_____________________________________________________________
Die
Taj Mahal, naby Agra in Indiδ, wat deur baie mense as die grootste
argitektoniese werk van alle tye beskou word, is deur liefde en droefheid ge∩nspireer...
_____________________________________________________________
IN
1631 was Shah Jahan, 'n Mongoolse keiser van Indiδ, se hart gebroke. Sy vrou,
wat bekend gestaan het as Mumtaz Mahal, die ''Uitverkore Een van die Paleis'',
is oorlede. Shah Jahan wou hΩ die praalgraf waar Mumtaz se oorskot sou rus,
moes mooier wees as enigiets wat nog ooit gebou is.
Hierdie
wit marmergraf het bekend geraak onder 'n ander weergawe van sy vrou se titel
-- Taj Mahal, die ''Kroon van die Paleis''.
Die
Mongoolse keisers was Moslems, en die geboue wat hulle opgerig het, die Taj
Mahal inkluis, het die tradisionele kenmerke van die Islamitiese argitektuur
ge∩nkorporeer. Die gepunte boog, byvoorbeeld, was 'n simbool van die
Moslem-geloof; die koepeldak het op 'n graf daaronder gedui. Hoδ torings,
minarette genoem, is gebruik om die gelowiges tot gebed op te roep.
Die
Koran, die Moslem-godsdienshandboek, verbied die gebruik van mense- en
dierevorms as versiering. Dit het tot 'n versierstyl gelei wat arabesk
(Arabies-agtig) genoem word, waarin geometriese ontwerpe en vloeiende lyne
gebruik is. Arabesk en kalligrafie (skoonskryfkuns) was wesenlike elemente van
die Islamitiese argitektuur.
Die
Taj Mahal is 'n volmaak geproporsioneerde en simmetriese struktuur van wit
marmer, versier met inlegwerk van halfedelstene en gekleurde stene. Die gebou
staan in die middel van 'n marmerplatform van byna 6 m hoog en 96 vk. m.
Die
reusagtige sentrale koepel is 'n dubbele konstruksie. Die binnekoepel is 24 m
hoog; daarom heen is 'n buitekoepel wat meer as 60 m bokant die platform
uitstyg. Die sentrale agthoekige kamer onder die koepel word omring deur 'n
tweeverdieping-deurloop met 'n agthoekige toring op elke hoek. Die koepels
bo-op die vier torings omring die sentrale koepel.
In
die middel van die agthoekige saal, volmaak in lyn met die sentrale as van die
gebou, is die senotaaf (grafmonument) van Mumtaz Mahal en, weg van die middel
af, diΘ van Shah Jahan. Die senotawe word omring deur 'n voortreflike skerm
van gesnede marmer met inleg-arabesk aan die rand. Die eintlike grafte is in
'n ondergrondse grafkelder.
Daar
is inleg-arabesk in die ruimtes bokant die vier hoofboδ. Die boδ word omraam
met inskripsies uit die Koran in
Arabiese skrif. Die kalligraaf (skoonskrywer) het die illusie geskep dat die
letters van die skrif almal dieselfde grootte het soos hulle van onder af na
die bokant van die boog oploop. Dit is verkry deur die letters ßl groter te
maak hoe hoδr hulle teen die boog op is.
Die
Taj Mahal is volmaak simmetries beplan. Dit is 'n vierkant van 57 m. Minarette
aan elke hoek van die platform is 41 m hoog. Die Taj Mahal is geleδ in 'n
groot, reghoekige, ommuurde hof, 600 m lank en 300 m breed. Die mausoleum
(praalgraf) is aan die noordekant.
Daar
is weerkaatsende poele aan die ooste- en westekant van die gebou. Die
dubbelkoepel-konstruksie beteken die buitekoepel kon baie hoog gebou word
sonder dat die binneplafon te hoog sou lyk.
Argitekte
regoor die Ooste het met mekaar gewedywer vir die eer om die volmaakte
grafgebou te ontwerp. Die plan wat uiteindelik deur Shah Jahan goedgekeur is,
het ongetwyfeld baie van sy eie idees ingesluit.
Shah
Jahan het talle uitmuntende vakmanne en kunstenaars van regoor sy ryk gelok om
aan die Taj Mahal te werk. Die ambagspersoneel het 'n ingenieur om die koepels
te bou, edelmetaalwerkers, ontwerpers, klipkappers, messelaars, beeldsnyers en
inlegwerkers ingesluit. Die baas-skoonskrywer se stand was so hoog soos diΘ
van die argitek en hy was die enigste vakman wie se handtekening op die mure
van die Taj Mahal verskyn.
Dit
het tien jaar gekos om die mausoleum te voltooi, maar die hele kompleks het
nog twaalf jaar gekos. In diΘ 22 jaar het meer as 20 000 mense op die perseel
gewerk. 'n Stad, Mumtazbad genoem, het ontstaan om die werkers te huisves.
In
1642, die jaar toe die mausoleum voltooi is, het Shah Jahan 'n groot
gedenkdiens gehou. Mumtaz Mahal se oorskot is uiteindelik in die wΩreld se
mooiste praalgraf ter ruste gelΩ.
In
1658 het Shah Jahan siek geword, en sy derde seun, wat beheer oor die ryk
oorgeneem het, het sy pa laat opsluit in die Agra-fort, waar hy met die rivier
langs kon afkyk op die Taj Mahal. Shah Jahan het in 1666 gesterf en is langs
Mumtaz Mahal begrawe.
Die
wit marmer van die Taj Mahal is slegs 'n bedekking. Die gebou is in der
waarheid van ru-klip gemaak en met marmer bedek.
ò
DIT was in 1526 dat die Mongole hul ryk in Indiδ gestig het. Teen 1707
het die ryk die grootste gedeelte van Indiδ beslaan.
Shah
Jahan, troonopvolger van die Mongoolse ryk, is in 1592 gebore. Hy het die
beste opvoeding geniet en veral in die argitektuur begin belang stel. Toe hy
maar net vyftien jaar was, is hy gevra om ou paleise te vervorm en dele van
nuwes te ontwerp.
Die
vroue van die hof het by 'n private mark inkopies gedoen. Mans is op spesiale
dae binnegelaat. Shah Jahan het Mumtaz gesien en dadelik op haar verlief
geraak. Hy het sy pa gevra om hom toe te laat om met Mumtaz te trou. Prinse
het destyds om politieke redes getrou, maar Jahan is toegelaat om Mumtaz as sy
bruid te neem.
In
1627 het Shah Jahan die keiser geword. 'n Poutroon, versier met juwele, het sy
rykdom verbeeld.
Mumtaz
is selfs oorlog toe saam met Jahan. Sy is oorlede nadat sy die lewe aan hul
veertiende kind geskenk het.
Die
Mongoolse heersers het baie koepel-mausoleums gebou. Party het as modelle vir
die Taj Mahal gedien. Die Gol Gombaz by Bijapur is die mausoleum van sultan
Muhammad Adil Shah (1626-56). Dit bevat een van die grootste koepels ter wΩreld.
_________________________________________________________
Terug
na inhoudsblad -- klik hier
_________________________________________________________
Ons
Wonderlike WΩreld op CD, 2004 - Uit Huisgenoot se Jongspan