|
Ons hawens
-- herberge vir die wΩreld se skepe
Al om die Suid-Afrikaaanse kus van 2798 km is verskillende plekke waar die wΩreld se skepe daagliks kom en gaan. Sonder hul welkome besoeke aan ons land, kon ons net sowel 'n afgesonderde eiland gewees het. Maar as ons nie hawens gehad het om hierdie skepe te ontvang nie, sou hul kuiertjies ook hoegenaamd geen doel gedien het nie!
JOU pa het 'n motor wat met brandstof werk wat aanvanklik van Ωrens in die Noordsee gekom het. Die slot wat jy gebruik om jul werf se hek te sluit, is in China gemaak. Die buitenseisoense spanspekkies in jul yskas is iewers in die Midde-Ooste gekweek. En jou netjiese armhorlosie is 'n egte Switserse produk.
Maar hoe het al hierdie dinge vanuit die buitewΩreld hier in Suid-Afrika gekom? Die armhorlosie het 'n ryk familielid miskien op 'n besoek aan Switserland vir jou gekoop en dit per vliegtuig die land binnegebring. Maar die ander goedere moes per skip hierheen vervoer word.
Dog as ons nie hawens gehad het waar die skepe kon aandoen nie, sou dit mos bitter moeilik gewees het om al hul vragte aan land te kry!
En hoe sou ons andersyds sonder ons hawens ons land se menigte uitvoerprodukte na die buiteland kon verskeep het?
Suid-Afrika se ses belangrikste kommersiδle hawens is diΘ van Durban, Richardsbaai, Kaapstad, Saldanhabaai, Port Elizabeth en Oos-Londen.
Dan is daar ook nog die hawe van Mosselbaai met sy aardgas-bedrywighede en die hawe van die vissersdorp Port Nolloth, wat voorrade vir die diamantdelwerye by Oranjemund hanteer.
Simonstad, suid van Kaapstad, is 'n vlootbasis en -opleidingsentrum wat ook vermeldingswaardige hawegeriewe het.
'n Belangrike nuwe Suid-Afrikaanse hawe, diΘ van Coega (of Ngqura), word tans 20 kilometer noordoos van die Port Elizabethse hawe aangelΩ -- aan die mond van die Coega-rivier in Algoabaai. Die plan is dat die hawe in 2004 in bedryf sal kom.
Groot verwagtinge word gekoester oor die uitwerking van diΘ nuwe hawe op die grootliks arm en onderontwikkelde Oos-Kaap. Watter gevolge dit vir die nabygeleδ Port Elizabethse hawe sal hΩ, sal egter nog gesien moet word.
Wat die bestaande groot hawens aanbetref, is diΘ van Saldanha, Durban en Richardsbaai beskutte hawens. Die Oos-Londense hawe lΩ aan die mond van die Buffelsrivier in die Oos-Kaap, terwyl die hawens van Kaapstad en Port Elizabeth in oop baaie gebou is.
Die vaargeule van Suid-Afrika se hawens moet voortdurend of periodiek gebagger word (dit beteken dat modder met 'n baggermasjien onder die water uithaal moet word). Daar is ook seewerings en seebrekers. Die kaaie in die hawens (gemesselde aanlΩplekke vir skepe) is altesame sowat 36 kilometer lank en akkommodeer minstens 170 ankerplekke vir skepe van alle groottes.
Elke groot hawe het tradisioneel 'n belangrike gespesialiseerde rol in Suid-Afrikaanse uitvoere gespeel. Durban hanteer byvoorbeeld algemene vrag, veral graanuitvoere. Kaapstad spesialiseer in die uitvoer van sagte vrugte, wyn en groente. En Saldanhabaai is spesifiek gebou vir die uitvoer van mineraalerts wat van die Noord-Kaap kom.
Suid-Afrikaanse hawens het ook 'n belangrike rol in ons geskiedenis gespeel. Die Tweede WΩreldoorlog het nogmaals die belangrikheid van die Kaapse seeroete beklemtoon en die getal skepe wat ons hawens tydens die oorlog besoek het, het dramaties gestyg.
Die Suid-Afrikaanse hawens is nou in 'n oorgangsfase vanweδ privatiseringsmaatreδls wat op doeltreffender vraghantering en die skepping van broodnodige infrastruktuur gemik is.
