__________________________________________________________

 

Ons wonderlike plante (3): Stingels en stamme

 

Die stam-

storie

 

Stingels en stamme en stele... bring water na plante se kele... Drie name, maar eintlik een en dieselfde ding. En dis hierdie deel van die plant wat ons hieronder gaan ontdek...

__________________________________________________________

 

OMDAT die mens so 'n nuuskierige streep weg het, peuter en torring hy aan al wat voorkom. En kort voor lank vind hy uit: maar met diΘ ding kan ek dit of dat doen.

 

S≤ was dit ook met die ou Egiptenare. Baie lank gelede, 3 000 vC al, het hulle agtergekom as hulle die stingel van die vlasplant in wa¡ter week, die vesels uitmekaar haal, droog maak en dan spin, kry hulle 'n soort materiaal.

 

Hierdie materiaal noem ons vandag linne. Die Egiptenare het dit gebruik om hul dooies in toe te draai -- en vandag gebruik ons dit om spoggerige klere en gordyne van te maak.

 

Die vroeδ Europese ontdekkingsreisigers het weer op 'n ander ding in die Amasone afgekom. Hul¡le het opgelet dat die inboorlinge nie malaria kry as hulle 'n brousel van die bas van die kinaboom drink nie.

 

Later, in die negentiende eeu, het wetenskaplikes dit reggekry om die aktiewe bestanddeel in die bas, naamlik kinien, te isoleer. Nou kon hulle mensgemaakte medisyne met dieselfde samestelling ontwikkel -- nie alleen het dit malaria voorkom nie, maar dit het ook nie die onaangename newe-effekte van kinien gehad nie.

 

Kruiehelers in Europa en die medisynemanne van die Indiane in Noord-Amerika het weer 'n ander ding ontdek: 'n brousel van die bas van die wilgerboom verlig die pyn en inflammasie van artritis. Die ak¡tiewe bestanddeel in die bas is salisien, en hiervan het wetenskaplikes die algemeen bekende pynstiller aspirien gemaak.

 

Die mens het ook 'n legio ander gebruike vir stingels en stamme ontdek. Uit die bas kry ons looisuur (tannien), kleurstowwe, kleefmiddels en geneesmiddels. Van die sap, gom en hars maak ons kleefstowwe, vernis, medisyne, drukkersink, verf, skoenpolitoer en plofstowwe.

 

Boomstompe word gebruik vir fi¡neerhout, houtskool, pik en hout¡teer. Daar is ook papierhout, wat verwerk word tot papier, snees¡papier, karton, sellofaan, plastiek en fotografiese papier.

 

En dan is daar nog 'n eindelose lys van alles wat ons met die hout kan maak: omtrent enigiets van 'n vuurhoutjie of 'n tandestokkie tot 'n telefoonpaal.

 

Stingelstories

 

òáá PLANTSTINGELS moet sorg dat die blare sonlig en lug kry, hulle moet die blomme s≤ hou dat hulle bestuif kan word, en dan moet hulle water van die wortels na die blare vervoer en kos van die blare na die res van die plant.

 

Groen stamme bevat chlorofil (bladgroen) en kan daarom die bla¡re help om kos deur fotosintese op te bou.

 

Sommige stingels is ook vir 'n paar ander take toegerus. By baie kaktusplante is die stingel as 't ware 'n opgaardam. Hulle is ook verantwoordelik vir fotosintese, want pleks van blare is daar net dorings en stekels.

 

Party stingels (en wortels) het opgeswelde dele wat knolle genoem word. Hierdie knolle is die spens, want voedingstowwe word hier geberg. 'n Goeie voorbeeld van s≤ 'n knol is die aartappel. Sommige wortelstokke (stingels wat horisontaal onder die grond groei) soos diΘ van die iris berg ook voedsel.

 

Daar is ook stingels wat vir voortplanting toegerus is. Die be¡kende lopers van die aarbeiplant is eintlik takkies van die hoofstingel wat ßl met die grond langs kruip. Babaplantjies ontwikkel uit die knope van die lopers.

 

Die meeste stingels staan stewig en regop, maar 'n paar mors geen energie om 'n stewige stingel te vorm nie. DiΘ luies klim sommer op die stingels van ander plante.

 

Dan is daar ook "gewapende" stingels. Hulle het dorings om plantvretende diere af te skrik. Be¡kende voorbeelde hiervan is sekere soorte lemoen- en suurlemoenbome.

