___________________________________________________________
Bartolomeu
Dias
-- die
stormheld van Goeie Hoop
Bartolomeu
Dias en sy manne was, volgens die heersende beskouing, die eerste Westerlinge
wat in Suid-Afrika voet aan wal gesit het. Maar in sy lewe was Dias 'n
onbesonge mens. Hy is trouens so geringgeag dat daar in oorblywende dokumente
uit sy tyd omtrent niks van hom en sy see-avonture langs Afrika verskyn nie.
Daar bestaan boonop geen outentieke portret van hom nie. Ook in vandag se boeke
oor die groot ontdekkers van die verlede word Dias erg afgeskeep of selfs
heeltemal ge∩gnoreer.
òáá Maar uit die newels van die eeue verrys sy gedagtenis... word nß meer as vyf eeue eers ietwat beter besef wat die waarde van sy ontdekking vir die wΩreld was. Bartolomeu Dias was immers 'n voorloper wat die weg gebaan het vir kontak tussen Europa, Afrika en die Oosteà
___________________________________________________________
òáá DIE
karveel, die nederige soort seilskippie waarmee Dias sy epiese ontdekkingstog
onderneem het, is in Portugal ontwikkel tydens die eerste jare van daardie land
se bloeityd as seemoondheid. Maar hoe het karvele werklik gelyk? Geen
noukeurige illustrasie van die karveel het, sover bekend, behoue gebly nie en
vir eietydse rekonstruksies moet tekenaars of modelbouers hulle op karige
getuienisse verlaat. Dit was egter 'n klein, ligte en vinnige seilvaartuigie.
òáá BARTOLOMEU
DIAS (1450?-1500) was die opsigter van die koninklike Guinee-pakhuise in
Lissabon, en die bevel oor die karveel Sao Cristovao is in 1486 deur koning
Joao II aan hom opgedra. Met nog 'n karveel, die Sao Pantateao, en 'n naamlose
vragskippie het sy ekspedisie in Julie of in Augustus 1487 die Taag-rivier in
Portugal verlaat met die koninklike opdrag om 'n seeweg na die speseryryke
Indiδ te vind.
Oor Dias se lotgevalle voordat hy by Mosselbaai
aangekom het, was daar in die verlede nie eenstemmigheid nie. Geskiedkundiges
aanvaar dit egter vandag as 'n mite dat hy deur 'n storm ver suidwaarts gedryf
is, en toe hy weer noord vaar, die suidpunt van Afrika naby Mosselbaai bereik
het.
Dit het nie so gebeur nie, word vertel. Dias was
naamlik 'n kranige seeman. Hy het in Januarie langs die weskus suidwaarts
gevaar. Hy moes teen die suidewinde oplaveer. Soos dit 'n goeie seevaarder
betaam, het hy eers baie ver suidwes gevaar, moontlik tot 39 of 40 grade suid.
Toe het hy oos gedraai en met die wind agter die
bak-boordwindveer in 'n noordelike, noordoostelike rigting gevaar. Naby
Gouritsmond het hy die eerste keer land gesien. Hy het die kus ooswaarts gevolg
totdat hy by Mosselbaai uitgekom het.
á
Dias, wat die lang gesogte suidpunt van Afrika omseil
het, se kennismaking met die Khoi-Khoi het 'n ongelukkige voorval tot gevolg
gehad. Omdat die Portugese en inboorlinge nie mekaar se tale kon verstaan nie,
was die ontmoeting gewelddadig: die Khoi-Khoi het die Dias-manne wat by 'n
stroom kom water skep het, onder die klippe gesteek. Dias het uit
selfverdediging een met 'n kruisboog doodgeskiet en die ander het toe gevlug.
Hy het verder oos geseil, maar hy moes kopgee en
uiteindelik omdraai omdat sy hoδr offisiere en ander matrose nie wou verder
nie. By Kwaaihoek het hy sy eerste padrao, 'n klippilaar met 'n betreklik klein
kruisie aan die bopunt, geplant.
Op sy terugvaart het Dias ook 'n kruis geplant by die
Kaap die Goeie Hoop en by Lⁿderitz.
