______________________________________________________________

 

Hoender en sy neefs

-- waar hulle vandaan kom

 

'n Pluim is 'n veer. En vee is natuurlik mak diere wat deur die mens aangehou word sodat hy hul produkte kan benut. Sit die pluim en die vee bymekaar en jy kry pluimvee -- geveerde diere rondom die huis wat die mensdom reeds honderde of selfs duisende jare lank van vleis en eiers voorsien. Maar pluimvee was nie van altyd af s≤ in diens van ons mense nie. Wat meer sΩ, sekeres se voorouers was bra onindrukwekkende voδls...

_____________________________________________________________

 

Hoenders

 

ò   HOER╩ vir hoenders! Sonder hul eiers sou 'n brekfis eenvoudig nie dieselfde gewees het nie, wat nog te sΩ daardie bekende wegneem-porsies van vingerlek-lekker hoendervleis.

 

Dat die hoender nie sommerso 'n voδl is nie, weet die mens ook reeds omtrent vyftig eeue lank. Maar waar begin die verhaal van die temming van hierdie gewilde soort puimvee dan? NΩrens anders nie as by die rooi boshoender, Gallus gallus.

 

Daardie klein fisantjie [REGS], 'n boorling van die tropiese en subtropiese woude van Indiδ, Pakistan en Suidoos-Asiδ, word as die voorouer van baie van vandag se mak hoenders beskou -- selfs bieliehoenders soos die omgesukkelde haan op die illustrasie HIERBO.

 

Die hoender het sowat 5000 jaar gelede in Indiδ 'n werfvoδl geword, en toe nagenoeg 3500 jaar gelede in China. Mettertyd was hy ook 'n burger van Egipte en Kreta, en hiervandaan het hy Europa binnegevaar.

 

Toe die antieke Romeine die gebied verower waar Frankryk vandag is, het hulle so baie van die voδls daar aangetref dat hulle die land Gaule genoem het, na die Latynse woord gallus, wat "haan" beteken.

 

Dit was nie die Europeδrs wat die rooi boshoender na die Amerikas geneem het nie, maar die seevarende Polinesiδrs, wat dit Hawaii toe gevat het. Vreemd genoeg is die hoender aanvanklik nie vir sy vleis en eiers van land tot land geneem nie, maar om geoffer te word en weens die "sport" van haangevegte.

 

Vandag het mak hoenders vir hulle 'n plek in feitlik alle dele van die wΩreld oopgeskrop, buiten die koudste. En dink maar net hoeveel armer die Afrikaanse taal byvoorbeeld sou gewees het sonder sy baie idiome oor hoenders, eiers, hane, henne, kekkel, kraai...

 

Dis om van hoendervleis te kry, kan 'n mens byna sΩ!

 

Kalkoene

 

ò   IN Engels noem hulle hom 'n turkey en sy Afrikaanse naam is 'n verkorting van die ou Nederlandse kalikoetsche of kalikoensche haan -- met ander woorde 'n haan van Kalikoet, 'n stad aan die suidweskus van Indiδ.

 

Maar die kalkoen se land van herkoms is n≤g Turkye n≤g Indiδ. Hy is in werklkheid kort nß 1525 uit Amerika in Europa ingevoer.

 

Altwee benamings -- turkey en kalkoen -- berus op klaarblyklike misverstande. Wat die Engelse turkey aanbetref, is die voδl glo Æn tyd lank verwar met die tarentaal, wat via Turkye vanuit Afrika na Europa gebring is. Dit is duidelik dat daar Æn soortgelyke verwarring moet gewees het waardeur die herkoms van die kalkoen in Nederlands (en dus ook Afrikaans) aan Kalikoet toegedig is.

 

Vandag se mak kalkoene stam af van 'n Mexikaanse subspesie van die wilde kalkoen (Meleagris gallopava), wat vandag nog in die bergwoude van die suidelike VSA en Mexiko voorkom.

 

Partykeer sien 'n mens groot troppe deur die bos trek waar hulle kos soek. Hulle trek net bedags en slaap snags in die boomtoppe. Die mannetjies trop saam en die wyfies en jong voδls loop saam met hulle.

 

Eende

 

ò   OFSKOON die mens wel 'n hele paar soorte eende min of meer kon mak maak, is daar slegs een soort wat werklik 'n huiseend genoem kan word. Sy wilde voorouer is die Europese wilde-eende (Anas platyrhynchos platydhyncha),  wat oor 'n uitgestrekte gebied voorkom  --  van die koue Noorde tot in Midde-Afrika, Indiδ en elders.

 

Hierdie wilde-eende verskil nogal baie van die makkes. Die verekleed van die mannetjie is baie opvallend in die broeityd. Hy spog met 'n donkergroen kop wat deur 'n smal wit kragie van die perskleurige bors geskei word. Sy rug en pens is wit-valerig en die sye is bruin. Die middelste vere van die vaal stert is donkergroen en gekrul. Die bek is geel en die pote rooi.

