__________________________________________________________________

 

Hoefdiere (1): Primitiewe hoefdiere

 

Neefs van

die perd...

 

Kan dit waar wees -- die olifant 'n verlangse neef van die perd? En dat ou Ollie boonop naby verwant is aan die dassie en die erdvark? In hierdie eerste artikel oor hoefdiere kyk ons na die sogenaamde primitiewe hoefdiere... 'n bra onverwagte kombinasie van op die oog af heeltemal verskillende soogdiere...

__________________________________________________________________

 

DAAR was eenmaal 'n jong olifantwyfie ge¡naamd Sadie wat geleer is om toertjies vir 'n Amerikaanse sirkus te doen. Trap hier, trap daar. Slurp sus, slurp s≤. Maar toe kom die stomme dier by 'n punt waar sy glad nie kan begryp wat van haar verwag word nie.

 

Sy het uit die oefen-arena pro¡beer ontsnap, dog haar meedoδnlose afrigters het haar teruggejaag. Kom, simpel Sadie, moet nou nie so steeks wees nie, hoor jy!

 

Waarop Sadie gaan lΩ en, tot haar afrigters se verbasing, verdrie¡tig aan die huil gegaan het. "Sy het daar op haar sy gelΩ," het een van die mans later vertel, "met die trane wat van haar gesig afgestroom en snikke wat haar reuse liggaam laat sidder het."

 

Die arme Sadie. 'n Mens moet hierdie die staaltjie miskien maar met 'n korreltjie sout neem. Daarteenoor is daar al talle kere berig van olifante wat regtig baie menslik opgetree het.

 

Jagters beweer hulle het al gesien hoe gekweste olifante weggehelp word deur ander wat hulle aan weerskante stut. In 1951 het 'n Johannesburgse koerant berig dat 'n man gesien het hoe 'n olifanttrop 'n graf grawe vir een van hul makkers wat gevrek het...

 

Menslik soos hulle soms straks handel, hoort olifante tot 'n groep wat die primitiewe hoefdiere, of Paenungulata, genoem word. Daar is vier afsonderlike ordes: olifante (orde Proboscidea); dassies (orde Hyracoidea); erdvarke (orde Tubulidentata); en sireniδrs (orde Sirenia).

 

'n Bra onverwagte kombinasie, sou 'n mens wel kan sΩ. Op stuk van sake lyk hierdie diere almal verskillend en het hulle heeltemal uiteenlopende gewoontes. Dassies het kloue en nie hoewe nie en sireniδrs, wat in die water woon, het spaanagtige voorste ledemate en glad geen ledemate agter nie.

 

Nog vreemder is dat hierdie diere hoegenaamd aan die hoefdiere verwant is. Hoewel oiifante nie werklike hoewe het nie, glo wetenskaplikes egter dat hulle en die ware hoefdiere neefs is.

 

In hierdie eerste artikel oor hoefdiere word die primitiewe hoef¡diere van naderby beskou.

 

Olifant

 

òáá "OLIFANT, jou reuse ¡dier... die mense lag vir hul plesier. . want waar het jy al ooit gehoor... van 'n stertjie van agter en 'n STERT van voor?!" Deur diΘ kleuterrympie het ons hulle hoeka leer ken, en vandag is hulle steeds vir ons geen onbe¡kendes nie. Die olifante van Addo, die Krugerwildtuin -- hulle is immers eie aan Suid-Afrika.

 

In werklikheid is daar twee olifantspesies wat vandag lewe: einste die Afrika-olifant suid van die Sahara, en die Indiese olifant, wat die tropiese woude van Suid-Asiδ bewoon.

 

Die Afrika-kolos het groter ore en ivoortande as sy Indiese eweknie, asook 'n skuins voorkop en twee vingeragtige "lippe" vooraan die slurp, teenoor die een lip van die Indiese olifant.

 

Slegs die Indiese olifantbul het ivoortande, terwyl die olifantkoei van Afrika ook sulke tande het.

