___________________________________________________________
Ons wonderlike plante (6):
Ongeslagtelike voortplanting
'n Plant
uit 'n plant
uit 'n
plant...
'n Plant uit 'n plant uit 'n plant... dis omtrent hoe dit gebeur wanneer plante ongeslagtelik voortplant. 'n Kaktus gooi bloot een van sy stekelrige "ore" af, en siedaar -- 'n nuwe plant skiet wortel, boonop 'n presiese replika van die ouer. Of 'n vetplant bring sy talle "kindertjies" aan die rande van sy blare voort. Dis waar... hoe meer 'n mens van plante leer, hoe meer staan jy verwonderd oor die wonder van die skepping...
___________________________________________________________
PARTY mense het groen vin¡gers en ander het nie. Die groenvinger-mense
steel 'n steggie hier en 'n blaartjie daar, druk dit in 'n hoekie van die tuin
of 'n blompot -- en kan hy glo, amper oornag kom daar 'n weelderige groeisel
op.
Mense wat nie groen vingers het nie,
voel dikwels minderwaardig. Hulle glo plante hou nie van hulle nie en sterf
onder hul liefderyke versorging. Darem seker nie waar nie, hoewel daar sekere
mense is wat vas glo dat plante op mense reageer -- selfs op hul gedagtes!
Hoe ook al, plante is regtig alte
"slim" as dit by voortplanting kom. In die vorige aflewering het ons vertel van plante wat deur middel van sade voortplant. Dit word geslagtelike
voortplan¡ting genoem. Net soos by die mens, smelt 'n manlike geslagsel met
'n vroulike eiersel saam om 'n nuwe lewetjie, die embrio, te vorm.
Maar daar is ook 'n ander ma¡nier
van voortplanting waar geen geslagselle betrokke is nie. Baie plante kan
hulself voortplant deur die vorming van nuwe plante uit wortels, stingels en
blare. Dis op diΘ gebied dat die groenvinger-mense so 'n slag het. Dit word ongeslagtelike
of vegetatiewe voortplanting genoem.
Kyk maar wat gebeur met aartappels
en uie as hulle 'n ruk lank in die
groentemandjie lΩ. Hulle spruit uitloopsels, die eerste dele van 'n nuwe plant.
Eensellige plante soos bakterieδ en
mikroskopiese alge plant ook ongeslagtelik voort. Hulle verdeel eenvoudig. Daar
is ook plante soos broodskimmel en paddastoele wat deur middel van spore,
piepklein struktuurtjies, voortplant.
Maar verreweg die meeste
ongeslagtelike voortplanting geskied deur die vorming van 'n nuwe plant uit
verskillende dele van die "moeder"-plant. Die nuwe plantjie begin
gewoonlik as 'n wortel of uitloopsel van die "moeder".
Hierdie vorm van voortplanting is kenmerkend van bolle (uie), knolle (aartappels), wortelstokke
(kannas) en suiers (populierbome), asook sekere stingels (malvasteggies) en
blare (Usambara-viooltjie).
By geslagtelike voortplanting kry die
nuwe plant 'n kombinasie van die ouers se eienskappe. Maar 'n plant wat
ongeslagtelik ontstaan, is 'n identiese weergawe van die ouer waaruit hy
gegroei het.
Aan die een kant is geslagtelike
voortplanting voordeliger omdat dit vir 'n groter genetiese verskeidenheid
sorg, maar aan die ander kant is ongeslagtelike voortplanting 'n baie eenvoudiger proses -- geen blomme, bestuiwing of saadverspreiding
is nodig nie.
Jong saailinge (geslagtelike
voortplanting) is uiters kwesbaar, maar jong plantjies wat deur ongeslagtelike
voortplanting ontstaan, loop nie diΘ gevaar nie omdat hulle nog aan die
ouerplant vas is. Wan¡neer hulle eindelik by wyse van spreke op eie bene staan,
is hulle al goed ontwikkel en heeltemal selfvoorsienend.
Met ongeslagtelike voortplanting kan
plantjies ook in 'n baie vinniger tempo voortgebring word.
Sommige plante maak net staat op ≤f
geslagtelike ≤f ongeslagtelike voortplanting, terwyl ander albei maniere
inspan.
Die verdelingsweefsel van plante,
die meristeem, kom gewoonlik voor aan die punte van wortels en uitloopsels,
asook waar blare en stingels byeenkom. 'n Steggie wat van diΘ weefsel bevat,
sal in guns¡tige omstandighede tot 'n volledige plant ontwikkel. Die wonder van
ongeslagtelike voortplanting is dat sekere selle hul oorspronklike funksie kan
wysig sodat 'n nuwe plant gevorm kan word.
Maar net sekere dele van plante kan
hulself op hierdie manier voortplant, en hierdie dele verskil van plant tot
plant.
òáá
BOLLE is van die bekendste plante wat ongeslagtelik voortplant. Die bol
is gewoonlik die spens van die plant en nuwe bolle kan binne-in of bo-op
ontwikkel.