 

Hoe lyk dit binne?

 

òáá STINGELS kry jy in alle groot¡tes en vorms. Die reusagtige mammoetboom, die grootste plant op aarde, het 'n stam soos 'n massiewe suil van meer as 70 m hoog. Paddaslyk, weer, het 'n delikate draadjie van 'n stingel.

 

Stingels wat sag en groen is, word kruidagtige stingels genoem. DiΘ wat hard en onbuigsaam is, word houtagtige stingels genoem.

 

Die stingel en sy takke bestaan aan die buitekant uit knope en litte. Blare kom by die knope uit. Die stingel en takke eindig in eindknoppe, wat eintlik die groeipunte is.

 

Ander knoppe ontwikkel in die oksels van die blare. Ons noem hulle okselknoppe. Wanneer 'n tui¡nier rose of vrugtebome snoei, sny hy die takke net bokant die knoppe af. Dit stimuleer die plant om nuwe takkies te laat uitgroei.

 

Houtagtige stingels is aan die buitekant met 'n kurklaag bedek en bevat asemopeninge wat lentiselle genoem word.

 

Die meeste stingels lyk omtrent dieselfde aan die binnekant. Die uitsondering is 'n ware houtagtige een soos diΘ van die eikeboom, wat ons gaan ondersoek.

 

Die growwe bas aan die buite¡kant is die boom se pantserkleed. Nes 'n mens se vel beskerm die bas die lewende weefsel aan die binnekant, want bome word aan baie gevare blootgestel: die mens wat hulle met byle bykom, vandaliste wat hul name daarop uitkrap, brande, wind en ysige koue.

 

Het jy geweet dat 'n boom kan bloei? Wanneer die bas gewond word, sypel sap soos hars of gom uit en verseδl die "seerplek" sodat organismes wat siektes veroorsaak nie daar kan inkom nie.

 

'n Mens sien ook baiemaal sekere "geswelde" ringe aan bome. Wanneer 'n tak afbreek, bedek die boom die wond met "eelte" ßl om die rand.

 

Net onder die bas lΩ die floeδm. Hierdie laag is die "kospyp": dit vervoer die suiker wat die blare deur fotosintese opbou na die an¡der dele van die boom.

 

Onder die floeδm lΩ die baie belangrike kambium. Hierdie dun lagie is so te sΩ die hartslag van die boom, want dit maak al die selle wat die boom laat groei. Die boom groei gelyktydig in twee rigtings: die selle wat na buite verdeel, word uiteindelik die bas, en die selle wat na binne verdeel, word deel van die binneste kern.

 

Die volgende laag is die xileem, die "waterpyp", wat die grootste deel van die stam vorm. Die xileem bestaan uit twee dele: die buitenste ligkleurige jonghout wat water van die wortels na die blare vervoer, en die binneste kernhout of pithout.

 

Tientalle meters skei soms 'n boom se wortels van die hoogste blare. Die boom het geen hart wat die water kan pomp nie. Hoe word die water dan vervoer? Die reis begin diep onder die grond by die wortelhare, waar water deur osmo¡se opgeneem word. Dit veroorsaak verhoogde druk in die selle van die wortelhare en die water word boontoe "gedruk". Die water word as 't ware van sel na sel "aangegee" totdat dit deur die hele boom versprei het.

 

Jaarringe

 

òáá JY het seker al gehoor dat 'n mens 'n boom se ouderdom kan bepaal deur die ringe in die stam te tel.

 

Die jaarringe word in die "water¡pyp" -- die xileem -- gevorm. Baie bome vorm twee ringe in een jaar: wanneer die boom in die lente vin¡nig groei, word 'n ligkleurige ring gevorm -- dit word voorjaarshout genoem. In die laatsomer wanneer die boom stadiger groei, ontstaan 'n donker ring. Dit het die naam najaars¡hout gekry. Albei hierdie ringe, die ligte en die donker een, vorm saam een jaarring.

 

Die breedte van die ringe vertel jou hoeveel reδn die boom in 'n sekere jaar gekry het, hoeveel sonlig daar was, hoe warm of koud dit was, of daar insekplae, brande of mededinging met ander bome was.

 

__________________________________________________________

 

Terug na inhoudsblad -- klik hier

__________________________________________________________

 

Ons Wonderlike WΩreld op CD, 2004 - Uit Huisgenoot se Jongspan