_________________________________________________________________________________________

 

Damme vir die dorsland

-- die verhaal van dambou en die opgaar van water

 

Water is een van die heel noodsaaklikste dinge op aarde. Maar ons het net die regte hoeveelheid daarvan nodig. As dit te veel reδn, kom daar oorstromings en as die sluise van die hemel toebly, beleef ons droogtes. Baie lande, maar veral taamlik droδ wΩrelde soos Suider-Afrika, moet water opgaar om later te gebruik en dit is waarom ons damme moet bou...

 

òáá Klik hier vir "Kort Begrip": Lesotho Hoogland-waterprojek.

_________________________________________________________________________________________

 

DIT was die ergste katastrofe weens 'n gebreekte dam in die geskiedenis... 'n ramp wat meer as 10 000 lewens geδis het. Die South Fork Reservoir by Johnstown, 'n stad in Pennsilvaniδ in die VSA, het gebars.

 

Dit het gelyk of die water spring toe die damwal nß hewige reδns padgee, sou een ooggetuie later die begin van daardie onheilsdag in 1889 beskryf. ''Die huise is oorstroom, het vir 'n oomblik gewankel en toe opgelig en mekaar soos eierdoppe verpletter.'' Tonele soos diΘ sou die oorlewendes tot hul sterwensdag onthou.

 

Die mensdom bou nou al duisende jare lank damme. Maar van die vroegste tye af het die walle van die damme ook bly breek. Buiten verskeie Romeinse reservoirs wat steeds gebruik word, is daar vandag maar min damme wat ouer as 'n eeu is. Die verwoestingskrag van oorstromings is eenvoudig te groot.

 

Eers nadat Portland-sement in die 1800's sy verskyning in die boubedryf gemaak het, en kragtige laaigrawe ontwikkel is, is die reusagtige, feitlik onvernietigbare damme gebou wat ons vandag as so vanselfsprekend aanvaar. En tog kan foute nog deesdae gemaak word -- en is dit inderdaad al gemaak -- in die berekenings van die kragte waaraan 'n damwal onderwerp word. Gelukkig is sulke vergissings skaars.

 

Damme dien verskeie belangrike doele. Die water word vir huise en fabrieke opgegaar of vir boere wat hul gesaaides in droδ tye uit die damme kan besproei. Party damme word ook gebou om hidroδlektriese krag te verskaf. Die water vloei deur turbines wat elektrisiteit vir huise, kantore en fabrieke opwek.

 

Baiemaal wissel die riviervlak met die seisoene. Damme beheer die afvloei van die water en voorkom dus oorstromings. Daarbenewens word grondverspoeling teδgewerk. Dan maak damme natuurlik ook riviere dieper sodat hulle makliker bevaar kan word en skep dit kunsmatige mere wat vir vermaak en ontspanning gebruik kan word.

 

Twee hoofsoorte damme word vandag gebou: grond-en-klipdamme en betondamme. Die walle van grond-en-klipdamme word gemaak van stowwe wat uit die grond kom, soos rotse, gruis, sand, slik en klei. Die water agter so 'n damwal word teruggehou deur die blote gewig van die klip- en grondlae.

 

Hierdie soort damme word gewoonlik gebou waar valleie breed en vlak is, mits genoeg natuurlike materiaal plaaslik beskikbaar is. As jy die dwarssnee van 'n grond-en-klipwal sou kon sien, sou jy merk dit is min of meer driehoekig, met die basis van die driehoek onder, waar die drukking teen die wal die grootste is. Soms loop daar 'n spoorlyn bo-op die wal langs.

 

'n Laag ruwe klippe en rotse word aan die waterkant van die wal geplaas om te keer dat die grond uitkalf. In die middel van die wal is 'n versperring, of kern, van 'n ondeurdringbare materiaal soos klei, wat keer dat water deur die grond en klip syfer. As dit sou gebeur, sou die damwal geleidelik swakker word en kan dit uiteindelik bars. Onder die kern kan 'n ekstra watervaste versperring of afsluiting wees, wat diep in die grond indring tot by soliede gesteentes. 'n Kanaal of uitloopvoor laat oortollige water uit die dam vloei sodat die watervlak nie te hoog styg en die water bo-oor die damwal stroom nie.