Nog 'n interessante brokkie geskiedenis: Op Dias, wat
sy voorradeskip by Lⁿderitz agtergelaat het, het daar volgens die
geskiedskrywer John de Barros met sy terugkeer 'n skok gewag: van die nege man
by die voorradeskip het net drie nog gelewe, en een van diΘ was so bly om sy
kamerade weer te sien dat hy op die plek dood neergeslaan het.
á
áòáá N┴ SY baanbrekersreis van meer as sestien
maande was Bartolomeu Dias teen Desember 1488 terug in Portugal. 'n
Helde-ontvangs? Dit klink vandag vreemd dat hy nie eens die een of ander
eretitel ontvang het nie.
Die volgende staaltjie oor sy verslag aan sy koning
(afkomstig van die geskiedskrywer De Barros, wat sowat 65 jaar later daaroor
geskryf het) is geslagte lank vertel: "Dit sal die Kaap van Storms genoem
word," sou Dias gesΩ het, gedagtig aan die stormsee wat hy doer onder by
die bog in die suide van Afrika beleef het. Maar die koning, wat gehoop het dat
'n seeweg na die Ooste nou spoedig gevind kon word, sou geantwoord het:
"Nee, liewer die Kaap van Goeie Hoop."
Vandag word egter geglo dat nie die koning nie, maar
Dias self vir die Goeie Hoop-naam verantwoordelik was, soos die geskiedskrywer
Duarte Pacheco slegs twintig jaar nß die ontdekking van die Kaap geskryf het.
Die onbesonge Dias is in 1500, twaalf jaar nß sy
ontdekking van die Kaap, tragies dood toe sy karveel in die Atlantiese Oseaan
wes van dieselfde Kaap vergaan het. Die karveel was 'n deel van die vloot van
Pedro Alvares Cabral wat na die Ooste onderweg was.
òáá WAS Dias
werklik die Westerse "ontdekker" van Suid-Afrika? Geskiedskrywers sΩ
nee. Sowat 2 500 jaar gelede het die beroemde farao Neko in Egipte regeer, van
wie ook in II Konings 23:29 in die Bybel vertel word.
Historici sΩ dat dit juis hierdie Neko was wat 'n
aantal skepe beman deur Feniciese matrose uit Egipte op 'n ekspedisie rondom
Afrika gestuur het. Een skrywer het al selfs 'n kleurryke beeld versin van hoe
die Feniciδrs in wat vandag Kaapstad is, voet aan wal kon gesit het: Straks het
hulle oor hul reis sit en gesels waar die Parlementsgebou nou staan, 'n bok in
die Kompanjiestuin geskiet en hul ete op die terrein van die Mount Nelson Hotel
genuttig!
òáá VASCO DA
GAMA (1460-1524), wat op die spore van Dias in 1497-'98 die seeweg na Indiδ
gevind het, het die verering ontvang wat Dias ontsΩ is: Hy het die titel graaf
in 1519 gekry en is in 1524 as onderkoning van Indiδ aangestel, hoewel hy kort
daarna oorlede is.
'n Ander groot ontdekkingsreisiger, wie se pad glo
met diΘ van Dias gekruis het, was die Italiaanse Spanjaard Cristoforo Colombo
(Columbus) (1451?-1506), wat in 1492 die Nuwe WΩreld ontdek het en gedink het
dit is lndiδ. Dis interessant dat Columbus glo teenwoordig was toe Dias nß sy
reis aan die koning van Portugal verslag gedoen het.
In die Middeleeue is nog gedink dat die aarde plat is
--á met die hemel bokant die hemelboog
en die hel onder die grond. Dit was diΘ soort opvatting wat seevaarders
aanvanklik te bang gemaak het om dit te ver op die see te waagà netnou tuimel
jy van die rand afl
Maar die Portugese ontdekkingsreise van weleer -- ook
die belangrike reis van Bartolomeu Dias -- het meegehelp om sulke vrese te
besweer en wΩrelddele te verbind met ander wΩrelddele wat voorheen in volslae isolasie
bestaan het.
___________________________________________________________
Terug na
inhoudsblad -- klik hier
___________________________________________________________
Ons Wonderlike WΩreld op CD, 2004 - Uit Huisgenoot se Jongspan