Pierneef
'n
Kunstenaar van Afrika, vir Afrika -- wat landskappe geskilder het wat
verskil van enigiets anders wat voor hom hier op die skilderdoeke te
sien was. Ander
het weliswaar dieselfde tonele as hy geskilder, maar hy het met nuwe oδ
na ons wΩrelddeel gekyk en die voorste vertolker daarvan geword. Hoeveel
armer sou die Suid-Afrikaanse kuns nie sonder J.H. Pierneef [FOTO
HIERBY] gewees het
nie. En
tog moes hierdie kunstenaar, wie se eerste liefde die gras- en boswΩreld
van die destydse Noord-Transvaal en die Laeveld was, wat hy met
eindelose sorg en liefde geskilder het, ook in sy tyd om ware erkenning
stry. Soos
soveel ander begaafde kunstenaars deur die eeue, is sy vernuwing nie
sommerso deur sy tydgenote aanvaar nie. Gelukkig het genoeg eerbewyse
later gevolg om hom gedurende sy lewe reeds beroemd te maak. Vandag word
Pierneef (1886-1957) gehuldig as die reus in ons kultuurgeskiedenis wat
hy inderdaad was. Eerste
jare
ò
JACOB HENDRIK PIERNEEF (Jacob, Pier, Hendrik of Henk genoem) is
op 13 Augustus 1886 in Pretoria gebore, die oudste seun van Gerrit en
Neeske Pier¡neef. Hy
word groot in 'n gesin van ses kinders -- die sewende baba sterf op drie
maande -- en besoek die Staatsmodelskool in Pretoria. Sy
ondervindings hier wakker sonder twyfel sy belangstelling in die kunste
aan. Twee van sy groot skoolvriende is Cordon Leith en Fanie Eloff û
ook bestem om beroemde kunstenaars te word. Die drie seuns ontvang
tekenlesse by meester J.F. Hondius, wat hulle die prag van die natuur
daar buite leer waardeer. Nog
'n onderwyser, dr. H.G. Breyer, neem sy leerlinge die veld in om hulle
van die natuurwetenskappe te leer. Volgens Pierneef het hierdie
intimiteit met die natuur hom sy lewe lank bygebly. Nederland
ò
DIE Pierneefs se vreedsame lewe word skielik versteur. Die gesin,
wat Nederlanders is, word in 1900 tydens die Anglo-Boereoorlog deur die
Engelse besettingsmagte aangesΩ om uit Transvaal pad te gee, so nie sal
pa Gerrit aangehou word. Hulle verkies om gedeporteer te word. Die
geluk by die ongeluk is dat hulle darem oorsee behandeling kan probeer
kry vir Hendrik se regterbeen, wat weens rumatiekkoors korter as die
linkerbeen is. Een van Hendrik se susters het ook mediese sorg nodig. In
April 1901 vaar die Pierneefs dus Nederland toe, waar hulle eers in
Hilversum gaan woon en die kinders hul skoolopleiding voortsit. Die
vyftienjarige Hendrik werk bedags nß skool in 'n verfwinkel, waar hy
verskillende soorte verwe leer meng en aanwend, en saans loop hy klas in
argitektuurtekeninge. Tien
maande later verhuis die gesin na Rotterdam, waar die twee kinders se
mediese behandelings begin. In diΘ tyd ontvang Hendrik deeglike
onderrig aan die geδerde Akademie vir Beeldende Kunste -- ondanks sy
gesin se begeerte dat hy 'n dominee moet word. Hendrik
eksperimenteer ook met gipsmodelle en leer letterskilderwerk. Tabakwinkel
ò
TEEN die einde van 1903, met die Anglo-Boereoorlog verby, keer
die gesin terug na hul tuiste in Pretoria. Die agttienjarige Hendrik,
wat nou heel normaal kan loop, gaan nog drie maande lank skool. Vroeg
die volgende jaar word pa Gerrit 'n vennoot in 'n tabakwinkel in
Pretoria. Hy probeer sy seun afraai om 'n kunstenaar te word, omdat
daar, volgens hom, geen toekoms in sou wees nie. Hy laat hom in die
winkel werk. Hendrik
gooi egter nie tou op nie. In sy vrye tyd teken en skilder hy
naarstiglik. Tussen 1905 en 1908 bestudeer hy die skilderkuns onder
Frans Oerder, en ets en die houtgraveerkuns onder die Ierse kunstenaar
George Smithard. Smithard
dring by hom aan om sy eie skilderstyl te ontwikkel en nie bloot
Europese kunstenaars na te boots nie. Die jong Pierneef word ook baie
