_____________________________________________________

 

Ons wonderlike plante (1)

 

Ons groen

planeet

 

Plante is 'n ontploffing van groen in die somer, baiemaal roesbruin en geel in die herfs en dikwels 'n simbool van rus in die winter. Maar plante is ook ons asem, ons kos, ons lewe. Roei ons hulle uit, pleeg ons selfmoord. Met elke spesie wat uitsterf, verloor ons boonop dalk 'n potensiδle geneesmiddel -- het die kuur teen kanker miskien net al s≤ deur ons onverskillige vingers geglip? In hierdie reeks gaan ons op 'n wonderreis deur die wΩreld van plante. Kom saam... en leer die groen lewe liefkry...

 

òáá Toe het God gesΩ: 'Laat daar uit die aarde groenigheid voortkom.' So het dit gebeur. En God het gesien dit is goed.

______________________________________________________

 

DIE jaar word ryp in goue akkerblare... dig N.P. van Wyk Louw oor vroegherfs in die Boland. En Boerneef verklaar stouterig: "My meisie se wange is sterkoningappels; sy't ook nog anner appelgeid..."

 

Deur die eeue het die plantewΩreld digter en kunstenaar be¡koor en ge∩nspireer. Maar in die alledaagse lewe sien ons hulle skaars raak; ons roei hulle uit en gooi hulle toe onder gemors -- en dink nie daaraan dat ons dit aan onsself doen nie. Want plante is die onderhouers van ons hele planeet.

 

Ons asem die suurstof in wat hulle afgee. Ons eet hulle en die diere wat plante vreet. Ons bid vir die vog wat hulle aan die lug teruggee sodat dit op ons gesaaides reδn.

 

Ons gebruik hul vesels om klere te maak. Ons saag bome af om huise en meubels te maak. Houtsaagsels gee aan ons die papier vir tydskrifte en boeke. Uit hul sade word olie gepers en hul vrugte proe soet op ons tong.

 

En wanneer ons siek is, gaan ons na die plante vir genesing. Selfs in ons tyd van hipermoderne geneesmiddels maak ons steeds op plante staat.

 

As 'n mens 'n plant s≤ bekyk, lyk dit of daar niks aan die gang is nie. Maar die skyn bedrieg. 'n Magdom ingewikkelde prosesse speel hulle voortdurend af: daardie "dooie" plant haal asem, neem voedingstowwe uit die grond en lug op, skei afvalstowwe af, groei en plant voort.

 

Na raming is daar sowat 375 000 verskillende plantspesies in duisende verskillende vorms en groottes.

 

Omdat daar so 'n groot verskeidenheid van plante is, is 'n stelsel nodig om hulle in groepe in te deel. Die antieke Grieke het omstreeks 300 vC orde uit die chaos probeer skep deur plante volgens hul medisinale waarde te klassifiseer.

 

In 1735 het die Sweedse plantkundige Carolus Linnaeus (sy eintlike naam was Carl von LinnΘ, maar in daardie tyd was dit mode om name te verlatyns) die tweenaam-stelsel uitgedink. Hy het voorgestel dat elke organisme (plant en dier), twee name kry: die eerste een 'n geslagsnaam en die tweede 'n spesienaam. (Die geslagsnaam begin altyd met 'n hoofletter en die spesienaam met 'n kleinletter.) Latynse of Griekse name sou gebruik word omdat dit destyds die wΩreldtale was.

 

'n Plantspesie is 'n groep plante wat bepaalde en onveranderlike kenmerke deel. Soortgelyke spesies word in geslagte saamgegroepeer. Verwante groepe word weer in families ingedeel, dan volg or¡des, klasse, filums en uiteindelik 'n klompie groot plantgroepe. Hulle is:

 

Bakterieδ

 

òáá BAKTERIE╦ is piepklein eensellige plantjies wat nie hul eie voedsel kan vervaardig nie. Die sel bevat ook nie 'n kern nie.

 

Ofskoon hulle baie groter as virusse is, is bakterieδ nog veels te klein om sonder 'n mikroskoop raakgesien te kan word. Hulle is uiters belangrik deurdat hulle chemiese veranderings in omringende stowwe kan bewerk.

 

Bakterieδ teer as parasiete op lewende organiese stowwe of as saprofiete op dooie organiese stowwe. Hulle kan selfs van anorganiese stowwe soos swael en stikstof in die lug leef.

 

Sommige bakterieδ is ons vyande, want hulle veroorsaak infeksies en besmetlike siektes by plant en dier. As jou keel seer is, kan jy maar weet dis 'n bakterie se werk. Ernstige siektes soos tering, longontste¡king en voedselvergiftiging word ook deur bakterieδ veroorsaak. Maar daar is ook nuttige bakterieδ soos diΘ in ons spyskanale wat help met spysvertering.

 

Bakterieδ plant voort deur een¡voudig in twee identiese selle te verdeel. In gunstige toestande kan een sel meer as 32 miljoen bakterieδ in 'n enkele dag voortbring.

 

Blougroen alge

 

òáá HIERDIE eienaardige skaars groepie eensellige organismes het min gemeen met ware alge en word deur sekere geleerdes onder die bakterieδ gereken. Omdat hulle groen pigment bevat, kan hulle hul eie voedsel deur fotosintese opbou, maar die sel bevat ook geen geslote kern soos by ander plante nie.

 

Swamme

 

òáá MOET ons swamme as plante beskou of nie? Hulle is voorheen wel by die planteryk ingedeel omdat geleerdes gedink het hulle is plante sonder stamme of blare wat die pigment chlorofil (bladgroen) verloor het wat vir fotosintese nodig is deurdat hulle op ander stowwe begin teer het.