 

Die wyfie is op haar beurt opmerklik valerig. Wanneer die broeityd verby is, verloor die mannetjie ook sy spoggerige veredos en dan is dit nogal moeilik om hom en die wyfie uit mekaar te ken wanneer hulle by mekaar is.

 

Die huiseend se geskiedenis gaan baie ver terug in die verlede. Die Romeine het mak eende aangehou en geteel, en miskien ook die Grieke voor hulle. Maar dit was straks die Chinese wat heel eerste eende in hokke aangehou en laat broei het.

 

Nß al die eeue wat ons al die eend as 'n huisdier aanhou, het sy kleur en vorm so verander dat ons vandag 'n hele paar variasies van huiseende het. Almal stam egter van die Europese wilde-eend af.

 

Makoue

 

ò   DIE wilde voorouer van die makou (Cairina moschata) word in die tropiese dele van die Amerikas, van Mexiko tot by Paraguay, aangetref.  In die sestiende eeu is hierdie voδls na Europa gebring. Die makou en die kalkoen is die enigste mak voδls wat oorspronklik in die Amerikas voorgekom het. Wilde makoue is meestal swart.

 

Die mak makou verbaster dikwels met mak eende en die kruisings is ook vrugbaar, met ander woorde hulle is nie "muile" wat nie kan aanteel nie.

 

Ganse

 

ò   VANDAG se bekende mak ganse kan hul stamboom terugvoer na 'n vaal voorouer, die Anser anser anser. Mak ganse lyk nog baie soos hul wilde voorsaat, maar diΘ is ietwat kleiner, lewendiger en opmerksamer as die makkes.

 

Wilde ganse broei in Ysland, Noorweδ en die Oossee-lande, asook in Noord-Rusland. Party broei meer suidwaarts soos in Denemarke en Duitsland en, by uitsondering, selfs so ver suid as Spanje.

 

Die wilde vaal gans se habitat is groot, oop vlaktes. Wanneer die broeityd verby is, kom hulle soms in hul duisende in troppe bymekaar. Hulle soek gewoonlik bedags kos, maar partymaal ook snags. Hulle slaap gewoonlik in die middel van die dag wanneer die dag op sy warmste is.

 

Soos met die mens en huiseende kom die mens en die mak gans ook al Æn lang pad saam. Vir die ou Romeine was ganslewer Æn smaaklike gereg, terwyl die Grieke bes moontlik ook reeds ganse geken het.

 

Iets oor kamme en belle

 

ò   CHANTICLEER, die wonderlike haan, word deur almal op die platteland bewonder. Sy vere het 'n manjifieke kleur. Sy snawel is pikswart. En sy kam, o, sy kam is tog so rooi!

 

In Geoffrey Chaucer se bekende Canterbury Tales word hierdie haan se verhaal deur een van die karakters vertel -- en hoe die hoender se ydelheid hom in die pekel laat beland. Om met sy pragtige stem te spog rek Chanticleer sy nek uit so ver as wat hy kan, maak sy oδ toe en begin sing.

 

En, gedorie, daar land hy reg in die vos se bek.

 

Dis net die groot bek van die vos -- wat hy oopmaak om almal te skel wat hom jaag -- wat die haan se lewe red.

 

Daar is vandag sekere spoghoenders wat ewe goed moderne weergawes van ou Chanticleer kan wees, te oordeel na die helder, vlesige kamme op hul koppe en die buidelagtige, rooi belle wat onderaan hul snawels bengel.

 

Maar wat, kan 'n mens wel vra, is die doel van hierdie aanhangsels van hoenderhane sowel as -henne en van sommige ander voδls wat tot die hoenderfamilie behoort?

 

Kamme, belle en oorlelle stel voδls van dieselfde spesie in staat om mekaar uit te ken. Party mense dink hulle help ook om hitte weg te lei, soos wat die groot ore van sekere vosse en konyne help om diΘ diere koel te hou.

 

Kamme en belle is helderrooi omdat hulle ryk aan bloed is en nie deur vere bedek word nie. Daar is drie hoofsoorte kamme: die enkelkam, 'n enkele uitsteeksel met 'n ry punte bo-aan; die ertjie-kam, met drie rye punte; en die roos en kussing (of okkerneut), wat kompakter en knopperig is en nie in rye punte eindig nie.

 

Sekere hoenderrasse het selfs spoggeriger kamme soos die V-vormige, aarbei- en botterblom-kam, waarvan die name vir hulself spreek.

 

Oorlelle, wat rooi of wit kan wees, afhangende van die ras, is aan die kante van die kop.

 

_____________________________________________________________

 

Terug na inhoudsblad -- klik hier

_____________________________________________________________

 

Ons Wonderlike WΩreld op CD, 2004 - Uit Huisgenoot se Jongspan