___________________________________________________________
Blare met
byt...
Groen spel gevaar as die
plantewΩreld se karnivore 'n porsie vleis wil bekom. Daar is trouens baie
plante wat niksvermoedende diertjies kan vang en verteer...
___________________________________________________________
NOU toe nou, jy dog toe alle plante is sagmoedige skepsels... milde groen
organismes wat slegs lug, sonskyn, water en grond nodig het om hulle
stomgelukkig te hou?
Verkeerd! Al plante is nie so nie,
want daar's ook plante met byt. In streke waar die grond 'n gebrek aan minerale
het, en veral in vleigrond waar minerale moeilik geabsorbeer word, is daar
talle plante met die nare -- of miskien moet 'n mens liewer sΩ vernuftige --
vermoδ om diertjies te vang en te verteer.
Hoewel hierdie plante ook wel kos
maak deur middel van fotosintese -- die vorming van chemiese verbindings met
water, sonlig en die koolstofdioksied in die lug -- kry hulle met hul
"vleisvretery" ekstra voedingstowwe in waarsonder hulle kwalik aan die
lewe sou kon bly.
Roofplante kan dus oorleef in
gebiede waar die meeste ander plante doodeenvoudig sou vrek.
En praat
van slinkse tegnieke om hul prooi te vang. Party, soos die botterkruid (Eng. butterwort)
en blaaskruid (Eng. bladderwort), wag dat insekte daarin struikel.
Ander, soos die sogenaamde vlieδvanger (Eng. Venus's fly-trap) en
sonnedou (Eng. sundew), verlei hul potensiδle slagoffers met
onweerstaanbare geure en kleure.
Maar kom ons bekyk 'n paar van die
bekendste roofplante van naderby.
òáá
DIE vlieδvanger ("Venus's fly-trap") is berug vir die aardige,
vaardige en ratse manier waarop hy sy prooi vang. Hy groei in die klam, mossige
dele van Noord-Amerika, maar is regoor die wΩreld 'n gewilde huisplant.
Die blare van die vlieδvanger groei
soos 'n roset (roosvormig) naby die grond. Elke blaar is 'n afsonderlike
valstrik. Dit is min of meer rond en word verdeel deur 'n sentrale skarnier,
wat die lobbe (dele) kan laat toeklap soos die twee helftes van 'n oester. Die
rande van die blaar het sagte tande wat die strik, wanneer hy oop is, nogal
soos gapende kake laat lyk.
Prooidiere word na die plant toe
aangelok deur soetruikende heuningkliere aan die blare se buiterand en rooi
kleurstof daarbinne. Die binne-oppervlak van elke lob bevat drie sensitiewe
sneller-hare.
Die sneller-hare is die plant se
"brein". En hulle kan jou werklik tel! Die vlieδvanger se blare kan
slegs drie keer toeklap en weer oopgaan, waarna hulle doodgaan. Die blaar moet
dus seker maak dat die voorwerp wat daarop land, inder¡daad 'n prooidier is, en
nie 'n reδndruppel of stukkie plantegroei nie, voordat hy toegaan.
Word 'n sneller-haar slegs een keer
aangeraak, gebeur daar niks nie. Sou hy of 'n ander haar kort daarna 'n tweede
keer geroer word -- soos sal gebeur wanneer 'n insek daar rondbeweeg op soek na
kos -- klap die lobbe blitsvinnig toe en die tande vorm die tralies van 'n
geslote hok.
Die lobbe druk ferm teen die
spartelende insek aan en kliere aan die binne-oppervlak van die blaar skei
verteringsappe af wat oor die diertjie stroom en sy liggaam afbreek.
Wanneer die vertering klaar is, gaan
die blaar oop en die insek se oorblywende dop word deur die wind weggewaai.