 

Vandag glo die meeste wetenskaplikes dat swamme tot minstens drie ryke behoort, insluitende die protosoδ (die laagste klas van eensellige diertjies). Nagenoeg 100 000 swammespesies is bekend, maar daar is bes moontlik baie wat nog ontdek moet word.

 

Maar omdat swamme so interessant is, staan ons nogtans Æn rukkie by hulle stil.

 

Hetá jy al skimmel op 'n stuk ou brood of vrot vrugte gesien? En as jy op 'n klam plek woon, weet jy seker hoe klere en skoene kan muf. DiΘ skimmel en muf is eintlik swamme.

 

'n Swam wat die meeste van ons ken en graag eet, is die sampioen of paddastoel. (Pas net op vir die wilde soorte, daar is erg giftiges onder hulle!) Die kop en steel van die sampioen is die sigbare deel van 'n groot swam wat onder die grond, in boomstompe of klam, donker plek¡ke groei. Die versteekte deel van die swam bestaan uit duisende draadjies, die swamdrade, en hulle vorm 'n ineengestrengelde massa wat swamvlokke genoem word.

 

Swamme is baie nuttig vir die mens omdat hulle organiese stow¡we afbreek en voedingstowwe aan die grond teruggee. Die penisillien waarmee ons infeksies bestry, kom van 'n sekere soort swam. Maar swamme kan ook 'n pes wees en baie plant- en diersiektes veroorsaak. Omloop en skimmelvoet is swamsiektes.

 

Mense word ook ernstig siek of sterf as hulle die dodelike gifstof aflatoksien inkry -- dit word gevorm deur 'n swam wat op grondboontjies en mielies groei.

 

Alge

 

òáá SEEWIER, die groen laag skuim op damme en die glib¡berige slym wat soms aan die binnekant van ons swembaddens groei, is almal voorbeelde van alge. Omtrent alle plante in die see is die een of ander soort alg.

 

Alle alge bevat die groen kleur¡stof chlorofil, maar nie almal lyk groen nie omdat ander pigmente dit verdoesel. Alge kan hul eie voedsel opbou, maar anders as die hoδr plante bring hulle nie sade of blomme voort nie.

 

Die mikroskopies klein drywende alge in die see -- die "gras" van die see -- is die eerste skakel in alle seevoedselkettings. Die mens ge¡bruik alge vir enigiets van antibiotika tot dinamiet en slaairoom.

 

Korsmosse

 

òáá HIERDIE interessante plante kry jy feitlik oral ter wΩreld: in reδnwoude, woestyne, op bergpieke, in die poolstreke. Hulle floreer op plekke waar geen ander plant of dier dit kan hou nie, byvoorbeeld op kaal rotse, ou bene en selfs die r√e van sekere insekte!

 

Al lyk dit nie so nie, is die korsmos eintlik twee plante in een: 'n swam en 'n alg. Die een help die ander -- die groen alg sorg vir koolhidrate deur fotosintese en die swam neem water en voedingstow¡we uit die grond op en help om die plant te anker.

 

Korsmosse kan rare vorms en kleure aanneem. In sekere klimaatstreke is die bome met lang stringe oumansbaard ('n soort korsmos) behang.

 

Hulle kan ook baie oud word, glo enigiets van 50 tot 10 000 jaar! Oeroue korsmosse kom in Antarktika voor, waar die groeitempo weens die uiterste koue baie stadig is.

 

Mosplante

 

òáá HIERDIE groep sluit die mos, lewermos en horingblad in. Al is hulle volgens plantkundiges meer ontwikkel as die alge en swamme -- hulle word verdeel in eenvoudige stamme, blaaragtige strukture en geleidingsweefsel -- het hulle nie ware stamme, blare en wortels nie. Hulle bring ook nie sade of blomme voort nie, maar plant voort deur spore.

 

Al lyk hulle so delikaat, is mosse taai kalante -- 'n mens tref hulle tot in woestyne en Antarktika aan.

 

Varings

 

òááá VARINGS en hul verwante staan volgens die geleerdes 'n entjie hoδr op die ontwikkelingsleer: hulle het ware wortels, stamme (gewoonlik onder¡gronds) en blare, maar is nog taamlik primitief omdat hulle hoofsaaklik deur spore voortplant.

 

Die spoorsakkies lyk soos klein, donker kolletjies onderaan die bla¡re. DiΘ sakkies bars oop as die spore ryp is en die einaklein spoortjies (hulle lyk soos stofdeeltjies) word deur die lug versprei.

 

Hulle vorm klein, hartvormige plantjies -- die voorkieme -- wat manlike en vroulike geslagselle voortbring. Elke bevrugte eiertjie bring 'n nuwe varing voort.

 

Saadplante

 

òááá SAADPLANTE is as 't ware die heersers van die plantwΩreld. Dit is omdat sade so 'n doeltreffende voortplantingsmiddel is. Nie alleen bevat dit baie selle en 'n beskermende dop nie, maar ge¡woonlik ook 'n kosvoorraad.

 

Daardie lekker vrug waaraan jy so smaaklik kou, was eintlik bedoel as kos vir die saad binne-in.

 

Saadplante word verdeel in naaksadiges of gimnosperme (hul¡le dra nie blomme nie) en blomplante of angiosperme.

 

Naaksadige plante is plante waarvan die saadknoppe nie in 'n vrugbeginsel opgesluit is nie, byvoorbeeld naaldbome. Die groep blomplante is baie groter as die naaksadiges.

 

______________________________________________________

 

Terug na inhoudsblad -- klik hier

______________________________________________________

 

Ons Wonderlike WΩreld op CD, 2004 - Uit Huisgenoot se Jongspan