Terselfdertyd bly elke hawe die eiendom van korporasies wat deur die staat besit word. Dit skep op sy beurt 'n sin van stabiliteit en sekerheid.
Die verskillende hawens word hieronder kortliks besoek:
Durban
ò DIE plan om Æn hawe by Durban aan te lΩ het in 1824 ontstaan toe die eerste Europese setlaars hier geland het met die doel om Æn handelspos te vestig. Durban se eerste hawemeester is in 1839 of 1840 aangestel (ons is vandag nie meer seker presies wanneer nie) en dit is waarskynlik korrek om dit as die hawe se geboorte te beskou.
Die Durbanse hawe dra vandag die grootste volume van seeverkeer in Suidelike Afrika. In 2001 het dit byvoorbeeld 3202 oseaanskepe, 36 kusvaarders, 331 vissersvaartuie en 632 diverse vaartuie met 'n gesamentlike tonnemaat van 179 350 109 gehanteer.
Altesame 31 788 020 ton vrag is gehanteer, plus nog 24 miljoen ton olie en petroleumfabrikaat van gesamentlik 55 788 020 mt. Die hawe is heeldag, heelnag en die hele jaar deur in bedryf.
Die ingangskanaal is met laagwater 12,7 meter diep. Dit is 122 meter breed, maar daar word beoog om dit laat in 2005 met nog 100 meter te verbreed.
Durban het vyf diepsee- en twee kus-houeraanlΩplekke en bied 15195 meter kaairuimte vir handelskepe. Hier is ook herstelgeriewe, waaronder 'n drywende droogdok.
Richardsbaai
ò RICHARDSBAAI is Suid-Afrika se voorste hawe vir massavraghantering en die modernste. Dit is in 1976 vir die uitvoer van steenkool gebou en is sedertdien vir ander massavragte uitgebrei. Teen 2002 het dit jaarliks 90 miljoen ton vrag gehanteer.
In 2001 het Richardsbaai 1673 vaartuie gehanteer, waaronder 1570 oseaanskepe, met Æn gesamentlike tonnemaat van 170 710 762.
Die hawe kan massavragkarweiers van tot 250 000 ton hanteer en het vyf aanlΩplekke vir algemene en massavragte, asook 'n aanlΩplek vir steenkool. DiΘ hawe word ook dag en nag bedryf.
Kaapstad
ò KAAPSTAD as nedersetting dateer van 6 April 1652 toe die Nederlander Jan van Riebeeck in Tafelbaai aan wal gestap het om 'n verversingspos vir skepe na en van Nederlands-Oos-Indiδ te vestig. Die hawe het met die eeue saam voortdurend ontwikkel.
Die Kaapse hawe is die beroemdste hawe in Afrika, en die Kaap word deur
baie mense as een van die mooiste plek op aarde beskou. Passasiersvaartuie raak dan ook ßl belangriker namate al hoe meer toeriste die Skoonste Kaap besoek. Baie van die passasiersvaartuie wat nie te groot is nie, maak van die Waterfront met sy bykomende toeriste-attraksies gebruik.
Die Kaap het een van die grootste droogdokke in die Suidelike Halfrond, met vyf aanlΩplekke vir houervaartuie en karweiers van gewone vrag, asook 'n pier vir kusverkeer en uitgebreide skeepsherstelgeriewe. Die hawe in Kaapstad het 'n wateroppervlakte van 112,7 hektaar.
Die hawe is dag en nag oop, maar sterk winde kan die bedrywighede kortwiek. In 2001 is 3990 vaartuie, waaronder 2297 oseaanskepe, met 'n gesamentlike tonnemaat van 140 283 427 gehanteer. Die vrag was altesame 7 816 848 ton.
Port Elizabeth
ò DAAR was 'n tyd, in 1877, toe Port Elizabeth tot die belangrikste hawe in Suid-Afrika ontwikkel het. Dit was sowat 'n halfeeu nadat dit hawestatus gekry het met die aanstelling van 'n hawemeester in 1825 (nß die aankoms van die Britse setlaars in 1820).
Die landbou het nog altyd 'n belangrike rol in die hawe se bedrywighede gespeel, veral wat die hantering van sagte vrugte en sitrusvrugte en die jaarlikse wolskeersel aanbetref.
