___________________________________________________________________
Wolkekrabbers
-- ons
hemelbesems van beton
Die World Trade Center met sy twee torings wat deur fanantici
met vliegtuie verpletter is (en nou vervang gaan word deur die superhoδ
Vryheidstoring wat hopelik in 2015 voltooi sal word) was 'n voorbeeld van
sekere van die reusagtigste wolkekrabbers wat al deur die mens opgerig is. Maar
waarom word stapelgeboue eintlik gebou? Gaan dit net oor beperkte ruimte of is
ander faktore ook in die spel?
___________________________________________________________________
TOE sΩ hulle: ''Kom ons bou vir ons 'n stad
met 'n toring waarvan die punt tot in die hemel reik en ons maak so vir ons 'n
naam.'' Die Here het afgekom om te kyk na die stad en die toring... Die Here
het hulle toe van daar af verstrooi oor die hele aarde, en hulle het opgehou
met die bou van die stad. Daarom het hulle die stad Babel genoem.
Volgens die elfde hoofstuk van Genesis wou Noag se
nageslag naam maak deur 'n stad met 'n hemelhoδ toring te bou. Maar God wou dit
nie so hΩ nie. Hy het toe 'n taalverwarring onder die bouers gebring sodat
hulle mekaar nie verstaan het nie en oor die aarde heen verstrooi is.
Stel jou die verbasing van hierdie nakomelinge van
Noag voor as hulle vandag se ontsaglike stapelgeboue kon sien! As 'n mens aan
die moderne argitektuur dink, dink jy immers feitlik outomaties aan
wolkekrabbers.
Die hoofredes waarom so in die lug op gebou word, is
die duur grond en beperkte ruimte in die sakebuurte van stede. Maar ongetwyfeld
speel die mensdom se stommiteite -- soos by die mense van Babel -- ook 'n rol.
Lande wedywer met ander lande en stede met stede om met die hoogste, die mees
''uitstaande'' strukture te kan spog. En welgestelde, magsbeluste individue hou
daarvan om hul name op belangrike geboue te sien pryk.
Die meeste wolkekrabbers word gebou om kantore daarin
in te rig. Party kan soos mini-stede wees met, benewens die kantore, ook
hotelle, banke, winkels, bioskope en sportgeriewe. 'n Paar kan selfs 'n
landingsplek vir helikopters hΩ.
In ander wolkekrabbers is weer baie wooneenhede.
Mense hou in die reδl egter nie van so 'n letterlik hoδ lewe nie en daar is dus
baie minder sulke stapelhuise as wat daar stapelkantore is.
Die bou van wolkekrabbers is deur twee tegnologiese
vooruitgange moontlik gemaak: die vervaardiging van staal in groot hoeveelhede
en die uitvinding van 'n veilige hyser vir passasiers.
Hoewel die mense in sekere wΩrelddele reeds eeue lank
staal gemaak het, kon hulle dit slegs bietjies-bietjies vervaardig. In 1855 het
'n Britse staalvervaardiger, Henry Bessemer, egter 'n metode uitgevind om
gesmelte ru-yster te raffineer deur lug daardeur te blaas, wat daartoe gelei
het dat staal baie goedkoper en in groot volumes gelewer kon word.
Staal het die ideale boustof geblyk te wees vir 'n
ligte raamwerk wat sterk genoeg is om die gewig van die gebou te dra.
Maar selfs as dit voor Bessemer se uitvindsel
moontlik was om hoδ geboue op te rig, sou dit sinloos gewees het sonder 'n
manier om passasiers veilig tussen die verskillende verdiepings te vervoer.
Mense hou eenvoudig nie daarvan om baie trappe te klim nie.
Hysers vir goedere was reeds eeue lank in gebruik,
maar hulle was stadig en gevaarlik, omdat die toue dikwels gebreek en die
hysers geval het. In die vroeδ 1850's het Elisha G. Otis van New York egter 'n
toestel ontwerp wat keer dat die hyser val as die toue afknak. Die pad na die
wolke was nou oop.
Chicago is die geboorteplek van die wolkekrabber.
Vanweδ 'n ekonomiese oplewing in die 1800's in hierdie Amerikaanse stad was
daar 'n groot vraag na ekstra kantoorruimte. In 1885 is die wΩreld se eerste
ware wolkekrabber, die Home Insurance-gebou, daar opgerig, met William Le Baron
Jenney as die argitek. Sy raamwerk van gietyster, smee-yster en staal het 'n
destyds verbysterende tien verdiepings gestut.
Binne die volgende dekade is Jenney se gebou deur
verskeie ander wolkekrabbers in Chicago oorskadu, party twaalf of meer
verdiepings hoog. (Die Home Insurance-gebou is sedertdien gesloop.)
In die stad New York het die bevolkingsgroei en skerp
stygende grondpryse in die vroeδ 1900's talle wolkekrabbers laat opskiet. Die
wΩreld se eerste ware bielie-wolkekrabber -- die Chrysler-gebou -- het in 1930
verrys. 'n Paar glorieryke maande lank was hy met sy 77 verdiepings die hoogste
gebou ter wΩreld, maar die Empire State-gebou, wat in dieselfde jaar voltooi
is, het spoedig diΘ eer voor hom weggeraap.
Die Empire State-gebou het 102 verdiepings en staan
381 m hoog. Saam met 'n TV-mas van 62 m, wat in 1950 bygevoeg is, is die hoogte
altesaam 443 m. Hierdie reusagtige struktuur het tot 1974 die aarde se hoogste
wolkekrabber gebly, toe hy getroef is deur die Sears-toring van 110 verdiepings
in Chicago -- 443 m hoog met uitsaaimaste wat sy totale hoogte op 520,3 m te
staan bring.
Die Sears-toring is steeds die wΩreld se hoogste
wolkekrabber, hoewel nie die hoogste vrystaande bouwerk op aarde nie. Hierdie
eer kom die CN-toring van 555 m in Toronto, Kanada, toe, wat in 1975 gebou is.
Maar die groot knewel van alle mensgemaakte strukture is die Warschau-radiomas
in Pole, met sy hoogte van 645 m.
Aan die einde van 2003 is aangekondig dat die twee
torings van 411 m van die World Trade Center in New York -- wat op 11 September
2001 deur fanatieke terroriste met gekaapte vliegtuie verpletter is -- vervang
gaan word deur 'n toringgebou van 541 m. DiΘ gebou, wat as die Vryheidstoring
bekend sal staan, sal dus die Sears-toring oortref om die aarde se nuutste
hoogste wolkekrabber te word.
Die Vryheidstoring sal 'n toringspits hΩ, asook 'n
windkragopwekker wat moet help verseker dat die gebou die meeste van sy
elektrisiteit self opwek. Die projek word selfs as die verbeeldingrykste projek
in Amerika se argitektoniese geskiedenis beskou. Die Vryheidstoring sal hopelik
teen 2015 voltooi wees.
Daar is blykbaar geen grense aan die hoogtes waarna
die mensdom streef nie. Party ingenieurs beweer dit sal spoedig moontlik wees
om wolkekrabbers van 600 of 700 m te bou. Ander glo dit is 'n onderskatting en
praat van geboue wat 3 000 m bo die aarde troon, met hul boonste dele bokant
die wolke. Sou Noag se nasate van destyds nie jaloers gewees het as hulle een
van diΘ betonkolosse kon sien nie?
__________________________________________________________________________________________
Terug na inhoudsblad -- klik
hier
__________________________________________________________________________________________
Ons
Wonderlike WΩreld op CD, 2004 - Uit Huisgenoot se Jongspan