____________________________________________________________
Reken net!
Die
fantastiese geskiedenis van die rekenaar
Die wΩreld se eerste volledig elektroniese digitale
rekenaar het in die 1940's die lig gesien het -- die sogenaamde ENIAC
(Electronic Numerical Integrator And Computer), wat 'n paar vertrekke vol
gestaan het. Vandag lewe ons in die eeu van superrekenaars op ons lessenaars --
asof hulle die natuurlikste hulpmiddels ter wΩreld is. Maar agter die
ingewikkelde masjien wat jou in staat stel om hierdie woorde te lees, lΩ 'n
lang en fassinerende geskiedenis...
____________________________________________________________
'N GREEP (Engels "byte") is 'n
eenheidjie van inligting op 'n rekenaar. Elke greep, wat uit agt sogenaamde
bisse (Engels "bits) opgebou is, stel 'n data-eenheid soos 'n letter of 'n
syfer voor. Maar hoe groot is 'n bis, wat die basis van dit alles vorm, dan nou
eintlik?
Wel, iemand het al bereken dat, toe rekenaars rondom
1950 nog met vakuumbuise toegerus was, een bis darem so min of meer op 'n duim
kon inpas. In die 1950's en '60's, toe transistors die wΩreld oorgeneem het,
kon een bis die grootte van 'n vingernael vul. In die 1960's en '70's, met die
oorname van ge∩ntegreerde stroombane, kon duisende bisse 'n hand se grootte beslaan.
En sedert die 1970's, nadat silikon-rekenaarskyfies
die toneel begin oorheers het, kan miljoene bisse op 'n vingernael inpas!
Dis hoe die rekenaar in die afgelope halfeeu of wat
kon krimp van 'n logge installasie wat meer as 167 vierkante meter se vloerruimte
beslaan het tot die hanteerbare apparaat op jou lessenaar.
Maar wat is 'n vakuumbuis, transistor, ge∩ntegreerde
stroombaan en silikonskyfie nou eintlik en hoe het die idee vir die rekenaar
ontstaan en ontwikkel?
òáá DIE MENS
se eerste hulpmiddels met tel en optel was stellig sy vingers. Dit is
interessant dat die feit dat ons met groepe van tien werk, juis daaruit
ontstaan het dat ons tien vingers het. Maar vingers het natuurlik hul
beperkinge en mense het spoedig na iets buite hulself begin soek om hul tellery
makliker te maak.
Eers was daar klippies, wat die nommers van een tot
tien voorgestel het. Trouens, die woord ''kalkuleer'' (bereken) kom juis van
die Latynse woord ''calculus'', wat 'n klippie beteken. Die ou Mesopotamiδrs
het vlak tr⌠e in die grond gemaak en klippies daarin gesit. Deur die klippe van
een trog na 'n ander te verskuif, kon hulle ruwe berekeninge doen.
Die Grieke en Romeine het eweneens klippies of skywe
van glas, ivoor of been gebruik om mee te reken. Die klippies was 'n soort
voorloper van die abakus of telraam, 'n vroeδ rekentoestel wat van omstreeks 3
000 vC af in China en Japan gebruik is, en later ook in Egipte, Griekeland en
Rome.
'n Abakus bestaan uit 'n raam, wat gewoonlik van hout
is, met dwars drade of smal houtstafies ewewydig daarin gespan en krale aan die
drade of stafies. Die krale, wat eenhede van tiene, honderde en duisende
voorstel, word geskuif om berekeninge soos optel, aftrek, maal en deel te doen,
asook om vierkantswortels en derdemagswortels te bepaal.
Daar was allerhande vroeδ toestelle wat vir
berekeninge gebruik is, maar ons maak 'n sprong tot in die 1800's na die
ontwerpe van twee masjiene wat dekades voor hul tyd was. In 1822 het die
briljante Engelse uitvinder Charles Babbage 'n masjien ontwerp wat die
differensie-masjien genoem is. Dit moes eenvoudige wiskundige tafels bereken en
uitdruk.
In die 1830's het Babbage sy plan vir die
differensie-masjien laat vaar -- hy het dit nooit voltooi nie -- en
gekonsentreer op die ontwerp van 'n tweede masjien, die analitiese masjien, wat
lang en ingewikkelde berekeninge moes doen en die resultate moes uitdruk. Die
masjien moes met geperforeerde kaarte ''geprogrammeer'' word.
