__________________________________________________________________________________________

 

Die kanale van

Suez en Panama

 

Die een verbind die waters van die Middellandse See met diΘ van die Ooste. Die ander vorm 'n skakelá tussen die Atlantiese Oseaan en die Stille Oseaan. Die bou van die kanale van Suez en Panama was elk op sy eie manier 'n geweldige ingenieursprestasie...

 

òáá Lees ondertoe ook kortliks van die Groot Kanaal in China, die wΩreld se oudste en langste kanaal.

__________________________________________________________________________________________

 

Suez-kanaal

 

Die bou van die Suez-kanaal was een van die belangrikste gebeurtenisse van die negentiende eeu. Van die verreikende gevolge wat dit op staatkundige gebied en vir die internasionale handel gehad het, is ook terdeδ in Suid-Afrika gevoel. Daar was min¡der skepe in ons hawens...

 

SKR-R-R-A-A-A-A-P! 'n Uitgeputte slaaf skep sand met sy graaf op en gooi dit op 'n hoop aan die een kant. Sweet stroom van sy voorkop af. Hy waggel effens en val dan op die grond neer. Morsdood.

 

Hy is maar net een van sowat 100 000 Egiptiese werkers wat gesterf het terwyl hulle 'n kanaal deur Egipteland se dorre woesteny probeer grawe het.

 

Baie meer tafereeltjies soos die een hierbo sou hulle stellig in die verre verlede afgespeel het, tydens die heerskappy van farao Necho (omstreeks 609 tot 593 vC). Necho se ontsagwekkende onderneming -- om 'n kanaal van die Nyl af na die Rooi See te grawe -- is 'n paar jaar later laat vaar. Dit is eers in die jare 200 vC deur Ptolemaeus II volvoer.

 

Die kanaal is in die daaropvolgende eeue van tyd tot tyd vir militΩre doeleindes gebruik, maar was met verloop van tyd heeltemal oorgelewer aan die sand en die winde.

 

Baie eeue later, toe opmetings vir die Suez-kanaal gedoen is, is oorblyfsels van die oorspronklike kanaal gevind. Dit het as inspirasie gedien vir die manne wat aan die veeleisende nuwe projek gewerk het.

 

'n Kanaal is 'n watersloot of waterweg wat vir besproeiing, dreinering of skeepvaart gegrawe is. Baie kanale is in die agttiende eeu in Brittanje en Europa en in die negentiende eeu in Amerika gebou, maar geen was van soveel latere belang as die Suez en die Panama nie.

 

òáá DIE Suez-kanaal verbind die Middel¡landse See en die Rooi See, en is 'n vername lewensaar tussen Europa en die Verre Ooste. Omweδ van duisende kilometers word daardeur uitgeskakel.

 

Die kontrak om die waterweg te bou, is aan 'n Franse maatskappy toegestaan. Die bouer was Ferdinand de Lesseps, 'n briljante diplomaat en kanaalbouer. Konstruksie het in April 1859 begin en die kanaal is op 17 November 1869 geopen. Tienduisende mense van oor die wΩreld het die opening bygewoon.

 

Dit strek sowat 160 km ver van Port Said aan die Middel¡landse See via die Bittermere na Suez aan die Golf van Suez, 'n vertakking van die Rooi See. Daar is geen kanaalsluise wat die watervlak beheer nie.

 

Die kanaal is verskeie kere verbreed sedert dit gebou is -- dit het spoedig te smal en vlak vir die moderne tenkskepe geword. Die minimum-breedte op die bodem is vandag 60 meter en die kanaal kan skepe met 'n diepgang van 20 meter akkommodeer. (Diepgang beteken die afstand van die boom van die skip tot die punt waar hy bo die water uitkom.)

 

┴l meer skepe het die kanaal oor die jare heen gebruik. In die 1870's is sowat 500 per jaar daardeur en 'n eeu later meer as 21 000 vaartuie per jaar. Die meeste vaartuie wat noord gevaar het, het olie van die Persiese Golf af vervoer.

 

Die Suez-kanaal was van die begin af 'n twisappel. Dit is deur Frankryk en Egipte besit, maar was van strategiese belang vir Brittanje deurdat dit die seeweg na Indiδ met duisende kilometers verkort het.

