____________________________________________________________
Die geboorte van
die motor
Die binnebrandmasjien het 'n omwenteling in vervoer
veroorsaak -- net soos die uitvinding van die wiel baie eeue vroeδr. Slegs Æn
handvol dekades nadat die masjien sy verskyning gemaak het, was die wΩreld se
motorbedryf in die hoogste versnelling. Die eerste motor wat in massa
vervaardig is, was die legendariese Tin Lizzie of Model T-Ford. Lees hieronder
meer oor die geskiedenis van die binnebrandmasjien en hoe dit op ons paaie en
in lugvervoer gebruik word...
____________________________________________________________
DIT het alles by die Chinese begin. In die 1200's het
hul leδrs vuurpyle afgeskiet teen die invallende Mongoolse hordes van Djingis
Khan. Teen die einde van daardie eeu het die gebruik van vuurpyle op die
slagvelde regdeur 'n groot deel van Asiδ en Europa versprei.
Hierdie wapens se brandstof was 'n mengsel van
houtskool, swael en salpeter, wat by verbranding gasse afgee wat die vuurpyle
voortgestu het. In 'n sekere sin was daardie vroeδ vuurpyle die wΩreld se
eerste binnebrandmasjiene.
Die binnebrandmasjien word s≤ genoem omdat dit krag
lewer deur 'n mengsel van lug en brandstof in 'n silinder te verbrand.
Die gebruik van die stoommasjien van die begin van
die agttiende eeu af het tot 'n revolusie in spoor- en skeepsvervoer gelei en
was die begin van die moderne industriδle tydperk. In die stoommasjien word
steenkool in 'n afsonderlike oond buite die eintlike masjien verbrand. Die
stoommasjien is dus 'n sogenaamde buitebrandmasjien.
Dit is egter doeltreffender en geriefliker om
brandstof binne-in die masjien te verbrand, en baie jare lank het mense 'n
binnebrandmasjien probeer ontwikkel deur verskeie soorte brandstof te gebruik.
Die ontstaan en ontwikkeling van die gas- en oliebedrywe in die negentiende eeu
het dit moontlik gemaak.
òá IN 1860
het J.J. Etienne Lenoir, 'n Belg wat in Parys gewerk het, die eerste doelmatige
gasmasjien gebou. Dit was 'n tweeslagmodel.
Hoewel minder doeltreffend as die stoommasjien van
dieselfde tyd, het dit ten minste gewerk, en binne vyf jaar het die uitvinder
400 masjiene in Parys verkoop, asook 'n aantal in Engeland en Duitsland. Die
masjiene is gebruik om byvoorbeeld draaibankgereedskap, waterpompe en drukperse
aan te dryf.
Lenoir het later sy masjien in 'n wa ge∩nstalleer.
Omdat dit so groot en swaar was, het die wa egter twee uur nodig gehad om 'n
afstand van nege kilometer deur Parys af te lΩ.
Twee jaar later het die Fransman Beau de Rochas
geteoretiseer oor hoe 'n vierslagmasjien sou werk, hoewel hy nie werklik een
gebou het nie.
In 1876 het twee Duitse ingenieurs, Nikolaus Otto en
Eugen Langen, die teorie van De Rochas op die proef gestel en 'n
vierslag-gasmasjien gebou. Dit het as Otto se stillopende gasmasjien bekend
geraak, maar aan vandag se standaarde gemeet, was dit allesbehalwe geluidloos.
Maklik om te hanteer en betreklik lig van gewig, het
dit hom onmiddellik meer geslaagd as die tweeslagmodel bewys, en binne
sewentien jaar is 50 000 daarvan verkoop om masjinerie aan te dryf.
òáá DIE tyd
was nou ryp vir 'n selfs ligter, kompakter en doeltreffender masjien. Die
belangrikste was egter om 'n beter brandstof te verkry. Soos dit moes gebeur,
is olie aan die einde van die vorige dekade in Pennsilvaniδ ontdek en in
Amerika het die produksie van olie op groot skaal begin.
Die eerste petrolaangedrewe masjien is in 1864 deur
die Oostenrykse ingenieur Siegfried Marcus uitgevind. Dit was 'n
tweeslagmasjien. Party mense reken hy was die eintlike uitvinder van die motor
omdat hy sy masjien in 'n stootkar met vier wiele ge∩nstalleer het.
Maar 'n veel groter voorwaartse tree in die
geskiedenis van die binnebrandmasjien was diΘ van die Duitse ingenieur Gottlieb
Daimler. Dit was toe hy in 1885 die wΩreld se eerste geslaagde vierslagmasjien
ontwerp het wat petrol verbrand het. Hy het die masjien getoets deur dit met
die raamwerk van 'n kru tweewiel-motorfiets te kombineer.
Daimler het 'n tweede, groter masjien gebou wat hy
in Æn "perdeloseá rytuig"á met vier wiele ge∩nstalleer het. Hy dieá firmaá
Wimpff-wamakers spesiaal opdrag gegee om die rytuig te bou. Hy het
eenvoudig die disselbome en een van die agtersitplekke verwyder om vir sy
masjien plek te maak.