Babbage het veertig jaar aan die ontwikkeling van die
analitiese masjien gewerk en baie van sy eie geld asook 'n skenking van die
Engelse regering daarvoor gebruik. Ten spyte hiervan het hy nie genoeg geld
gehad nie. En dan het die tegnologie toe nog nie bestaan om sy masjien 'n
werklikheid te maak nie. Soos sy voorganger die differensie-masjien is die
analitiese masjien ook nooit gebou nie.
Rekenaars het die eerste keer in die laat 1800's in
gebruik gekom toe die Amerikaanse uitvinder Herman Hollerith 'n masjien ontwerp
het wat die resultate van die Amerikaanse sensus van 1890 getabuleer het. Sy
toestel was so vinnig en ekonomies vir sy tyd dat dit spoedig in die nywerheid
en inrigtings gebruik is.
òáá MAAR dit
was eers met die ontwikkeling van die elektronika in die Tweede WΩreldoorlog
dat die eerste volledig elektroniese digitale rekenaar die lig gesien het --
die Amerikaners se sogenaamde ENIAC (Electronic Numerical Integrator And
Computer). Dit het 'n paar vertrekke vol gestaan. ENIAC was veel vinniger as
die mens se verstand -- wanneer hy wel gewerk het.
DiΘ rekenaar het in 1946 die eerste keer sy vermoδ
aan die publiek gewys deur binne minder as 'n halwe sekonde 97 367 vyfduisend keer
met homself te vermenigvuldig. Maar sy groot nadeel was dat hy 18 000
vakuumbuise nodig gehad het -- en wanneer een van die buise geblaas het, het die
hele rekenaar stilgestaan.
áDie
vakuumbuis was 'n spesiaal geboude, lugleδ glasbuis, soos 'n gloeilamp, wat die
krag van 'n elektriese sein grootliks kon versterk. Dit het gewerk deurdat 'n
gloeidraad daarbinne verhit is totdat dit bloedrooi was. Elektrone is daardeur
in die buis vrygelaat, wat deur ander elemente in die buis beheer kon word. Dit
het egter ook baie elektrisiteit verbruik. Elke keer wanneer ENIAC aangeskakel
is, word vertel, het die ligte van die nabygeleδ Philadelphia verdof!
Hoe nou gemaak om rekenaars nie net kleiner nie, maar
ook betroubaarder te maak? Die probleem is grootliks opgelos deur die
transistor, wat in 1948 deur William Shockley, John Bardeen en Walter Brattain
uitgevind en teen 1954 vervolmaak is.
Die transistor is van silikon (die stof wat 'n
bestanddeel van gewone sand is), 'n halfgeleier van elektrisiteit, vervaardig.
In teenstelling met die vakuumbuis het dit net 'n geringe hoeveelheid
elektrisiteit gekos om die transistor aan te skakel. Boonop was tweehonderd
transistors saam so groot soos die kleinste vakuumbuis in ENIAC.
Transistors het egter ook hul probleme gehad. Die
hoofprobleme was dat hulle, soos ander elektroniese komponente, aan mekaar
gesoldeer moes word. Hoe ingewikkelder die stroombane geword het, hoe ingewikkelder
en talryker het die verbindings tussen die individuele transistors geword en
hoe groter was die moontlikheid van foutiewe bedrading.
In 1958 is hierdie probleem ook opgelos -- deur Jack
St. Clair Kilby van Texas Instruments. Hy het die eerste ge∩ntegreerde
stroombaan of skyfie (chip) vervaardig. 'n Skyfie is in werklikheid 'n
versameling piepklein transistortjies wat aan mekaar verbind word wanneer die
skyfie gemaak word. S≤ is die behoefte feitlik uitgeskakel om groot getalle
transistors aan mekaar te soldeer. Benewens die feit dat ruimte bespaar is, is
die snelheid van die masjien verhoog omdat die elektrone nie so ver hoef te
beweeg nie.
Die koms van die mikroprosesseerder (1969) het
rekenaars soveel kleiner gemaak dat bekostigbare persoonlike rekenaars teen
1975 hul pad na klein ondernemings, skole en huise regoor die wΩreld begin vind
het.
En vandag lewe ons steeds gerieflik in die eeu van
die rekenaar -- so asof dit die natuurlikste hulpmiddel ter wΩreld is!
__________________________________________________________________________________________
Terug na inhoudsblad -- klik
hier
__________________________________________________________________________________________
Ons
Wonderlike WΩreld op CD, 2004 - Uit Huisgenoot se Jongspan