___________________________________________________________
Die veroordeelde vryheidsvegter wat 27 jaar as 'n
politieke gevangene in die tronk deurgebring het -- en toe die eerste
staatshoof van 'n nie-rassige Suid-Afrika geword hetà
___________________________________________________________
VAN alle Suid-Afrikaners van die twintigste
eeu is daar miskien net drie wat so Æn impak op die wΩreldgeskiedenis gehad het
dat hul name onuitwisbaar op die groot gedenksteen van die mensdom ingegrif is:
die staatsman Jan Christiaan Smuts, die eerste hartoorplanter prof. Chris
Barnard en oud-president Nelson Mandela.
Na die politici Smuts en Mandela word hier objektief
en op 'n historiese vlak verwys, sonder om enige van hul politieke
beleidsrigtings of standpunte goed te praat of af te keur.
Maar veral mnr. Mandela en sy epiese reis van Æn
veroordeelde vryheidsvegter tot triomferende staatshoof van Æn nie-rassige
Suid-Afrika -- regdeur sy 27 jaar in die tronk as Æn politieke gevangene -- sal
deur geen internasionale geskiedenisboek wat sy naam werd is, ge∩gnoreer kan
word nie.
Dit is tans ook vir ons skole belangrik dat die
Mandela-verhaal deur leerders geken moet word. Hier is sy lewensloop in Æn
neutedop... die held agter die mite en die man van deernis wat hom vandag
steeds die lyding van minderbevoorregte kinders sterk aantrek...
1918á áááRolihlahla Dalibhunga Mandela word op 18
Julie in Æn plattelandse distrik in die Transkei gebore as lid van Æn adellike
Temboe-gesin. Dit lyk nogal of die letterlike betekenis van die naam
Rolihlahla, wat in Xhosa op Æn "onrusstoker" dui, sy lotsbestemming
bepaal het. Hy ontvang later sy "Engelse" naam, Nelson, van Æn
leerkrag by sy skool.
1919áááá
Sy pa word sy kapteinskap ontneem weens sy "opstandigheid". Op
bevel van Æn blanke magistraat (landdros) word sy pa onteien en hy verloor die
meeste van sy beeste, grond en inkomste.
1927áááá
Met die dood van sy pa word Nelson in die sorg geplaas van die
waarnemende hoofman van die Temboe-stam, Jongintaba Dalindyebo. Hierdie voog
sou hom skool en universiteit toe stuur.
1934-38áááá
Ontvang opleiding aan die Metodistekolleges Clarkebury and Healdtown.
1939-40áááá
Studeer aan die Universiteit van Fort Hare, Æn sentrum van die swart
intellektuele elite.
1941áááá
Verhuis na Johannesburg. Werk Æn tyd lank in die goudmyne. Maak kennis
met Walter Sisulu, deur wie se bemiddeling hy deur die liberale blanke
regspraktisyn Lazar Sidelsky as Æn leerling-prokureur aangestel word.
1943-49áááá
Studeer in die regte aan die destyds hoofsaaklik blanke Universiteit van
die Witwatersrand.
1943áááá
Sluit hom by die African National Congress (ANC) aan, aanvanklik as Æn
aktivis.
1944áááá
Saam met sy hegte vriende Oliver Tambo en Walter Sisulu stig Nelson
Mandela die Jeugliga van die ANC. Hy trou met sy eerste vrou, Evelyn Mase.
(Hulle sou drie kinders hΩ en skei in 1957.)
1955áááá
Die Freedom Charter word aanvaar op die Congress of the People. Gelyke
regte word gevra, asook Æn gelyke verdeling van rykdom tussen die swartmense en
die land se blanke bevolking.
1956áááá
Mandela en nog 155 politieke aktiviste word daarvan beskuldig dat hulle
saamgesweer het om die Suid-Afrikaanse staat met geweld omver te werp en word
van hoogverraad aangekla. Die aanklagte word egter nß Æn verhoor van vier jaar
teruggetrek.
1958ááá
Mandela trou met Winnie Madikizela.
