___________________________________________________________
Ons wonderlike plante (7): Saadverspreiding
die
wind...
Die fyn valskermpie van die
perdeblom, klewerige klitsgras, "ontploffende" ertjies, rollende
tolbosse, drywende kokosneute... plante versprei hul sade op die vernuftigste
maniere...
___________________________________________________________
VRUGTE -- dis van die min lekker dinge in die lewe wat goed vir jou is,
al het dit die mens daar doer in die begin lelik in die versoeking gelei.
Dis nie om dowe neute dat vrug¡te so
lekker smaak en lyk nie. Die doel van die verleidelike verpak¡king is om die
sade versprei te kry, verkieslik ver van die moederplant af.
As ons van vrugte praat, bedoel ons
gewoonlik iets wat ons kan eet. Maar eintlik bring alle blomplante vrugte
voort. 'n Vrug is die eindstadium in die ontwikkeling van die vrugbeginsel (die
vroulike deel van 'n blom). Dus is nie net perskes, pere en papajas vrugte nie,
maar ook 'n koringkorrel, die gevleuelde vruggie van die esdoringboom en die
fyn valskermvruggie van die perdeblom.
Daar is ook vrugte wat eintlik sade
is. Die aarbei, byvoorbeeld, is die geswolle blombasis van die plant. Die klein
skurwe knoppies aan die buitekant is in werklikheid die vrugte, elkeen met 'n
saadjie binne-in.
In party eetbare vrugte soos die
perske en kersie word die saad deur 'n klipharde dop (ons noem dit die pit)
beskerm. Blomplante is nie verniet
die suksesvolste plantegroep nie. Die meeste sade is juis ontwerp om allerhande
temperatuuruiterstes te oorleef totdat die weer net reg vir ontkieming is.
Die funksie van
die vrug is om die sade binne-in te beskerm en om te help met die verspreiding
daarvan. As 'n plant se sade som¡mer reguit grond toe sou val, sou al die jong
plantjies mekaar gou ver¡dring het.
Hulle sou met die
moederplant om lig, water en voedingstowwe meeding. En sou daar 'n bosbrand
wees, sal al die plantjies Θn die moederplant op een slag uitgewis word.
Dit is dus belangrik dat die sade versprei
word, want dan is hul kanse op oorlewing soveel groter. Sade is baie vindingryk
as dit by verspreiding kom. En hulle span selfs die mens in om hulle te help.
òáá
SOMMIGE saadjies is so piepklein dat die geringste luggie hulle meevoer.
Orgideδ, byvoorbeeld, se miljoene stofklein saadjies word maklik 100 km ver
gewaai.
Baie vrugte is spesiaal vir
windverspreiding toegerus. Die vruggies van die denne- en esdoringboom het
vlerkies waarmee hulle op die wieke van die wind reis. Die perdeblomvruggie het
weer 'n ragfyn "valskerm" waarmee hy die wind skep.
Daar is ook vruggies met aller¡hande
pluime, vere en hare, alles bedoel om die wind te skep.
Die tolbos is een van die
skouspelagtigste windreisigers. Wan¡neer die sade ryp is, breek die
blom-"balle" van die moederplant af en rol vir die vales oor die veld
-- en oral tuimel sade uit.
òááá
SOMMIGE slim sade gebruik voδls, soogdiere, insekte en selfs die mens om
oor die weg te kom.
Die vrugte van hierdie sade is
gewoonlik lekker en sappig. Wan¡neer diere dit vreet, beland die sade in hul
spyskanaal. Gewoonlik is die sade darem taai genoeg om die sterk verteringsappe
te oorleef. Later word hulle in die ontlasting uitgeskei, hopelik op 'n ander
plek as waar die vrug gevind is. Hierdie proses voorsien die ontkiemende saad
selfs van 'n bietjie bemesting!
Ander plante het vrugte wat "ry¡lopers"
is. Wanneer diere of mense verbykom, haak die weerhakies of stekeltjies in hul
pels of klere vas en s≤ "ryloop" die sade na die een of ander
onbekende bestemming. Seker die bekendste "ryloper" is die ronde
bolletjies klewerige klitsgras wat so graag aan 'n mens se kouse klou.
Party sade word klewerig wan¡neer
hulle nat is. Dan klou hulle aan die pote van waadvoδls of diere vas. Hulle klou
selfs ook aan jou stapskoene of motorbande.
Baie diere soos eekhorinkies en
spegte maak vrugte en sade bymekaar vir die maer tye. Dikwels bΩre hulle dit op
plekke waar die toestande gunstig vir ontkieming is.
Insekte soos miere hou van olierige
of soet sade en dra dit na hul neste aan.
Al werk bogenoemde metodes almal
goed, is die mens eintlik die grootste verspreider van sade. Ons oes saad, verkoop dit en plant dit in ons tuine en parke.
òáá HET jy al gewonder waarom daar altyd 'n
kokosboom is in die tekengrappies van die man op die eiland? Dis omdat die
kokos¡boom by uitstek op die see staatmaak om sy nageslag te versprei.
Kokosbome groei gewoonlik langs die kus. Wanneer die kokosneute ryp is, val
hulle in die water en dryf saam met die strome na verre lande. Omdat die dik,
harige omhulsel met lug gevul is, dryf die kokosneut maklik genoeg.
Ander watervaarders is die vrugte
van die waterlelie, waterbiesie en lotusplant. Hulle is gewoonlik goed toegerus
vir die lang reis met lugspasies en weefsel van kurk of spons om te dryf, asook
'n stewige dop en baie kos.
òáá
SOMMIGE plante sorg self vir hul verspreiding en doen dit op 'n nogal dramatiese manier: die vrug "ontplof" en skiet die sade hot en haar.
Gewoonlik verdroog en krimp dele van
die peul of vrug in verskil¡lende tempo's. Dit veroorsaak spanning totdat
"breekpunt" be¡reik word. Dan bars die vrug oop en die sade word in
alle rigtings uitgeskiet.
Voorbeelde van "plofbare"
plante is peulgewasse soos ertjies, boontjies en pronk-ertjies.
òáá
EEN van die merkwaardigste dinge van sade is dat hulle vir lang tye rustend kan wees. Die meeste sade kan langer as 'n jaar
oorleef. Veral diΘ in koue klimaatstreke oorwinter as 't ware in hul beskermende
doppe totdat die weer net reg vir ontkieming is.
Net om vir jou 'n idee te gee van
hoe lank sade kan bly lewe: In 1954 is sade van die Arktiese lupien tydens
mynboubedrywighede in bevrore slik in Kanada opgediep. Koolstofdatering dui
daarop dat die sade ongeveer 8 000 tot 13 000 vC deur lemmings
(poolknaagdiertjies soos rotte) begrawe is.
Die sade is in ideale
laboratoriumtoestande vertroetel -- en jou werklik, party van die sade het
ontkiem en gesonde plante geword!
___________________________________________________________
Terug na
inhoudsblad -- klik hier
___________________________________________________________
Ons
Wonderlike WΩreld op CD, 2004 - Uit Huisgenoot se Jongspan