deur sy peetpa be∩nvloed -- die groot beeldhouer Anton van Wouw. In
1908 dwing 'n rusie tussen pa Gerrit en sy vennoot in die tabakwinkel
vir Hendrik om elders werk te soek. Hy aanvaar 'n aanstelling as
assistent in Preto¡ria se staatsbiblioteek. Gerrit verloor al sy geld,
wat 'n einde maak aan alle verwagtinge wat Hendrik nog kon gehad het om
in die kunste te studeer. Dieselfde
jaar word sy werk die eerste keer uitgestal. Ook in die uitstallings was
bronsstandbeelde deur Anton van Wouw en skilderye deur Hugo NaudΘ. Twee
huwelike ò
IN 1910 trou hy teen sy ouers se wense met Agatha Delen, wat
twaalf jaar ouer as hy is. In dieselfde
jaar verkoop Pierneef sy eerste olieskildery -- 'n Blik op
Meintjieskop -- aan 'n kunshandelaar genaamd Emil Schweikerdt vir
die ekwivalent van R6,30. In
1911 sluit Pierneef hom by 'n groep Pretoriase kunstenaars, Die
Individualiste, aan. Vanweδ sy uitstallings word hy vir 'n beurs
aanbeveel om oorsee te studeer, maar sy aansoek slaag nie. In
1913 hou hy sy eerste eenmansuitstalling in Pretoria. Dit is so geslaag
dat hy genoeg vertroue kry om gereeld uit te stal. Hy
ontwerp ook stofomslae vir boeke en hy teken vir tydskrifte. In 1916
skilder hy saam met 'n vriend die dekor vir 'n opvoering van een van
C.J. Langenhoven se werke. Tussen
1917 en 1919 hou hy lesings by die onderwyserskolleges van Pretoria en
Heidelberg, en in hierdie tyd studeer en kopieer hy rotskuns tydens sy
reise deur die platteland. Tydens
'n lesing in Bloemfontein benadruk hy hoe belangrik dit is om 'n
individuele en eg-Suid-Afrikaanse kunsstyl te vestig, en hy wys op die
skoonheid van die San (Boesmans) se kuns en hoe besonderlik dit met die
Suid-Afrikaanse omgewing rym. Pierneef
se einddoel is om vir die Suid-Afrikaanse kuns 'n nasionale styl te skep
wat op die skoon lyne van San-tekeninge ge¡grond is. Sy idees word
dikwels gekritiseer deur mense wat glo dat s≤ 'n styl afbreuk aan die
Suid-Afrikaanse kuns sal doen. In
Julie 1919 maak hy hom los van alle formele verpligtinge om slegs
'n
kunstenaar te wees. Benewens skilder, lewer hy ook baie pastelwerke,
tekeninge, linosneδ en etse, maak hy illustrasies vir Afrikaanse
tydskrifte en skryf hy selfs gedigte. In
1921 stal hy sy werk in Kaapstad en Stellenbosch uit. Die volgende jaar
gaan hy Vrystaat toe waar hy 'n reeks van agt muurskilderinge vir die Hoδrskool
Ficksburg maak. En
in 1923 besoek hy die huidige Namibiδ waar hy hom ywerig besig hou met
baie sketse en skilderye van die landskap. Sy werke op hierdie reis is
van sy beste. Intussen
gaan dit egter nie so goed met Pierneef se persoonlike lewe nie. Behalwe
dat daar 'n ewige geldtekort is, verbrokkel sy huwelik en in 1924 skei
hy en sy vrou. Dieselfde
jaar maak hy kennis en trou hy met Marian Frances Schoop, beter bekend
as May, 'n 35-jarige
Nederlandse vrou. Met die spanning van sy vorige, ongelukkige huwelik
agter die rug, werp hy hom met hernieude geesdrif in sy werk. Europa
ò
IN 1925 breek die geleentheid uiteindelik aan om Europa te
besoek. Binne die eerste week nß sy aankoms in Londen verkoop hy 'n
paar linosneδ aan die Victoria and Albert-museum. Sowat
'n week later gaan hy Rotterdam toe en nog later na Amsterdam, waar hy
met die impressionistiese kuns kennis maak. In Oktober hou hy 'n
uitstalling van skilderye, teke¡ninge en linosneδ in Amsterdam, wat sy
prestige in Suid-Afrika baie verhoog. Hy
besoek Parys, Berlyn, An¡twerpen, Mⁿnchen en Dⁿsseldorf waar hy met
moderne kuns in aanraking kom. In
die begin van 1926 reis Pierneef en sy vrou op 'n stadige Nederlandse
vragboot deur die Middellandse See en Rooi See, en al teen die ooskus