Vandag bevat die ingeslote oppervlakte van Port Elizabeth se hawe -- sowat 115 hektaar -- meer as 3400 meter kaairuimte vir handelsvaartuie en 'n houerterminaal met twee aanlΩplekke. Geriewe by die hawe sluit in 'n meganiese ertshanteringsinstallasie wat tot 1500 ton per uur kan hanteer en 'n voorkoelruim van 7500 kubieke meter.
Die hawe het in 2001 altesame 1187 vaartuie, waaronder 786 oseaanskepe, met 'n gesamentlike tonnemaat van 59 374 602 gehanteer. Die vrag wat gehanteer is, het 4 229 187 ton beloop.
Die hawe se dienste is 24 uur per dag beskikbaar.
Saldanhabaai
ò SALDANHABAAI, 110 kilometer noordwes van Kaapstad, het die grootste hawe aan die weskus van Afrika en een van die beste natuurlike hawens ter wΩreld. Met 'n hawe-oppervlakte van sowat 5000 hektaar is Saldanhabaai se hawe groter as die gesamentlike oppervlaktes van die hawens van Durban, Kaapstad, Port Elizabeth en Oos-Londen.
Saldanabaai is reeds eeue lank bekend as 'n aandoenplek vir skepe, maar die vasmeerplek is sowat 'n kwarteeu gelede eers in 'n moderne hawe omgeskep. Die eerste ystererts is so onlangs as in 1976 uitgevoer, maar sedertdien is 'n paar honderd miljoen ton erts hiervandaan verskeep. Die erts word per spoor van myne naby Sishen in die Noord-Kaap na Saldana gebring. Die hawe kan ertskarweiers van 350 000 ton hanteer.
In 2001 was die hawe van Saldanhabaai met altesame 409 vaartuie gemoeid, waaronder 403 oseaanskepe, met 'n totale tonnemaat van 56 413 805. Die vrag het 26 377 162 ton beloop.
Die hawe word 24 uur per dag beheer.
Oos-Londen
ò OFSKOON die Oos-Londense hawe die kleinste van die groot hawens is, het dit 'n graan-hystoestel met 'n kapasiteit van 75 000 ton -- die grootste in Suid-Afrika. Oos-Londen behartig landbou-uitvoere en is die hoofuitvoerder van koper uit ander Afrika-lande soos Zambiδ en die Demokratiese Republiek van die Kongo (Kinshasa). Oos-Londen se oorspronklike naam was Port Rex.
In 2001 is altesame 323 vaartuie, waaronder 227 oseaanskepe, met 'n gesamentlike tonnemaat van 21 256 478 gehanteer. Die vrag het 1 405 196 ton beloop.
Marinedienste is tussen 06h00 en 22h00 beskikbaar.
Mosselbaai
ò DIE Mosselbaaise hawe is meestal vir visvangste en hanteer weinig ander kommersiδle vrag, ofskoon die visbedryf ekonomies belangrik vir die Suid-Kaap is. Al hoe meer skepe vir die ontluikende Mossgas-oliebedryf doen egter hier aan.
Mosselbaai se geskiedenis as vasmeerplek het reeds in 1488 begin toe die Portugese ontdekkingsreisiger Bartholomeu Dias hier aan land gekom het.
('n Interessante syspoortjie: Dias, die eerste seevaarder wat die lang gesogte suidpunt van Afrika omseil het, se kennismaking met die Khoi-Khoi het 'n ongelukkige voorval tot gevolg gehad. Omdat die Portugese en inboorlinge nie mekaar se tale kon verstaan nie, was die ontmoeting gewelddadig: die Khoi-Khoi het die Dias-manne wat by 'n stroom kom water skep het, onder die klippe gesteek. Dias het uit selfverdediging een met 'n kruisboog doodgeskiet en die ander het toe gevlug.)
Mossgas het in die laat 1980's in Mosselbaai tot stand gekom nß die ontdekking van ontginbare aardgas-reserwes onder die see.
Port Nolloth
ò MET sy smal, vlak ingang -- en aanvanklik in die 1850's aangelΩ vir die uitvoer van koper van die myne naby O'Kiep -- hanteer die Port Nollothse hawe vandag net dinge soos visvangste, maar daarbewens ook diamante en die verskaffing van olie vir die diamantdelwerye by Oranjemund. Die hawe het 'n enkele, 67 meter lange kaai.
Terug
na inhoudsblad -- klik hier
Ons
Wonderlike WΩreld op CD, 2004 - Uit Huisgenoot se Jongspan
|