Daimler was heeltemal onbewus daarvan dat 'n
mede-Duitser, Karl Benz, reeds besig was om 'n rytuig te bou wat die perdewa
heeltemal moes vervang. Benz het sy driewiel-motor in sy geheel ontwerp, met 'n
ligte raamwerk en wiele met draadspeke.
Hoewel altwee motors, diΘ van Daimler en Benz, 'n
sensasie veroorsaak het, kon die publiek maar net nie aanvaar dat hierdie
vreemde, nuwe, duur voertuie 'n toekoms het nie. Die mense was doodeenvoudig
huiwerig om hul geld daarop te "vermors".
Teen die 1890's het motors egter ligter, sterker en
vinniger geraak en die motorbedryf het stadig op dreef gekom.
òáá DIE bakke
en masjiene van die vroeδ petrolmotors was eksperimenteel. Die meeste het
fietswiele of perdekar-agtige wiele gehad en was ≤f heeltemal blootgestel aan
die elemente ≤f is deur 'n voukap beskerm.
Die masjiene het agter gesit en die krag is na die
agterwiele oorgedra deur middel van kettings, bra soos die kettings van fietse.
Die stuurmeganisme was toe nog nie 'n stuurwiel nie, maar 'n stuurstok, waarna
grappig as 'n "beesstert" verwys is. Om die motor aan die gang te kry
was 'n uitputtende gedoente.
Die breδ voorkoms van die moderne motor het in
Frankryk ontwikkel. Dit was toe twee rytuigmakers, Emile Levassor en Rene
Panhard, in die vroeδ 1890's 'n motor gebou het met die masjien voor onder 'n
masjienkap, 'n ratkas, 'n met die voet beheerde koppelaar en
agterwielaandrywing.
Hierdie voertuig het steeds kettings nodig gehad om
krag aan die agterwiele oor te dra, maar in 1898 het Louis Renault van Frankryk
in die plek daarvan 'n motor met 'n dryfas ontwerp. Daar word aanvaar dat
Renault die eerste ware toe-motor gebou het.
òáá IN
Amerika het verskeie vervaardigers motors volgens die monteerfabriek-metode
begin bou. Een van die grotes wat sy verskyning gemaak het, was Henry Ford.
Die Ford Motor Company is in 1903 gestig, en in 1908
is met die produksie van die beroemde Model T-Ford, of Tin Lizzie, begin.
Deur middel van massaproduksie waardeur omruilbare
standaardonderdele per vervoerband na werkers gebring is, kon Ford sy
produksiekoste s≤ sny dat motors baie goedkoper verkoop kon word as wat vroeδr
moontlik was.
Die gevolg was dat dit nie meer net die rykes en
eksentriekes
was wat met motors gery het nie, maar dat gewone
gesinne dit ook kon bekostig.
'n Verbysterende 15 miljoen Model T-Fords is binne
negentien jaar verkoop.
òáá DIE
binnebrandmasjien het ook sy rol gespeel in die mens se verowering van die lug.
Aan die einde van die negentiende eeu is, om dit so te stel, groot hoogtes
bereik deurdat ßl meer mense met warmlugballonne en sweeftuie gevlieg het.
In 1903 het Amerika se Wright-broers hul eerste
vliegtuig, die Flyer, gebou wat hulle met 'n petrolmasjien van 12 perdekrag
toegerus het. DiΘ masjien het twee houtskroewe agter die vlerke laat draai.
Op 17 Desember het Orville Wright die eerste mens
geword wat met 'n masjienaangedrewe vliegtuig gevlieg het toe hy die Flyer drie
meter bokant die grond laat styg het. Dit was naby Kitty Hawk, Noord-Carolina,
gedurende 'n vlug wat twaalf sekondes geduur het.
Die broers het daardie dag nog drie keer gevlieg.
Wilbur Wright het die grootste afstand afgelΩ -- 260 meter in 59 sekondes.
òá MET
verloop van tyd twee is twee verskillende soorte binnebrandmasjiene ontwikkel:
die dieselmasjien (1890's), genoem na sy Duitse uitvinder, Rudolf Diesel, en gebruik in groot
vragmotors, busse, trekkers en padbouvoertuie; en die Wankelmasjien (1950's),
genoem na die Duitse ingenieur Felix Wankel.
Maar die petrolmasjien voer steeds die botoon en
word vandag gebruik om motors, motorfietse, bromponies, grassnyers en klein
trekkers aan dryf, asook sekere vliegtuie, bote, vragmotors en busse.
Intussen is daar egter groot planne vir motors met ander kragbronne soos batterye, omdat die aarde se olie nie net erg besoedelend is nie, maar boonop binne Æn aantal dekades totaal uitgeput kan wees. Is die met petrol aangedrewe binnebrandmasjien se dae uiteindelik getel?
__________________________________________________________________________________________
Terug na inhoudsblad -- klik
hier
__________________________________________________________________________________________
Ons Wonderlike WΩreld op CD,
2004 - Uit Huisgenoot se Jongspan