van Afrika af suidwaarts, wat hom die kans bied om plek-plek hawetonele
te teken en te skilder. Dis
op hierdie reis dat hy van sy mees spontane impressionistiese werke
lewer, waaronder Mosambiek, wat nou in die Johannesburgse Kunsmuseum is. Hy
vervolmaak 'n ingewikkelde tegniek wat gebaseer is op 'n soort
waterverfmedium, soos in Zanzibar, en begin onkonvensioneel
eksperimenteer in 'n geometriese en divisionistiese styl, soos in Studie
in Blou. Die
Europese kunsstrominge het duidelik Pierneef se werk binnegesypel. Maar
Suid-Afrika is, tot sy ontsteltenis, nog nie gereed vir 'n nuwe kunsvorm
nie. Verskeie van sy daaropvolgende uitstallings misluk en sy loopbaan
gaan 'n krisistyd binne. Een koerant beweer dat "vreemde
invloede" Pierneef bemeester het. Die
silwer randjie by die donker wolk is die geboorte van Pierneef se
dogtertjie, Marita Jennifer, in April
1927. Sy kry die bynaam Miki, en die kunstenaar verafgood sy enigste
dogter. Sy grootste hartseer is dat hy nie nog kinders het nie. In
1929 kry Pierneef die opdrag om altesaam 32 muurskilderinge vir die nuwe
Johannesburgse stasie te maak. Hierdie werke, wat as van sy grootstes
beskou word, beeld natuurtonele en geskiedkundige Suid-Afrikaanse plekke
uit. (Die kunswerke word later na die Johannesburgse Kunsmuseum
verskuif.) In
1933 word hy gevra om sewe muurskilderinge vir Suid-Afrika-huis in
Londen te lewer. Die werke, Suid-Afrikaanse natuurto¡nele, word baie
gunstig ontvang. Elangeni
ò
IN die jare nadat hy na Suid-Afrika teruggekeer het, gaan
Pierneef voort om ywerig te skilder. Hy stal sy werke uit, plaaslik
sowel as oorsee, hou lesings en dien in verskeie komitees. In
1939 koop hy 'n plasie oos van Pretoria waar hy 'n huis van plaaslike
klip en dekstrooi in die vorm van 'n kraal bou. Daar is 'n groot ateljee
vir uitstallings en 'n tuin. Hy noem dit Elangeni -- "waar die
sonskyn by die hek is". Die perseel is vandag in Moepelstraat,
Lynnwood. Die
veertigerjare is 'n tyd van beproewing. Pierneef se ma, sy peetpa (Anton
van Wouw), sy gewese vrou en 'n goeie vriend sterf. Sy geliefde dogter,
wat getrou het, emigreer. Pierneef kry 'n hartaanval en begin oud en
afgemat voel. In
die vyftigerjare reis hy baie, terwyl twee eredoktorsgade aan hom
toegeken word -- deur die Universiteit van Natal in 1951 en die
Universiteit van Pretoria in 1957. Sy
laaste werk, in 1955, is 'n ontwerp vir die wapen van die Laerskool
Pierneef in Pretoria. Dit
beeld die kameeldoringboom uit -- die ware simbool van die Bosveld. In
1957 ontvang hy 'n erelidmaatskap van die Suid-Afrikaanse Akademie vir
Wetenskap en Kuns. Die
groot meester sterf op 4 Oktober 1957 in Pretoria. Die
Pierneef-museum
ò
IN die jare sewentig bring Pierneef se dogter, Marita Bailey, en
haar man die Bailey-versameling tot stand, wat uit 'n groot aantal van
Pierneef se werke en persoonlike besittings bestaan. Dit
word alles uiteindelik deur die destydse Departement van Nasionale
Opvoeding gekoop en in die Pretoriase Kunsmuseum gehuisves. In
1984 word die Pierneef-versameling vir veilige bewaring en benutting aan
die Nasionale Kultuurhistoriese Museum oorgedra en oorgeplaas na die
Pierneef-museum in die Leendert te Groen-gebou in Vermeulenstraat,
Pretoria. Die
persoonlike besittings van die Pierneef-familie sluit kosbare ingevoerde
stukke in, asook plaaslik vervaardigde meubels van inheemse hout en
Pierneef se verfkwaste, esel en etspers. Die
belangrikste van alles is egter die 347 kunswerke, wat olie- en
waterverfskilderye, potloodtekeninge en etse insluit, asook pastelle,
kool- en inktekeninge. Terug na inhoudsblad -- klik hier Ons
Wonderlike WΩreld op CD, 2004 - Uit Huisgenoot se Jongspan |