_______________________________________________________

 

Ons wonderlike plante (2): Wortels

 

Weδ van die wortel

 

Gedink wortels is altyd net so groot of klein soos die plant bo die grond? Moenie glo nie. Een plantkundige het selfs ontdek dat, as al die wortels en wortelhare van 'n enkele klein rogplant aanmekaargelas word, hulle van Johannesburg af halfpad Kaap¡stad toe sal strek! En wortels is werklik wonderlike plantdele. Hulle verrig nie net allerhande take vir plante nie, maar doen dit boonop soms met 'n ongelooflike "ywer". 'n Mens kan byna sΩ, waar daar 'n wil is, is daar 'n wortel...

 

òáá " 'n Deel van die saad ... het op klipbanke geval ... en omdat dit nie wortel geskiet het nie, het dit verdroog." -- Matt. 13:5,6.

_______________________________________________________

 

AS jy iemand vertel waar Dawid die wortels begrawe het, sΩ jy hom goed die waarheid. Die wortel van alle kwaad, sΩ die Bybel, is geldgierigheid. Daar is ook die vierkantswortel van wiskunde wat vrees in die harte van syferdommes laat wortelskiet.

 

Wortels van allerlei aard is goed in die taal geanker, en nie om dowe neute nie. Hulle is die lewedraers van plante, die spyskanale wat deur die donkerte van die aarde boor op soek na voedingstowwe en water.

 

En groei, diΘ kan hulle. 'n Aantal jare gelede is 'n wildevyeboom by die Eggogrotte naby Orighstad uitgegrawe -- daar is gegrawe en gegrawe. En weer gegrawe. Want die wortels het 'n verstommende 120 m diep die aar¡de ingeboor. DiΘ wildevy het selfs vir hom 'n ereplek in die Guinness Book of Records ingewurm as die plant wat hom die diepste in Moeder Aarde ingegrawe het. Voorwaar 'n boom wat jy nie sommer met wortel en tak uitroei nie.

 

Omdat wortels so buite sig groei, is 'n mens geneig om te dink hulle is net so groot of klein soos die plant bo die grond. Maar dit kan misleidend wees. Doodgewone plante, die pampoen byvoorbeeld, se wortels kan gesamentlik oor 'n yslike afstand strek.

 

In die Indiese Botaniese Tuin in Kalkutta het 'n baniaanboom vir hom 'n plek in die prestasieboek van plante oopgegroei deur regop gehou te word deur 1775 stutwortels. Die boom en sy wortels se deursnee? 'n Ontsagwekkende van 412 m.

 

En een ywerige plantkundige het ontdek dat 'n enkele klein rogplant amper veertien miljoen wortels en meer as veertien miljard wortelhare het. As al die wortels en wortelhare aanmekaargelas word, sal hulle van Johannesburg af halfpad Kaap¡stad toe strek!

 

Al diΘ indrukwekkende statistiek ten spyt is wortels seker die mees obskure deel van die plant. Al is hulle gewoonlik die eerste deel van die plant wat uitkom wanneer 'n saad ontkiem, draai hulle onmiddellik weg van die lig en verdwyn in die donker dieptes.

 

Wortels is nie net belangrike voedselgaarders vir die plant nie, maar dien ook as voedsel vir die mens. Daardie lekker soet geelwortel is in werklikheid 'n vlesige penwortel met opgebergde voed¡sel. Beet, aartappels, patats, rape en uie is almal knolle, wat eintlik ook maar wortels is.

 

Wortels is vroeδr, voor die koms van sintetiese kleurstowwe, ook as kleurstof gebruik.

 

In oupa en ouma se tyd is talle wortels as medisyne gebruik, en vandag nog word hoesmedisyne, hartstimulante en ontwateringsmid¡dels daaruit vervaardig.

 

Wortels verrig nog 'n belangrike funksie wat ons as vanselfsprekend aanvaar. Hulle stabiliseer die grond en voorkom erosie. Op steil plekke waar plante en bome op groot skaal uitgeroei is, spoel tonne kosbare bogrond weg en grondstortings vind maklik plaas, dikwels met rampspoedige gevolge.

