__________________________________________________________________
Hoefdiere (4): Ewetonige hoefdiere (ii): Hert, bisamhert, gaffelbok, kameelperd
hoogte!
Hoog in die takke is Æn bekende Afrikaanse
spreekwoord, maar Æn tak in die hoogte is vir ons heelwat minder bekend as dit
by diere kom! Herte is immers nie ware boorlinge van ons deel van die wΩreld
nie. Maar kom ons bekyk hulle en van hul rare familielede Æn slag van
naderby...
__________________________________________________________________
"Hardloop, man wat ek liefhet, maak soos
die ribbok, soos die takboklam op die kruieberge!"
á-- Hooglied
van Salomo, 8:14.
TAKBOKKE... herte. Vir ver¡skillende mense beteken hulle verskillende
dinge. Die vrou in Hooglied verbind hulle met vlug¡heid, in die mooi Bybelboek
waarin die man en vrou hul liefde vir mekaar besing. Sy gee te kenne dat haar
beminde moet hardloop, onder meer soos die jong takbok, om sy liefde aan haar
te betoon.
Kinders kan miskien weer aan herte
dink as diertjies soos die storieboekkarakter Bambi... wat aan blare en takkies
knabbel in 'n verafgeleδ, anderlandse sprokieswΩreld. DiΘ met 'n romantiese
aard roep op hul beurt miskien troppe elegante geweidiere voor die gees, wat
oor Engeland se weides of deur woudlande swerf.
Europese en Amerikaanse
jagters herleef miskien die opwinding van 'n jagtog. Boere, weer, kan dalk
woedend raak as hulle aan gesaaides dink wat deur takbokke verniel is.
Herte -- waarvan daar meer as sestig
spesies is -- kan daarop roem dat hulle van die volopste en mees verspreide
diere op aarde is. Soos die familie Bovidae in ons vorige aflewering,
behoort hulle ook tot die ewetonige hoefdiere of Artiodactyla, en is
hulle ook herkouende diere.
Maar kom ons beskou hierdie ander
herkouers van naderby.
òáá
IN baie wΩrelddele is daar die een of ander soort hert -- van die
tropiese woude tot die droδ woestyne tot die Arktiese toendra. Die meeste hou
egter in die gematigde streke.
Baie is vandag ook immigrante waar
hulle nie van nature voorgekom het nie, byvoorbeeld in Afrika, Australiδ en
Nieu-Seeland.
Die herte wissel geweldig in
grootte. Die moes (die ander Afri¡kaanse benaming, Amerikaanse eland, is
hopeloos misleidend) is die grootste, en die ramme staan omtrent 2,3 m hoog by
die skouers. Die moes word in Noord-Amerika en die noordelike dele van Eurasiδ
aangetref.
Die Suid-Amerikaanse poedoe, die
kleinste, is skouerhoog omtrent 30 cm.
Die verskillende herte se ge¡woontes
is ook baie verskillend. Party is alleenlopers, ander weer kuddediere.
Kariboes vorm troppe van tot 100 000
diere. Hulle bly nie op een plek nie, maar
is meestal aan die swerf op soek na kos. Party trek baie ver met die wisseling
van die seisoene. Die kariboes bring byvoorbeeld die somer in die
Noordpoolsirkel deur. In die laat somer vorm hulle reuse troppe en trek vir die
winter na warmer streke. In die lente
trek hulle weer terug.
Die meeste hertbulle (of hertramme
by die kleiner diere) het vertakkende "horings". By alle spesies
buiten twee -- die muskus- en die Chinese waterhert -- het die bulle of ramme
geweie. Net by twee -- die rendier en kariboe --
het die mannetjies sowel asá die wyfies
geweie. Waar die koeie of ooie van ander spesies wel af en toe geweie het, moet
dit aan 'n hormoonwanbalans toegeskryf word.
[Kyk onderaan hierdie artikel wat
die verskil tussen horings en geweie is.]
Herte ontsnap maklik aan hul vyande.
Hulle het skerp sintuie wat hulle waarsku wanneer gevaar dreig. Hulle sal eers
roerloos gaan staan om nie opgemerk te word nie, maar as dit wel gebeur, is
hulle so vlugvoetig dat hulle maklik vir die meeste vyande kan weghardloop.
Baie herte kan 'n bars skop. Die
moes kap sy vyande van bo af met sy groot hoewe en trap op hulle.
òáá
DIE bisamhert word in Engels 'n "mouse deer" genoem omdat hy
so klein is. Hy is trouens die kleinste van die ware herkouers -- net so 30 cm
hoog by die skouers.
