___________________________________________________________
Mark
Shuttleworth
-- eerste Suid-Afrikaner in die ruimte
Sy
droom om die buitenste ruimte te betree, kon net verwesenlik word met baie, baie
geld. En diΘ het hy gehad -- danksy Æn ongelooflike meevaller tydens die
groot internet-oplewing rondom die jongste eeuwisselingà
___________________________________________________________
"ELKEEN
van ons het Æn droom, Æn begeerte, iets wat ons in die lewe wil
verwesenlik," sΩ die geesdriftige jong Suid-Afrikaner op Æn
mediakonferensie in Rusland. Sy blou oorpak is versier met die Suid-Afrikaanse
vlag -- Æn duidelike aanduiding van sy onverbloemde trots op sy land van
herkoms.
Tuis
wag sy landgenote met ingehoue asem op die lansering van Æn
Sojoez-tuig wat
hom die eerste mens uit Afrika in die ruimte sal maak. Nß maandelange, veeleisende opleiding deur die Russe, is die jong man
uiteindelik gereed om
te vertrek -- om ook Suid-Afrika sy plek van glorie in die ry van ruimtenasies te laat inneem.
"Ek
het altyd gehoop en geglo dat ek in die ruimte sou kon vlieg," sΩ hy op
die mediakonferensie, "maar ek het altyd geglo ek sou moes wag vir die dag
dat ek as Æn passasier kon vliegà"
S≤
was dit in April 2002 toe Mark Shuttleworth, Suid-Afrikaanse internet-miljoenΩr
en entrepreneur, op 28-jarige leeftyd die wΩreld se tweede toeris in die ruimte
geword het. Mark se groot passie vir die
tegnologie het hom na Sterstad in Rusland gelei, waar hy opgelei is vir Æn
vlug na die Internasionale Ruimtestasie.
Daar
is destyds berig dat Shuttleworth se ruimtereis van tien dae hom 20 miljoen
Amerikaanse dollar uit die sak gejaag het -- dieselfde bedrag wat die wΩreld se
eerste ruimtetoeris, Amerika se Dennis Tito, vroeδr vir hierdie voorreg opgedok
het. Nß veel glorieryker tye spartel die Russiese ruimteagentskap maar deesdae om sy begroting te laat
klop. Shuttleworth en Tito se baie dollars is dus met dank ontvang.
Maar Shuttleworth
kon die toegangsgeld vir sy ruimtereis uit sy agtersak betaal. Op 22-jarige leeftyd het hy met Æn saak vir internet-konsultasie,
Thawte Consulting, in sy ouers se garage in die Kaap begin. Die klem het spoedig
van internet-konsultasie na internet-sekuriteit vir elektroniese saketransaksies
verskuif, en Mark het sy onderneming uitgebrei tot die eerste maatskappy buite
Amerika wat Æn webbediener met volledige sekuriteit vir die e-handel
winsgewend kon bedryf.
Vier
jaar later het sy groot kans gekom. Hy het sy fabelagtige rykdom te danke aan
Æn transaksie in Januarie 2000 ten tyde van die destydse groot oplewing in
internet-verwante sakebedrywighede. Mark het Thawte, met sy dertig werknemers,
aan die Amerikaanse mededinger Verisign verkoop vir 4,4 miljoen van Verisign se
gelyste aandele.
Verisign
se aandele was destyds op pad na Æn hoogtepunt van meer as 250 dollar elk.
Shuttleworth het die aandele verkoop so spoedig as wat hy kon. Dit sou Æn
briljante sakemaneuver blyk te wees, want die ineenstoring van die e-handel was
om die draai. Mark het sy aandele in Æn netjiese kontantstapel van 560 miljoen
dollar omgeskakel, wat destyds vir R4,6 miljard geruil kon word.
Hy het uiteindelik nagenoeg 130 dollar per aandeel ontvang -- strate meer as die skamele sowat 18 dollar per aandeel wat Verisign byvoorbeeld in die begin van Februarie 2004 werd was.
Een van die eerste dinge wat Mark gedoen het toe hy sy onderneming verkoop het, was om sy Suid-Afrikaanse werkers by sy kantore in Durbanville in die Kaap minstens R1 miljoen elk te belowe. Onder hulle was twee skoonmakers en Æn tuinier.
ò MARK RICHARD SHUTTLEWORTH is op 18 September 1973 in Welkom in die Vrystaat gebore, maar het in die Kaap grootgeword. Sy pa is Richard Dalton Shuttleworth, Æn chirurg, en sy ma se naam is Ronelle. Hulle woon in die noordelike voorstede van die Kaap.
Rekenaarspeletjies het
Mark van kleins af geboei en dis ook
daar waar sy belangstelling in die tegnologie begin het.
Terwyl
hy vir sy graad in die sakewetenskap (finansies) aan die Universiteit van
Kaapstad studeer het, het hy vir die eerste keer met die internet kennis gemaak.