 

Maar nie net die mens en die plant is van wortels afhanklik nie. Dink maar aan die ontelbare diertjies wat onder die grond van wortels lewe en selfs swamme wat in slmblose met wortels bestaan.

 

Wat wortels doen

 

òáá WORTELS het twee hooffunksies: om water en voedingstowwe uit die grond op te neem en na die stam te vervoer, en om die plant te anker.

 

'n Ander funksie van baie wortels is om as "spens" van die plant op te tree en voedingstowwe te berg, byvoorbeeld geelwortels en beet.

 

Wortels verrig soms ook ander funksies, byvoorbeeld diΘ van moerasbome wat boontoe groei om suurstof op te neem, en die hegwortels van klimoppe wat die plant aan voorwerpe heg.

 

'n Wortel-warboel

 

òááá DAAR bestaan twee soorte wortelstelsels: 'n penwortelstelsel met 'n enkele hoofwortel wat reguit in die grond afgroel en waaruit talle sywortels spruit (soms vergroot die penwortel en dien as "spens"); en 'n bywortelstelsel waar die hoofwortel afsterf en talle wortels bo of onder die grond uit die stingel ontwikkel -- diΘ wortels is gewoonlik ewe groot en talle sy¡wortels kan weer uit hulle groei.

 

Die meeste groentesoorte het penwortels, terwyl bywortels weer algemeen by grasse en graangewasse voorkom.

 

Waterplante se wortels neem die nodige mineraalsoute regstreeks uit die water op. Soms be¡vat hulle ook chlorofil en neem die taak van fotosintese van die blare oor.

 

Daar bestaan ook stutwortels wat plante in sanderige of moerasgrond regop hou, byvoorbeeld diΘ van die mielie en die moerasboom. Laasgenoemde se wortels groei boontoe en steek bo die modder uit.

 

Sommige plante soos klimoppe met swak stingels ontwikkel klein hegworteltjies wat 'n soort gom afskei wanneer dit met 'n stut in aanraking kom. Daar bestaan ook lugwortels, byvoorbeeld diΘ van tropiese orgideδ wat hoog in bome en takke groei. Die lugwortels an¡ker die plant stewig aan die takke en neem waterdamp uit die lug op.

 

Hoe werk 'n wortel?

 

òáá DIE wortel se voorste punt dra 'n beskermende mussie. Die selle aan die buitekant van die mussie verslyt gedurig vanweδ wrywing met die gronddeeltjies, maar word aanhoudend deur nuwe selle aan die binnekant vervang. Die wortelmussie is buitekant met slym gevoer sodat dit makliker 'n pad deur die gronddeeltjies kan baan.

 

Onder die wortelmussie is 'n klein gebied, die meristeem, waar die selle gedurig verdeel. Hierdie selle word later die verskillende wortelweefsels. Net agter die me¡risteem is die verlengingstreek van die wortel. Die selle hier verleng baie vinnig en stoot s≤ die wortelpunt verder deur die grond. Die meristeem en verlengingstreek vorm saam die groeistreek.

 

Die buitenste laag selle van die wortel word die epidermis genoem. Baie van hierdie selle ver¡leng om duisende fyn wortelhaartjies te vorm. Hulle is as 't ware die kosinsamelaars, want hul hooftaak is om water en minerale uit die grond op te neem. Die delikate haartjies het maar 'n kort lewe, maar word gedurig deur nuwes aangevul.

 

Binne die epidermis is die korteks, die stewige "liggaam" van die wortel, en in die middel hiervan loop die "kanale" waardeur water en voedingstowwe vervoer word.

 

Wanneer water met opgeloste voedingstowwe deur die wortelhare en ander epidermale selle opgeneem word, vul dit die selholtes (vakuole) tot barstens toe vol. Die water word van set tot sel aangegee totdat dit die "waterkanale" in die korteks bereik.

 

Van hier gaan die water deur die stam na die blare... maar dis 'n storie vir 'n ander dag.

 

_______________________________________________________

 

Terug na inhoudsblad -- klik hier

_______________________________________________________

 

Ons Wonderlike WΩreld op CD, 2004 - Uit Huisgenoot se Jongspan