______________________________________________________
Hase en
konyne
onmoontlik!
Dis haas onmoontlik.... al die onkunde wat nog oor hase bestaan. Maar verreweg
die meesteá mense weet steeds nie dat hase
nie regtig knaagdiere is nie, dog eintlik tot 'n ander groep behoort. Dat hulle
familie van konyne is, is egter 'n feit en nie moeilik om te aanvaar nie, want
hulle lyk baie eenders. Maar haas jou en lees hieronder verder oor die
haasfamilie en al hul hebbelikhede!
______________________________________________________
DIE Paashaas bly vir baie Suid-Afrikaners maar 'n volksvreemde
karaktertjie. Dog kinders van baie lande spring op Paassondag vroeg-vroeg uit
die vere om in die tuin rond te soek na sjokolade-eiers wat hy kammakastig gelΩ
het. Of, as die weer sleg is, soek hulle binnenshuis daarvoor.
Paaseiers kom van ver af. Lank voor
die geboorte van Christus is eiers as simbole van voortgesette lewe en
herrysenis beskou, en die antieke Persiδrs, Grieke en Chinese het eiers by hul
lentefeeste geruil.
Konyne en hase is lank met die
vrugbaarheid van die lente vereenselwig omdat hulle so geweldig vinnig aanteel.
In die vroeδ dae van die Christendom
het eiers en hase as simbole egter met diΘ van die opstanding van Christus
verstren¡gel geraak -- wat alles gelei het tot daardie absurde Paashaas wat
kwansuis eiers lΩ.
Almal weet natuurlik dat konyne en
hase nie rΩrig eiers lΩ nie. (Die enigste soogdiere wat dit doen, is die
stekelrige miervreters en eendbekdiere.)
Maar waar pas konyne en hase dan by
die soogdiere in? Konyne en hase behoort tot die familie Leporidae
van die orde Lagomorpha. Hulle is vroeδr as
knaagdiere geklassifiseer -- hulle het mos wel beitel-agtige voortande waarmee
hulle soos knaagdiere knaag -- maar hulle verskil van laasgenoemde deurdat
hulle bo twee paar voortande pleks van een het. Knaagdiere behoort tot die orde Rodentia.
á
Dan word hase en konyne ook van die
knaagdiere onderskei deur hul lang ore en die feit dat hul agterbene beter ontwikkel
is as die voorstes.
Konyne en hase het min
bekendstelling nodig -- buiten dat 'n mens die verskil tussen hulle moet
verduidelik. Hulle lyk naamlik baie eenders en dis maklik om hulle met mekaar te
verwar. Om sake te vererger word sekere konyne in die spreektaal ook hase
genoem.
Konyne is in die reδl kleiner en hul
ore korter. Die vorm en grootte van konyne en hase se kopbeen verskil ook.
Maar die maklikste is om na die heel
kleintjies te kyk. Pasgebore konyntjies is blind, sonder hare en kan nie
rondbeweeg nie. Die hasies kom egter oop oδ in die wΩreld, pelsies inkluis, en
hulle kan gou-gou reeds rondspring.
Natuurlik verskil die twee diere se
lewenstyle ook.
Die pels van wilde konyne is 'n gryserige
bruin, wat hulle 'n goeie kamoeflering bied, maar troetelkonyne se kleure
wissel van swart of wit tot kombinasies hiervan. Min konyne oorleef langer as
'n jaar in die natuur, want hulle is uiters kwesbaar, maar die troeteldiere
lewe gewoonlik tot so vyf jaar.
Hase het dieselfde kleure as die
konyne, hoewel die pens gewoonlik wit of ligbruin is. Party hase van die koue
streke word in die winter sneeuwit.
Daar is vyftig konyn- en haasspesies
op aarde. In Suider-Afrika is daar vier soorte konyne en twee soorte hase:
die skaars rivierkonyn, Smith en Jameson se rooiklipkonyne, die Natalse
rooiklipkonyn, en die vlakhaas en kolhaas.
Daar is ook 'n ingevoerde konyn wat
hom tuis gemaak het op party eilande aan ons kus.