Kort voor lank was hy gefassineer deur die veranderings wat dit in
saketransaksies en die gemeenskap sou bring. Dit was danksy hierdie fassinasie
dat hy uiteindelik ook sy ruimtedroom kon verwesenlik.
Nadat
hy sy kaartjie ontvang het om in die ruimte te reis, is Mark nege maande lank in
Rusland opgelei. Hy het ook vyf dae lank in die Amerikaanse ruimte-agentskap
(Nasa) se Johnson-ruimtesentrum deurgebring.
Mark
het soveel Russies geleer dat hy Æn groot deel van die gesprekke tussen
die sendingbevelvoerder, Joeri Gidzenko, en die grondbemanning kon volg. Die
derde bemanningslid aan boord van die Sojoez-TM34-vuurpyl was die Italiaanse vlugingenieur Roberto Vittori.
Mark
was egter nie net Æn ruimtepassasier nie, maar het tydens sy ekskursie tussen
hemel en aarde ook verskeie wetenskaplike proefnemings gedoen. Een eksperiment
was die heel eerste ter wΩreld om die uitwerking van gewigsloosheid op die
ontwikkeling van stamselle en embrioÆs te bepaal.
Nog
Æn proefneming was om vas te stel watter uitwerking mikro-aantrekkingskrag op
die hartbloedvatestelsel en spiere het. Æn Derde eksperiment was vir vigsnavorsing: Æn
poging om HIV-prote∩ene in Æn gewiglose toestand te laat kristalliseer in die
hoop dat hulle, onder X-strale, Æn akkurate beeld van die virus se struktuur
sou bied.
Hierdie
proefnemings was onder die beheer van toonaangewende Suid-Afrikaanse
wetenskaplikes van die universiteite van Kaapstad, Stellenbosch en Port
Elizabeth, in samewerking met kundige Russiese ruimtewetenskaplikes.
Een
koerant het berig dat Shuttleworth byna R5 miljoen betaal het (stellig buite en
behalwe die 20 miljoen dollar vir sy "kaartjie") om die
proefnemings te kon doen en vir die akkommodasie van Suid-Afrikaanse
wetenskaplikes in Rusland.
Mark
se vlug is, soos verwag kon word, met groot belangstelling in Suid-Afrika
gevolg. Die lansering vanaf die Baikonoer-ruimtehawe in Kasakstan is regstreeks op die Suid-Afrikaanse televisie uitgesaai. En tydens
Vredesdagvieringe in die Vrystaat-stadion het duisende mense verwonderd toegekyk
terwyl pres. Thabo Mbeki met Mark gesels het kort nadat hy by die Internasionale
Ruimtestasie aangekom het.
Pres.
Mbeki het ook Mark in Æn verklaring Æn dapper pionier vir Suid-Afrika en sy
vasteland, Afrika, genoem.
Mark se ruimte-avontuur het op 25 April 2002 begin en op 5 Mei geδindig toe die landingstuig van die Sojoez veilig in Kasakstan geland het.
ò
SHUTTLEWORTH is in Suid-Afrika gekritiseer omdat hy soveel geld aan Æn persoonlike avontuur bestee
het. Maar hy het baie van die kritiek besweer deur onder meer Æn veldtog te
loods om wetenskap en wiskunde by skole te bevorder.
Sy opvoedingstigting, The Shuttleworth Foundation, skep sagteware om
skole in ontwikkelende lande te help.
Die
ambisieuse jong Suid-Afrikaner wat ervaar het hoe sy droom bewaarheid is, beskou nie
verniet dagdromery as een van die baie dinge waarvan hy die meeste in die lewe
hou nie.
In Suid-Afrika het sy ruimtereis geweldig baie gedoen om die nasietrots te versterk en plaaslike belangstelling in die wetenskap aan te wakker.
Soos dr. Ben
Ngubane, toenmalige Minister van Kuns,
Kultuur, Wetenskap en Tegnologie, tydens Mark se uittog gesΩ het: "As Æn
nasie vier ons dit vandag waar hy geskiedenis maak as Afrika se eerste
baanbreker in die ruimteà Sy ontmoeting met die grense van die ruimte het alle
Suid-Afrikaners, oud en jonk, herinner aan die ongelooflike mag van die
wetenskap, ingenieurswese en die tegnologie."
In 2002 het Mark Shuttleworth Æn eredoktorsgraad van die Universiteit van Kaapstad ontvang vir sy "vindingryke entrepreneurskap en sy lofwaardige bydrae tot die bevordering van die wetenskap en tegnologie by die jeug".
____________________________________________________________
Terug
na inhoudsblad -- klik hier
____________________________________________________________
Ons
Wonderlike WΩreld op CD, 2004 - Uit Huisgenoot se Jongspan