 

In 1875 het Brittanje die Egiptiese regering se aandele in die maatskappy gekoop. Om die kanaal te beskerm het Brittanje Ciprus 'n kolonie gemaak. Hoewel Brittanje en Frankryk mede-eienaars was, het die Britte weinig beheer oor die kanaal gehad tot hul besetting van Egipte in 1882.

 

Die kanaal het in altwee WΩreldoorloδ 'n bate geblyk. Brittanje en Frankryk was in staat om te keer dat hul vyande dit gebruik.

 

In 1950 het Egipte Israeliese skepe verbied om daardeur te vaar. In 1956 het die Egiptiese president Gamal Abdel Nasser die kanaal genasionaliseer, wat beteken het dat die Egiptenare voortaan self die kanaal sou besit en administreer. Die regerings van Brittanje en Frankryk was so verontwaardig dat 'n Brits-Franse taakmag gestuur is om die internasionale status van die kanaal te handhaaf.

 

'n Vredesmag van die Ver¡enigde Nasies het die vrede herstel. Die kanaal is in die daaropvolgende jaar heropen. In die Sesdaagse Oorlog tussen Egipte en Israel in 1967 is die kanaal deur gekelderde skepe geblokkeer en met onontplofte ammunisie besaai, wat die skeepsverkeer tussen Europa en Asiδ ontwrig het. Die kanaal is eers in 1975 heropen, nadat myne en ander obstruksies verwyder is.

 

In die afgelope paar dekades was Suez se on¡stuimige waters 'n bietjie kalmer.

 

ò ò ò ò

 

Die Panama-kanaal

 

Hoewel dit vroeg in die twintigste eeu gebou is, word die Panama-kanaal steeds as een van die grootste ingenieursprestasies van alle tye beskou. Voordat dit gebou is, moes skepe die verraderlike waters by Kaap Hoorn trotseer. . .

 

OP 'n bergspits staar die Spaanse ontdekkingsreisiger na die branding op die horison. Wat hy doer ver teen die kus sien aanklots, is waters van die Stille Oseaan. Die ontdekker se naam is Vasco de Balboa. Die tyd is die jaar 1513.

 

Dit duur nie lank voordat De Balboa, die Europese ontdek¡ker van die Stille Oseaan, die gesig in die verte met 'n baie verbeeldingryke vergesig verbind nie. SΩ nou maar net 'n kanaal kan hier deur die land-engte van Panama gegrawe word -- die smal strook land wat Noord- en Suid-Amerika verbind, met twee oseane aan weerskante daarvan?

 

Natuurlik sou De Balboa nooit die verwesenliking van sy droom belewe nie -- hy word sowat vyf jaar later onthoof nadat 'n jaloerse teenstander kwaad gestook het.

 

In die daaropvolgende eeue word die bou van 'n kanaal egter vir verskillende lande 'n alte verloklike idee. In die 1840's lei die Verenigde State van Amerika en Brittanje se getwis byna tot 'n oorlog. Hulle kom uiteindelik ooreen tot gesamentlike beheer.

 

Laat in die 1800's stel Ferdinand de Lesseps, die bouer van die Suez-kanaal, planne op vir 'n kanaal oor Panama. 'n Franse maatskappy begin daaraan werk, maar siektes en konstruksieprobleme be¡lemmer die poging. Meer as 22 000 werkers sterf weens geelkoors en malaria.

 

'n Amerikaanse maat¡skappy begin kort daarna 'n kanaal in Nicaragua bou, maar die geld raak op.

 

Tydens die Spaans-Ame¡rikaanse Oorlog van 1890 vind die VSA dit ongerieflik om 'n verdeelde vloot aan sy wes- en ooskus te hΩ. In 1902 koop die VSA die Panama-regte en land van die Franse maatskappy, en onderteken 'n verdrag wat hom die alleenreg gee om 'n kanaal in Sentraal-Amerika te bou en te beheer.

 

Die VSA probeer Colombia (in wie se gebied die land-engte toe geleδ was) oorreed om 'n aanvangsvergoeding en jaarlikse huur vir die gebruik van Panama te aanvaar. Colombia eis egter meer geld.

 

Onder aansporing van die VSA breek die mense van Panama van Colombia af weg en stig hul eie republiek. Hulle stem in tot die bou van die kanaal.

