___________________________________________________________________

 

'n Kykie in die koelkas

 

Mense weet waarskynlik al duisende jare dat ys kan keer dat kos sleg word. Maar die eerste yskaste van sowat anderhalf eeu gelede was om die minste te sΩ bra kru as jy dit met vandag se elektriese yskas vergelykà

___________________________________________________________________

 

IN die snerpend koue wΩreld van die Ystyd, toe die aarde nog baie jonger was, moet dit vir 'n jagter niks vreemds gewees het om die vleis van 'n wollerige mammoet in die ys te begrawe nie. Daardie vroeδ jagters het na alle waarskynlikheid toe al geweet dat kos bewaar kan word deur dit te bevries.

 

Watter uitstekende preserveermiddel ys inderdaad is, is reeds met ontelbare proefnemings bewys. Trouens, daar word beweer dat die gaste op 'n wetenskaplike feesmaal al mammoet-steaks geδet het wat eers nß duisende jare ontdooi is. Miskien moet diΘ storie maar met 'n knippie sout geneem word, maar die praktyk om kos met ys vars te hou, kom inderdaad van baie ver af.

 

Minstens 3000 jaar gelede het die antieke Chinese en Mesopotamiδrs in die winter blokke ys uit bevrore mere en riviere gesny om dit tussen lae strooi te isoleer.

 

Hoewel die Europeδrs van die Middeleeue tevrede moes wees met gesoute en gedroogde kos, het yskelders van die 1500's af toenemend hul verskyning in agterplase in Noord-Europa en ook in Noord-Amerika gemaak. 'n Yskelder was 'n gat wat in die grond gegrawe is met 'n grondhoop as bedekking bo-op. Dit is eers met 'n laag klippe, stene of hout uitgevoer en daarna met strooi.

 

Wanneer dit koud was, is ys van bevrore damme en riviere versamel en binne-in gepak, waar dit die hele somer deur bevrore gebly het.

 

In die 1800's het die koelkas in huise gewild geraak. Dit was toe nog 'n eenvoudige houtkas wat met sink of lood uitgevoer is en uit twee kompartemente bestaan het: die een met 'n blok ys daarin en die ander as bewaarplek vir kos.

 

Maar wanneer het die meganiese yskas soos ons hom vandag ken sy pad na die kombuis gevind?

 

Reeds so vroeg as in die middel 1700's en vroeδ 1800's het wetenskaplikes met masjiene geδksperimenteer wat ys kon maak deur vloeistowwe vinnig te laat verdamp. In 1834 het 'n Amerikaanse uitvinder, Jacob Perkins, die eerste dampkompressie-yskas gepatenteer wat eter as die koelmiddel gebruik het.

 

Omstreeks 1850 het 'n Franse ingenieur, Ferdinand Carre, die eerste dampabsorpsie-yskas vervaardig met ammoniak as die koelgas. Sowat twintig jaar later het 'n Skot wat na Australiδ geδmigreer het, James Harrison, op Perkin se masjien verbeter en in 1873 het hy 'n openbare feesmaal aangebied met rooi vleis, hoendervleis en vis wat reeds ses maande lank bevrore was.

 

Die vernaamste dryfveer vir die ontwikkeling van metodes vir meganiese verkoeling was om vars vleis oor die oseane van Australiδ, Nieu-Seeland, Argentiniδ en die weste van Noord-Amerika af na die dig bevolkte stede van Europa te verskeep -- 'n vaart wat twee of drie maande kon duur.

 

Huishoudelike verkoeling sou eers 'n rukkie later kom -- vir die eerste keer eers in die laat 1870's toe prof. Carl von Linde van Duitsland tuisverkoeling deur middel van die herhaalde kompressie en verdamping van ammoniak bekend gestel het. Von Linde se masjien was so gewild dat hy 12 000 daarvan binne die eerste twee jaar verkoop het.

 

Teen die 1900's het dit moontlik geword om karkasse vir verskeping te diepvries. Huishoudelike yskaste met diepvries-kompartemente het van die laat 1930's op die mark verskyn.

 

Die vroeδ yskaste is deur olie, gas of stoom aangedryf. Die eerste yskas wat met 'n elektriese motor gewerk het, het in 1923 op die toneel verskyn. Met die Sweedse ingenieurs Von Platen en Munters as die vervaardigers, het elektriese verkoeling 'n omwenteling in die bewaring van kos teweeggebring.

 

Die werking van yskaste het in die jare daarna verbasend min verander -- ofskoon giftige koelmiddels soos ammoniak en swawelsuur in 'n groot mate deur veiliger stowwe vervang is. Freon is vandag die koelmiddel wat die meeste gebruik word.

 

* In Suid-Afrika het die moderne yskas maar eers nagenoeg in die vyftigerjare vry algemeen in gebruik gekom. Trouens, in die vroegste uitgawes van Huisgenoot (1916 en daarna) soek 'n mens verniet na enige advertensies van verkoelingsapparate!

 

Hoe die yskas werk

 

òáá 'N YSKAS werk volgens die beginsel dat vloeistowwe hitte absorbeer wanneer hulle verdamp (in 'n gas oorgaan). Kyk self wat met jou hande gebeur as jy hulle in water druk en dan rondswaai. Jy voel dadelik hoe hulle koud word. Yskaste maak van 'n vloeistof genaamd freon gebruik om hulle te verkoel.

 

Lug sirkuleer deur middel van konveksie: koue lug daal, onttrek die hitte uit die kos, en ietwat warmer lug styg dan op om aan die bokant van die yskas weer verkoel te word.

 

Dit gebeur deurdat freongas in die pypeá in die verdamper verdamp. Met die verdamping word hitte uit die vrieskompartement onttrek en word die temperatuur aan die bokant van die yskas verlaag. Die gas vloei nou na 'n elektries aangedrewe kompressor wat die gas saampers en dit weer in 'n vloeistof laat verander. Wanneer dit gebeur, word hitte in die kamer buitekant die yskas vrygestel en die kringloop begin van voor af.

 

__________________________________________________________________________________________

 

Terug na inhoudsblad -- klik hier

__________________________________________________________________________________________

 

Ons Wonderlike WΩreld op CD, 2004 - Uit Huisgenoot se Jongspan