En dan is daar ons springhaas, wat
soos 'n dwergkangaroe lyk, maar eintlik geen haas is nie, maar onder die
eekhoringagtige knaagdiere ingedeel word.
òáá
KONYNE en hase kom in byna alle lande voor, van die snerpend koue
Noordpoolstreke en die gematigde streke tot die versengende woestyn. Hulle is
egter nie inheems aan Australiδ nie, en daar was oneindige probleme nadat hulle
daar ingevoer is sonder natuurlike vyande wat hul getalle in toom kon hou.
Die konyn se lΩplek is meestal 'n
vlak holte in die grond wat die dier se vorm aanneem. Dit is agter los stukke
plante versteek.
Party konyne verhuis in die winter
na meer beskutte tuistes. DiΘ kan eenvoudig 'n stapel klippe, hout of plante
wees, of miskien 'n gat -- gewoonlik een wat deur 'n ander dier gegrawe is,
want min konyne grawe hul eie gate.
Konyne woon gewoonlik alleen, hoewel
hulle soms hul lΩplekke in dieselfde hoop plante maak. DiΘ wat wel gate grawe,
skep partymaal ingewikkelde netwerke van kamers en onderling verbinde gange. Hierdie
houplek word dan met verskeie ander konyne gedeel.
Hase is meestal alleenlopers. Hul
lΩplekke is ook vlak holtes en hulle grawe nooit gate nie.
òáá
SOWEL konyne as hase speel en soek hul kos in die nag en rus bedags.
Konyne vreet 'n groot verskeidenheid van plante -- van gras, onkruid, takkies
en boombas tot vrugte en groente. Hulle is groot vernielers van gesaaides en
die bas van vrugtebome, en word dus dikwels deur die mens afgemaai.
Hase vreet veral gras en
laaggroeiende, kruidagtige plante. Hulle maai gewoonlik nie so baie onder die
boere se gewasse nie.
Konyne en hase het nog 'n
interessante spys op hul lys -- hul
eie mis. Dit is om twee redes vir hulle voordelig: die mis bevat bakterieδ wat
ander kos in die pens help verteer, en dit help hulle om soveel vitamiene en
koolhidrate uit hul kos te onttrek as wat moontlik is.
òáá
ALICE wag 'n bietjie ... en nß 'n minuut of wat
loop sy in die rigting waar die Maart-Haas glo woon.
"Ek het al voorheen
(gek) hoedemakers gesien," gesels sy met haarself; "die Maart-Haas
sal die heel interessantste wees, en dalk sal hy hier in Meimaand nie so
stapelgek wees nie -- ten minste nie so gek as wat hy Maart was nie."
Die stomme klein Alice in haar
Wonderland!á DiΘ van julle wat kleintyd
die beroemde verhaal van die Engelse skrywer Lewis Carroll gelees het, sal dalk
onthou dat, toe Alice wel die Maart-Haas raakgeloop het, hy inderdaad so
"mal" was soos... nou ja, 'n haas!
Maar presies wat het Alice bedoel
toe gesΩ het dat hierdie dier in Maartmaand gek was?
Een van die bekendste eienskappe van
hase is hul sonderlinge soort hofmakery. En in die Noordelike Halfrond, waar
die Alice-storie hom natuurlik afspeel, gebeur dit in Maart.
In die begin van die noordelike lente
en die teelseisoen gaan die mannetjies wild te kere. Hulle spring en krul in
die lug, skop woes met hul pote en staan op hul agterpote om met mekaar te
boks.
Partykeer kan groepe van so tien of
vyftien hase in 'n veld gesien word waar hulle bokspring asof hulle regtig van
lotjie getik is. Af en toe gaan dit so onstuimig dat 'n paar doodgeskop word.
Hierdie dolle gedrag is 'n voorspel tot
paring.