 

Hierdie tande het egter al byna die olifant se ondergang beteken. In Afrika is olifante voor die voet geskiet deur wilddiewe wat hul kosbare ivoor ten duurste aan die wΩreld se rykes kon verkoop. In die laat jare tagtig het omgewingsbewustes met Æn wΩreldwye veldtog begin om die ivoorhandel te probeer stopsit.á In 1989 het die VSA en die Europese Gemeenskap (nou die Europese Unie genoem) toe alle ivoorinvoere verbied.

(Verskeie ander diere soos seekoeie, narwalle, spermaceti-walvisse en walrusse het ook ivoortande. Hierdie ivore het soortgelyke fisiese eienskappe as diΘ van olifante. Talle plastiek-plaasvervangers vir ivoor is al ontwikkel.)

 

Dassie

 

òáá RAAR maar waar, die dassie en die olifant is blykbaar hegte familie -- nader verwant aan mekaar as aan enige ander diere.

 

Maar as 'n mens die dassie bekyk, lyk hy eerder na 'n kruising van 'n aardige klompie diere. Sekere van sy bene en sy brein kom wel ooreen met diΘ van die olifant, maar dan is party van sy tande soos diΘ van 'n renoster en ander soos 'n seekoei s'n. Sy maag is weer soos diΘ van 'n perd.

 

In die agttiende eeu is die dassie selfs as 'n soort marmotjie geklassifiseer.

 

Dassies is boorlinge van Afrika, Arabiδ en Asiδ. Hulle is baie skugter, en kan blitsig na hul skuilings padgee. Boomdassies hou in gate in bome, klipdassies tussen klippe.

 

Erdvark

 

òáá HOEWEL die erdvark baie soos 'n miervreter lyk, is hulle glad nie familie nie. 'n Besonderse eienskap van die erdvark is dat hy geen voortande het nie, en bioloδ het hom eers, saam met die armadille en luiaards, in die orde Edentata (die tandeloses) geplaas.

 

Maar hy het nou sy eie orde, waarvan die naam op 'n dier met buistande dui, vanweδ die smal buise wat deur sy tande loop.

 

Die erdvark kom in die meeste dele van Afrika suid van die Sahara voor, maar hy is 'n nagdier, uiters ontwykend en word selde deur die mens gesien. Hy kry sy naam van sy ronde, varkagtige snoet.

 

Met sy kragtige kloue skeur hy termietneste oop wat so sterk is dat 'n mens hulle nie eens met 'n pik kan oopkloof nie. Die erdvark haal dan die skarrelende termiete met sy gryptong uit hul tonnels.

 

Sireniδr

 

òáá IN Homerus se epiese gedig die Odyssee word die hoofkarakter Odysseus gewaarsku teen die sirenes -- seenimfe wat deur hul bekoorlike sang matrose sou lok en hul skepe op die rotse sou laat vergaan.

 

Baie mense dink die legendariese sirenes het dalk hul oorsprong in die manatees en doejongs, oftewel sireniδrs, gehad. Wat laasgenoemde se lelikheid en gegrom met verleidelike en lieflike sang gemeen het, moet egter nog verduidelik word!

 

Sireniδrs is doodgoeie dieresiele, dalk die mins aanvallende soogdiere op aarde. Met hul breδ, gerimpelde steekhaar-snoete, smal, versonke oδ en vet liggame swem hulle lui-lui deur vlak kuswaters, strandlagunes en riviere. Hulle is nuuskierige agies, wat dinge soos vissersbote kan ondersoek deur op hul krom sterte onder die water te "staan" met die kop en skouers bo die oppervlak.

 

Doejongs word in die tropiese en subtropiese dele van die Stille Oseaan aangetref, manatees in die Karibiese en Atlantiese streke van die Amerikas.

 

Groot troppe het eens hier voorgekom, maar hulle is drasties uitgedun weens die verlies aan habitat en deur jagters wat agter hul vleis, leer en olie aan was.

 

____________________________________________________

 

Terug na inhoudsblad -- klik hier

____________________________________________________

 

Ons Wonderlike WΩreld op CD, 2004 - Uit Huisgenoot se Jongspan