___________________________________________________________________
Daar's
water!
-- die
verhaal van 'n kraan
Dis 'n lang pad wat water loop van die dam af tot by
jou opwasbak... waar dit letterlik beskikbaar is met 'n draai van jou hand.
Maar presies hoe kom die water dan binne-in die kraan?
___________________________________________________________________
DIS 'n snikhete somermiddag, jy was buite
doenig en nou is jy dors. Jy gaan die huis binne, gooi 'n paar ysblokkies in 'n
glas en draai die kraan oop. Water stroom uit en jy begin gretig sluk. Dors
geles!
Wanneer jy jou hande wil was, jou tande wil borsel of
wil bad of 'n stortbad neem, draai jy ook net weer 'n kraan oop en die water is
daar. Altyd. So maklik en byna 'n vanselfsprekende deel van ons bestaan.
En tog is kraanwater in die huis eintlik 'n luukse.
Baie huise in sekere wΩrelddele, ook in Suid-Afrika, het geen lopende water
nie. Talle mense moet water te voet van ver af aandra van damme, riviere, putte
of gemeenskaplike krane af.
Dis 'n enorme taak om huise, fabrieke en ander geboue
van 'n gereelde watervloei te voorsien. Vir eers moet oorgenoeg daarvan by 'n
nabygeleδ bron wees. Dan moet die water deur 'n doolhof van prosesse, pype en
nogmaals pype vloei voordat dit gebruik kan word. En ten slotte moet die
afvalwater verwyder word.
Party dorpe en stede lΩ naby genoeg aan natuurlike
waterbronne, soos riviere of mere, of daar is boorgate wat aan al hul
waterbehoeftes voldoen. Vir ander moet walle oor riviervalleie gebou word om
die rivierwater in damme op te gaar (kyk ons artikel oor damme). Hoe ook al,
die water moet van sy bron na 'n watersuiweringsaanleg gepomp word waar dit vir
gebruik geskik gemaak kan word.
Op die plek waar water uit 'n rivier, meer of dam in
pype invloei, gaan dit deur 'n sif wat groot voorwerpe wegkeer, soos stukke
vullis, takke of selfs die karkasse van diere wat verdrink het. Ondergrondse
water het natuurlik nie sulke groot stukke onsuiwerhede nie.
As die waterbron hoog lΩ, vloei die water met
swaartekrag in die pype af. So nie, moet pompe gebruik word. Ondergrondse water
kan met 'n spesiale pomp opgesuig word.
Die meeste dorpe en stede het minstens een
watersuiweringsaanleg. Water wat deur pype hier aankom, bevat gewoonlik klein
sandkorreltjies en stukkies vuilighede, piepklein alge, bakterieδ of giftige
chemikalieδ wat mense siek kan maak. Die taak van die suiweringsaanleg is, soos
sy naam aandui, om die water te suiwer en te sorg dat daar geen onaangename
smaak, reuk of onbevredigende kleur in die water is nie.
Die meeste dorpe en stede suiwer hul water in drie
basiese stappe: (1) besinking, (2) filtrasie en (3) ontsmetting.
(1) In die eerste stap, diΘ van besinking, word water
'n ruk lank ongesteurd gelaat sodat deeltjies daarin na die bodem kan afsak.
Sogenaamde koagulante word dikwels met die water gemeng om hierdie proses aan
te help. Die koagulante vorm 'n soort drifsel wat deeltjies vasvang en laat
afsak.
(2) Hierna word die water deur 'n filtreerlaag
gestuur. 'n Filtreerlaag bestaan eintlik uit twee lae: 'n laag growwe sand
sowat 75 cm dik en 'n gruislaag van sowat 30 cm daaronder. Wanneer die water
deur die sand en gruis sypel, word onsuiwerhede daarin opgevang. Die
gefiltreerde water vloei hiervandaan in pype na 'n reservoir vir die finale
behandeling: ontsmetting.
(3) Enige oorblywende bakterieδ word deur die
byvoeging van 'n ontsmettingsmiddel, gewoonlik chloor, doodgemaak.
Ondergrondse water wat uit putte of boorgate kom, is
suiwerder as rivierwater. Geen filtrasie is nodig nie en dit kan regstreeks na
die ontsmettingstenk gelei word. Daar kan nog verskeie ander prosesse wees
waarmee die gehalte van die water verbeter kan word: dit kan in die lug gesprei
of lugborrels kan daardeur gestuur word om dit varser te laat smaak en reuke te
verwyder. Kalk kan bygevoeg word om te keer dat pype roes. Fluorides kan ook
nog bykom om tandbederf by die bevolking te help voorkom.
Wanneer die water skoon en veilig is om te drink,
word dit na 'n diensreservoir of watertoring gepomp waarvandaan dit in
hoofwaterpype na die verskillende dele van die stad of dorp gevoer word. 'n
Diensreservoir is 'n betontenk in die grond. Dit word dikwels oordek om te keer
dat vuiligheid die water besmet. 'n Diensreservoir moet hoog geleδ wees, sodat
die swaartekrag die water met 'n groot genoeg drukking ondertoe in die
toevoerpype na die huise toe kan forseer.
As daar nie 'n bult, heuwel of berg daarvoor is nie,
kan behandelde water in 'n watertoring gehou word, wat eintlik 'n groot tenk op
stelte is. Hiervandaan vloei die water dan ook sterk in die pype af.
Omdat die vraag na water wissel -- daar is byvoorbeeld 'n groter vraag op 'n somerdag wanneer mense bad of stortbaddens neem -- word kragtige pompe dikwels gebruik om die waterdruk in die pype te handhaaf.
Die hoofwaterpype loop onder paaie en sypaadjies
deur. 'n Groot pyp vertak in kleiner sogenaamde takpype wat op hul beurt vertak
in dienspype wat na huise, kantoorgeboue, restaurante en fabrieke toe loop.
Water word met so 'n groot drukking na individuele
krane gepomp dat dit gewoonlik nie moontlik is om die water met jou vinger te
stuit waar dit by 'n vol oopgedraaide kraan uitstroom nie.
Uiteindelik moet pype ook die afvalwater van
kombuise, badkamers en toilette wegvoer, net soos hulle die skoon water na die
krane gebring het. Die vuil water kan egter nie reguit terugvloei na die
rivier, meer of dam waarvandaan dit oorspronklik gekom het nie. Pleks daarvan
vloei dit eers in groot ondergrondse rioolpype na die rioolaanleg, waar dit op
verskillende maniere behandel word voordat dit in die riviere en damme mag
terugvloei.
Onbehandelde afvalwater ruik waglik en bevat
bakterieδ wat siektes veroorsaak. As dit regstreeks in riviere, damme of die
see ingelei word, maak dit die visse en plante dood. Ongelukkig is daar baie
dorpe en stede op aarde wat nie hul afvalwater behandel voordat hulle dit
weglei nie en dit rig groot skade aan.
Water is kosbaar. Ons mag dit nie vermors nie en ons
moet beslis nooit 'n kraan sonder 'n goeie rede ooplaat nie. Die water kom dalk
oorspronklik uit die wolke in die vorm van reδn, maar dit kos baie tyd, moeite
en geld om dit uit 'n kraan te laat vloei.
__________________________________________________________________________________________
Terug na inhoudsblad -- klik
hier
__________________________________________________________________________________________
Ons
Wonderlike WΩreld op CD, 2004 - Uit Huisgenoot se Jongspan