__________________________________________________________________

 

Jagluiperd en tier

-- die koning van die naellopers en die 'onsigbare' bekruiper

 

Jagluiperd en tiers... eenmaal was daar 'n groot menigte van hulle op hierdie aarde. Dog deur die toedoen van die mens is daar net 'n klompie duisend van elk oor. Maar hoe verskil hierdie verskillend geaarde katsoorte, veral wat hul jaggewoontes aanbetref?

 

òáá Klik hier as jy by "Kort Begrip" ook wil lees oor wilde katte.

__________________________________________________________________

 

Jagluiperd

 

TEEN tot 120 km/h per uur blits 'n jagluiperd oor die grasvlaktes -- om oomblikke later, sΩ, 'n haas in sy haas te stuit. Dis 'n totaal ongelyke kragmeting. Die haas is vinnig bokveld toe. En die katwyfie het 'n homp haasvleis om vir haar honger kinders te vat...

 

Die jagluiperd se inhardlopery van die prooi verskil van die jaggewoontes van tiers, wat hul slagoffers doodstil bekruip. En die jagluiperd is werklik gebou vir spoed. As vleisvreter jag diΘ wilde kat klein wildsbokke, die kleintjies van groter bokke soos koedoes, asook voδls en hase. Waar die meeste katsoorte in die nag jag, is sy jagtyd in die vroeδ oggend en laat middag.

 

Die jagluiperd van Afrika (Acinonyx jubatus) word as 'n verdwynende dier beskou, terwyl die Asiatiese jagluiperd (Acinonyx venaticus) se bestaan selfs nog meer bedreig word.

 

Daar is voorts twee groepe jagluiperds in die natuur: die gesinne en mannetjies. Die mannetjies, wat inderdaad dikwels broers is, vorm gewoonlik 'n broederskap van twee of drie, wat saam jag. Die wyfies lewe altyd alleen, buiten wanneer hulle kleintjies het. Die mannetjies en wyfies kom slegs bymekaar om te paar.

 

Jagluiperds word soms met luiperds verwar. Hulle is egter veel kleiner. Die jagluiperd het ook eenvoudige swart kolle (en 'n ''traanmerk'' by die oog), terwyl die luiperd swart ringe of sirkels van klein kolle het.

 

Baie, baie jare gelede het die jagluiperd regoor Afrika, Asiδ, Europa en Noord-Amerika voorgekom, maar diΘ in die laaste twee vastelande het verdwyn. Selfs in Afrika en Asiδ, word gereken, is die huidige bevolkings meestal die nasate van klein groepies wat herhaaldelik ''ondertrou'' het. Een bron beweer selfs dat die genetiese samestelling van vandag se jagluiperds sodanig is dat die diere almal so naby verwant is soos identiese tweelinge.

 

ò ò ò ò

 

Tiers

 

VAN agter 'n knoetserige boom beloer die tier sy prooi... die een poot, pure kat, teen die lyf opgetrek. Doodstil. So gespanne soos 'n snaar. In die vroeδ m⌠re is die hert van die Asiatiese bos ongetwyfeld 'n bok des doods. Wanneer die tier hom uiteindelik bespring en die kake in die weerlose takbok se vleis wegsink, moet die deur skrik verlamde slagoffer dan ook vir seker weet dat hy geen kans het nie. Sy einde kom genadiglik gou.

 

Anders as jagluiperds of leeus wat hul prooi inhardloop, jag tiers deur dit te bekruip. Hulle jag ook alleen -- snags, of vroeg in die oggend, en slaap bedags. Hulle kan immers ses keer beter as mense in die donker sien, word vertel. En in digte kreupelhout bied hul kleur -- 'n grondbruin met swart strepe -- 'n doeltreffende kamoeflering, selfs al is hulle so groot.

 

Groot is hulle inderdaad. Trouens, omdat die grootste tiers groter as die grootste leeus is, word die tier (Panthera tigris) as die grootste kat ter wΩreld beskou. Die swaarste soort, die Siberiese tier, kan meer as 225 kg weeg. Daarteenoor weeg 'n pasgebore tierwelpie net ongeveer 1 kg.

 

Ware tiers word slegs in Asiδ aangetref, van die yswoestyne van Siberiδ tot in die stomende woude van Indonesiδ. Tiermannetjies woon alleen en deel nie hul hougebied met ander tiers nie. Jong tiers bly by hul ma todat hulle so twee, drie jaar oud is en gaan vind dan hul eie hougebiede.

 

Anders as wat ons van sulke katte sou verwag, is hierdie diere nie bang vir water nie, maar bad hulle selfs soms in koel waterpoele of riviere. Hulle is ook goeie swemmers.

 

Fantastiese diere, almal van hulle! Maar hul voortbestaan is in groot gevaar. Kort voor die jngste eeuwisseling is geraam dat slegs 5 000 tot 7 400 tiers nog buite gevangenskap lewe, terwyl daar in die begin van die twintigste eeu net in Indiδ 40 000 was. Drie tiersubspesies het in die afgelope sewentig jaar of wat uitgesterf; daar is nog vyf subspesies oor.

 

Die grootste bedreiging vir tiers is die vernietiging van hul habitat deur die mens, wildstropery en die onwettige handel in tierdele wat in die maak van tradisionele Chinese medisyne gebruik word. Die tier se brein word byvoorbeeld as ''medisyne'' teen puisies en luiheid gebruik, terwyl die oogballe teen malaria en katarakte ingespan word. Die stert word gebruik vir velsiektes en die bloed om die wilskrag te verhoog.

 

Daar is glo ook bewyse dat Russiese misdadigers al Siberiese tiers doodgemaak en dele daarvan na die Verre Ooste en Westerse lande gesmokkel het. Lewende tierwelpies, watá tienduisende rande stuk haal, word oor die grens gesmokkel en geslag wanneer hulle volgroei is. Daar word dikwels op die wreedste wyse van die lewende diere medisyne gemaak.

 

As die majesteitlike tier moet uitsterf weens die toedoen van gierige en gewetenlose mense, sΩ 'n besorgde natuurliefhebber, sal ons nakomelinge die geslag van vandag dit seker nie maklik vergewe nie.

 

________________________________________________________________

 

Terug na inhoudsblad -- klik hier

________________________________________________________________

 

Ons Wonderlike WΩreld op CD, 2004 - Uit Huisgenoot se Jongspan