òáá
NOG 'n bekende vleisvreter is die sogenaamde bekerplant (Eng. pitcher
plant), wat in verskillende wΩrelddele groei. Die blare van hierdie plant
vorm werklik 'n mooi beker, wat 'n grou dammetjie verteringsappe bevat.
Insekte, aangelok deur die
gespikkelde patrone aan die wand van die beker en die soet geur van nektar,
gaan die ga¡pende bek van die plant binne.
Sodra hulle binne is, verlei die
aroma en die oorvloed van suiker-agtige nektar hulle om nog verder ondertoe te
beweeg. Maar hoe dieper hulle ingaan, des te glyeriger word die beker se wande.
Skielik verloor die argelose slag¡offer
sy greep en tuimel in die kuil van suursappe daaronder, waar hy verdrink. Die
sappe breek die dooie liggaam gou af en die plant absor¡beer die nuttige
minerale.
'n Taai tameletjie
òáá
PARTY vleisetende plante gebruik klewerige afskeidings om hul prooi te
vang. Die sonnedou (ook genoem sondou of sondoutjie), wat feitlik regoor die
wΩreld in moerasagtige plekke voorkom, het rosetagtige blaartrosse soos diΘ van
die vlieδvanger.
Hoewel die blaarvorms van die
verskillende soorte verskil, het hulle almal rooi vangarms met 'n klewerige
druppeltjie aan die bo-kant.
Verlok deur die druppeltjies wat in
die son glinster, kruip insekte en spinnekoppe tot op die blare en raak in die
klewerigheid verstrik. Die vangarms langsaan buig ook oor in die rigting van
die worstelende prooi om hom behoorlik met gom te versmoor. Die vangarms stel
ensieme vry wat die liggaampie afbreek, en die blaar absor¡beer die
voedingstowwe.
Die botterkruid (van die Noordelike
Halfrond en Suid-Amerika) se stam en blare is weer bedek met kort haartjies wat
'n klewerige, geel stof afskei wat soos botter lyk. Klein
insektetjies, soos muggies, wat op die blare of stam land, kan nie van die gom
af wegkom nie. Wanneer die plant "agterkom" dat 'n worstelende insek
op hom beland het, skei klierhare op die oppervlak verteringsappe af wat die
liggaampie verteer.
òáá
DIE blaaskruid, 'n vleisvreter van varswaterdamme en vleie, sou daarop
kon roem dat hy die vinnigste plant op aarde is. Binne 'n duisendste van 'n
sekonde vang hy sy prooi en druk hom dood.
Die stingels en blare, wat onder die
water dryf, bevat klein ballon-agtige sakkies. Elke blaas het 'n klein
valdeurtjie met sneller-haartjies.
Wanneer 'n waterdiertjie soos 'n
watervlooi teen die haartjies skuur, skiet die valdeurtjie oop en die vlooi
word oombliklik in die blaas ingesuig. Die deurtjie klap dan agter hom toe.
Namate die liggaampie ontbind, word
voedingstowwe deur die blaaswand opgeneem.
Gewoonlik word net klein diertjies
gevang, maar soms aktiveer 'n groter een, soos 'n paddavissie of klein vissie,
die strik en word hy ingesuig. Maar omdat net 'n deel van sy liggaam in die
blaas kan inpas, steek die res aan die buitekant uit. DiΘ word eers ingesuig
nadat die gevange deel verteer is.
Het jy geweet?
òáá
Vleisvretende plante wat op droδ grond groei, vang nie "graag"
bestuiwende insekte soos bye en wespe nie. Hul blomme is op lang stingels ver
weg van hul valstrikke.
òáá
Party soorte krapspinnekoppe is immuun teen die verterende sappe van
bekerplante. Hulle skuil binne-in die beker en be¡spring insekte wat na die
rooi kleur aangelok word.
___________________________________________________________
Terug na inhoudsblad
-- klik hier
___________________________________________________________
Ons
Wonderlike WΩreld op CD, 2004 - Uit Huisgenoot se Jongspan