 

Vandag het Panama die meeste van sy rykdom aan die kanaal te danke. In 1977 het die VSA en Panama ooreengekom dat Panama vanaf die begin van 2000 self die kanaal sou beheer. Panama se soewereiniteit oor die kanaal-sone is ook in die jare sewentig in Æn ander verdrag bekragtig.

 

òáá DIE bou van die kanaal was 'n reusagtige onderneming. Onder beheer van John Stevens en George Goethals het dit die verwydering van reδnwoude, dreinering van moerasse, bou van damwalle, uitgrawings deur heuwels en die verplasing van meer as 153 miljoen kubieke meter klip en grond behels.

 

Die werkers moes allerlei ontberings soos grondverskuiwings en tropiese siektes trotseer.

 

Die grootste deel van die kanaal was teen 1914 voltooi, hoewel 'n massiewe grondverskuiwing die gebruik daarvan met nog 'n paar jaar vertraag het. Dit is op 20 Julie 1920 amptelik geopen. Baie verbeterings is sedertdien aangebring.

 

Die Panama-kanaal is vandag 'n geweldig besige waterweg,á met duisende skepe wat jaarliks daardeur vaar. Dit strek van Lim≤nbaai aan die Atlantiese kus via die Gat·nmeer na die Baai van Panama in die Stille Oseaan, 'n afstand van byna 82 km. Dis minstens sowat 90 meter breed met 'n mininum-diepte van 12,5 meter.

 

Vanweδ die veranderende landhoogte (hoogte bo seespieδl) is verskillende sluise in die kanaal aangebring wat die watervlak afwissel (lig en laat sak) vir die vaartuie wat daar¡deur beweeg. Die kanaalsluise werk met die swaartekragvloei van water uit mere wat deur verskillende riviere gevoed word.

 

Daar is drie stelle sogenaamde tweeling-sluise. Hulle is ontwerp vir die gelyktydige tweerigting-verkeer van skepe.

 

Om deur sekere dele van die Panama-kanaal te beweeg kan 'n moeilike taak wees. Daarom neem 'n spesiale kanaal-stuurman die beheer van 'n skip oor vir die hele vaart deur die kanaal.

 

Om deur die sluise te be¡weeg is veral netelig. Die watervloei moet beheer word sodat skepe nie teen mekaar stamp of teen die hekke bots nie.

 

Elektriese lokomotiewe op spore langs die sluise help die vaartuie om in posisie te bly en om te stabiliseer. Groot skepe hou hul motore aan die gang en word dus grootliks met eie stoom aangedryf. Klein skepies skakel hul motore af en maak op die lokomotiewe staat om hulle deur die sluise te trek.

 

Hoewel die Panama-ka¡naal aanmerklik korter as die Suez-kanaal is, kos dit moderne skepe sowat vyftien uur om deur albei te beweeg. Die rede is dat die skepe in die Panama-kanaal soveel tyd by die sluise moet bestee.

 

Desondanks is die Pana¡ma-kanaal steeds 'n baie, baie veiliger, gouer en goed¡koper opsie as om duisende kilometers om die suidpunt van Suid-Amerika te vaar -- deur van die gevaarlikste seewaters ter wΩreld.

 

ò ò ò ò

 

Die Groot Kanaal in China

 

DIE Groot Kanaal in China is die wΩreld se oudste en langste kanaal. Die bouwerk daaraan het in die sesde eeu vC begin en dit is in 1327 nC voltooi. Dit is meer as 1600 km lank, strek van Hangzhou in die suide tot by Beijing in die noorde en kruis vyf groot riviere.

 

Toe die Chinese Volksrepubliek in 1949 tot stand gekom het, was dit net plek-plek bevaarbaar. Die nuwe regering het die waterweg laat herbou. Vandag, soos in die verlede, is daar 'n eindelose parade van platboom-sampans met allerhande vragte, groot jonk-vaartuie met stywe seile in die wind, motorbote wat gelaaide vragskuite sleep, klein bootjies wat deur diere op die oewers getrek word en passasiersbote wat kruis en dwars deur die warboel na afgeleδ dorpies vaar.

 

__________________________________________________________________________________________

 

Terug na inhoudsblad -- klik hier

__________________________________________________________________________________________

 

Ons Wonderlike WΩreld op CD, 2004 - Uit Huisgenoot se Jongspan