Anders as herte en antilope het hy
egter nie horings of 'n gewei nie, hoewel die mannetjies lang slagtandagtige
oogtande het. Daar is drie spesies.
Hulle hou in die tropiese oerwoude
van Afrika en Suid-Asiδ, en vreet meestal blare, gras, saadjies en vrugte,
hoewel party tog wel insekte, vis en selfs vleis verorber.
Anders as die meeste herkouers het
hulle slegs drie kamers in die pens.
Gaffelbokke
òáá
OFSKOON die gaffelbok soos 'n antiloop lyk, behoort hy tot 'n
afsonderlike familie. Hy het ho¡rings, en is die enigste dier ter wΩreld met
egte horings wat dit afwerp.
Gaffelbokke kom slegs voor in
Noord-Amerika, waar hulle op die oop grasvlaktes van die Ameri¡kaanse Weste
wei.
Hulle is die vinnigste soogdiere in
die Westelike Halfrond, wat oor kort afstande tot 96 km/h kan haal -- gebore
hardlopers, met die hart dubbel so groot soos 'n ewe swaar skaap s'n, die
lugpyp breed en die longe groot.
Hul snelheid is hul belangrikste
wapen teen roofdiere soos wolwe en
prΩriewolwe. Al weiende word die kop kort-kort opgetel om die horison te
bespied. Word 'n vyand gevaar, staan die lang hare by die dier se wit
agterstewe orent -- 'n waarskuwingsteken wat die hele trop laat spore maak.
òáá
KAMEELPERDE is die wΩreld se langste diere, met die bulle wat gemiddeld
5,2 m hoog rank en die koeie 4,3 m. Hulle hou in troppe met bra losse sosiale
strukture, in die boswΩrelde van Afrika suid van die Sahara.
Die "horings" op die diere
se koppe is nie ware horings nie, maar word deur vel en hare bedek.
Hulle het baie koddighede. Die
volwasse diere slaap baie min -- volgens sekere waarnemers net 'n halfuur elke
24 uur -- en dan ook net so staan-staan.
En, langeraad soos hy is, het
daardie uitgerekte nek slegs sewe nekbene -- net soveel soos 'n mens s'n.
Kameelperde is meestal stom, hoewel
hulle af en toe sag sal grom of hoes. Tog het hulle tamaai stemkaste.
Die kameelperd het bloedmin vyande.
Die kleintjies word wel deur leeus, luiperds, jagluiperds, hiδnas en krokodille
gevang, maar die grotes net deur leeus. Hul wapens is hul skoppe -- partykeer
kragtig genoeg om 'n leeu van die gras af te maak!
Die kameelperd se naaste famil¡ielid
is die okapi, 'n skaars dier van die digte oerwoud rondom die Kongorivier in
Midde-Afrika.
òáá
WAT is die verskil tussen horings en geweie?
Die vernaamste verskil lΩ in die samestelling.
Die horing het 'n permanente beenkern wat van die skedelbeen af uitstrek, met
'n blywende, harde keratienryke bedekking. Diere soos beeste, skape, bokke en
antilope het horings.
Die gewei het ook 'n beenkern, maar
hierdie uitgroeisel word jaarliks in die lente afgewerp om vir 'n nuwe plek te
maak. Die gewei groei uit twee velbedekte skedelbeenknoppies wat rosestokke
genoem word.
Wat is die funksies van horings en
geweie?
By antilope word horings veral in
die paartyd deur die vegtende bulle of ramme gebruik om te bepaal wie van hulle
die belangrikste is.
Omdat horings sulke gevaarlike
wapens is, krul baie darem agtertoe om nie tΘ veel skade aan te rig nie, terwyl
ander s≤ gekronkel is dat hulle aan mekaar vashaak en dit gevolglik eerder 'n groot
gestoot afgee as 'n bloederige geveg.
Geweie het ook te doen met seksuele
seleksie. Buiten by die rendiere en kariboes, waar albei geslagte geweie het,
kom dit slegs by die bulle van die herte voor (of dan wel die ramme van die
kleiner hertsoorte).
'n
Bykomende funksie van horings is verdediging. Daar is al opgeteken dat
swartwitpense luiperds deurboor het en dat gemsbokke selfs leeus s≤ bokveld toe
gestuur het.
__________________________________________________________________
Terug na
inhoudsblad -- klik hier
__________________________________________________________________
Ons Wonderlike WΩreld op CD, 2004 - Uit Huisgenoot se Jongspan