Konyne
en hase is bekend vir hul teelkragtigheid. Daar is twee redes hoekom daar so
baie van hulle is. In die natuur is hulle uiters kwesbaar en word baie deur
roofdiere gevang, met die gevolg dat hulle ewe vinnig vervang moet word. Maar
nou het die mens ook weer soveel roofdiere uitgewis dat konyne en hase
onbeteuelbaar kan aanteel.
Wyfiekonyne kry gewoonlik vier, vyf
kleintjies op 'n slag -- en dit kan verskeie kere per jaar wees, afhangende van
die soort konyn en die klimaat. Wyfiehase kry omtrent twee tot vier kleintjies,
ook etlike male in 'n jaar.
Die gatgrawende wyfiekonyn maak vir
haar kleintjies 'n tuiste ondergronds en voer dit uit met hare wat sy uit haar
lyf trek. Nadat die kleintjies hul opwagting gemaak het, maak sy hulle met gras
en hare toe om hulle warm te hou en weg te steek.
Sy bly selde saam met haar
kleintjies in die nes, maar skuil eerder daarnaby om hulle van tyd tot tyd te
gaan soog. Binne 'n week of twee is die kleintjies bedek met hare en gereed om
die nes te verlaat.
Hase kry hul kleintjies ≤f net so op
die grond ≤f in hul lΩplek. Die kleintjies moet vroeg-vroeg self leer kos soek.
Haas tyd om te hol!
òáá
EEN van die inte¡ressantste dinge omtrent hase en konyne is daardie
neusie wat gedurig rondwoel. Hulle ruik-ruik natuurlik die lug om hulle teen
moontlike vyande te waarsku. En met daardie lang, beweeglike ore kan hulle weer
die geringste geluide uit watter rigting ook al hoor.
In die oop veld kom hurkende hase
soms orent of staan hulle regop op die agterpote om met parmantige, penreguit
ore die omgewing vir vyande te verken. Konyne en hase se oδ is aan die kant van
die kop, sodat hulle alkant kan sien.
Die eerste vorm van verdedi¡ging is
om weg te kruip en te hoop hulle word nie gewaar nie. Maar as die vyand te naby
kom, hardloop die diere blitsvinnig totdat hulle die een of ander gat of digte
bosgasie kry om in te ontsnap.
Paniekbevange konyne kan selfs 3 m
of hoδr spring en tot knap duskant 30 km/h hardloop. Hulle hol kruis en dwars
om die aanvaller te probeer verwar. Maar hul groot swakheid is dat hulle gou
moeg raak.
Hase het ook
'n alarmstelsel: hulle stamp die grond met hul agterpote om ander hase teen
gevaar te waarsku. Die natuurlike vyande van hase en konyne is onder meer
roofvoδls, groot katte, huiskatte, honde en jakkalse. Maar hul grootste vyand
is die mens. Hy maak hulle nie net dood omdat hulle sy gesaaides verniel nie,
maar ook vir hul pelse en dit wat hy "sport" noem.
In die natuur lewe konyne net sowat
'n jaar. Maar omdat hulle so vinnig aanteel, is daar min gevaar dat hulle
uitgewis sal raak.
En benewens die miljoene in die vrye
natuur, is daar ook nog baie wat as troeteldiere aangehou of wat vir hul vleis
of pelse, of selfs as skoukonyne, geteel word. Oor die jare heen is baie konyne
met verskillende eienskappe geteel, en daar is vandag talle mak soorte -- van piepklein,
grys gladdehaar-konyne tot groot, wollerige tipes.
òáá
Waar kom ons woord "haas" en die Engelse woord
"hare" vandaan? Dit hou blykbaar verband met die Oud-Hoogduitse woord
"hasan" en die Oud-Engelse "haso" en "hasofag" --
almal met die betekenis "grou, grys".
òáá
Nadat die konyn in die 1850's uit Engeland na Australiδ gebring is, het
dit so 'n pes in Australiδ geword dat draadheinings oor duisende kilometers
gespan moes word om konyne van plase af weg te hou.
_____________________________________________________
Terug na
inhoudsblad -- klik hier
_____________________________________________________
Ons Wonderlike WΩreld op CD, 2004 - Uit Huisgenoot se Jongspan