__________________________________________________________
-- die verstommende verhaal
van stuifmeel-verspreiding
Bestuiwing is noodsaaklik vir die voorplanting van 'n
mag der menigte verskillende plantspesies. Wat dit des te wonderliker maak, is
die rol wat insekte, maar selfs ook voδls in hierdie proses speel...
__________________________________________________________
DIT is die fassinerende vorms en
skitterende kleure van baie soorte blomme wat verseker dat die piepklein
korreltjies stuifmeel van die een plant na die ander oorgedra word. Vir
bevrugting om te kan plaasvind, sodat sade kan ontwikkel, moet die
stuifmeelkorrels van die meeldrade af die vroulike deel van die plant bereik.
Party soorte plante is in staat om hulself te bestuif
(selfbestuiwing), maar baie moet stuifmeel van 'n ander plant van dieselfde
spesie ontvang (kruisbestuiwing). Stuifmeel kan deur die wind of deur water
versprei word, maar die belangrikste bestuiwers is insekte.
Plante lok insekte na hul blomme aan deur die helder
kleure en kos (nektar) van die blomme. Terwyl die besoekende insek die nektar
verorber, word stuifmeel op sy lyfie afgesmeer, dikwels op 'n bepaalde plek
soos die rugkant of kop. Wanneer hy na 'n ander blom beweeg, sal die korrels
weer aan die stamper afsmeer, en die blom word bestuif.
Hoewel die grootste stuifmeelkorrels maar net 0,2 mm
in deursnee is, het hulle buitengewoon ingewikkelde vorms. Wanneer 'n
stuifmeelkorrel op die stempel van 'n blom beland, vorm dit 'n lang buis wat
deur die styl groei totdat dit die vrugbeginsel bereik. Daar word die saadknop
bevrug en 'n saad gevorm.
Party blomme word deur 'n breδ verskeidenheid insekte
soos heuningbye, hommelbye en vlinders bestuif. Ander is kieskeuriger en maak
so erg op 'n bepaalde bestuiwer staat dat geen ander soort insek die werk vir
hulle kan doen nie.
Terwyl bye die nektar van blomme opslurp, versamel
hulle ook stuifmeel in spesiale stuifmeelbakkies aan die pote sodat dit na die
korf geneem kan word. Vlinders is ook belangrike bestuiwers, maar, anders as
bye, verorber hulle nie die stuifmeel nie en is hulle dus nie aktief besig om dit
te versamel nie. Pleks daarvan bly stuifmeel aan hul lyfies kleef wanneer hulle
op 'n blom gaan sit om die nektar te drink; dit word dan na die volgende blom
oorgedra.
Omdat skoenlappers 'n hoogs ontwikkelde reuksin het,
is blomme wat deur vlinders bestuif word dikwels geurig. Baie blom in die laat
somer wanneer skoenlappers die volopste is. Skoenlappers en motte suig nektar
op deur die roltong, wat hol is net soos 'n drinkstrooitjie.á Wanneer die vlinder rus, is dit opgerol
onder sy kop.
Terwyl baie soorte blomme deur bye en vlinders
bestuif word, is daar ander plantspesies wat vir hul bestuiwing van heeltemal
ander diere of diertjies afhanklik is. Party word bestuif deur die soorte vlieδ
wat deur 'n reuk van verrotting aangelok word. Ander maak staat op voδls, wat
die blomme se helder kleure en soet nektargeur aanloklik vind. Baie plante is
hoogs toegerus vir bepaalde bestuiwers. DiΘ sluit nie net insekte en voδls in
nie, maar ook vlermuise, muise, buidelrotte en selfs slakke.
Die Welwitschia bainessii (ook bekend as Welwitschia
mirabilis) van Namibiδ en Suid-Angola is 'n eienaardige plant wat volgens
geleerdes selfs meer as duisend jaar oud kan word. Die plante word deur die
wind bestuif, maar die moontlikheid is al genoem dat sekere insekte ook 'n rol
kan speel -- aangelok deur 'n soet vloeistof.
Plante wat deur voδls bestuif word, het dikwels rooi
of pienk blomblare. Voδls kan kleure baie goed sien en 'n helderrooi blom, wat
boonop nektar bevat, is 'n groot trekpleister. Die meeste insekte, buiten
sekere vlinders, kan nie rooi sien nie, en dit is dus 'n ongewone kleur by
blomme wat deur insekte bestuif word.
Bye word na blomme aangelok wat soet ruik. Op hul
beurt word baie soorte vlieδ weer deur die stank van vrot vleis aangetrek.
Daarom stink baie soorte blomme wat vir hul bestuiwing op vlieδ aangewese is.
Party blomme het hare op die oppervlak van hul blomblare om hulle soos diere te
laat voel. Die glansende oppervlak lok ook vlieδ aan.
In die wΩreld van die Amerikaanse kolibries (''hummingbirds) word die meeste soorte hibuskus deur hierdie voδltjies bestuif. 'n Kolibrie hang in die lug voor 'n blom en druk sy lang snawel diep binne-in om die nektar by te kom. In diΘ proses borsel die helmknoppe stuifmeel op sy kop af, terwyl die stempel, wat ook teen sy kop vee, stuifmeel van 'n ander blom ontvang.
Die geel varklelie word deur insekte genaamd
swammuggies bestuif. Die afsonderlike manlike en vroulike blomme groei aan 'n
sentrale deel, wat 'n bloeikolf genoem word, en word deur 'n heldergeel
bloeiskede omhul. Insekte, wat stuifmeel van die manlike blomme van ander
plante met hulle saamdra, kruip na die onderent van die bloeiskede, waar hulle
vasgevang word deur hare wat ondertoe wys. Namate hulle rondbeweeg, bestuif
hulle die vroulike blomme. Die hare verwelk dan en, wanneer die insekte
uitkruip, word hulle met stuifmeel van die volgroeide manlike blomme bestrooi,
gereed om voort te beweeg na die volgende plant.
Diere (en ook mense) wat nie normaalweg bestuiwers is
nie, kan selfs ''per ongeluk'' die rol vertolk -- soos wanneer hulle deur 'n
plaat blomme loop en hul blote beweging die stuifmeel tussen die blomme
versprei.
__________________________________________________________
Terug na inhoudsblad
-- klik hier
__________________________________________________________
Ons Wonderlike WΩreld op CD,
2004 - Uit Huisgenoot se Jongspan