 

Soos die naam aandui, word die walle van betondamme van groot betonblokke gemaak. Hulle word gewoonlik in diep, smal valleie gebou waarvan die gesteentes baie hard is. Die walle is baie dunner as diΘ van grond-en-klipdamme -- partykeer maar net 'n karige drie meter dik. Desondanks is hulle verstommend sterk.

 

Daar is drie hoofsoorte betondamme: gravitasie-, boog- en stutdamme. Die walle van gravitasiedamme het 'n driehoekige dwarssnee nes diΘ van grond-en-klipdamme, met die verskil dat die waterkant van die wal dikwels vertikaal eerder as skuins is. Hierdie soort damme gebruik ook hul blote gewig om die druk van die water te weerstaan, wat ondertoe na die fondamente verplaas word.

 

Die walle van boogdamme buig binnetoe in die rigting van die water. Metdat die water daarteen druk, word die kragte in die gesteentes aan die kante van die wal geabsorbeer. Boogdamme is goedkoper om te bou as gravitasiedamme, want hulle het baie minder beton nodig.

 

'n Variasie van die boogdam is die cupoladam, wat nie net van die een kant na die ander na die water toe buig nie, maar ook van bo na onder.

 

Stutdamme bestaan uit 'n reguit wal wat aan die buitekant (die kant weg van die water af) deur 'n ry driekoekige stutmure gesteun word. Die stutmure en buitemuur verplaas die krag van die water na die fondamente.

 

Party betondamme is kombinasies van die bogenoemde, soos die boog-gravitasiedam, byvoorbeeld.

 

Wanneer 'n dam gebou word, maak die ingenieurs wat dit ontwerp 'n deeglike studie van die damterrein. Hulle moet onder meer weet watter boumateriaal beskikbaar is, hoe stewig die damwal se fondamente sal wees, hoeveel water in verskillende seisoene deur die vallei vloei, hoeveel modder, slik en ander puin in die dam sal vloei, hoe groot die reservoir van die water sal wees en hoe hoog die wal sal moet wees om die water terug te hou.

 

Met behulp van rekenaars kan hulle die enorme kragte bereken wat op die damwal uitgeoefen sal word, soos die swaartekrag (wat die damwal afwaarts trek), ys- en aardspanninge (waaronder die uitwerkings van aardtrillings en -skokke), die druk van water teen die wal, en die krag waarmee die damwal en die kante van die vallei die water sal terugstu.

 

Sodra al die voorbereidingswerk afgehandel is, moet die water van die rivier met 'n omweg weggekeer word sodat die werk op die terrein kan begin. Dit word dikwels bewerkstellig deur klein, tydelike strukture genaamd kofferdamme oor die rivier bokant die beoogde terrein te bou. Die water word dan van die kofferdamme af in 'n nuwe kanaal of deur 'n geboorde tonnel in die valleiwal weggelei om verderaan weer 'n rivier te word.

 

Sodra die terrein droog genoeg is, word die fondamente gegrawe en die grond en klip of betonblokke word opgestapel om die damwal te vorm.

 

Die bou van party van die wΩreld se grootste damme duur sewe of agt jaar. Die aarde se grootste damprojeká -- die Yangztedam in China -- sou na raming veertien jaar kos om te voltooi.

 

Hoewel damme vir ons baie nuttig is, het hulle ook hul nadele. Die aard van die water wat in die dam en verder stroom af versamel, verander heeltemal. Hoewel die dam 'n nuwe hougebied vir visse skep, kan baie van die plante en diere wat eenmaal in die rivier gedy het, nie meer oorleef nie.

 

Die dam kan ook 'n versperring wees vir visse wat in die rivier op en af trek. Nog 'n probleem is dat diere verdryf word of verdrink en mense moet verhuis wanneer 'n nuwe dam gebou word en dan vol water begin raak.Toe die Karibadam in die Zambezirivier gebou is, moes sowat 30 000 stamlede elders heen padgee. Duisende diere is op eilandjies vasgekeer en moes per boot gered word.

 

Oplaas kan probleme ook opduik wanneer slik, wat normaalweg in 'n rivier afdryf en op vloedvlaktes neergelΩ word, in die damme versamel. Die Aswan- Hoδ Dam in Egipte keer byvoorbeeld dat slik die Nylvallei bemes. Pleks daarvan moet kunsmis nou gebruik word.

 

_______________________________________________________________________________________

 

Terug na inhoudsblad -- klik hier

_______________________________________________________________________________________

 

Ons Wonderlike WΩreld op CD, 2004 - Uit Huisgenoot se Jongspan