'n Bolplant bestaan uit 'n
skyfvormige stingel waaruit die vlesige blare, wat die bol vorm, ontstaan. (Net
die blare bokant die grond fotosintetiseer.)
Die vlesige blare is omhul deur
bruin, papieragtige skubblare en berg voedsel waarop die groeiende uitloopsel
aan die bokant teer.
Sodra die bol uitgegroei en
toestande gunstig is, begin hy voortplant. Knoppe vorm tussen die vle¡sige
blare en soms bo die grond aan die basis van die groen blare. Hulle ontwikkel
tot nuwe bolle.
Bekende voorbeelde van bolle is uie
en lelieplante.
Kormus (gerokte knol)
òáá
MET die eerste oogopslag lyk kormusse nes bolle, maar hul¡le ontstaan
heeltemal anders, 'n Kormus is die geswelde deel van 'n stingel wat oorbly
nadat die boonste dele van 'n plant dood is. Dit word deur 'n soort
"rokkie", die skede, beskerm.
Elke jaar ontwikkel 'n nuwe plant
uit die kormus en gebruik van die kos in die "spens" om te groei. Die
kos wat deur die nuwe plant se bla¡re opgebou word, word in sy stin¡gel bokant
die kormus van die vori¡ge jaar geberg. 'n Nuwe kormus vorm dus bokant die oue.
Klein kormussies kan uit die nuwe kormus
ontstaan en tot nuwe plante ontwikkel. Soms is die stin¡gel vertak sodat nuwe
kormusse afsonderlik gevorm word.
Voorbeelde van kormusplante is
pypies, watsonias en freesias.
òáá
'N ANDER algemene manier van ongeslagtelike voortplan¡ting is deur
horisontale ondergrondse stingels wat wortelstokke genoem word. Hulle lyk nogal
na wortels, maar is in werklikheid stin¡gels met hul eie wortels, knoppe en
blare.
Terwyl die wortelstok horisontaal ßl
onder die grond groei, ontwikkel uitloopsels wat boontoe groei om nuwe plante
te vorm.
Plante wat uit wortelstokke spruit,
is die iris, adelaarsvaring en bekende hardnekkige onkruid soos kweekgras.
In sommige plante ontwikkel die punt
van die wortelstok tot 'n geswelde knol, waar kos geberg word. 'n Goeie
voorbeeld van 'n knol is die aartappel. Die bekende "ogies" op die
aartappel bevat elk¡een 'n miniatuur-blaartjie met 'n klomp klein knoppies. Een
aartap¡pel kan dus 'n klomp nuwe plante voortbring.
òáá
AMPER nes wortelstokke is daar stingels wat lopers genoem word, maar
pleks van hori¡sontaal ondergrondsáá
groei hulle horisontaal ßl met die grond langs. Oral waar die stingel
grondvat, ont¡wikkel bywortels uit sekere knope. Nuwe plantjies ontwikkel hier
wat heeltemal onafhanklik van die moederplant is.
'n Bekende voorbeeld van 'n plant
wat s≤ voortplant, is die aarbei.
òáá
DAN is daar ook plante wat kort ondergrondse stingels voortbring met nuwe plante, wat suiers genoem word, aan die pun¡te. Nes
lopers word suiers met kort stingels aan die moederplant ver¡bind.
Wanneer die stingel afbreek, kan die
nuwe plant onafhanklik groei waar hy ook al in die grond wortelskiet.
òáá
HET jy geweet dat soetpatats en dahliaknolle nie regtig knolle is nie, maar vlesige wortels wat kos berg? Ons verwys egter na
hulle as knolle.
Die bogrondse dele van hierdie
plante gaan dood nadat hulle geblom het, maar die knolle bly lewe. In die
volgende groeiseisoen ont¡wikkel die knoppe aan die bopunt van die knolle tot
uitloopsels wat bokant die grond groei. Hierdie nuwe plante kan op hul beurt
weer geswolle wortels ontwikkel waarin kos geberg word.
As 'n knol met 'n knop van die
stingel verwyder en geplant word, sal dit tot 'n nuwe plant ontwikkel.
òáá
BAIE plante is in staat om deur 'n steggie voort te plant. Dit word moontlik gemaak deurdat die selle in die afgesnyde stingel hul
funksie kan wysig en selle vir die nuwe wortels vorm.
Baie plante plant in die natuur s≤ voort,
maar die mens gebruik ook hierdie vermoδ van plante om hulle kunsmatig en op
groot skaal voort te plant.
òáá
SOMS is net 'n enkele blaartjie genoeg om 'n heel nuwe plant voort te
bring. Seker die bekendste voorbeeld van s≤ 'n plant is die pragtige
Usambara-viooltjie. 'n Ander voorbeeld is die vetplant kalanchoe wat klein
plantjies met lugwortels ßl langs die kante van sy blare ontwikkel. Wanneer
hierdie plantjies afval, anker hulle hulself in die grond en begin 'n eie lewe.
___________________________________________________________
Terug na
inhoudsblad -- klik hier
___________________________________________________________
Ons
Wonderlike WΩreld op CD, 2004 - Uit Huisgenoot se Jongspan