afwyking in 'n moderne
magnetiese kompas daarteen gekontroleer kan word. Tog is diΘ merkwaardige
ingenieursprestasie met net toue, hefbome, wigge en enkele klip- en
koper-handwerktuie bewerkstellig.
Die klippe vir die piramides is in steengroewe
gebreek. Houtwigge is in groewe geplaas wat in die steengroefwande ingekap is.
Die wigge is met water deurweek, wat die hout laat uitsit en die klipblok laat
afsplits het.
Die ou Egiptenare het die piramides sonder die wiel
of trekdiere gebou. Die klipblokke is met hefbome op sleδ gelig, wat van die
steengroef af op 'n pad van houtstompe na trekskuite op die Nyl gesleep is.
Nadat dit op die trekskuite gelaai was, is dit deur roeibote op die Nyl langs
getrek. Die blokke is op 'n spesiaal geboude pad van die rivier na die
bouterrein gesleep.
Omdat die Egiptenare geen hysgereedskap gehad het
nie, is klipblokke teen grondskuinstes aan die kante van die piramide
opgesleep. Water is op die pad gegiet om wrywing te verminder. Nadat die blokke
met hefbome en toue in posisie gemaneuvreer is, is die grondskuinstes verwyder.
Die Groot Piramide is om 'n sentrale kern gebou.
Gapings is vir gange, lugskagte en begraafkamers gelaat. Plaaslike kalkklip is
gebruik om die kern van die piramide te bou, maar die beste klip is van
steengroewe oorkant die Nyl verskeep vir die piramide se buitelaag. Die blokke
van hierdie laag pas so uiters presies dat 'n mens kwalik 'n skeermeslem tussen
hulle kan indruk.
òáá DIE
DUISENDE manne wat die gevaarlike steengroef-werk en aansleep van die reuse
klipblokke moes doen, was nie slawe nie. Party was bandiete, maar die meeste
was gewone boere.
'n Sekere aantal is elke jaar deur die farao se
amptenare tot piramide-diens opgeroep. Hulle het gewillig gewerk om 'n piramide
te bou wat die farao se liggaam tot in ewigheid sou beskerm. Met 'n farao wat
vir ewig in die land van die gode lewe, sou Egipte elke seδning kon geniet wat
'n god kan gee.
Maar 'n gestorwe farao se siel sou nie sommerso in
die land van die dooies bly lewe nie, is geglo. Sonder die liggaam waarin hy
kon rus, sou sy siel tot niet gaan. Om te keer dat die liggaam ontbind, moes
dit versigtig bewaar word deur 'n mummie daarvan te maak. Die gemummifiseerde
liggaam van die farao is binne-in die piramide beskut, saam met artikels soos
kos, klere, wapens, meubels en juwele wat die siel in die hiernamaals nodig sou
hΩ.
Met die mummifisering is 'n presiese ritueel gevolg.
Inwendige organe, wat die liggaam sou laat verrot, is verwyder en in kruike
gebΩre. Die brein is deur die neus verwyder. Die lyk is vir veertig dae met
natron ('n soort sout) toegepak om te verdroog. Daarna is dit styf toegebind
met linne wat in harpuis geweek is. Enige deel wat verrot het, is deur
linnestopsel vervang. Die mummie is dan in 'n doodkis geplaas. Sulke doodkiste
was van uitgeholde stompe.
Die man wat die farao se buik oopgesny het om die
inwendige organe te verwyder, is die klower genoem. Hy is daarna met klippe
gegooi en weggejaag.
'n Gestorwe farao se mummie is met 'n spesiale boot
na sy piramide gebring. Hierdie reis het dieselfde pad gevolg as diΘ van die
songod, wat daagliks oor die hemelruim gereis en in die weste verdwyn het om
met sy reis deur die onderwΩreld te begin.
Die sogenaamde mondoopmaak-plegtigheid het op die dag
van die begrafnis plaasgevind. Priesters, onder wie die farao se seun, het met
spesiale rituele instrumente aan dele van die mummie geraak. Met hierdie
seremonie is al die liggaamsintuie aan die farao teruggegee, sodat hy in die
hiernamaals sou kon praat, sien, hoor, asemhaal en beweeg.
òáá
OORBLYFSELSá van meer as tagtig
piramides is wes van die Nyl in die land van die dooies gevind. Dit het jare
geduur om 'n piramide te voltooi; 'n farao sou dus lank voor sy verwagte dood
beveel dat dit gebou moes word. Hy het sy amptenare uitgestuur om 'n geskikte
terrein te vind en sy argitek gelas om te begin ontwerp.
'n Ringmuur is gebou -- 'n kunsmatige horison
waarvandaan 'n priester die sterre bestudeer het om die ware noorde te vind.
Nadat die piramide se ligging gekies is, het die farao 'n rituele plegtigheid
op die terrein verrig. Die piramide moes op gelyk grond gebou word.
Nadat die plek vir die fondament afgemerk is, is
slote kruis en dwars oor die terrein gegrawe en met water gevul. Klippe wat bo
die waterlyn uitgesteek het, is weggekap. Die slote is later met rommel gevul.
Hierop sou die piramide dan verrys.
òáá PIRAMIDES
is ook deur antieke kultuurvolke in Sentraal- en Suid-Amerika as tempels vir
hul gode opgerig. Die Piramide van die Son en die Tempel van Huitzilopochtli en
Tlaloc (die Asteke se gode van son en reδn) is altwee in Mexiko gebou. Party
argeoloδ het al gewonder of hierdie vroeδ Amerikaanse volke straks geweet het
van die piramides van Afrika en Mesopotamiδ toe hulle hul eie gebou het.
_________________________________________________________
Terug na inhoudsblad -- klik hier
_________________________________________________________
Ons
Wonderlike WΩreld op CD, 2004 - Uit Huisgenoot se Jongspan