1960áááá
Die polisie brand los op mans, vroue en kinders wat in Sharpeville
betoog teen die nuwe paswette wat die bewegings van swartmense beperk. Altesaam
69 betogers word doodgeskiet. Die ANC word op 8 April verbied, en Mandela vorm
Æn ondergrondse militΩre vleuel.
1961áááá
In Æn persverklaring verklaar Æn uitdagende Mandela: "The struggle
is my life."
1964ááá
Gevang deur die polisie nß meer as Æn jaar op vrye voete, word Mandela
(watá onder die naam The Black Pimpernel
bekend geword het) in Junie in die sogenaamde Rivonia-verhoor aan sabotasie en
verraad skuldig bevind en tot lewenslange tronkstraf gevonnis. Daar was agt
beskuldigdes in die saak -- ses swartes en twee blankes. Mandela word
aanvanklik op Robbeneiland aangehou, waar hy klippe moet kap in 'n kalkmyn. Sy
vrou Winnie staan aan die spits van Æn veldtog om hom vrygelaat te kry.
1968
en 1969ááá Sy ma sterf en sy oudste seun word in Æn
motorongeluk gedood. Mandela word nie toegelaat om hul begrafnisse by te woon
nie.
1980áááá
Sy vriend Oliver Tambo, Æn uitgewekene, loods Æn internasionale veldtog
vir sy vrylating.
1982áááá
Mandela word van Robbeneiland na die Pollsmoor-gevangenis oorgeplaas.
1986áááá
Die wΩreld verskerp sy sanksies teen Suid-Afrika. Daar is bereken dat
hierdie ekonomiese wurggreep die skatkis van die land tussen 1988 en 1990 meer
as vier miljard dollar aan inkomste gekos het.
1990ááá
Pres. F.W. de Klerk ontban die ANC en Mandela word nß 27 jaar op 11
Februarie uit die tronk vrygelaat. Die ANC en die blanke Nasionale Party begin
spoedig met samesprekings oor die stigting van Æn veelrassige demokrasie in
Suid-Afrika.
1991ááá
Winnie Mandela word Æn opgekorte vonnis opgelΩ vir haar aandeel in die
ontvoering van ene Stompie Seipei wat in 1988 dood is.
1992áááá
Nelson Mandela skei van Winnie. Die besluit kon nie vir hom maklik
gewees het nie, maar die huwelik het klaarblyklik onherstelbaar verbrokkel. In
sy aankondiging van hul skeiding sΩ hy: "Ek gaan sonder verwyte weg van my
vrou. Ek omhels haar met al die liefde en toegeneentheid wat ek binne en buite
die gevangenis vir haar gekoester het van die oomblik toe ek haar die eerste
keer ontmoet het."
1993ááá
Mandela en De Klerk ontvang saam die Nobelprys vir vrede vir hul pogings
om Suid-Afrika te verander.
1994áááá
In die eerste veelrassige verkiesing in die Suid-Afrikaanse geskiedenis
verower die ANC 252 van die 400 parlementΩre setels. Nelson Mandela word as die
land se eerste swart president ingehuldig.
1995ááá
Suid-Afrika se rugbytrots wen die WΩreldbeker toe die toernooi in ons
land aangebied word. Mandela ontvang in die openbaar Æn spantrui van die
kaptein, Francois Pienaar. Dit word as Æn hoogs simboliese gebaar van eenheid
tussen swart en wit gesien.
1998ááá
Mandela trou op sy tagtigste verjaardag met Graca Machel, weduwee van
die voormalige Mosambiekse president Samora Machel.
1999áááá
Hy tree as president af en word deur Thabo Mbeki opgevolg.
2000 ááááWord as bemiddelaar in die burgeroorlog in Burundi aangestel.
2001áááá
Op 83-jarige leeftyd word prostaatkanker by hom gediagnoseer.
___________________________________________________________
Terug na
inhoudsblad -- klik hier
___________________________________________________________
Ons Wonderlike WΩreld op CD,
2004 - Uit Huisgenoot se Jongspan